Ek fokken haat dit as mens se dag soos 'n cartoon begin. Ek het 4 uur wakker geword omdat my AC uitgefok het. AC in Spuitieland is nogal belangrik as jy nie met die gebakte pere wil sit nie. Sien, ons het net 2 seisoene hieso: warm en poes warm.
AC is die shit. Vir about 'n uur lank het ek vir die dak gestaar soos 'n zombie voor ek weer aan die slaap geraak het en eventually 7 uur deur my alarm wakker gemaak is (so fokken loud hoender). Een of ander tyd deur die nag het die geyser my ook 'n pit gedruk, 'n aar in sy kop gebars en oor die hele teelvloer gepis. Gevolglik het my eerste treetjie uit die bed uit gelei tot 'n 9.7 special olympic dubbele salto voor ek square op my rug neergebliksem het in die plas water op my vloer. Dis moontlik dat ek my kop ook gestamp het want ek het aan allerhande weird stuff begin dink terwyl ek half aan die slaap badkamer toe begin mission het.
Come to think of it, is dit moontlik dat my ma my op my kop laat val het as 'n laite, wat ek dink gereeld aan weird stuff. Omdat daar fokol warm water was moes ek maar 'n vinnige BP move pull in die stort en opt virre koue wash 'n go. Geen rims polish of special deeltjies buff nie. Net 'n quick once over. Dit het darem iets uitgesort wat die fall from grace nie kon nie – ek was ten minste nou halpad wakker. So tussen tande borsel check ek myself in die spieel en besluit om maar vandag te shave aangesien ek dit nou al twee dae ge-skip het en soos Lucky Luke begin lyk het. 'n Regte slegte oorgeklanke Lucky Luke met so Lochner de Kock stem of iets dergeliks.
Halfpad deur die shave session besluit my Philishave om die geyser se roete te loop en hy gaan staan soos 'n Sandton Citroen. Fokol batteries. Nice. Lucky Luke se hond. Met brandsiek. "Watergate" skiem ek. "Dis fokken Watergate hierie."
Na ek my werksklere vir die tweede keer aangetrek het (die eerste keer het my broek se knoop afgemoer) het ek my I-pod op superloud ge-tune en kar toe mission. Ek moes die I-pod mission ook maar los na ek myself amper verwurg het met die seatbelt-earphone kombinasie toe ek myself instrap. Goed afgepis en tjoepstil start ek die kar en toe begin ek weer oor die oggend se weird gebeure te dink.
OK, nou moet julle mooi bybly, ek kap in 'n ander rigting in om uiteindelik by my punt uit te kom. Hou mooi vas, arms binne die kar, asseblief …
Hoekom het ek aan Watergate gedink, het ek gewonder. Dis fokken lame. Dis so lame soos alle skandes in Suid-Afikaanse media wat die -gate suffix kry. Check bietjie hoe die ouens dink hulle oor gebeure en veral skandale moet berig – regeringsamptenare mors tax geld op oorsese trips en onnodige travel: Whaaaaa!!! Dis Travelgate!!! Imvume Holdings betaal R11 mil aan die ANC om gat te kruip: Moerse skandaal. Waaaa!! Dis Oilgate!!
Is julle media dudes fokken vertraag? Weet julle ooit waaroor Watergate gaan? Watergate het sy naam gekry omdat daar moerse skandale was tydens Richard Nixon se ill-fated politiese loopbaan toe daar pampiere uit die WA-TER-GATE HO-TEL in Washington uit gesteel is wat hom in die kak laat beland het. Dit het hom eventually sy job gekos. In die seventies. Dit het meer as DERTIG jaar terug gebeur. Kan jy nou meer huh?
Ek is bly julle het nie met die onoorspronklike terms Zuma-gate en Shabir-gate opgekom nie. Of wat van daai 1 miljoen liter petrol wat by Johannesburg Tambo Smuts lughawe gemors het? Klink dit vir julle bietjie te naby aan Oilgate huh? Is julle bang ons check julle colours? Of wag julle vir 'n groter spill? Asseblief, vertel vir die Watkykertjies hoeveel petrol daar gemors moet word voordat mens dit Petrolgate mag noem? Ek is vas oortuig dat dit julle minds op een of ander stadium gecross het en dat julle editors julle getune het om asseblief verby te hou.
Is dit so fokken moeilik om headliners af te pull sonder om soos 'n doos te lyk? Dink bietjie vir julleself man. Nagte en nagte rol hierie editors en reporters lusteloos in hulle beddens rond en bid dat Tollcon 'n verkeerde voet iewers moet neersit, want dan kan hulle dit net bloot Tollgate noem. They shoot, they score! Vir die van julle blare wat nie weet nie – Tollcon is die ouens wat die tolhekke operate op nasionale paaie. (Veraal daai gewilde paaie waarop al 5 miljoen Gautengers 3 uur die oggend klim op 16 Desember. Dan slaap almal mos. Soos daai oppad Margate, Ramsgate of Golden Gate toe. No sweat. )
Eventually word hierie koerantmense wakker uit hulle koorsdrome en borsel hulle tande met Colgate en wonder waar hulle nog belaglike kak kan uitkrap. Ek wens hulle wil ook bietjie gly in die oggende na hulle geysers gebars het en sommer square op hulle eiers val. Fok.




Speel hom wyd: ‘n Afrikaanse Stripshow
Seker geskiem jy gaan nou lekker guava kyk? Hehehe, fokken vuilgat. Hierdie is 'n anner Stripshow , maar jy sal ook 'n paar kaal chicks kan check. Maar sit eers neer die tissue en die facial scrub.
'n Lot comic artists (ook genoem strip art) het bymekaargekom om 'n Afrikaanse strip te publish. Die artists is girls, en die strips gaan oor girls. Maar hier het jy nie te doen met iets fokken mamby-pamby soos Seventeen of Cosmopolitan nie pappie. Hierdie is hardekwas – dié girls vattie kakkie.
Met 'n styl wat mostly herinner aan Bitterkomix, kap die mag 'n floatie vir 'n hele paar myths oor Afrikaanse girls. Die result is cool, soms unexpected, en dis moer refreshing om bietjie 'n Afrikaanse female edge te check. En nee china, Karen Zoid is nie edgy nie.
Die stories is kwaai, die styles vary nogal dramatically tussen artists, en as 'n eerste issue kick dit ass – myns insiens anyway. Hopelik is daar nog in die pyplyn.
By watkykjy hou ons daarvan om julle die inside scoop te gee op als wat cool is – soos meisies wat kan poes praat. Ek het dus dadelik 'n interview georganise met Leo (ja, dis 'n girl) van Stripshow. Hou vas, hier kom sy…
1. Eerste dinge eerste. Wat kyk jy?
Nuus met Riaan Cruywagen en (as ek nie kan slaap nie), BBC World en Agrifokus. O, en Frasier en Eastern Mosaic as ek onthou.
2. Wat's die deal met Stripshow – wie se idee was dit en waarom?
Ek en Nicolene Louw wou ons werk op een of ander manier publiseer, maar ons het gedink om sommer fotostate te maak en dit aanmekaar te staple. Toe kom Paddy Bouma met die wonderlike idee om dit 'n hele all-girls tydskrif te maak. Aanvanklik was ons bang dat ons dalk meer aangevat het as wat ons sal kan baasraak, maar op die einde het als heel goed afgeloop.
3. "Ontbloot die siel van die vrou" – klink vir baie soos ou Afrikaner retoriek. Hoekom sou hulle verkeerd wees?
Hoe bedoel jy? Ek verstaan nie.
4. Toemaar ek ook nie. Net probeer grand wees. Anyway… sou jy komiek artists as mens-mense beskryf?
Dis altyd moeilik om veralgemenings akkuraat te maak (bv. ek's seker nie elkeen wat sy eie website het is noodwendig 'n computer geek nie). In elk geval, in baie breë trekke kan ek seker maar ja sê.
5. Is daar planne om die komiek landswyd bekend te stel met regte stripshows?
As iemand bereid is om ons te borg, hoekom nie?
6. Was jy al by 'n stripshow en wat dink jy daarvan?
Ja, ek was al. Dis baie lekkerder om te kyk as dit girls is wat strip. Om een of ander rede sukkel mans.
7. Ek check dit het iets uit te waai met Bitterkomix. Wat's die missing link?
Drie van die mense wie se werk in Stripshow verskyn, se werk is al vantevore in Bitterkomix gepubliseer. Bitterkomix ( eintlik Joe Dog) het ook baie gehelp met die fyner details van die hele uitgee-besigheid.
8. Van die style in die komiek herinner my ook aan Bitterkomix. Skiem julle dis intentional, is dit 'n Afrikaanse ding dat almal so teken or what gives?
Om die Suid-Afrikaanse (of dan nou Afrikaanse) komiekstradisie voort te sit en daarop te bou, kan mens nie anders as om by Bitterkomix te leen en inspirasie daaruit te put nie. Bitterkomix was 'n invloed, maar daar was (en is veral nou) baie opwindende nuwe dinge wat besig is om te gebeur. Suid-Afrikaanse komieks kry op die oomblik ook nogal baie internasionale aandag. Oktober is Comics Brew in die Kaap en die nuwe Stripshow kom uit. Daar's baie om na uit te sien. Suid-Afrika se komieks gaan nog groot raak.
9. Wat dink jy van watkykjy se eie komiek – Skrapnel? Dis fokken cool nê? Ek dink dis befok.
Riveting.
10. Een van die komieks gaan oor 'n chick wat begin bloei in die klas. "Bloedskande" dink ek. Het jy al daai TV ad gesien van die girl wat wil gaan paartie met haar wit broek en dan gebruik sy Always Ultra en op die einde swaai sy lekker hol in die wit broek? By the way, wat dink jy van tampon en pad ads in general?
Ja, ek het al die ad gesien. Hoekom vra jy nie eerder vir my wat ek van tampons en pads dink nie? Advertensies is selde of ooit 'n opinie werd.
11. Raait… Wie's jou influences, of wie respect jy as 'n komiek artist?
Jis, moeilik om te antwoord. Daar's baie. Miskien moet ek maar 'n lys maak: Arline Kominsky Crumb, maar ook haar man, Robert Crumb, Lynda Barry, Dame Darcy, Joe Matt, Joe Sacco, Julie Doucet, Marjane Satrapi , Daniel Clowes, Debbie Drechsler, Seth Chris Ware, Chester Brown, Anna Sommer.
Deesdae raak ek al hoe meer opgewonde oor oosterse comics, veral die ou wat Akira gemaak het (ek het sy naam vergeet)
12. Is jy een van daai mense wat in coffee shops uithang en te veel rook en hard praat en opinies het oor als? Ek ken baie komiek artists wat so is.
Nee, glad nie. Jammer.
13. No problem. Waar is 'n vrou se plek?
As jy 'n hardcore feministiese antwoord verwag, is jy verkeerd. Ek is geweldig geirriteerd met Feminisme as denkskool. Dit voel al vir my of hulle dink die wêreld skuld hulle iets.
14. Waar kan mense die komiek in die hande kry en hoeveel zak moet hulle by mamma kry?
'n Paar Exclusive Books in Kaapstad, Johannesburg en Pretoria, Protea Boeke en 'n paar onafhanklike boekwinkels in Gauteng en die Wes-Kaap. Of mense kan ons mail by stripshow@hotmail.com. Ek's nie doodseker wat die tweede helfte van jou vraag beteken nie, maar ek vermoed die antwoord moet dalk R29,50 wees.
14. Enige laaste woorde?
Ek gaan seker laat vanaand aan die perfekte one-liner dink wat ek hier moes antwoord.