Check hom

Oppikoppi 22 – Ontmoet The Mitten Fits!

In Oppikoppi deur griffinRek jou bek

mitten fitsDis fokken lekker om nuwe musiek te discover. Dave en Jolene is ‘n duo uit Joburg wat daarvan smaak om die kitaar en die ukelele te tokkel. Hulle jol Saterdag by Oppikoppi, 12 uur die middag daar bo by die Klein Bar se stage. Die perfekte tyd om daar te gaan lam en so paar biere en shooters te klap voor die dag se wiele heeltemal afbliksem. Die tipe soothing, rustige musiek wat jou op die regte track en in die regte gees sal sit vir die res van die dag.

O ja, Jolene verjaar ook Saterdag, so as jy die girl se set geniet het, gaan skud sommer blad na hulle performance en bied vir haar ‘n tequila’tjie aan. Ons is seker sy sal dit nie van die hand wys nie. En gaan kry nou jou donnerse ticket vir Oppikoppi as jy nog nie het nie, dammit. Jy wil nie die party van die jaar mis nie!

Deel met jou tjommies!

    griffinOppikoppi 22 – Ontmoet The Mitten Fits!
    Check hom

    Gerald Clark (feat Ongx Mona) – Fire

    In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

    Multiracial musiek. Mens sou dink dat dit in 2016 al ‘n antiquated konsep geword het. Maar dis glad nie so algemeen as wat mens dink nie. Nie as jy bietjie dieper delf nie. En nee dis nie net in Suid-Afrika so nie. Maar ons bly in hierdie beeldskone befokte land, so SA musiek is obviously my fokus vandag. Om werklik inroads te maak met jou musiek in beide die townships en suburbs hier is kakmoeilik. Sommige mense sal sê dis onmoontlik. Behalwe vir die verskillende kulture, godsdienste en gepaardgaande musieksmaakverskille, hoe de fok gaan jy jou musiek versprei op afgeleë plekke waar daar net ‘n paar hutte is? Jy kan dit vir die local stamhoof e-pos as jy wil. Dis nou as hy e-pos het. Maybe nooi die gemeenskap jou vir ‘n moerse party. Dit klink of ek nou joke maar dis die tipe befokte goed wat Afroboer en die Golden Goose aanvang. Maar OK, die realiteit is die mense daar het nie geld vir rakke vol CD’s en DVD’s en hard drives vol gesteelde musiek op nie. Wat nog te sê van concerts bywoon? Nee, daar luister hulle hoofsaaklik radio en kyk TV. Hlaudi se Radio en TV. Hel, jy gaan selfs sukkel om in meer modern townships inroads te maak waar mense geld het om musiek te koop. Mense sê ons moet ophou om Apartheid te blameer maar die divisions in ons local musiekbedryf is dan die grootste bewyse dat dit nog bestaan?!

    Die twee mees prominente bands in ons geskiedenis wat dit die beste kon regkry om moerbaie mense te bereik was Johnny Clegg en Sipho Mchunu se Juluka, Johnny Clegg en oorlede Dudu Zulu se Savuka en PJ Powers ”Thandeka” se Hotline. Daar was ook ander artists wat ek onthou soos Sipho “Hotstix” Mabuse, MarcAlex en natuurlik oorlede Lucky Dube. Whiteys het nie eintlik die Miriam Makeba en Hugh Masekela vibe so broadly aanvaar nie. Want politics. En kultuurverskille en musieksmaak. Gaan luister weer bietjie Feel so Strong van PJ Powers wat sy saam met Steve Kekana opgeneem het. En sommer ook Juluka se African Littany album. Daai was magical African treasures vir ‘n groot verskeidenheid Suid-Afrikaners back in the day.

    Powerful musiek. Daarna het Mango Groove se Afropop/township jazz Suid-Afrika getref met ‘n meer lighthearted party vibe en dit was orals op die TV en Radio. Maar na 1994 kan ek aan geen multi-racial bands of songs dink wat op daai level sukses bereik het nie. Ek dink nie daar was nie. Kan iemand van julle een onthou? Laat ons weet. Freshly Ground het in 2002 hulle verskyning gemaak. Hulle is nie net multi-racial nie maar oor multi-national. Ek dink hulle is nou nog aan die go met ‘n baie meer moderne Afro-fusion wat kwela, African jazz en folk asook blues en indie-rock insluit. Daar was in die rock scene ook al ‘n hele paar multi-genre colabs gewees toe die MK89 nog op TV was en dit hou nog tot vandag toe aan. Die Heuwels Fantasies se Braai Heritage tune saam met Soweto Jazz Quartet, HR en JR en Bittereinder se Tale of Two Cities saam met Jack Parow en Tumi Molekane is die wat ek kan onthou at least. Maar nie een van daai colabs het ooit weer so baie verskillende Suid-Afrikaners bereik soos die eighties cross over musiek nie. Jy kan vir enige ouer swart persoon vra wie is Johnny Clegg of PJ Powers. Hulle sal weet. En die ouer witmense wat in die eighties Five FM geluister het gaan vir Sipho Hotstix Mabuse en MarcAlex onthou. Of O’Yaba. Sulke lekker reggae band gewees. Jirre, ek kan dit onthou en ek was ‘n laaitie wat in ‘n konserwatiewe Afrikaner environment grootgeword het.

    But times have changed nê. Gaan daar ooit weer ‘n Juluka of ‘n Hotline wees? Is ons mense nog steeds so vêr uitmekaar uit? Of het ons nog verder uitmekaar beweeg sedert die tagtigs? Kultureel? Geografies? Socio-economically? Ek dink die antwoord is pretty obvious. Omdat ek meestal in musiek dink sien ek dit veral raak as ek met verskillende kultuurgroepe chat. Mense se musieksmaak verskil oor die algemeen maar as gevolg van ons verlede is dit fokken hemelsbreed. En natuurlik het taal ook ‘n groot rol te speel. Maar dit behoort nie so te wees nie. Ons kan mos almal fokken Ingels gooi? Jirre, en die politici se speletjies help fokol. Steve Kekana was een van die musikante wat R50 000 by Hlaudi Moer-seun-ENG gekry het Saterdag. Want as jy die musikante in jou pocket het, het jy hulle fans ook in jou pocket. Mos. Wonder wanneer gaan mense besef politici dryf mense uitmekaar uit? Musikante was nog altyd instrumental om mense bymekaar te bring in kak tye.

    Toe ek Gerald Clark (feat Ongx Mona) se colab video van Fire vir die eerste keer gesien het, het daar weer so flicker of hope opgegaan. Eintlik al verlede jaar toe ek die song die eerste keer gehoor het. Maar die video het dit net beaam. Dit laat my baie dink aan die eighties cross-over musiek. Obviously nie wat genre aanbetref nie. Want Fire is ‘n meer blues rock driven song. Ongx se vocals verweef ‘n traditional Transkei feel effortlessly tussendeur die song en die Afroboer se toned down kitaarwerk onderstreep dit mooi – maar dis onbetwyfeld ‘n unieke Suid-Afrikaanse blues brousel.
    Ongx MonaDie gees van die song is wat my eintlik meer aan die eighties cross-over laat dink. Dis opsigself nie polities nie. Dis ook nie geskryf om ‘n sekere mark te target nie. Dit wys jou net wat moontlik is as jy die kulturele boksies waarin ons gebore word met kreatiwiteit uitmekaar laat bliksem. Dis moer belangrik om juis nou sulke musiek te maak. Jy kan of die government kritiseer in jou musiek. Dis awesome. Of jy kan net politics ignore en die werklikheid skets in ‘n medium wat almal kan verstaan. Albei is ewe effektief in die long run. Hoekom sê ek so? Want toe ek as ‘n klein laaitie Paul Simon saam met Lady Smith Black Mambazo gesien optree het op TV het ek so paar vragies gehad oor die stand van sake in die land. Ek was net 10 jaar oud. Maar ons leef in 2016. Ons het ander probleme. Daar is baie mense, maak nie saak watse velkleur nie, wat deesdae sukkel. Nie net in SA nie. Wêreldwyd.

    Gerald Clark vertel net die local storie in die Rooi taal en Ongx vertel dit in Xhosa. Dis dieselfde storie. Ons is al weer naby aan ‘n ressessie en dit gaan globally kak met meeste mense. Dis asof die hele wêreld na iets nuuts smag, die credit rating agencies blaas hulle asems in ons nekke om ons te downgrade, rassisme en political agendas is oral in jou gesig. Armoede en werkloosheid oorval ons mense. Maar tussen al hierdie kak is die brasse se boodksap baie eenvoudig – almal besef daar is iets fout met die fokken global sisteem. Party kry alles. Party kry bietjie. Ander kry fokol. Ons almal weet politicans steel die res. Jy het geen keuse as om net op te staan elke dag en jou gat af te werk nie. Hoe anders gaan jy survive?

    Die song is however clever geskryf. Dis nie net gerig op armer mense nie. Enige iemand wat moet werk of al gewerk het kan aanklank vind daarby – en dit het ook ‘n reconciliatory element – Ex Unitate Vires? Ek bitch en moan baie oor politicians en die eknonomie en, en, en maar dis hierdie tipe musiek wat my positief hou in moeilike tye. En my wens is dat dit nie net by ‘n paar openminded whiteys soos ons Watkykers uitkom nie. My wens is dat dit by die mense uitkom in plekke soos Transkei waar die Afroboer dit gaan record het en by die stoere boere op die platteland ook. Selfs in fokken Bloemfontein, ja.

    Die Afroboer en die Golden Goose het saam met Ongx se ouers op grassroots gaan bly tydens die skiet daarvan. Check die video uit. As jy nie so knop in jou keel kry en iets in jou oog kry nie, het jy of kak musieksmaak of jy moet eerder emigreer.

    Deel met jou tjommies!

      RolbeesGerald Clark (feat Ongx Mona) – Fire