Check hom

Vir al julle nerds: Batman – The Killing Joke

In Watkykjy Reviews deur Watkykertjie bydraeRek jou bek

Deur Hannes Brummer

As jy, soos ek, ‘n laaitie sonder vriende of sportvaardighede was in die vroeë tot middel negentigs was die kanse goed dat jy jouself op ‘n Vrydagmiddag huis toe gehaas het om Batman: The Animated series te vang. Kort op die hakke van die tweede Tim Burton Batman feature, Batman Returns, was hierdie aansienlik donkerder as die nancy pancy kak wat die Teenage Mutant Ninja Turtles opgedis het (Was daar nie ‘n pressure group wat geskiem het dit moet eerder “heroes” heet nie, want Ninjas is kakker as kommuniste en April O’Niel het mos vir Channel 6, op die 6de vloer in kantoor nommer 6 gewerk. Heavy duiwels). 65 episodes in die eerste reeks en ‘n verdere 20 in die tweede het hierdie ongetwyfeld gevestig as een van die beste animasiereekse van alle tye.

Batman: The animated series was eindelose plesier wat jou pal sou laat vergeet het dat jy in tweede pouse piskrip moes vreet en jou minder skuldig laat voel het oor die reuse versameling comic books in jou kas – beide daai wat jy by ouboet geërf het en die splinternuwes wat jy met jou laaste sakgeldjies by die CNA gaan kry het (In daai dae was daar mos nie dedicated comic shops nie).
Batman is bedags die debonaire triljoenêr, Bruce Wayne, en snags die gevreesde vlermuis wat boosdoeners soos Clayface, Twoface en Killer Croc sou laat les opsê het teen ‘n noir agtergrond en sulke eerie orchestral manoeuvres. Batman se gevaarlikste teenstander was egter ongetwyfeld die Joker. Daai freaky lag, die uitspattige pers pak en natuurlik die elaborate plots vir sy misdade het hom laat uitstaan. Donker, maar pret. Sy af, dog lieflike handlanger, Harley Quin se toewyding het jou ook laat wonder of draties op animasie karakters verkeerd is. Harley se gewildheid in die animasie-reeks het haar uiteindelik ook na die wêreld van oorsprong gevat en nou is sy een van die gewildste comic book karakters. Jy kan ook nou skuldloos draties kap op die very real-life Margot Robbie in Suicide Squad. Die kicker was egter die stemkunstenaar wat die Joker lewe gegee het: Mark Hammil. Luke moederfokken Skywalker self!
margot robbie suicide squad
Years go by, piskrippe word vervang met drama chicks wat skiem jy’s profound, dedicated comic stores verrys en jy delf dieper in die wêreld van strokiesboeke in. Iewers langs die pad stop iemand die prestige format one-shot, BATMAN: THE KILLING JOKE in jou hand en die naam Alan Moore kry betekenis. Verdere navorsing vat jou na WATCHMEN, V FOR VENDETTA en natuurlik sy game changing run op SWAMP THING. Maar Jissis! Brian Bolland se kuns en Moore se skryftalent maak van THE KILLING JOKE die ultimate strokiesboek. Die Joker se oorsprong soos jy dit nog nooit gesien het nie, met die karakter se eie erkenning dat hy dit soms só en soms só onthou. En dit eindig met ‘n grappie. 

Deesdae is Moore so klein bietjie soos daai bedônnerde oom wat vir jou vertel hoe dinge kakker was in die ou dae en dan onmiddelik daarna vertel hoe dit vandag selfs nog kakker is. Hy leef basies in kakker. Maar in 1988 was sy vooruitsigte goed. 

Die plot loop basies dat die Joker homself uitboek uit Arkham asylum en vir Batman tune: Ek gaan aan jou ‘n punt probeer wys. Dat een kak dag die verskil kan maak tussen poesmal wees en normaal. Sepia flashbacks (so verander met die 2008 20th anniversary reprint) vertel die storie van ‘n komediant wat nie die mas kon opkom nie en sodoende by die misdaadwêreld betrek word, terwyl die Joker in die hede Commisioner Gordon se dogter fucked up skiet (sy moonlight mos as Batgirl) en die oubaas dan kidnap en na ‘n ou, verlate pretpark toe vat. Met sulke weird ass midgets en bebaarde dames as sy cronies. Batman moet dan die poef gaan uitsort. By the book, natuurlik. Epic shit!
batman the killing joke
Nou time travel ons weer vinnig na 2011, toe Skywalker die hint laat drop dat hy bereid sal wees om weereens die stem-mantel van die Joker op te neem, maar onder die voorwaarde dat die storie die Killing Joke moet wees. Kevin Conroy (Batman) beaam die begeerte in so diep, growwe stem. Warner Bros. en DC executives begin so mal rondhardloop om dit te laat gebeur. Add Hammil se stakes wat weer bietjie gelig word deur die vrystelling van THE FORCE AWAKENS en 2016 word die gekose jaar.

Op 26 Julie 2016 kry DC/Warner Brothers se eerste amptelike screening sommer so paar ekstra cinemas by soos die hype groei. Brian Azzarello (screenwriter en current comic god wat moontlik oor ‘n paar jaar nes Moore in die kakker gaan sit), roep ‘n joernalis by San Diego comic-con op ‘n vraag wat onduidelik is ‘n “pussy” en verdere controversy word ontketen oor vrouerolle in hedendaagse comics).

 Op 2 Augustus word THE KILLING JOKE dan amptelik vrygestel op DVD, Bly-ray en ‘n verskeidenheid digitale platforms. DTSV se Box office hardloop hom ook tans.

 Maar genoeg aankak oor agtergrond. Hoe rate die movie? Sulke gemengde gevoelens as jy soos ek die graphic novel al verskeie keer gelees het en oor die algemeen ‘n fan is van die DC animated universe. Ek skaar my op die ou einde beslis by die algemene internet konsensus: Wanneer dit full on Killing Joke is, is dit absoluut befok. Verskeie stukke dialoog en direkte copies van die oorspronklike panele word baie effektief gebruik. Hierdie is beslis nie kinderstrokies nie en die feit dat dit DC Animated se eerste R-rated movie is behoort dit duidelik te maak. Dis donker, kontroversieël, gritty, filosofies en sielkundig gevorderd en ‘n serious pluimpie moet Hammil en Conroy se kant toe gegooi word vir hul briljante stemkarakterisering.

Dit vat egter so rukkie voor ons daar kom, danksy ‘n halfuur lange prologue om ons vertroud te maak met Batgirl (Barbara Gordon) en haar verhouding met Bats. Hierdie lewer ook nie rerig ‘n positiewe teenvoeter vir die chauvinist claims nie – sy’s effe dweepstert dwarsdeur die eerste bedryf, net om erg geviktimiseer te word in die tweede. Mens wil dit half verstaan – om ‘n 48-pager comic book te verwerk na ‘n 74 minute lange feature vra aanpassing en die idee om ons simpatiek teenoor haar te maak het meriete. Execution skiet egter te kort en as kyker vra jy jouself heeltyd af: Wanneer begin the fokken Killing Joke nou? But as I’ve stated before – once that happens is ons in happy town.

Kritiek was ook gelig teen die standaard van die animasie, maar ek vermoed dit was bloot ‘n effens misguided besluit van substance over style van vervaardiger Bruce Timm se kant af. Bolland se intricate pencils is effens vereenvoudig en ons kry iets tussen die boek en die animated series van ouds. Dit pla nie veel as jy dit in die gerief van jou huis kyk nie, maar ek vermoed op die groot skerm kan dit dalk die volwasse aard van die storie ondermyn en bietjie na kinderkak laat lyk. Die slottoneel se trefkrag is ook aansienlik groter in die oorspronklike graphic novel formaat. Some things just don’t translate that well.

Bottom line? Dis heel piele, selfs al doen dit nie heeltemal die hype gestand nie. As jy geen geskiedenis met die boek of die karakters het nie, gaan dit moontlik jou brein wegblaas. Comic book geeks gaan dalk meer krities wees, maar het jy rerig ‘n betroubare opinie as jy in jou ma se kelder bly? Ek sê: Go for it! Geniet dit! Maar doen dalk moeite om die boek op te spoor. Hy’s pricey in die shops, maar daar is baie lekker digital readers beskikbaar (Ek hardloop graag met die DC specific ComiXology app vir die iPad). Wie laaste lag, lag beslis die lekkerste…

Deel met jou tjommies!

    Watkykertjie bydraeVir al julle nerds: Batman – The Killing Joke
    Check hom

    For The Lovely Young Taken to the Stof

    In Oppikoppi, Snotstories deur griffinRek jou bek

    Dis amper twee weke later. Oppikoppi 22 is agter die rug en dis tyd om daai duisend piece stoflegkaart en waserige tequila memories uit te pak en te probeer sin maak van alles. Soos dit maar is met legkaarte, is baie van die stukke missing, drank is op dit uitgemors, die hoeke trek varkore of van die pieces het onder ‘n couch ingefok wat jy eers later sal kry wanneer jy desperaat soek na daai effie wat jy wéét iewers in die huis is, terwyl Marietjie ongeduldig oor jou skouer kyk en haar voet stamp met gevoude arms.

    Meeste van die selektiewe amnesia is direk daai donnerse Klein Bar se skuld – dis waar jy ou tjommies raakloop, nuwe tjommies maak, mense verkeerd opvryf, mense lekker vryf, tequila drink, chicks se hare per ongeluk brand (weereens sorry, Anja Slaptiet), dans asof jy ‘n nuwe kolon vir Krismis gekry het en die belangrikse van alles – befokte bands kyk. Vroegmiddag was jou kop nog soortvan op jou skouers en jy het dalk Willim Welsyn se band gecheck. Jy het van die musiek gehou, die befokte solo’s ingeasem en die general goeie vibes wat hulle van die stage af ge-beam het gesluk. Dan het jy dalk vir ‘n rukkie lank kop gekrap omdat die bassist bietjie soos Donald Drumpf lyk, maar met Lego-hare. Dan het die tunes jou weer gevat. Op een of ander aand (jy weet steeds nie watter een nie) het jy miskien Georgetown se hillbilly musiek gedrink en ‘n beenspier of vier het jou lyf laat kak moves pull maar jou hart laat goed voel terwyl jy soos ‘n kwylende doos gedans het.

    Jy het ook Valiant Swart se set moerse geniet maar op tye gewonder hoe de fok die sound engineer die klank plek-plek kon opfok. Bra, twee acoustic kitare en twee mics? Komaan, dis so basic soos spoeg en plak by een van daai skole met die kort, geel bussies…

    Dalk het jy, soos ek, Albert Frost se set verruil vir ‘n pot lensiesop en eerder een van die main international acts, Kongos gaan kokkenodge by main stage, net om te hoor dat dit een van Albert beste live sets ooit was. Op pad na Kongos se set het ek August Burns Red so in die loop ‘n halwe oor gegee en besluit om dit ‘n mis te gee. Dis ongelukkig soms die geval met metal en spesifieke genres van metal. As jy nie in die mood is of die enrgie het om dit te kyk nie – loop eerder weg. Dit help nie om dit te staan en kyk soos  Kepler Wessels (hy is ‘n oopmondkind) en rond te hang soos ‘n soutpilaar nie. Jy gaan net die ouens wat op daai spesifieke oomblik hulle kak verloor en rond bons se energie en suurstof steel.

    Kongos was effens disappointing gewees. Check, ek moes dit eintlik geweet het – hulle is nie ouens vir ontploffings en panties in die crowd inskiet met potato guns nie. Hulle is maar net ‘n band wat fokken lekker live op stage jol, moerse tight is en die gooses ‘n slakstrepie of twee laat squeeze as die oomblik hulle vat. Hulle was konstant goed deur hulle set en het al die hits gejol, maar daar was vir my nie daai moerse “wow” oomblik gewees waar alles ontkknoop het nie. ‘n Man soek bietjie hoendervleis nou en dan, maak uit? Tog het hulle op die main stage gehoort – die crowd was huge en supportive.

    Die klein, onbeplande missions is wat Koppi hierdie jaar lekker gemaak het. Daai deel waar jy sonder ‘n line-up of ‘n smart phone skiem jy loop doelgerig na ‘n stage toe om “iets” te gaan kyk, net dat ‘n band jou aandag aftrek en jy ‘n 90 degree klap om te gaan kyk wat hulle het om te bied. So het ek byvoorbeeld Femi Koya ontdek – die bra het iets oor die microphone getune tussen songs deur en ek het Nigerian flashbacks (ek het vir 4 jaar daar gweoon) gekry en net daar in my spore gevries en staan en kyk. Afrobeat, jazz en blaasinstrumente in die algemeen is bo aan my lys van slegte dinge saam met rosyntjies en pikkewyne, maar jirre die ouens het gegooi. Dit wys jou net – Koppi will convert you. Ek koop sommer vir myself ‘n fokken trompet.

    Later die aand (of maybe die volgende aand – Saterdag en Sondag was een dag vir my) het ek min of meer ‘n soortgelyke experience beleef – Nakhane Toure. Jissis, ek het ge-fanboy tydens die set en nog meer toe ek later met die bra gesels by een of ander bar op die plaas. Soos ‘n fokken tienermeisie. Gaan soek hierdie artist se volgende live show en gaan kyk dit.

    Van die meer hazy memories wat hier en daar iets ge-trigger het (thanks, drank) kon ek die volgende onthou:

    Jade Abbot van Follow Me Follow You het die bass hard pakslae gegee. Hulle was so tight soos die pants wat sy gewoonlik dra en alles het net perfect ge-jel op stage tussen haar, Kaz op guitar en Fundile wat basies ‘n wiskundeprofessor op die drums was.

    Fokofpolisiekar se gig het soos al hulle ander jare se gigs gevoel. Die manne deliver altyd. Wynand Myburgh moes iets gedrink het wat deur die Olimpiese spele verbied word want hy het hoër as gewoonlik gespring. Of hulle het ‘n trampolien iewers agter die monitors weggesteek, want geen mens kan so fokken hoog spring en nie ‘n hele sak vol enkels breek nie. Mind fucked.

    De Wallen het gespeel asof dit hulle laaste Oppikoppi ooit was. Hulle het alles gegee. In fact, dalk te veel. Ons hoor Jeandre (vocalist) is steeds iewers op die plaas. Jirre, ou.

    Tuin het ‘n perfekte Foo Fighters cover gedoen van “Best Of You” as my vrot brein my nou nie vir ‘n poes vat nie. Jirre, dit was mooi.

    Op ‘n stadium kan ‘n ou ook maar net in die Windhoek biertent sit en luister. Bene en spiere wil nie altyd saamwerk nie. Gerald Clark en The Fishwives se sets is so aangepak. Sit op jou gat. Drink ‘n bier. Luister. Repeat. Mission.

    My grootste fuzzy oomblik was net voor Boargazm se set gewees. Ek het hulle heeltemal misgedrink en geslaap maar wil nie verder hieroor uitbrei nie. Dis min om meer die deel van die naweek waar ek my naam die hardste met ‘n plank gepoes het en toe al die plaas se dorings op een klein plek gevind het en daarin neergeslet het. Die skaam is nog in die pos. Ai.

    Die groot oomblikke:

    Met hierdie een was ekself nie daar nie, maar is vertel dat Satanic Dagga Orgy iets moers nice gedoen het – hulle het plastic spaarvarkies in die crowd in gegooi en mense getune om coins in te sit en weer na iemand anders in die crowd te gooi. Die idee was dat wanneer die spaarvarkie eventually vol is by die laaste persoon, dat daardie persoon die spaarvarkie vat en vir iemand gee wat swaarkry en kan doen met die zak. Kry ek nou sommer ‘n traan. Goeie werk, dudes. Dis ‘n superbefokte ingenius idee. Is dit nie dalk ‘n geval van julle harte is op die regte plek, maar uhm, koppi is ‘n cashless fees, niemand dra coins nie?

    OK, vir hierdie een was ek ook nie daar nie, maar ek het ‘n fokken plan gemaak. Vir’n hele klomp mense met wie ek gesels het was Sawagi vanaf Japan die absolute highlight van Koppi gewees. Ek het heavy bleak gevoel omdat ek uitgemis het en het hulle die afgelope naweek in Joburg by The Goodluck Bar gaan kyk. Dit kon net sowel Oppikoppi gewees het. Gaan soek so paar van hulle YouTube videos – hulle doen fokol vocals en klap net instrumental die hele tyd. Dis asof die hele band deur die keyboardist gedryf word. Dis rock en dit maak glad nie sin nie, maar dit maak die hele tyd actually sin. “Sawagi” vertaal min of meer na iets in die lyn van disturbance, uproar, turmoil en dies meer. Ek sou graag precision en tight as fuck wil byvoeg. En as helfte van ons so vriendelik, tevrede en kinderlik gelukkig soos die bassist kan wees vir een dag, mag ons dalk net wêreldvrede bewerkstellig.

    Yelawolf vanaf Alabama het my nogal gegooi. Ek het hulle nog nooit gesien nie en het nie sulke befokte musiek verwag nie. Sulke Kid Rock tipe rock, hip-hop en rap maar met bietjie meer van ‘n edge. ‘n Hele balsak vol edge. Asof die bra Kid Rock se niggie gespyker het en ‘n bottel Jack Daniels gedown het en ‘n skyf buite sy trailer gerook het na die tyd. Die ouens het dik gees en attitude. Boemelaar hip-hop for the win. Vuil en lekker. Soos Oppikopi self is. Ek kon nie help om te dink of hulle nog meer gat sou skop met ‘n sletterige langbeen bassist nie. Probably.

    Die local bands het vir seker hulle kant gebring hierdie jaar en dit het by tye gevoel asof hulle die international acts uit die water geblaas het. The Narrow se set was een van daai defining Oppikoppi oomblikke gewees wat nog lank by my sal bly. Waar ‘n klomp bands gespeel het asof dit hulle laaste kans ooit by Oppikoppi was, het The Narrow gejol asof die plaas aan hulle behoort. Hulle was 100% in beheer van die stage, die crowd, hulle instrumente en die vibe. Ek was nog nooit juis die grootste The Narrow fan gewees nie, maar hulle het vir my ‘n fokken les geleer hierdie jaar. Absolute domination.

    Die vibe:

    Kyk, jy kan fokol aan die stof doen nie. Jy hoes maar die black lung uit oor so twee weke en kak dalk vir ‘n maand of wat na die tyd diamante uit, maar Oppikoppi was fokken skoon en goed georganiseer. Almal wat hierdie jaar betrokke was het ‘n uitstekende job gedoen. Daar was aansienlik minder kak mense by hierdie jaar se fees (in fact, ek kan nie regtig eers een onthou behalwe vir myself nie). Die gees en samehorigheid was tasbaar ten spyte van die feit dat ‘n groot gros mense hulleself in ‘n ander bloedgroep ingekuier het. Tunes en broederskap was aan die orde van die dag.

    Dis amper asof die klein myndorpie van Northam hierdie jaar twee groot are losgeboor het: supergees en talent, want dit het fokken orals gespat…

    Hier is so paar oomblike wat julle kan herleef of sien waarop jy uitgemis het, danksy ons man met die kamera, Henry Engelbrecht. Hy het in totaal 90 bands afgeneem oor die naweek en ons sal more begin om dit op die Watkykjy Facebook Page te looi.
    0126_Main_The Narrow_DSCF4266_1 0129_Bruilof_Boargazm_DSCF4896_1 0130_Main_Bittereinder_DSCF4495_1 0220_Main_The Kiffness_DSCF5653_1 0224_Main_Riky Rick_DSCF6191_1 0225_JPhillips_Prime Circle_DSCF6503_1 0228_Main_Aking_DSCF6498_1 0229_JPhillips_Grassy Spark_DSCF6793_1 0232_Main_Fokofpolisiekar_DSCF7137_1 0232_Main_Fokofpolisiekar_DSCF7164_1 0314_Main_Ready D__DSF3899_1 0315_JPhillips_Bombshelter Beast_DSCF8737_1 0318_Main_Petite Noir_DSCF9276_1 0319_JPhillips_Jack Parow_DSCF9506_1 0322_Main_Yelawolf_DSCF0223_1 0323_JPhillips_August Burns Red_DSCF0015_1 0326_Main_Kongos_DSCF1282_1

    Deel met jou tjommies!

      griffinFor The Lovely Young Taken to the Stof
      Check hom

      So bietjie zefspotters virre change

      In Zefspotters deur griffinRek jou bek

      Hi daar,
      Hierdie outjie gespot net buite Polokwane laas naweek.

      Groete,
      Eugene
      polokwaneHowzit
      My broer en oom tune my noudie dag dat Norrefok ‘n plek in Rusland is, ek skiem toe ek google dit. Ek kry toe fokkol promising hits en verander die spelling na Norrafok toe. Toe kom ek op hierdie juweel af.
      http://www.norafok.com/nora/
      My Fok Norra! kan jy dit nou oorvertel?
      Rambo
      nora fokAK47
      Ludwig
      ak 47Soos in Nederland gesien…
      Paulus
      poesMidrand se mense
      Arnold
      laksmanHey Griffin
      Hier in die Woesrand kry ons nie blou ballas nie, ons koop dit.

      Groete
      Oupa
      blou ballasZefspotting in Griekeland, this oke parks a bit kak…
      Lance
      parks kakO jirre, what is this, Pretoria?
      Tessa
      tessa - pretoriaSo paar kakkerige Olimpiele spelers se naampies
      Greg
      IMG_0378 IMG_0380Korea is die fok in vir Suid-Afrika
      Theunis
      korea is faktapMy ouers het getune ek kan enigiets word, toe word ek ballas
      ballasHaaie wys hulle aptyt vir hol(naai)?
      Japie
      sharks like van hol

      Deel met jou tjommies!

        griffinSo bietjie zefspotters virre change