Check hom

Vat Vyf! Week 35 van 2016 – Haarreëls, lawaaierige effies en Pravin.

In Wat is nuus? deur PK MalherbeRek jou bek

As jy hare op jou tande moet hê vir skool, vir lenings en vir passiejassies…

1) Dit was kak en hare hierdie week. Meer hare as kak. ‘n Girl met ‘n afro groter as Jurie Els se fanbase in Warmbad ruk haar toe mos op by Pretoria Girls High vir hul haarreëls wat haar tune sy moet haar hare straighten. Nou sê ek vir myself: “Wees versigtig PK, hierdie is heilige grond.” Die een ding lei toe tot die volgende en voor jy kan sê “In my dae sou ons nie weggekom het met dit fokken harenie!” ruk almal wat al hare gehad het op na die skool en betoog. Dis die fokken EFF, die ANC, die Minister van Onderwys, die hoernaliste, die Wit Tombolatafel Vereniging, ‘n Brakpan pastoor en twee poedels. Kyk, ek fokken like die feit dat sy opstaan vir haar regte. En in die proses krap hulle toe (en jy moet nou vashou aan jou seat tjomma) rassisme oop by die skool. En die gevolgtrekking gemaak dat rassisme steeds by skole bestaan. Wel, jy kan my omtik met ‘n fokken veertjie. Kom ons wees nou eerlik met mekaar: Vandag se onnies moet hare op hul tande hê want die bloedjies kak en kerm oor alles. Maar as jy ‘n rassis is, is daar net een plek vir jou en dis nie die personeelkamer nie. Wat my wel tranerig maak is die feit dat almal weghol met die storie. Fokkit, skielik het almal sulke issues gehad op skool. Ek is geen Vatikaan-engeltjie myself nie, maar kan ons nie ook weghol met die feit dat baie kinders honger gaan slaap en skooltoe gaan nie? Of dat hulle nie handboeke het nie? Of dat hulle by die skool of by die huis seksueel (sulke groot woord) misbruik word nie? Jy verstaan? Hare mense. Ons neem op loop oor hare.
*Skud kop meewarig*

2) Daar is geen keer aan Caster Semenya nie. Die arme fokken vrou. Het iemand terpentyn in haar sjoebroekie gesmeer of wat? Kan iemand haar help stop? Ewenwel, sy hardloop toe weer weg vir sulke ander drawwers in Zurich hierdie week. En in die proses sit sy toe weer Brittanje se klakous, Lynsey Sharp op haar plek… 178ste… of waardiefok sy ookal opgeëindig het. Krokkefokkendiltrane, pappie.

3) Lynne Browne, ons Minister van Openbare Werke, kan dans hoor. Sy fokken twostep rondom beleggers en probeer hulle gerusstel dat als wel is met semi-staatinstellings. Dit kom na twee heavyweight batebestuurders laat weet het hulle is nou bietjie moeg vir geld leen aan Eskom. Kyk, ek sal nie eers ‘n fokken uitveër aan hulle wil leen nie, nevermaaind miljoene rande om hulle uit die kak te help. By the way, wie het my fokken uitveër?

ass the other vagina4) Kyk, ons regering luister na sy mense. Toe hordes van ons kla dat die goewerment se passiejassies te veel geraas maak tydens soekieworsie, toe maak hulle nuwes. Genaamd Max (*vernoem na Max du Preez), is die nuwe gekleurde en gegeurde kondome blykbaar heel naais. Ek kan nou net die ou gesprekkie sien…
Sarie: Is hy al in?
Buks: Fok ja, hoe vra jy so iets?
Sarie: Met die voriges kon ek darem hoor as hy in is.
*nie rêrig nie

5) Minister van Finansies (is hy nog? hy is? ok) Pravin Gordhan het bevestig President Jacob Zupta is nie meer op sy Kerskaartjielys nie. Hoofsaaklik omdat hy ‘n doos is. Maar ook omdat ou Zoom-zoom besig is met ‘n persoonlike vendetta teen hom omdat Pravin weier om ‘n kwitansie af te teken waar Jacob ‘n KFC bucket gekoop het. En ook oor sulke ander pyn-innie-anus goeters soos die kernkrag fiasko en omdat hy die SAA se vlerkies wil knip. Nou luister mooi, Jacob: Piss off. Los Pravin uit. Hy is besig om geld te tel en jy fokken interrupt hom met onbenullighede.
En jy Pravin, staan sterk gabba. You got this.
pravin gordhan

Deel met jou tjommies!

    PK MalherbeVat Vyf! Week 35 van 2016 – Haarreëls, lawaaierige effies en Pravin.
    Check hom

    Deftones het aangegaan en nie opgegee nie – Gore album review

    In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

    Deftones – Gore (2016)

    Daar is pros en cons om elke week reviews te skryf oor albums van awesome musos (en live shows so nou en dan).  For starters is dit nie maklik om altyd met befokte idees op te kom waaroor jy kan skryf nie en van tyd tot tyd kom jy agter hoeveel bands verby jou gevlieg het oor die jare.  The ones that got away. Bands waarvan jy eintlik niks weet nie. En dan besef jy, jy weet eintlik fokol van musiek af. Al dink almal jy doen. Die labels wat mense jou gee is ook interesting. Soos music critic. Of joernalis. Dis fokken weird vir my en ek sukkel om ‘n straight face te hou partykeer. Maar Chris van der Walt het nou die dag die Thor hammer op die kop geslaan. Hy het gesê ons (want dit sluit die res van die Watkykjy bende wat dit al vir jare langer as ek doen in) is die grootste music enthusiasts wat hy ken. Nou daai is ‘n label waarmee ek myself kan vereenselwig. En waarmee ek sal brag by almal wat ek ken en ontmoet.

    “So wat doen jy vir ‘n lewe?”

    “Ek is ‘n fokken music enthusiast vir Watkykjy!”.

    *Confused faces all around*

    As jy ‘n music enthusiast is dan soek niemand jou handtekening nie en groupies klim so oor jou om by die musos uit te kom. Ek het geen probleem daarmee nie. Maar groupies sal nie eens hint om jou te blow nie. What’s up with that? Hahaha! Die cool ding is, as jy weer sien, het jy met ‘n total vreemdeling vir ‘n uur lank oor some obscure band gepraat waarvan almal al vergeet het en dan voel dit of julle mekaar al jare lank ken. Dis ook moerse engrossing partykeer want jy leer nuwe bands en nuwe musiek ken die hele tyd. Dit kom jou kant toe in sulke waves.  Ek is nou nie anaal daaroor om altyd onmiddelik ‘n album te review kort nadat dit release is nie en Deftones se Gore CD lê nou al vir so paar maande bo op die hopie CD’s reg langs my CD player. Die band is al van die late eighties af aan die gang en dis honestly net nog een waarby ek net nooit uitgekom het nie.
    Deftones - GoreSure, ek het hier en daar tunes op die radio gehoor (way back when) en ek weet wie hulle is, but that’s about it. Ek onthou nie dat enige iemand in my skool ‘n moerse fan was nie. Ek onthou nie dat ons dit by paarties geluister het nie. Dit het op Radio Tuks gespeel toe ek ‘n student was back in the day. But then again, as ek aan die alternative bands van die eighties/nineties dink kom dit net nie moerse op by my nie. Pixies, Violent Femmes, Nirvana, Smashing Pumpkins, Pearl Jam, Alice in Chains, Soundgarden en Ministry- off the top of my head. Meeste was soms meer grunge of soms meer industrial. Maar selfs as ek dink aan die minder bekendes kom die volgende op. Dinosaur Jnr, Therapy, Sonic Youth, Jane’s Addiction, Einstürzende Neubaten en My Life with the Thrill Kill Cult. Maar Deftones? Not at all. Zilch memories van dronk saamsing met hulle musiek nie. Ek wonder hoekom? Ek kan dit nie mooi verklaar nie. Hulle song ‘Change’ was op die The Crow 2: City of Angels se soundtrack maar ek het die sequel gehaat so ek sou dit nie eens geweet het daai tyd nie. Die eerste movie is nou nog een van my favourites.

    So hoe de fok moet ek in ‘n band se siel inklim wat al agt studio albums record het (insluitende Gore) en oor die jare van metal progress het na soveel verskillende genres dat ek nie die helfte van hulle eers kan uitspreek nie? Kan iemand vir my verduidelik wat de fok Shoegazing is? Sit jy en staar vir ‘n pantoffel vir twaalf ure nadat jy twaalf caps gevat het of wat? Shoegazing? Jissus. Guess, I’ll have to stick to the basics. Vir die van julle wat in dieselfde bootjie as ek is – hulle klink vir my soos ‘n kruis tussen Mew en Smashing Pumpkins. Net baie meer heavier en baie meer experimental. Alhoewel Mew vir seker by albei die ander bands geleer het. Jis, maar selfs op Gore – in die jaar 2016 – kan jy daai onmiskenbare nineties gevoel in die musiek hoor. Dit krap so bietjie aan jou donker pissed off kant. Maar nie te veel nie. Dit was ‘n befokte dekade daai. Toe dit amper half cool was om vol woede en depressie te wees. Maar die paradoks van die musiek (en die kultuur) was dat dit so ‘n awesome outlet was dat bittermin van ons rêrig depressed was. Pissed off vir alles en almal, ja. Maar nie depressed nie. Ons het fokken baie fun gehad.
    *Brace yourselves, Generation X rant coming*
    Die musiek voel slightly minder kwaad in 2016 maar dit neem nog steeds jou hand en vat jou saam. Dit wil jou ken. Kom saam met dit. Ha! Gelukkig hoef ek nie toestemming te vra by Anneli van Rooyen vir daai quote nie. Anyways, ek voel sommer tuis in Deftones se musiek al ken ek dit nie so goed nie. Dis Gen X moedersmelk. Another one that got away. Sug. So, die lyrics is nie die direkte in-your-face tipe nie. Dis amper asof alles geskryf is om een lang backing vocal chorus te wees. En dis fokken ambiguous en ‘el weirdo supremo’. Die fok alleen weet wat hulle sing. Dit klink befok in elk geval. Met song name soos Acid Hologram, Pittura Infomante en L(Mirl)!? Say what?

    Ek het bietjie op die interwebs gaan rondkrap en die band het ook nogal ‘n interesting (en sad) geskiedenis. Soos byvoorbeeld dat Stephen Carpenter, die lead guitarist, toe hy 15 jaar oud was deur ‘n kar getrap is terwyl hy ‘geskyt or dye’ het. Hy was in ‘n rystoel vir maande en in daai tyd het hy homself leer kitaar speel. Nogal awesome! My goeie lentedagbui is bietjie onderbreek toe ek gelees het van hulle vorige bassist Chi Cheng wat in ‘n ongeluk was, vir drie jaar in ‘n semi koma aangemission het en toe net beswyk het. Jirre, dis hectic. Sergio Vega het sy skoene volgestaan daarna. Maar Deftones het aangegaan en nie opgegee nie. En dit smaak my hulle is nog net so experimental soos altyd.

    Jy sal dit geniet as jy in jou fucked up studentekar zol gerook het en Smashing Pumpkins op die draadloos gegooi het voor jy ‘n NINE gig betree het! Ok dit was ek. Vervang Smashing Pumpkins met Deftones en ons is op die selfde frekwensie, Kenneth.
    deftones

    Deel met jou tjommies!

      RolbeesDeftones het aangegaan en nie opgegee nie – Gore album review