Check hom

Saterdag short – Eugene deur Spencer Susser

In Saterdag Shorts deur griffinRek jou bek

Eugene is ‘n donker comedy wat die verhaal vertel van ‘n alleenloper wat ‘n mysterious laptop in ‘n houtkissie voor sy hotelkamerdeur vind. Dis bietjie van ‘n moderne twist op die classic
“genie-in-die-bottel” wat jou wense laat waar word.

Hierdie short film is deur Spencer Susser gemaak, ‘n ou wat klaarblyklik net short films maak maar al wel ‘n feature film genaamd Hesher gemaak het. Joseph Gordon-Levitt en Natalie Portman vertolk die hoofrolle in hierdie movie en dit het ‘n rating van 7.1 op IMDB ontvang, wat glad nie kak is nie.

Hierdie bra het ook help co-direct aan Lana Del Rey se music video vir “Summertime Sadness”

Volg gerus sy company, Blue-Tongue Films op Twitter ook:
https://twitter.com/bluetonguefilms

Deel met jou tjommies!
griffinSaterdag short – Eugene deur Spencer Susser
Check hom

Dis naweek, kom ons fokken duik!

In Dis naweek kom ons fokken duik! deur griffinRek jou bek

Jirre, wat ‘n paar weke agter die rug. Die einde van hierdie week bring ons ook aan die einde van ons Oppikoppi coverage vir 2014. Ons maak definitief weer so volgende jaar.

In case jy vir some bizarre rede ons Koppi coverage gemis het of Oppikoppi self (god forbid), is hier vir jou ‘n lysie waar jy alles kan kry:

Volgende week tune ons julle meer info oor die opkomende Watkykjy party, so join solank die Facebook events page
Gaan like ook sommer Watkykjy se nuwe Facebook page.

Jirre, dis ‘n fokken mod vol. Kry sommer vir jou ‘n oog vol nou. Dis naweek, kom ons fokken duik!
lekker-deurskyn-vibes

Deel met jou tjommies!
griffinDis naweek, kom ons fokken duik!
Check hom

Oppikoppi Odyssey – Twintig jaar van ongelooflike gees

In Snotstories deur Chopper CharlieRek jou bek

Die Kaap Chapter het opgemission Northam toe vir die Oppikoppi Odyssey festival, die 20ste jaar wat die plaas al mal shows gooi. Hierdie is ons fokken storie…

“There are worse ways to die than in a GTI.”
Iron Leyden, tydens ons vlug op

Die pad op was vinnig, danksy die Swart Gevaar en haastige drywers. Bloemfontein het disappoint, soos fokken altyd, dié keer met fokken aaklige kos soos bacon en cheese burgers sonder bacon of cheese. Go figure. In ‘toria aangekom, klap ons ‘n braai voor ons loop lê.

Die volgende oggend jaag ons soos vetgesmeerde blitse op die Sun City pad tot die Griff Mobile pistons pop. Dik blind, maar ons sak by die Kreef in, heavy compound vibes teen die vieslike, stink en arm prawns daarbuite. Ons skiem ons is baas. Dit hou nie lank nie.

Mens moet by Oppikoppi ‘n idee hê van wie jy wil sien, maar jy moet ook fokken realisties wees en besef jy gaan omtrent 20% – 80% daarvan mis. Misdrink, miskuier, misnaai, mistos, misslaap, miskots, misfokkenals. En dis fine, want terwyl jy een ding mis, is jy besig om iets anders raak te sien, te kuier, te naai, te tos… Jy kry die idee.

“Tentseks, of in dust we thrust.”
Ek, grootpraterig oor my kanse

Ek kan onthou dat ek die volgende local acts gesien het: Juggernaught, Boargazm, Dead Lucky, Van Coke Kartel, Taxi Violence, Crazy White Boy (!!), Mr. Cat & the Jackal, en Bandoleros.

Ek gaan nie in detail ingaan op elke performance nie. Mens kan dit nie beskryf nie, en jy is anyway die poes wat nie gegaan het nie so fokken deal with it.

Wat ek wel gaan sê is dat elke laaste een van die bands wat ek genoem het ‘n fokken awesome en intense performance opgesit het. Want dis deur die musiek en die performers wat die gees van Oppikoppi loop. Dis die vibe waarop jy trip die hele naweek lank. Van Boargazm se “take no prisoners” varkmetal performance tot Van Coke se powerful en polished assault tot die laid-back jamming en jolling en joking van Bandoleros. Dit maak ‘n man fokken bly oor die local scene. Fokken amped. Respek.

(Die een weird enetjie vir my was Crazy White Boy, wat ek net die tail-end van gevang het op ‘n vriendin se aandrang. Ek’s nie ‘n danssoldaatjie nie, maar dis goed om at least een act op elke stage uit te check en dit was my en my boi Shaunie se kans om shapes te gooi by Bullzies met die bro’s. Woof-woof! Moer lekker actually en die ligte en sound op daai stage trip net so hard ballas soos die mense wat dans.)

“My piel is soos ‘n hashtag. Waar ek plek kry, druk ek hom in.”
Ek, oor die gebruik van hastags en piele

Dan kom ons nou hier by die international acts. Ek volg Rival Sons al ‘n tydjie en was fokken stoked om hulle te kon interview. Hulle nuwe album “Great Western Valkyrie” is sekerlik een van die beste rock albums van die laaste 10 jaar. Op stage was ek opnuut blown away deur hulle vocalist se ongelooflike range en krag agter sy stem. Klankgewys was hulle pitch perfect, maar ek kon nie help om te voel dat daar net-net nie genoeg intensiteit in hulle live performance was nie. Amper net te berekend, asof ons na die CD live luister eerder as wat hulle direk connect met die duisende dronk rockers reg voor hulle. Steeds befok om te check, though.

Toe kom Wolfmother en hulle kry reg wat Rival Sons in my opinie nie heeltemal kon crack nie. Hulle ontplof op die stage in ‘n bol van wilde hare en nog wilder kitare. Rock en fokken roll, hard en aanhoudend. Die Bosveld brul met klank en hier voor ons ruk ‘n chick haar top af. Ek tel ‘n vriendin op my skouers en ons fokken jol. Gooi, gooi! Fanfokkentasties.

Snaaks om te dink hulle was die skamerige, weird dudes wat ons ‘n rukkie terug backstage ge-interview het. Maar beslis ‘n hoogtepunt en ‘n waardige closing act vir die groot stages op die plaas.

“Ek gaan maar ‘n dratie ook kap. ‘n Man wil jag met ‘n skoon loop.”
Ek, oppad stort toe by die Kreef

Hulle sê spyt kom altyd te laat en dis presies wat ek die volgende oggend voel toe ons in die gebruiklike traffic jam uit Oppikoppi sit. Lekker bleek van gees en bleek van pees kry ek toe intense spyt oor ek Valiant gemis het (onder andere). Turns out dit het ontaard in ‘n monster jam by die legendariese Boonste Bar die Sondagoggend vroeg met Albert Frost, Basson Laubscher en, o ja, daai Andrew Stockdale dude van Wolfmother. No biggie.

(Spuit sou ook later kom, net betyds vir die terugry Kaapstad toe. Maar dit… dit is ‘n ander storie.)

Maar toe reken ek so: Ek kom al van ’96 ‘koppi toe en elke jaar sien ek ‘n paar bands en mis ‘n spul ander. Ek sien ook ‘n spul pelle en mis ‘n spul ander. Ek reken dat as jy al die jare bymekaartel, dan het ek presies by almal uitgekom wat ek by moes uitkom en net dit gemis wat ek in elk geval nie moes sien nie. En dis Oppikoppi vir jou. ‘n Moederfokken odyssey.

Once.

Deel met jou tjommies!
Chopper CharlieOppikoppi Odyssey – Twintig jaar van ongelooflike gees