Check hom

Laasweek se zefspotters

In Zefspotters deur griffinRek jou bek

Gespot (en gekoop) Langverwacht Kwik Spar
Johann
Langverwacht Kwik SparLyk my Griff het n sideline business hier in die Vale (Edenvale) en dit is “Hardcore” stuff wat jy hier pawn.
Groete,
Bok
griff se pawnMoenie jou hol by die venster uit steek nie. Gesien in Australie, mate!
Lee
butt - lee australiaVodacom sukkel so bietjie by Innibos. Nie net met spelling nie. Ek wil myself bekak as mense “met” uitlaat in sinne.
H
vodacom sukkel so bietjieHierie goose het ‘n pram vir haar hond, I kid you not!
Jack Parow
jack parow goose met pram vir hond

Deel met jou tjommies!

    griffinLaasweek se zefspotters
    Check hom

    Rolbees kry ‘n vieslike curve ball – Austin Mahone ( hy review ook Karen Zoid en Soundgarden)

    In Rolbees Reviews deur Rolbees1 Eiertjies

    Awe Masekinners! Donderdag reviews in da house! Hou op werk – jy gaan nie ‘n goue sterretjie kry nie! Werk suig, ons weet! Wel, nie ons werk nie – meeste van julle s’n. Shame, check maar eerder dié shit uit. Die Rolbees vra moeilike vrae oor Karen Zoid se nuutse poging, fokken verloor dit toe hy Austin Mahone hoor en ten einde laaste – ‘n lekker Soundgarden review vir julle ougatte!

    Karen Zoid – Drown out the noise
    Toe ek die title track luister (dis toevallig ook die eerste track) was ek in een van daai ‘fok commercial musiek’ buie. Iets wat ek seker oorgeërf het van die long-gone nineties grunge-era. Toe ons almal commercial musiek gehaat het – maar grunge was die mees commercial musiek daai tyd – oops, wat ‘n fokken conundrum. Die title track het ook vir karen zoidmy so bietjie Louise Carver-ish geklink. Break-up musiek. ‘Don’t point that thing at me’. Eeeu. Check, dis heavy commercial musiek – no two ways about it. Maar almal van ons wat deesdae daai commercial hang up het– ja, dit sluit myself in – luister mooi – moet ons nie bietjie ophou teef nie? Mag SA musos nie “commercial” musiek maak nie? En ja baie van hulle gaan die kans vat as hulle vir Skouspel genooi word. Face daai kak ook sommer nou. Dis befok as bands die high ground vat en nie wil geld maak nie. Ek respekteer dit ten volle. Maar wie van julle wat ‘n nuwe job ge-offer word tune die baas: “Jammer, nee dis te commercial vir my. Ekskuus, wat se jy? Meer geld? Nee dankie, ek wil eerder my ou fucked up kar ry”. Real world? Different strokes? Is daar ander reëls vir musikante? Ek weet nie, antwoord jy maar self daai een.

    Kom ek fokus op die musiek in plaas van labels en boksies, dosies! Gaan moeilik wees vir my om dit met alles te doen – ek is fussy, en vol kak as dit by musiek kom. But I’m trying real hard, Ringo. Sekere musiek is net tappit kak – and you can’t fix tappit. Maar as die songs solid is – wat is die probleem?

    Fokus op die positiewe kak, sê ek. Daar is baie. Dis ‘n great Suid-Afrikaanse album en MOS positief. Positiewe musiek is deesdae toevallig ook my kryptonite. En baie van die tunes het my meer paraplegies laat voel as normaalweg . In a good way. Ja fok, die Rolbees het ook ‘n hart!

    Where There’s a Will, There’s a Way is my favourite. Die doef-doef beats en die powerful Zoidian vocals het my maklik uitgeboul – dis after all, my lewensfilosofie. Ja ek like ook dance beats pappie. Daar is rock kitare ook. So bietjie. Maar ek dare jou om in ‘n kak bui werk toe te gaan as jy wakker word met daai song. Nightingale is eerlik, beeldskoon en inspirerend. Sagte vocals en percussion in die agtergrond – Twin Peak-ish kitaar en keyboards – a true testament to love in its purest form. Ja, dit het ‘n paar fokken trane laat rol. Troublemaker is nogal ‘n interesting Madiba tribute. Twee SA divas wat mekaar ongelooflik komplimenteer. Karen Zoid featuring Zolani Mahola (van Freshly Ground) op backing vocals. Wow – just wow, ladies! Highest praise to the rebel indeed. En ja, om klankinsetsels van freeborns en die Rivonia trial toespraak in te bring maak dit soveel meer kragtig – ek is ‘n fan daarvan! Nog ‘n lekker love tune is Smile – ‘n duet saam met Francois van Coke. Lyk my hulle raak lekker poesbedroef saam deesdae. In Engels en in Afrikaans. Geen pretensie, geen beheer. Maar dis genuine mooi love songs. Ah sweet, hulle het mekaar gevind – musically of course!
    Checkityt! Ek is weer lus vir goeie punte uitdeel vandag! 8 uit 10! Skitterend.

    Austin Mahone – The Secret
    Wat is hierdie BOKTOS? Jissus Griffin!!!!!!
    Hoe gaan ek hierdie kak review? Dis boyband-musiek. Gelukkig is daar net fokken een seun. My anxiety clutch uit!!!

    Austin Mahone

    Austin Mahone – Fokken roomyskind

    Dis nie fokken snaaks nie. My regteroor het sein verloor en my hande is dood. Ek wil kots maar ek is te geskok. Ek staar net vir my screen. Frons en ween. Fronsween. My hart klop buite beheer en ek wens ek was nader aan my veilige plekkie. Gaan oor na fetusposisie op die vloer. Duim in my mond. Fok, daar kots ek op my bersie…
    Nee dis te erg. Weet jou ma jy is hier, boetie? Ek trek alles terug oor commercial musiek. Ophou teef se gat. Dié musiek is gevaarlik. My kondisie vererger. Moet asem haal…in….uit…in….uit… ek hiperventileer. Blackout. Konsentreer. Stadig. Weer terug. Ek hoor nie eens meer die musiek nie. Blok dit uit. O my God, die pretensie! Ek verloor beheer… herwin my bewussyn en besef soortgelyke stront word tans iewers in Bloemfontein opgeneem. In Afrikaans dalk – sommer DIY – oppiekomper. Stop asseblief die nagmerrie! That’s it – kan nie meer nie. Sit die kak af of ek vrek.
    0 uit 10! Jirre Nul. NULLLLL!!!

    Soundgarden – Superunknown
    Goddank vir goeie musiek. Dit balanseer jou kak once uit. Wie onthou die grunge era? Ek wens ek kon meer onthou. Sheeeiiit. Die musiek was befok en het op die radio en TV gespeel! Ja ons laaities daai tyd het nie die local keuses van die Fokofpolisiekar generasie gehad nie – ek mis daai dae. Toe depressiewe musiek, geïnspireer  deur vervreemding, wanhoop en dwelmverslawing die charts oorheers het. Ek praat nie al daai negatiewe kak goed nie – maar die musiek het die mood en euwels van die tyd eerlik en sonder pretensie reflekteer. Ons grungeheads was nog steeds happy – al was dit amper TE real. Real musiek? What a fucking concept.

    Was dit commercial? Natuurlik was dit. Wonder wat sou gebeur het as Soundgarden eerder hulle punk fans wou please en geweier het om ‘n kontrak met A&M Records te teken in 1988? Hulle sou nooit saam met bands soos Guns and Roses getoer het nie, hulle sou stagnant ge-poer-poer het in klein punkholes – en hulle sou vir seker nie Superunknown kon optower nie. So, fok die punkfans wat almal gesplit het “because they sold out”!
    Vir die jonger seuns en dogters – Soundgarden is een van die Seatle pioniers van grunge – al gehoor van Sub Pop records? Hulle het ge-peak met Superunknown in 1994 en drie jaar later opgesplit – maar dit is een van die monumente van die grunge tydperk. Dink hulle het weer ‘n album in 2012 opgeneem wat nou nie so spectacular was nie. Maar haal Superunknown se grunge labeltjie af en al wat jy hoor is net pure tydlose rock musiek, maats. True story. Jy kan daai donker riffs terugvat al langs die rock timeline na Black Sabbath se dae toe – maar met ‘n nineties sarcastic grin. Kim Thayil se kitaarspel is baie underrated maar dis so donker en uniek, dis beautiful.Soundgarden | Rivera | January 29, 2013

    Soundgarden | Rivera | January 29, 2013
    Ek wonder hoe die hele show op vinyl sal klink? Ben Shepard se bass behoort lekker diepte te hê. En wat is daar om te sê oor Chris Cornell se vocals wat nie al reeds iewers aangeteken is in die rock anale nie? Een van die beste rock sangers van alle tye. Sy vermoë om range te manipuleer asof hy stembande geskape het, is meesleurend.

    Universal Records het hierdie juweeltjie in 2014 geremaster. Klink fokken goed. Daar was allerhande deluxe editions op CD en vinyl ook release. Collector’s paradise. Gaan google bietjie en check die goodies uit. Dit gebeur min maar ek kan nie anders as om ‘n 9 uit 10 te gee nie. Wanneer gee ek 10 uit 10, vra jy? Wanneer Led Zeppelin weer ‘n album met nuwe material maak…

    Deel met jou tjommies!

      RolbeesRolbees kry ‘n vieslike curve ball – Austin Mahone ( hy review ook Karen Zoid en Soundgarden)