As jy uitmaak van rock ‘n roll en swaar kitaar en in Kaapstad is Vrydag 26 Februarie, slaan uit by Ram Jam in die Castle Hotel (Constitution Str, agter Assembly). DJs Chopper en Bra
Phil gooi ‘n paar dik tunes wat gewaarborg is om jou nek aan die swaai te kry. Die tiep van jol is ideaal as jy op skool moerse into Guns ‘n Roses en Nirvana en selfs moffie metal soos Def Leppard was, of as jy as klein wetter Pa se Uriah Heep en Deep Purple plate geluister het vir versteekte boodskappe in reverse.
Behalwe vir die geraas kan jy ook tattoos wen by Hoodoo Tattoos, so jy kan nou uiteindelik daai anker met die woord ‘Mom’ op jou tril kry. Ons gaan ook ‘n Steel Panther CD of twee weggooi vir dié mense met die hoogste rock score. Dis nou hoe hot jy lyk (as chick) of hoe baie soos ‘n meisie jy lyk (vir ouens). Soms raak ons dronk en dan gee ons sommer net ‘n CD weg omdat iemand vir ‘n song vra.
Fok, jy’t niks beter om te doen nie en Top Gear wys elke fokken dag. Maak vir hom los.











Skurwe skateboard dae in V’Town – ‘n ware (zef) verhaal.
Behalwe vir griffin en Chopper Charlie het Vereeniging – of V'Town, soos die current inwoners en ex-fietas fondly na die "nywerheidsreus" verwys – sy fair share van
kommin degenerates, gomgatte en zefgatte opgelewer.
Grootword in V-Town het seker maar dieselfde verloop as in jou deursnit plattelandse stad. Ons het elke dag pak gekry op skool, Tippex cleaner van ons truie se moue af gesnuif, uitgeslip om te gaan drink by die Spur as daar sokkies was by die skool op weeksaande, klas gebank, gerook, elke dag pak gekry, met die verkeerde kinders vriende gemaak en elke dag pak gekry. O ja, ons het ook heavy metal geluister en skateboard gery. Voorwaar 'n wicked combo.
Die skateboarding was fokken main gewees, veral as jy die regte metal kon luister wat jou so 40% meer rammetjie uitnek gemaak het. Ons het gedink ons was fokken hardcore. Ons was windgat standerd ses laities met cheap-ass skateboards. Solank jy ZZ beirings gehad het was die saak pers. Spoed was alles, gemak se poes. Ons het voortdurend gaan soek vir die regte spot om te gaan skate. Ons moes van seker dele af wegbly. Chopper en sy 'bende' het byvoorbeeld 'n sweet skate spot in 'n ryk buurt gaan opfok. Hulle het agter 'n kafee al die pype van die gebou stukkend gemoer met hulle skateboards. Ek verstaan tot vandag toe nog steeds nie hoekom hulle dit gedoen het nie. As hulle my kinders was sou ek Child Services en die polisie gebel het om vir my op die crime scene te gaan wag. Dan sou ek altwee pak slae gegee het met bloudraad en self in die cheese van geklim het.
So moes ons toe begin soek vir nuwe skateboarding weivelde waar ons onsself soos outcasts kon geniet en gedra het. Net ons, die metal en rock (soos voorgeskryf deur Rodney Seale) en die ZZ beirings. Vosloopark reg langs die rivvie was 'n lekker jol maar ons het half-pipes gesoek – soos ons op die oorgetape-te H-Street videos gesien het, en so nou en dan in een van die groot stede. Soos Boksburg. Boogaloos, pappie! Hulle was net die piel vir Sannie, maar dis die groot stad. V-Towners gaan nie gereeld groot stad toe nie.
Vosloopark was toe uiteindelik die plek waar ons ons nuwe "vriend", Benylin ontmoet het. Die bra was, om nou maar reguit te wees, glad nie fokken lekker nie. So
vuilerige seun wat aan die arm kant van Risiville gebly het. Risiville opsigself was reeds arm. Imagine die arm kant van 'n arm hood. Ja, jy dink nou reg… kom, bring jou gedagtes weer terug hierie kant toe van die Daspoort tonnel. Hier's vir jou 'n bruin papiersak. Haal diep asem. Bedaar. Anyway, soos ons gesê het – ou Benylin was 'n vuil seun. As ek reg onthou het hy langerige, vuil, olierige blonde hare gehad (die tipe lengte waarvoor ons six love gebliksem sou word in ons skool). Ons het eerder nie gevra watter skool hy was nie. Ek dink nie ons wou weet nie. Benylin het ook permanent omlope op sy gesig gehad, heel moontlik as gevolg van die 5 brandsiek poedels wat sy ma aangehou het op hulle jaart. O ja, amper vergeet ek: Benylin het ook permanent ysblokkies gesuig wat hy van Benylin hoesstroop gemaak het, vandaar natuurlik sy naam. Hy het homself so voorgestel aan ons ook. So deur-die-kak vuil naai wat medisyne vries, dit suig en homself dan na die medisyne vernoem.
Ons het begin rondfok op die halfpipe. Niks fancy tricks nie, net so paar draaie op en af gery. 'n Fifty-fifty hier en daar. Benylin het nie sy skateboard by hom gehad nie. Hy het langs die halfpipe kom sit en Cannibal Corpse poeshard aangesit. Ek het amper van my skateboard afgepoes want ek was gewoond aan Axl Rose se geskree, nie die duiwel wat uit sy hol uit sing terwyl hy sy eie piel met 'n grinder afsny nie. Dit was nie eers 10 sekondes nie, toe swaai die venster van die agterste kamer oop en Benylin se ma pluk die (bruin?) kantgordyne vol gaatjies eenkant toe en skree: "Gods, sit daai fokken kak sagter! Die fokken bure gaan weer in hulle fokken panties kak!"
Benylin se ma. Hy het aanvanklik gelyk soos iemand wat nie 'n ma kan hê nie, maar ek het myself ingedink dat sy ma min of meer sou wees soos sy was.
Sy het baie meer as net dit gesê. Sy het fokken vinnig gepraat soos dit enige zef mens betaam, maar die res kon ek nie 'n fok onthou nie, want voor ons, op die mat, het Benylin se ma gesit en haar hakke of bunions of whatever die fok daai harde geel goed was afgeskuur met Benylin se Powell Peralta skateboard.
Jirre. Jissis.
Ons het van daardie dag af begin Kool Aid snuif by die skool in die waghuisie en ons weet tot vandag toe steed nie wat die fok Benylin se regte naam was nie…