• Jy is waterkoppie nommer sedert 1 Maart 2008. Kap 'n dratie.

Pale toe! Gaan maak jou kruisie 14 April.

Eers was daar die gewonder oor wanneer die verkiesing nou eintlik sou wees. Niemand het geweet nie, want ons eerwaarde president, Tafel-en-Bedjie het mos die pampiertjie met die datum in sy broeksak vergeet. Toe die datum bekend gemaak word sien jy ewe skielik net posters orals op lamppale en daar is debatte op TV en 'n kakgegooiery tussen partye en ons moet noodgedwonge na al hierdie stront kyk omdat daar sulke kak flieks en programme op TV is.

Die campaign advertensies rakende die verkiesing laat ook 'n kak smaak in die mond. Julle weet waarvaan ek praat. Daai faktap cartoons van diere en die muis en die olifant wat gaan stem. Dit maak net mooi fokkol sin. En dan is SABC3 Education se logo so aan die einde. Wat – pray tell – de fok is dit? Soos ek die advertensies verstaan lyk dit my of kinders ook nou mag stem. Hey…wag so bietjie, dan gaan ek 'n party stig vir die kinders. Ek trek soos 'n Teletubbie aan en maak daai Teletubbie geluide: "Blu-ba-blu-bie. Tatta Fienkie!" Free ice-cream vir almal! Nee wag, die ander partye maak al klaar daai Teletubbie geluide. Fokkit. Sal ander plan moet maak.

Omdat ons land so lekker demokraties is kan enige Piet Piel en sy pel wat zak het 'n party stig. Ek dink byvoorbeeld aan die Soccer Party van laas keer se sirkus (bestaan hulle nog?) wat dagga wou legalise. Wat fokken dink die mense? Ek ken actually mense wat vir hulle gestem het. Hulle rook steeds dagga en kyk nog steeds soos meerkatte rond in vrees dat die Kase hulle gaan bust. Mooi so Soccer Party. Hfffffpp…ahh..pffffff. Mamma, daai akkedis loer vir jou.

Die Vreiheidsfront het so 'n lekker koue front van voor af gekry. Sanlam deel mos skille uit vir al die partye want Sanlam het mos lekker baie geld. Toe kry die VF R10000 en begin baie huilerig word en gee die geld terug omdat dit 'n klap in die gesig is, want Sanlam is mos op Afrikaner sentiment gebou of so iets. En dit is natuurlik nog steeds 1960 met daai Sanlam hande wat die blou bol klei in Afrikaans rol. Plaas hulle hou die geld en koop 'n paar mirowaves om die boereworsbroodjies in die kantore te nuke.

Nog iemand wat sukkel met geld is daai tannie van die KISS party. Sy moet maar wegbly van Rodney Seale af, anders vertel hy dalk die land se hoërskole dat dit staan vir Kids In Service of Satan en dat die tannie eintlik die land wil oorvat met heavy metal. En dan bliskem die matrieks al die standerd sesse wat Creed met tippex op hulle tasse geskryf het. In la-la-land sou sy my stem verseker kry as heavy metal die geval was, maar ek verwys julle weereens na die bogenoemde dagga-paarty. Hffffp…ah… "You are fucking up the rotation! Puff-puff give!" Dan sal ek na Rodney myself aan die kinders voorstel: "Blu-ba-blu-bie. Tatta Fienkie!"

Die ACDP wil die land op 'n religious basis lei. Kom ons kyk na ander lande waar dit soos 'n bom werk: Mmmm… Israel… Nigerië. Albei baie mooi stabiele lande. So gaan trek jou kruis by die kruis sodat Danie Botha al die gay mense in die see in kan jaag soos wat die KP van ouds dit met die non-whites wou doen. Mbeki het mos blykbaar eenkeer laat kwytraak dat die ACDP 'n "silly party" is en toe is hulle kwaad. Ek wonder wat is meer silly, om R55 bil te blaas op duikbote, helikopters en groot shiny fuck-off vegvliegtuie of om te weier om te glo dat AIDS 'n reality is.

Bradford Wood van Big Brother het ook sy eie party. Maar dis volgens hom nie 'n politieke party nie. No fuckin way, bru, want polititians lieg en bedrieg. Ja, Brad. Mooi ene. Jy neem deel aan PO-LI-TIEK. Maar gaan drop maar maar die Defence Force in die Cape Flats met daai duur choppers laat hulle almal wat verdag voorkom platskiet en dan kan die top professors van die private sektor 5 jaar later die AIDS probleem oplos. Dis nou as hy president word.

Toni Leon se party belowe 1 mijoen jobs. Dis nice. As hulle regtig wil stemme werf, hoekom het hulle nie liewer die 1 miljoen jobs lank voor die verkiesing begin uit dish nie? Hoekom wag tot 'n maand voor die verkiesing en dan sulke plakkate opsit met mense se gesigte wat lyk of mens hulle nie moet trust nie? Daai plakkate is mos duur. As ek die Green Party was, het ek al die parties se posters afgehaal reg deur die land en dit ge-recycle. Sommer lekker job creation ook.

Verder probeer al die kleiner partye op die mense se emosies staat maak vir stemme: "Vang hulle en hang hulle!". JA, bring die doodstraf terug want ek kan nie my gat roer nie of die ou langs my word vermoor. Hulle kan liewer saamspan en 'n nuwe ambassade stig en posters orals opplak wat sê: "Ek haat my land, kom ons fokof!" Dit sal nie erg wees as hulle eers weg is nie, want dan kan hulle huilerige briefies skryf vir Huisgenoot oor hoe hulle die vaderland en veral Afrikaans mis, maar dat hulle 'n nuwe lewe begin en dit so deur die trane geniet. Dis net bietjie koud en daar is nie biltong en blatjang nie. Dan kom hulle op Watkykjy se websait af en is so bly om Afrikaans te lees, maar dan lees hulle verder en dan kan kry ons weer briewe oor hoe ons die taal verloën en woorde soos "kak" en "poes" gebruik.

Hoe dit ook al sy, jy het die kans om 14 April te gaan stem vir wie ook al jy wil. 'n Ander bonuspunt is dat jy daai dag nie hoef te werk nie, so jy kan gaan fles vat die Dinsdagaand en met 'n seer kop jou demokratiese besluit neem. Viva!

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Snotstories | Tagged , , | Leave a comment

‘n Paar kakke agter

Die psige van 'n D-list celebrity verbyster my time and again. Foktog wie het hierdie mense in die eerste plek famous gemaak? Big Brother? Survivor? Pop Idol? Dis tyd vir 'n reality check want ek kannie meer nie. Waarna kyk ons?

Die latest kak wat hulle op ITV uitskei is a) heeltemal te vroeg vir die watershed en b) net plein onsmaaklik. Waaroor hanna ek? Dis Celebrity Fit Club, of Fat Club of 'n Paar Kakke Agter wat my so afpis. D-lys Britse celebrities soos Vanessa wide-load Feltz, Freddie poesneus Starr, en nog 'n klomp ander dikkes wat in die eerste plek nie op telly hoort te wees nie… Wat doen hulle? Hulle probeer gewig verloor deur 8 instede van 10 Greggs sausage rolls 'n dag te eet. En hulle maak asof hulle oefening doen maar eintlik beweeg hulle net hulle arms.

Ek het al gehoor televisie add nog 'n klompie kilos maar hoeveel onse is in jou pond ou perd? Dan is daar nog so fucked-up Amerikaanse chickie wat stand-up comedy vir drag queens in Vauxhall probeer doen. Klink soos 'n fokken aflewering van Geraas as jy my vra, fokol snaaks en heeltemal te veel foptossers. Oorle.

Verlede jaar was Rick Waller aka the Fat Bloke op die show. Jinne maar kan hy neul. Aggenee man 'n groot seun huil nie so nie! Rick het ongelukkig bekend geword toe hy die butt-end van die vorige Pop Idol kompetisie was. Skielik het almal op die internet gedink dit sal snaaks wees as iemand vet Pop Idol wen – hy't nie gewen nie maar hy was skielik 'n celebrity toe daar 'n online campaign die rondte doen wat se: "Vote for the fat bloke". Rick het gelyk of hy drie van die ander kont-estants heel ingesluk het terwyl hy shite soos Elton John liedjies gesing het. Hoeveel van hierdie puritypopkak dink hulle kan hulle nog in ons kele afwurg? Hiekomie vliegtuig maak oopie mondjie vrrrrrrrrr.

Die coolste ou in die show is Harvey. Harvey is 'n US Marine en hy vattie kak nie. Hy's hulle trainer en probeer hulle jaag tot hulle hartaanvalle kry. Hy skree die heeltyd op hulle en se vir hulle hoe kak hulle is. Hy raak die moer in en het verlede jaar vir Rick Waller van die show afgejaag omdat hy te veel cornish pasties geeet het.

Ek het 'n vet seun op skool geken. Martin was sy regte naam. Hy't ook semi 'n celebrity in die skool geraak toe die cool ouens hom Vetseun gedoop het. 'n Reality Celebrity. Sy toffies het omgesit in populariteit, sy vetrolle in houding, sy manstiete het ons almal ongemaklik laat rondkyk in LO. Hy was nie regtig cool nie maar dit het nie saak gemaak nie. Skielik was hy 'n homie, soos Fatman Scoop, Heavy D, PM Dawn en Mike Schutte. Hy't 'n character gehad, 'n persona. dis meer as wat ek gehad het. In Boksburg het selfs Pizza Face met sy bad aknee meer creds gehad as ons Hoofseun. Die piekie wat elke wedstryd voor die Eerste Span opgedraf het met die rugbybal en halwe beentjies. mense het hom gelike. Was dit 'n freakshow?

Verlede week was die laaste episode van Back to Reality op Five – die reality show vir al die "celebrities" van reality show. Die crème de la crème van kak met ander woorde. Rick Waller was daar. Die freak. Op een stadium moes hy met 'n bal hardloop terwyl Harvey van ITV se Paar Kakke Agter hom met 'n paintball gun op point blank skiet. Dis nie al waar hy hom getref het nie. Dit het my skielik laat dink aan die opening van ons Eerste Span games. How embarrassing. Ek speel nie meer saam nie.

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Snotstories | Leave a comment

WKJ skop GAT!!

Hallo WKJ,
Ek laaik die site moerse en dink dit skop gat…

Ek het onlangs maar eers julle hoekie in die ruimte van 'webspace' ondek en dink dit is great dat mense initiatief vat om nie net ons taal te gebruik nie maar ook te verander, te bevorder en vir die nuwe generasie die alternatiewe afrikaanse bewegin te bevorder… (Of sulke kak)

Ok, nou is dit ook maar dit…
 
Fanie

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in briewe | Leave a comment

Hou kop

maan

hou-kop

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Spec-takel | Tagged | Leave a comment