Check hom

Kings of Improg – Brakpan instrumental rock op sy beste, en enigste

In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

Ek het nog nie moerbaie instrumentele hard rock sounding albums review nie. Die naaste was maybe Profoundly Dumb se Collective Isolation EP way back when toe ek net begin reviews skryf het vir Watkykjy. Dis sulke weird spaced out metal jazz tunes en nogal ‘n mindfuck. Ek kry eintlik min review requests vir instrumentele rock vibes en alhoewel dit nog elke keer kief jams was, kon ek nie altyd aan lekker temas dink om oor te skryf nie. Wat dan gebeur is dat ander albums met lirieke en vocals wat ek graag wil review, meestal bo op my to do list kom. Dit is seker makliker as daar ‘n storie of woorde is waarmee ek myself kan vereenselwig op een of ander manier. Die musiek moet my waarlik boei as dit net instrumenteel is, anders gaan ek verveeld raak halfpad deur die album en nie ‘n behoorlike review kan skryf nie. Maybe so one liner: “Dis kief maar toe raak dit boring”.
Kings of Improg (of KOI) se klank op hierdie debuutalbum het my dadelik ingetrek. Dis soms nostalgies, soms aangrypend en klink met tye soos ‘n epiese ruimtefliek se klankbaan. Ek het dit ervaar soos ek daarvan hou om jazz musiek te sit en luister – aandagtig sonder om te kan voorspel wat volgende gaan gebeur. Soms hoor jy Kirk Hammett se Metallica ballad solos of basic Marty Friedman tipe riffs, soms net kief old school standard rock riffs wat jou laat dink aan die hey days. Dis nie al nie, though. Daar is jou meer senior tromme en baskitaar (laasgenoemde wat jy duidelik kan hoor). Dit raak soms donker en eerie soos op Epilogue. Trent Reznor klavier vibes. Nice! Ek dink Saffas neem dalk African influences as vanselfsprekend aan. Speel bietjie ‘n paar tunes op hierdie album vir ‘n UK/USA buitelander en vra watter sounds hoor hy of sy alles? Ja, hulle gaan old school proggressive rock en metal hoor maar hulle gaan ook African invloede hoor (die songs Gaea en Insurgent is goeie voorbeelde). Daar is dalk ook ‘n paar ander World Music invloede ook maar dis wat hierdie album so befok maak. Daar is ‘n klomp verskillende musikale invloede en klanke wat (alhoewel sommige invloede meer subtiel is) saamgegooi word en dit klink nog steeds real en tight.  As die twists en turns jou ook nie na ‘n verskeidenheid wêrelde of interressante plekke toe transporteer nie, dan is jy op die verkeerde plek en gaan jy dit anyway nie like nie. Hierdie is een van daai albums waar jy jouself in die moods van die musiek moet inleef – dan sal dit ‘n reis begin word en as jy boonop ‘n audiophile is met ‘n klankkamer of goeie oorfone, gaan jy dit ter deë geniet!

Wat vir my ook interessant is, is die manier waarop die projek begin het.  KOI het in 2012 begin as net ‘n jamming session met ‘n klomp musikante wat by Byron Muller se pozzie in Brakpan elke paar weke begin jam het. Voor ek hulle video van Levitation op Youtube gesien het, het ek al die brasse met sulke once mullets, warmgemaakte karre en gepimpte kitare gepicture. Die cool ding van rock and rollers is: ons is almal fokken zeffers, right? Die ander cool ding is jy gaan dit meestal verkeerd kry as jy mense op stereotipes gaan probeer judge. Ja, aan die begin het hulle sessions organies begin met fokol struktuur. Sulke Joburg South braai met baie musikale improvisasie –  basically net rondpoes, maar hulle tunes klink nie soos jou run of the mill Brakpan joke nie, nê? Dit het ‘n klas van sy eie, dis intelligent en dis nogal heavy ingewikkeld. Die official naam was die ‘KOI sessions’ back then en KOI was die afkorting vir Kings of Improv gewees. Na so jaar of wat het net ‘n paar bras oorgebly naamlik Byron Muller (bas/kitaar), Chad Snell (kitaar), Lloyd McKeen (kitaar/bas) en Stefan Roodt (tromme). In 2013 het hulle begin liedjies bou en in 2014 hulle eerste gig gejol. Stefan het ander stuff begin explore en hulle het ‘n nuwe tromspeler gekry genaamd Slade du Randt. Hulle het ook die naam verander na Kings of Improg (KOI).  Mense wat beter weet as ek, tune dis ‘n belewenis om KOI live te sien, so ek sit dit sommer by voorbaat op my live lysie ook.

Check dit uit!

Deel met jou tjommies!

    RolbeesKings of Improg – Brakpan instrumental rock op sy beste, en enigste
    Check hom

    Is die gekookte eiers gepak? Ons stop nie by die Wimpy nie.

    In Snotstories deur griffinRek jou bek

    ‘n Kwart van 2018 sal na hierdie langnaweek square in sy moer in wees. Fokkit, maar tyd vlieg, huh? Hier in Mzanzi is ons ge-bless (#blessed #banting #hartsmense #vegan #crossfit #hashtag) met die gelukkige bedraggie van 13 publieke vakansiedae vir 2018. Ons het reeds deur die eerste 3 gebrand en na hierdie langnaweek sal daar net 7 oor wees, waarvan een op ‘n Saterdag val, so eintlik los dit ons net met ses. Dis soos om ‘n sak tokens te hê vir die beste game op aarde en teen einde volgende week gaan jy net die helfte van jou tokens oorhê. Kom ons hoop net daar was dié van julle gewees wat slim genoeg was om Maandag ook af te vat, want hierdie naweek is jou laaste kans vir ‘n genuine lang-langnaweek vir hierdie jaar.

    ‘n Langnaweek kan verskeie kante toe gaan – dit kan ‘n gulde geleentheid wees om jou reset knoppie te druk, so bietjie te chill by die huis en miskien in te haal op daai passion project – die Deathstar Lego gaan nie homself aanmekaar sit nie. Maybe wil jy juis nie relax nie. Maybe wil jy net pomp, jol en karre rol. Vir so paar gelukkiges is daar ook die opsie van die langnaweekwegbreek na die bosveld, midlands, higlands of see toe met kinders, bergfietse, honde en al.

    Aah, vakansie en road trips! Die oop pad! Ma en pa se kak musiekkeuses! Radiostiltes deur die dorpies wat nie weet wadefok FM is nie! Boeties en sussies wat baklei in die back seat! Low budget padkos! Die stinkste WWE-tipe choker poepe onder die son wat in meeste gevalle eienaarloos bly…
    “Ek trek net eenkeer af sodat julle kan piepie en dat ek julle kan bliksem vir dit wat julle gedoen het en dit wat julle nog gaan doen!” The usual stuff that keeps loving families bonded together.
    In die ou dae het jy altyd gehoop dat die vakansiewoonstel/huis/cabin seblief Mnet het (veral as jy fokol gewoond was nie Mnet by die huis gehad het nie) en in later jare was dinge effens meer gerieflik in die sin dat jy jou DSTV kaart of even jou decoder kon saamneem met vakansie. Dit was steeds ‘n ball ache, want jy moes die call center bel en verduidelik en smeek en jou kaartnommer 6 keer teruglees en what-what. Deesdae het meeste vakansieplekke TVs en decoders, maar die setup is gewoonlik van so aard opgestel dat jy die yskas moet uitplug om ‘n stukkie eTV nuus te kyk. Maar jy moet eers jou bure en die hele karavaanpark tune om stil te bly want die TV se volume gaan tot by 2 en die bass was nie ingesluit by die verkoopsprys nie. Die verblyfplekkies het amper altyd, sonder uitsondering, sulke cheap-ass marabs DSTV bouquet wat normaalweg bestaan uit Movie Magic 1 (bestaan dit nog?), MTV Base, Trace, Mzanzi Magic, Soweto TV en al 777 Loof Die Jirre Aan Die Brand kanale.

    Jy kan natuurlik slim wees en jou en jou kinders se entertainment saam met jou vat voor jy die pad slat. Hier is vir jou ‘n praktiese voorbeeld: My vrou is tans in die overseas vir graft vir so week lank. Nederland se free-to-air TV is nie veel beter as waaraan ons gewoond is nie, so sy het die oggend voor sy gewaai het, vir haarself ‘n reeks genaamd Scorpion ge-download om dit offline te kyk in die aande op haar Samsung tablet. As jy op holiday is wil jy dalk hier en daar in die aande iets kyk, maybe net om jou aan die slaap te sit. Mense doen daai ding. En jy soek nie dinkwerk nie. Jy soek ligte, breinlose entertainment en Scorpion klink na so tipe vibe:
    Die main karakter, Walter O’Brien is een van die slimste mense in die wêreld, met ‘n IK van 197. Toe hy ‘n laitie was, het hy NASA se website gehack, hy is gebust en ge-recruit deur Agent Gallo, wat onmiddellik besef het dat O’Brien se gawe die government kan baat. As tiener het hy rebelleer en gefokof en jare later, as grootmens, het Agent Gallo hom weer ge-sweet talk om te join -hierdie keer om ‘n spannetjie genaamd The Scorpions op die been te bring – die laaste line of defense teen al die high tech threats. Die einresultaat is ‘n troppie nerds en ‘n hot waittress wat die wêreld moet red.

    Dit klink mos nou na lekker breinlose vakansie fodder, of hoe? Yay!

    Wanneer dit vir dae aaneen reën of die wind mense wegwaai tydens vakansies, bou gesinne baiekeer van daai duisend piece puzzles wat hulle eventually met houtlym op hardboard vasgom. Asof dit ‘n moerse family achievement of trofee is. Het jy al ooit gesien dat daai goed teen mure opgehang word in mense se huise? Nee. Maybe in Kempton, maar jy sal al daai mounted vakansie puzzles grotendeels opspoor in charity shops. Fokken guaranteed!
    (Fok, nou wil ek ‘n atikel skryf oor charity shops)
    Watter tipe goed doen Suid-Afrikaners nog wanneer die weer kak is tydens holiday? Hulle besoek  daai klere factory shops vir “moerse bargains, hoor!” en koop  daai Instinct, Bear en Gotcha reversible jackets in die aakligste pastelkleure. Of erger – vellies, Hang Ten plakkies en handsakke. Fok my, dis af! Spaar eerder jou zak vir ‘n dag, sit op jou hande en kyk breinlose TV shows. Ligte kykgenot om nie ernstig op die vat nie. Jy’s op holdiay, my fok! Dis lekker om jouself opsies te gee. Shows soos MacGyver, NCIS, NCIS Los Angeles,  NCIS New Orleans, NCIS Vereeniging, NCIS Belville, Elementary en Arrow (laasgenoemde twee is op Showmax. Ek dink hulle verfilm steeds aan NCIS Bellville).

    Of download net so paar movies voor julle waai. Wat van die hele Bourne reeks vir mamma en pappa?
    Die ‘slegter’ deel van met vakansie gaan, is meestal die deel op die pad. Sure, dis exciting en almal is opgewonde op pad na die idilliese bestemming, maar die pad terug is maar oor die algemeen die minder lekker deel. Dit was lekker maar dis nou klaar. Soos vroeër genoem, klap die insults, poepe, plathande en vuiste gereeld agter in die kar met die odd onakkurate backhand van mamma se voorsitplek se rigting af. Kyk, ek het nie raad vir die poepe nie, want daai goed het ‘n siel en ‘n wil van hulle eie, maar die ander insidente se risikofaktor kan drasties verminder word deur die kinders elk ‘n tablet in die hand te stop. Dit sal ook die outjies se ‘are we there yet?’ levels drasties verlaag. Sure, YouTube (met safety aan) kan ‘n goeie nanny wees, maar jy gaan nie altyd sein kry nie. Dan poep en fight die fokkers weer. Ek was nie regtig mooi bewus van die honderde kinderprogramme wat op Showmax beskikaar is nie, so gaan krap gerus rond tussen dit. Jy mag self dalk ‘n show of twee kokkenodge:Klap sommer dadelik jou interwebs by die huis of by die werk voor jy vandag fokof vir die lang naweek en download so paar shows en movies vanaf Showmax. Onthou, jy kan met jou Showmax account tot en met 5 devices op dieselfde tyd gebruik, so download gerus na jou fone en tablets. Whatever jy verkies. Dis in elk geval basies reeds die einde van die maand en jy het probably so paar gigs se data oor wat jy kan burn om ‘saam te vat’ met vakansie. Dis nou as jy nie te veel skommies gekyk het nie.

    Hoe om Shows en movies te download:
    Sign in met jou Showmax account of sign hierso op om dit verniet ui te probeer vir 14 dae lank.
    Download die Showmax app vir jou smartphone of tablet vir iOS of Android.
    Maak die app oop en kies die series episode of movie wat jy offline wil kyk.
    Click op die Download button. Dis gewoonlik so wolkie affêre met ‘n pyltjie wat ondertoe wys, regs van die episode of movie se naam. Op ‘n tablet sal jy ‘n blou Download button sien langs die blou Play Now button.
    Kies jou quality – Low Quality, Standard Quality, Good Quality of High Quality – kies Low of Standard as jy die stuff op ‘n foon wil kyk. Veral cartoons vir kinders. Jy gaan nie die drop in kwaliteit op fone sien nie. Low quality is perfek vir kleiner screens.
    Jou download sal dadelik begin en jy kan nou lekker offline kokenodge sodra die download klaar is. Jy sal 25 verskillende titles kan download op ‘n keer. Let op dat ‘n series episode tel as ‘n title. Elke movie of episode sal op jou device bly vir 30 dae lank. Die lekker ding is dat jy nie hierdie data wat plek opvat hoef te manage nie, want dit word automaties delete na 30 dae. Jy sal presies kan sien wanneer elke title expire, so moenie worry nie. Die enigste manier hoe jy jou donwloads voor die 30 dae kan verloor, is as jy die app uninstall. Wees net bewus daarvan dat jy slegs 48 ure het om ‘n episode of movie te kyk sodra jy hom begin kyk het. Kinders like mos om ‘n ding faktap te kyk. Oor en oor. As jy een episode van Peppa Pig vir jou snotneus gedownload het, het hy net 48 uur tyd om dit oor en oor en oor te kyk, so verduidelik asseblief vir jou bloedjie dat hy dit net 576 kan kyk voor dit expire. Terloops, jou shows sal aanhou download in die agtergrond al het jy die Showmax app toegemaak.

    Jy moet ‘n moerse lekker langnaweek hou. Maak memories. En kinders as jy regtig moet. En stuur vir ons so paar fototjies, man! Ons wil sien wat julle aanvang. Vir dié van julle wat (soos ek) te fokken arm is om weg te gaan, lekker braai en draties kap!

    En kry vir jou so stukkie free Showmax
     as jy nog nie het nie…

    Deel met jou tjommies!

      griffinIs die gekookte eiers gepak? Ons stop nie by die Wimpy nie.
      Check hom

      Taylor Momsen – Woensdag se warm bokkie

      In Warm Bokkies deur griffinRek jou bek

      Taylor Momsen is nogal ‘n cool warm bokkie – sy het die acting en modelwêreld se deur agter haar toegetrek om eerder musiek te loop maak. As jy ‘n Gossip Girl fan is, sal jy haar herken as die karakter van Jeny Humphrey. Sy het ook vir die rol van Hannah Montanna audition en het dit tot in die top 3 gemaak, maar dit het na Miley Crys gegaan, wat mens miskien sal laat wonder in watter rigting Momsen se musiekloopbaan sou gaan indien sy wel die rol losgeslaan het. Ons wet almal wat met Miley gebeur het.

      Tit-bits:
      Taylor Momsen het in 2008 op 14-jarige ouderdom ge-sign met IGN models.
      Sy het haar acting career reeds op 3-jarige ouderdom begin in ‘n Shake ‘n Bake commercial.

      Sy het ook ‘n band genaamde The Pretty Reckless en hulle is heel fokken orraait:


      Place your ad here

      Deel met jou tjommies!

        griffinTaylor Momsen – Woensdag se warm bokkie
        Check hom

        Call centres – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

        In Is Dit Net Ek Of Is Alles Tos?, Snotstories deur griffin en Chopper CharlieRek jou bek

        Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2018) teen Augustus se kant 10 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ongeveer Augustus.

        Call centres
        Asof diens nie pateties genoeg is nie, moet elke maatskappy ‘n geoutomatiseerde call centre (of Sewende Sirkel van die Hel) hê. Om jou makliker na die regte persoon te herlei, my kind.
        “Vir rekeninge, duk 1. Vir navrae, druk 2. Vir verkeerde advies, druk 3. Vir leuens, druk 5. As jy gehelp wil word, druk asseblief jou vinger in jou wolhol.”
        Hier’s ‘n nota aan groot maatskappye: Wagtyd is nie ‘n positiewe ervaring nie. En weet julle wat is ook nie positiewe ervarings nie? Panfluitmusiek en advertensies. Steeds dring julle daarop aan om hierdie onheilige drie-eenheid te kombineer. Met banale boodskappe soos “U oproep is vir ons belangrik.” Sjoe, dankie tog. Vir ‘n oomblik het ek gedink julle gee nie ‘n fok om nie.
        En wat is die hele idee agter voice menus dat jy deur dertig keuses moet gaan en knoppies moet druk en jou ID-nommer moet invoer en mooi moet luister net om na tien minute se aanhou by ‘n generiese foonapie uit te kom wat nie weet hoe om sy werk te doen nie? Foonapie sal jou met ‘n glimlag dan per ongeluk of afnsy of deursit na die apie op die tak reg langs hom wat self minder as hy weet. Wees reg om elke liewe keer jou hele storie weer te vertel. En vergeet van die supervisor. Daar bestaan nie so iets nie.
        Diens? Nier hier nie, pappie. Partykeer vra hulle jou selfs om asseblief hulle call center te bel. Dis reg. Dis een wat jy sopas gebel het. Hou maar jou ID-nommer reg, dit gaan ‘n lang dag wees.

        Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.

        Deel met jou tjommies!

          griffin en Chopper CharlieCall centres – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?