Ons gee weer stuff weg hieso op Watkykjy. Hierdie keer is dit free entrance vir jou en jou maatjie om Die Antwoord te gaan speck by die Alexander Theatre in Joburg, Saterdag 27 Februarie. Total waarde is 300 skille. Dis tien teen een die laaste keer dat jy hulle live kan kokkenodge in die Gauteng Flats virre lang tyd voor hulle vertrek na die overseas vir hulle poesgroot world tour en meer zak maak as Julius Melma se tenders.
Hoe wen jy? Kom sit nader, ek gaan nie fokken skree nie:
Jy maak uit van al ninja se tjaps, huh? (dis tatoos, jou naai). Nou die wenner is die ou wat die mooiste tatoos soos Ninja s'n op sy borskas sit met 'n koki pen en vir ons e-mail. Ninja sit mos elke aand vir 6 ure lank en teken die tatoos orals op homself met 'n koki pen en dan maak hy sy fairy tatoo op sy arm toe met base. Nou moet jy dit ook doen as jy wil wen.
Jy het tot Vrydag lunchtyd (12:00) om in te skryf (26 Feb). Die wenner se foto sal op Watkykjy gesit word en ons sit 'n swart blokkie of 'n pienk piel oor jou gesig as jy verkies dat die mense nie jou bakkies moet sien op die interwebs nie.
As niemand inskryf nie is daar bloot nie 'n wenner nie, en ons correspond nie met mense om name op die guest list te sit nie, jou fokken kansvattertjie. Alles hier is pretty much duidelik.
Hierso is 'n voorbeeld van 'n mannetjie in die overseas (dink ons). Die ou lyk bietjie weird, wat wou met die baardjie en die skewe bek en alles.









Die Antwoord – Live @ Alexander Theatre. Vry 26 en Sat 27 Februarie.
Die Antwoord gooi 'n poesgroot gig by die Alexander Theatre (36 Stiemens St, Braamfontein) Vrydag 26 en Saterdag 27 Februarie.
Jy kan pre-sale tickets kry deur 'n e-mail te looi na debbie@88.co.za of jy kan dit by TokyoStar koop – 26 Gleneagles in Greenside. Pre-Sale tickets kos R100 elk en by die deur sal jy R150 moet uithaal.
Altwee gigs sal 2 befokte dance floors boast solat jy jou biscuit kan skud. Daar gaan ook kief DJs wees met musiek vir almal. Even ou fokken klakous Koos Kombuis sal sal dit kan geniet. Daar gaan ok so paar superlarge surprises wees. Onderaan is daar 'n map van die area vir die ouens wat matriek op geel vraestelle geskryf het.
PS: Vir nog kief foto's van Die Antwoord by Oppikoppi verlede jaar Augustus. Click HIESO . Ons was te lui om 'n proper galelry te maak, so click op die blou links om oop te maak. Dis lekker groot ook. Die foto's is fokken mooier as enige troufoto's wat langs die strand geneem word.