Check hom

The Narrow is terug met Dreams of Perelandra

In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

Nog ‘n rock band wat die crowdfunding padjie gevolg het om hulle nuwe album te befonds. The Narrow het nou nie ‘n hele fokken bar ingesamel nie maar dit was at least ‘n suksesvolle campaign. Die eerste vraag wat ek gehad het voor ek die album geluister het was of dié sukses alleenlik toegeskryf kan word aan fans se nostalgie en of The Narrow nog die stempel van relevansie kan afdruk in 2017? Mens kry hulle ook net so een keer ‘n jaar te sien op eie bodem (as jy lucky is) want nie al die lede bly op dieselfde kontinent nie. Gevolglik is hulle minder prominent op die scene.

Hoe dit ookal sy, dit was weer ‘n plesier om bietjie terug te kyk na van hulle vorige songs en albums en te ervaar hoe hulle eksperimenteer het en creatively gegroei het oor die jare. Die vraag het wel in my kop bly rondmaal: Is The Narrow ‘has beens’ of het hulle nog steeds ‘n sustainable rock and roll presence in SA? Voor ek die verdict uitspreek, net weer ‘n caveat of twee: Dit is bykans onmoontlik om in vandag se tye ‘n algemene maatstaf te gebruik om rockmusiek te beoordeel. Wat is commercial rockmusiek deesdae? Wat is alternative? Wat is modern rock? Veral in die global konteks en die warboel van information overload op die interwebs. Ek dink ek het dit al tot vervelens toe beklemtoon. Fine, The Narrow het nie ons fans vir ‘n halwe bar gevra nie en ek wonder of hulle dit sou kon kry in elk geval. Beteken dit hulle is nie meer suksesvol nie? Sommige bands benodig net meer geld as ander om hulle projekte te maak werk. Hoekom het ek bygedra tot The Narrow se crowdfunding initiative? Want ek sien dit as ‘n goeie belegging. Wat is my return on investment? Goeie musiek en sanity in ‘n wêreld van uiters tos musiek oral om my. Ek voel ook ek doen iets uit my eie uit om rockmusiek aan die lewe te hou.
Dit gaan nog verder as dit, The Narrow het nog altyd consistently goeie musiek produce en ek wil graag sien dat hulle in die langtermyn volhard daarmee. Het my belegging vrugte afgewerp? ‘n Bietjie geduld is wat julle nodig. I’ll get there. Mens moet net eers weer herinner word dat hulle eerste drie studio albums in ‘n ander tydvak release was. Ek het nie eens die eerste twee albums in my besit nie want dit het so baie airplay gekry daai tyd op TV en radio. Oor die jare het hulle ‘n signature rock sound ontwikkel wat alreeds classic was om mee te begin en soos niemand anders behalwe The Narrow klink nie. Julle ken daai eenvoudige rou klank waar die tunes bestaan uit riffs, dromme, deurdringende bass lines, melankoliese chords, haunting melodieë en harmonieë so reg uit die glory days van die eighties en nineties. Die bekende chorus lines en lirieke wat nie net catchy is nie, maar hoop in donker dae nastreef.

Vir die van julle wat nie weet nie, in 2012 het hulle bietjie unplugged gegaan met stripped down acoustic versions van hulle crowdpleaser tunes op. Understated is nogal ‘n lekkerluister album met onder andere ‘n kief reggae version van Lonely Lonely op. Remedy, die eerste song op Dream of Perelandra, volg grotendeels die oorspronklike resep en dit bridge duidelik die gap tussen oud en nuut. Ek kan die electronics hoor broei en op Evil is daar ‘n moerse groot layered sound wat ek nog nie vantevore in hulle musiek gehoor het nie. Mmmm, die album is gesamentlik deur Nick Poortman en die De Jong broers produce en Paul Gioia het die engineering behartig. Die layered klank duur voort op Hope wat begin met ‘n Depeche Mode (Ultra) intro maar merge heel gemaklik met die classic The Narrow sound. My favourite song op die album.
Die title track vat daai signature sound na ‘n ander level van layered expansiveness toe. Nie dat ek ‘n fan van C.S. Lewis is nie maar die naam klink nogal spaced out en cool. Die instrumental tune, Earth Rising laat my so bietjie aan Livingston se laaste album, Animal dink. Space Flowers. Jirre, wat ‘n befokte song. Die backing vocals wat soos iets uit Smashing Pumpkins se Mellon Collie and the Infinite Sadness klink het veroorsaak dat ek sommer summier die song op repeat sit. The Narrow kry dit ook reg om die DNA van Europe se The Final Countdown heeltemaal te verander. Dit het oor die jare sy profound betekenis verloor deur ‘n favourite by sports events (veral in Amerika) te word. The numbing or dumbing down of rock and roll?

The Narrow se cover bring weer die oorspronklike betekenis na vore en die hartseer en hopeloosheid van die lirieke was nog nooit so relevant soos in 2017 nie. Daar is werklik nie een kak song op hierdie hele album nie. Ek dink ek gaan my kop uitsteek vandag en tune dis die beste album wat hulle nog record het. Hands down! Ek dink dit beantwoord sommer ook al my bogenoemde vrae.                 

Deel met jou tjommies!

    RolbeesThe Narrow is terug met Dreams of Perelandra
    Check hom

    Melissa Clarke – Woensdag se warm bokkie

    In Warm Bokkies deur griffinRek jou bek

    Melissa Clarke is probably onbekend vir 99% van ons. Sy kom uit ‘n fokken klein dorpie genaamd Gravesend in die UK. Daar bly beswaarlik 70,000 mense – amper 3 keer minder mense was wat daar in Springs woon. Gravesend se een claim to fame is dat Pocahontas daar gesterf het. Melissa is ‘n glamour model wat al mags soos FHM, Vogue en Zoo was. Verder weet ons net dat sy fokken beeldskoon is.

    Hier is vir jou ‘n video as jy dalk ‘n oog vol tiet ook wil kry. Moet dit nie by die werk oopmaak nie. Kyk dit op jou foon as jy virre smoke break gaan…


    Deel met jou tjommies!

      griffinMelissa Clarke – Woensdag se warm bokkie