(deur Gomsnuiwer)
Ja, fok wat kan ek sê. Verlede naweek se sport het die spreekwoordelike ass gekick. Kom ons begin sommer by die rugby en die huidige punte stand van die Kerriebeker. En ja, ek gaan net een fokken game cover . So die van julle van wat die (Sirkus) Leeus ondersteun, “Jammer om te hoor.”
Rugby
Die WP het die Leeus ‘n behoorlike PK daar op Ellispark gegee. Nie eens André Watson (blykbaar nou ereid van die SA Blindevereniging) kon hulle help nie. Die WP het briljante spel gelewer en die Leeus se tande getrek in ‘n klipharde wedstryd. Na die eerste helfte verby was en ek my moer gepluk het oor die twee geel kaarte wat daai kont aan WP gegee het was daar geen stop aan die streeptruie nie. Die Leeus het soos ‘n klomp Kapenaars na ‘n giggelgras party gelyk, leweloos en stadig. Eindtelling WP 51 – Leeus 28 (’n harde fokken PK)
N.B. Waar is die Blou Bulle. Snor City treur.
O ja, kyk uit vir die game tussen die Sharks en WP op Nuweland. Nog ‘n moontlike slagting “in the making”.
Olimpiese Spele
Oor die Olimpiese Spele wil ek nie eens praat nie. Zeffer as Zef. 5 medaljes, 1 silwer en 4brons. Ek fokken huil sommer. Ek moet seker nie moan daaroor nie maar jissis. Kan julle die tipe ding oorvertel aan ‘n witmens? Kom ek gee julle gou ‘n goeie vooreeld. Ons bofbal en mans hokkiepanne. Hulle stuur ‘n bigtime ZEF loser bofbal span wat iets soos 15 – 0 teen Kuba verloor, maar hulle los die mans hokkiepan by die huis omdat daardie Kerriekont Sam Ramsamy so gesê het . Kom reg!
En dan was daar ‘n windgat mannetjie met die naam van Llewellyn Herbert wat op die vooraand van die 400m hekkies finaal voor 3 biljoen mense brag oor hoe hy almal in hulle moer gaan hardloop. Toe nou nie. In die finaal was hy “outclass” , “outrun” en simply ‘n PK gegee en het hy 3de gekom. Sjeim, my innige fokken simpatie. Dalk moes hy daar groot paar shades afgehaal het? Dit sou hom so half kilogram ligter gemaak het. Ek moet my hoed afhaal vir Frantz Kruger. Die enigste Suid Afrikaner wat werklik sy beste gelewer het en nog nie ‘n attitude gekry het nie. Sharp my blaar !
Formule Een
Sondagand breek aan en die uwe is nog steeds semi-dronk van die naweek se kaskenades by ‘n vakansie-oord wat se naam nie hier genoem sal word nie. Dis Grand Pricks tyd en ek skink nog ‘n dop en sit my Ferrari keps op. Ek kyk hoe daai oulike chicks met die volksie bonnets met sambrele rondstap.
Die Grand Pricks is go, maar o wee ‘n soutnek genaamd David Coulthard is te haastig op die pedaal (jy’s uit vir hierdie rondte Noot vir Noot styl ). Eventually gaan Schumacher hom verby in een van die beste “passing moves” van die jaar. En dit was die race . Daar was geen stop aan Schumacher nie. 10 punte vir die meester . Hakkinen aan die ander kant het weereens gewys watter amateur hy is. Snaaks hoe hy nie aan die begin van die seisoen en op nuwe bane kan klaar maak nie?
Indien enige van julle my wil uitkak oor my snedige aanmerkings teenoor die Leeus mail gerus na gomsnuiwer@yahoo.com.
Ek is besig om te werk aan ‘n Nick Mallet (non)tribute. Ja die kont is gefire!
Daar’s heelwat dinge wat die tagtigs opgelewer het waaroor ons nou nog spyt is. Ek meen hoe gaan
ons nuwe geslagte in die oë kyk oor iets soos leg warmers, shoulder pads en snow jeans. Hoe verduidelik ons goed soos headbands, gypsies en wit hofskoene aan ons kinders. Helaas ons kan nie… Maar gelukkig is daar ‘n handjievol dinge waarop ons werklik trots kan wees. Ek praat van die gloriejare van popmusiek. Dit waarvoor Pieter van der Lugt sy Voëlvry dae vir ewig verruil het en sy siel aan Huisgenoot verkoop het. Hey… ek was nie daar nie ek sê maar net wat ek al die jare in Pop-Opskop gelees het. Ek praat van popprinsesse soos Samatha Fox, Madonna (Like a Virgin) en Sabrina.
Uiteindelik in 1988 kom haar langverwagte tweede album getiteld Super Sabrina met die eerste single “Like a Yoyo”. Die musiekvideo het ‘n prentjie in my kop ingehamer wat ek tot vandag toe nie sal vergeet nie… Sabrina wat op en af spring en gepas sing “Like a Yoyo”, dit was beautiful man. In 1989 tree Sabrina voor 50 000 brandarm dog jillende Russiese skoolseuns op in die Olimpiesky
Stadion in Moskow. Waar was julle? Stuck in Suid-Afrika nes ek en uitgelewer aan TV1 waar ons na Anneli van Rooyen in sequence op Muzic A la Carte moes kyk… Damn die Nasionaliste… damn! Arm Russiese skoolseuns verkoop hulle fietse ‘n maand later om die video Sabrina Salerno Live in Moscow aan te skaf. Suid-Afrikaanse skoolseuns kry die video vyf jaar later in die hande weens sanksies teen ons en besef nie Sabrina is nie meer cool nie… Damn die Nasionaliste… damn!




Waterkloof, ons het ‘n probleem
Vrydag 12:42 GMT – Waterkloof Lugmagbasis, Pretoria
Die dag het ‘n vreemde wending geneem wat ‘n hangover, ‘n superbike, koffie en flyers in gemeen gehad het. En so kom dit toe dat Chopper Charlie sy eerste internasionale air show bywoon. Verniet nogal.
Klaarblyklik was Zambië se lugmag ook daar. Hy het ‘n bier gedrink toe ons hom gesien het. Verder was daar ouens van Swede, Egipte, Amerika ensovoorts. Meeste pilots, almal main. Maar ek dink enige man met ‘n paar duisend pond thrust tussen sy bene gaan mainerig wees. Of iets soortgelyks.
En toe, by die bierdrinkplek net langs die B-1 bomber beleef ek ‘n oomblik. Want te midde van die Airwolf-temamusiek in die
agtergrond verskyn iets op die horison wat vinnig sigbaar word as ‘n ding wat nie kak vat nie. Met ‘n moerse gejuig move die Rooivalk.in. Een van die amazing aviation achievements wat actually Suid-Afrikaans is. Ontwerp en getoets deur Denel, Armscor en die SANDF en gerespekteer oor die wereld heen is hierdie ‘n combat chopper soos min. Vir hierdie show het die Rooivalk byna ‘n loop gedoen (wel, so naby soos wat ‘n chopper daaraan kom), agteruit gevlieg, hoog gevlieg, geduik en hoofsaaklik mielies gegooi. Verskriklik.
Toe die skaduwees begin lank word het ons Golf-waarts gekeer en gelag en gesels soos ou vriende doen. He he he. Op pad uit amper in ‘n paar mense vasgery en toe sit ons vir about ‘n halfuur in ‘n verkeersknoop.
Maar, o die Rooivalk …