Check hom

Corporate gholfhemde – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

In Is Dit Net Ek Of Is Alles Tos?, Snotstories deur griffin en Chopper CharlieRek jou bek

Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2018) teen Augustus se kant 10 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ongeveer Augustus.

Corporate gholfhemde

Mens spandeer agt ure uit elke dag by die werk. Wel, meeste van ons gewone sotte wat nie kan bekostig om tienuur die oggend by Vida e Caffé in die son te sit en ballas bak nie. Dis ‘n lang tyd en heelwat meer as wat jy gewoonlik het om met jou geliefdes te spandeer.
Vir al hierdie tyd word ons heeltemal te min betaal. Werk is oor die algemeen redelik aaklig en mens verduur dit omdat jy ook ‘n DVD-speler wil hê om in jou klein bietjie vrye tyd te sien wat van daai klompie op die Lost eiland gaan word.
Jy sal gereeld hoor hoe hulle tyd by die werk mors en hoe dom en eenvoudig hulle base is.
So waarom, o waarom is jy so verskriklik trots op daai goedkoop gholfhempie met die maatskappy se groot vet logo op? Is werk vir jou so fantasties dat jy dit selfs in jou vrye tyd wil ondersteun en jouself volunteer as ‘n bewegende advertensiebord? Met jou T-hemp. Daai kak stukkie lap wat jou baas laat maak het omdat hulle nie hierdie jaar bonusse uitbetaal nie.
Hoekom daar stop? Gaan gesels ook gerus met jou baas om jou kar ook te beplak met ‘n moerse logo oor die bonnet. Dan verteer jy jou maatskappy in verkeer ook. Jy ken mos nie kantoorure nie. Jou aap.

Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.

Deel met jou tjommies!

    griffin en Chopper CharlieCorporate gholfhemde – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?
    Check hom

    Vat Vyf! Week21 van 2018 – Ashwin wip homself

    In Wat is nuus? deur PK MalherbeRek jou bek

    1) Gerugte vlieg rond dat Wonderba hul nuwe reeks bra’s na Ashwin Willemse gaan vernoem, hoofsaaklik omdat Ashwin so groot tietkop van homself gemaak het op TV, maar ook omdat hy net soos ‘n paar wollerige marmotjies, tans soveel support geniet. Dit kom nou natuurlik na die afgelope naweek se groot uitloop toe hy onsamehangend iets van quota en patronized gemompel het en for once Naas Botha en Nick Mallett laat sharrap het. Al was dit dan ook net vir 2 sekondes. Hoekom? Wel, niemand fokken weet nie. Party reken dis omdat hy voel die ander twee praat te veel en gee hom nie kans nie. Ander reken hy het tydens die Lions Brumbies game gaan rook of poef en het nie geweet wat om oor die game te sê nie. Hoe dit ook al sy, nes almal altyd langs die rugbyveld reken hulle kan ‘n beter job doen as die spelers, reken almal op sosiale media hulle weet wie is reg en wie is verkeerd. En die oulike hutsmerk #IAmAshwinWillemse het vlam gevat soos ‘n brandende lorrie by ‘n tolhek. ‘n Nasie hou hulle asems op om te sien of die driemanskap saam op TV gaan verskyn hierdie naweek. #sulkedrama

    2) Nog iemand wat hierdie week sy goed gevat en gefokof het is die omstrede Noordwes-premier Supra Mahumapelopolumalopolmiew. Weet nie wat Naas en Nick gedoen het om hom af te pis nie, but it worked en hy gaan nou op vroeë aftrede. Die nederige bliksem het laat hoor dat hy nie groter as die revolusie is nie… al wil dit blyk sy ego is groter as ‘n koekverkoping by ‘n spesiale skool.

    3) President Cyril Ramaphosa het hierdie week aangekondig hy gaan die helfte van sy jaarlikse salaris aan liefdadigheid skenk. Way ahead of you, Cyril. Ek skenk elke jaar amper die helfte van myne aan die ontvanger van inkomste. Which is mos charity. Want kyk hoe werk my belasting vir my. Paaie sonder slaggate. Genoeg skole vir almal. Kwalitieit mediese sorg vir die hele land. Ruikers vir oumense. Sopbene vir weggooihonde. Geen bedelaars by traffic lights. Welcome to the party, Cyril.

    4) En almal wat altyd so dink ons land is agter die res van die wêreld, fok julle. Die ontvoerders van ‘n tienerseun van Witbank het ‘n losprys van 15 Bitcoin vir sy vrylating geëis. Intussen is die seun darem gevind, unharmed. Maar ja, wys jou hoe swak ons Shitcoin se waarde is as ons al Bitcoin eis.

    5) Baie vrouens glimlag hierdie week so bietjie meer nadat hul mans besluit het om minder bier te drink. Wel, minder Castle Lager. En ek vermoed die hutsmerk #IAmAshinWillemse’sBiggestFan mag dalk begin rondvlieg. Castle Lager het in die lig van die Ashwin-sage besluit om die labels van hul bierbottels af te haal ter ondersteuning van almal wat daagliks met etikette moet saamleef. Ag manne. My hart pomp custard. Wat ‘n innemende klein bemarkingsfoefie. En nou dreig die anti-Spur anti-Jacaranda anti-whatever brigade natuurlik om Castle Lager te boikot. Word groot, julle werfetters. Julle pis mos nou lankal skuim. Maar kom ons kyk hoe lank julle kan uithou sonder die skuim in julle bierglase. Wys jou maar net. Some you Ashwin. Some you Ashlose.

    Deel met jou tjommies!

      PK MalherbeVat Vyf! Week21 van 2018 – Ashwin wip homself
      Check hom

      Is jy reg vir ‘n proper, pure Afrika metal band? Dividing the Element uit Zim is hier!

      In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

      Dividing the Element – Debuut album.

      So nou en dan kom daar iets oor my pad wat my baie kinderlik opgewonde maak omdat ek die potensiaal sien vir ‘n groot verskuiwing in ‘n spesifiek genre. Meeste metalheads sal Sepultura se Roots album (1996) onthou. Ja, daai een wat meer as twee miljoen kopieë verkoop het. Die Roots album was ‘n mengsel van meer inheemse Braziliaanse musiek aan die een kant en nu metal vibes aan die ander kant. Max Cavalera het na hy Sepultura verlaat het die world music/nu metal vibe aan die gang gehou met sy solo projek, Soulfy. Hulle was suksesvol met ‘n hele paar tunes maar dit het nie ‘n moerse shift in metal veroorsaak nie, eerder meer ‘n niche genre geskep. Ek het nie rêrig weer so iets na dit gehoor nie, though.

      Fast forward tot ‘n paar weke terug toe ek ‘n groep tiener Māori metalheads van Nieu-Zealand genaamd Alien Weaponry ontdek het: siek riffs en ‘n vocalist wat in hulle inheemse Māori taal skrou, bullroarers rondswaai en die Haka in hulle musiek videos gebruik. Fassinerend. Dit het my baie dieselfde gevoel gegee as Roots maar die klank is net baie meer primeval (of dalk prime-evil). Ek het ook onlangs Indian Street Metal ontdek. Bloodywood meng tradisionele Indian musiek met metal en rap. Moerse kief, funky klank. Is daar nog steeds mense wat dink metal is te stagnant en ontwikkel of hervorm nie?

      Wat van Afrika? vra jy. Wel, daar is ‘n denkskool wat beweer Afrika is die laaste grenspos vir metal omdat dit nog nie deur enige mainstream scene beïnvloed is nie en natuurlik omdat daar so baie stryd, stories en onontginde mitologie hier was en nog steeds is. Dis basies die Wilde Wilde Weste van metal. Ons skryf so nou en dan oor die metal scene in SA maar Botswana het net so ‘n bose metal scene wat al op CNN gefeature het, so dis heel moontlik dat daar heavy cool inheemse bands is waarvan ons nog nie eens gehoor het nie. Dalk in Mozambiek ook. Persoonlik het ek nog net Wrust, ‘n Death Metal band, van Botswana live gecheck maar hulle sing in Engels. Hier by ons in Soweto is daar bands soos Demogoruth Satanum maar hulle is straight up black metal en hulle sing ook net meestal in Engels. Ek het nog nie ‘n metal band uit Afrika gehoor wat in ‘n inheemse taal sing en boonop Afrika ritmes binne die metal konstruksie kon gebruik, deel maak van die rhythm section, en saam met hardegat metal riffs ‘n nuwe anderste klank na vore kon bring nie.

      Wel at least nie tot nou toe nie.
      Ek sou gedink het dat sulke tunes al lankal uit Suid-Afrika na vore sou kom maar ‘n klomp metalheads van Zimbabwe het my stereotipering en nasionalisme mooi gaan staan en verbrokkel. Ek dink hulle het ons voorgespring. Daar was voor Zimbabwe onafhanklik geword het ‘n moerse rock scene (in die ou Rhodesia) maar na 1980 het rockmusiek ‘n stadige, stille dood gesterf. Maar metal in Zim? Ek glo dit nog steeds nie maar uit die ashes van ‘n nie-bestaande metal scene is Dividing The Element gebore. Hierdie perde is van die land se hoofstad, Harare afkomstig en hulle selfgetitelde debuut-album is uitgereik op die 5de Mei 2018. Hulle het ook op dieselfde dag deelgeneem aan die ondergrondse metal beweging genaamd Metal United World Wide. http://www.metal-united-world-wide.com. Die global metal beweging is nou maar eenmaal net befok!

      Die album is in Harare in ‘n garage/studio opgeneem en produce deur die band se kitaarspeler en sanger, Chris Van. Dis die eerste metal album ter wêreld wat lirieke bevat wat in Shona gesing en ge-growl word. Chris Van en Sherlic White het die band begin in 2012 en na ‘n hele paar line-up veranderinge oor die jare is die gevestigde lede tans Chris Van (kitaar en vocals), Archie Chikoti (kitaar), Nick Newberry (tromme) en Mat Sanderson (baskitaar en backing vocals).

      Wys jou net wat passie en uithouvermoë kan doen, want blykbaar, as gevolg van hierdie aanhitsers, is daar nou ‘n groeiende metal gemeenskap in Zimbabwe! Fassinerend.

      Die album se overall klank is iets anders en van die songs is van die mees unieke metal wat ek nog gehoor het. Die produksie kan plek-plek nog baie verbeter maar hierdie is die tipe baanbrekerswerk waarop Dividing the Element en ander bands hier aan die suidpunt van Afrika verder kan bou en verder ontwikkel om ‘n hele nuwe metal genre die wêreld in te stuur. Behalwe dat Shona befok werk saam met metal, hoor ek die invloede van akoestiese Afrikakitaar en ritmiese tromklanke deur die album. Upenya is een van my gunsteling songs. Ek sou net die tromme meer prominent gemaak het as ek die producer was. Die kitaar riffs is soms old school en soms nu-metal terwyl die vocals meer hoorbare growling is. Net jammer ek kan nie Shona verstaan nie! Maybe is ‘n paar videos met vertaalde lirieke dalk nodig? Die song, 3rd Street, klink soos ‘n mengsel van Juluka, Bullet for my Valentine en Sepultura. Mind blown. Maar Mhandu is my favourite song op die album. Dis ‘n colab met ‘n Zimbabwiese hip-hop artist waarvan ek nog nooit gehoor het nie. T.shoC is die bra se naam. Die song is hardcore as fuck! Gots, ek kry ‘n hoendervleis-orgasme en pink sommer ‘n traan ook. Ek weet nie wat hulle alles sing nie maar die woord Mhandu beteken ‘antagonis’ of ‘teenstander’. Dit klink vir my soos die toonbeeld van Zimbabwiese frustrasie en woede wat al jare borrel en nou begin oorkook het.

      Afrika Metalrewolusie! Befok! Jirre!

      PS: Sorrie Griffin, hierdie is nie op Spotify nie maar ek slip hom in vir al die bogenoemde redes!

      Facebook
      Twitter
      Instagram
      YouTube

      Deel met jou tjommies!

        RolbeesIs jy reg vir ‘n proper, pure Afrika metal band? Dividing the Element uit Zim is hier!
        Check hom

        Jessica Marais – Woensdag se warm bokkie

        In Warm Bokkies deur griffinRek jou bek

        Jessica Marais is in 1985 in Suid-Afrika gebore maar het op ‘n jong ouderdom reeds saam met haar ouers uit die land uit gefokof. Hulle het eers in Kanada en New Zealand gebly voor sy op 9-jarige ouderdom in Perth, Australië opgeëindig het. Sy het in 2008 Sydney toe getrek waar sy die rol van Rachel Rafter in die Australiaanse reeks, Packed to the Rafters, losgeslaan het en meer onlangs in die reeks, Love Child gespeel.

        Tit-Bits:
        Sy het na Packed to The Rafters vir so rukkie in LA gaan bly om werk te soek en het Miami toe getrek om die drama Magic City te film en is na dit weer terug Australia toe.
        Sy jol tans die lead role in Ozziereeks, The Wrong Girl
        Sy het in hierdie bra advertensie verskyn:

        Place your ad here

        Deel met jou tjommies!

          griffinJessica Marais – Woensdag se warm bokkie