Check hom

Foo Fighters – Sonic Highways (album review en wen tickets!)

In Watkykjy Reviews deur Chopper CharlieRek jou bek

sonic-highways-top-cropAs mens reviews skryf, is dit belangrik dat jou eie ego nie in die pad kom nie – iets wat ek skiem meeste journo’s vergeet het toe hulle die nuwe Foo Fighters album ‘Sonic Highways‘ review het.

Vroeër hierdie week, toe die album drop, kon mens nie jou gat draai nie of jy loop in ‘n ‘Sonic Highways’ review vas. Al die heavyweights soos Pitchfork, Rolling Stone en AV Club maar ook sommige local sites lê ‘n eiertjie. ‘n Vrot enetjie meestal. Vrot eiertjies is nie lekker nie.

Want almal het dit eens dat Dave Grohl se ambisies dalk net te groot was met hierdie album. ‘Sonic Highways’ (hulle agste) is ‘n album wat in verskeie Amerikaanse stede opgeneem is, saam met ‘n paar gaskunstenaars soos Joan Jett, Bad Brains en ander. Die idee was om ‘n tribute te wees tot die verskillende tipes Amerikaanse musiek en die stede wat dit geïnspireer het. Gekoppel daaraan was ook die ‘Sonic Highways’ TV reeks wat Grohl en kie agtervolg het op hulle reis deur 8 stede.

Die meeste kritici bitch en moan oor hoe min mens die gaskunstenaars hoor, hoe die album steeds net soos die Foo Fighters klink (hoe durf hulle?) en hoe mens sukkel om die verskeie stede en invloed in die finale produk op te spoor. Van hulle is snedig oor die “fist punching stadium anthems” en Grohl se status as “media darling” en reken dis als net nie wat hulle hartjies gehoop het dit gaan wees nie.

Wel, groot was my verrassing toe ek die album nou die aand kliphard pomp in my pozzie. Hierdie is ‘n fokken nca album ou pellie! Van die opening ‘Something From Nothing’ af is dit duidelik dat daar ‘n broeiende energie is net onder die oppervlakte – iets wat local muso Gareth Wilson (Southern Gypsy Queen, Coelacanth) opmerk in ‘n recent Facebook status oor die subject.
Energie is tot ‘n sekere mate wat die Foos nog altyd kenmerk, of dit nou Dave Grohl se skree of Taylor Hawkins se frenetic drumming is. Dis ‘n goeie energie, ‘n energie wat rock vorentoe dryf en mens ‘n bottel iets wil laat gryp op ‘n Vrydagaand. Maar tussenin, net op die regte plekke, word die volume so bietjie afgedraai en die pas so bietjie meer languid en dan voel ek weer lus om in my GTI te spring en die highway te vat na geen plek spesifiek nie.

Dis dalk ‘n seëning dat ek fokkol van die ‘Sonic Highways’ tv vibes gecheck het nie. Want ek het my nie gesteur aan die musical journey bullshit nie en die album net geluister as ‘n fokken album – tunes sonder visuals, songs en hoe hulle geskryf is en hoe hulle jou laat voel. Fok die marketing fluff daar rondom. Fok die PR.

En die songs is gees pappie. Dis classic Foo Fighters – slim klein kitaarlicks wat opbou en bars in saamsing choruses, straightforward driving rock op ander nommers en ‘n afwisseling tussen mooi saggies sing en hard en aanhoudend skree (soos ons vir Grohl ken).

Fok die gaskunstenaars. Baie van die ander reviews maak dit duidelik hulle het nou nie spesifiek ‘n punk song in New York en ‘n blues song in Tennessee verwag nie, maar die waarheid is, hulle het. Own up. En nou voel hulle cheated want dit klink dan net soos die Foo Fighters. Shock! Horror!

Ek dink die realiteit is dat die prominente music journo’s se hartjies en ego’s gekrenk is, want hulle het geval vir die hype masjien en die storie en visuals rondom die album. En nou is dit ‘n straight-forward Foo Fighters album. Nee! Met songs wat goed in ‘n stadium rock show gaan werk. O fok nee! Get a grip ouens. Seriously.

Vyf jaar van nou af gaan ons terugkyk en na die musiek luister. Die tunes. Fok die tv reeks. Dis tv. Dis soos toiletpapier. En die tunes is klas. Ek skiem tracks soos ‘Something From Nothing’, ‘The Feast And The Famine’ en selfs die moody ‘I Am A River’ is klaar classics alhoewel ek van al 8 tracks op die record hou. Hierdie is die shit bra. Pomp hom loud, pomp hom proud. Op repeat. Hard en aanhoudend.

Next step, maak seker jy het jou kaartjies vir die Foo Fighters shows begin Desember (net om die draai nou en daar is nog tickets). Dan kan jy ook jou gebalde vuiste in ‘n stadium in die lug gooi en saamsing, saam met dieselfde kritici wat kamtig teleurgesteld is met die album.

Kaapstad: https://tickets.eventshopper.com/eventShopperV3.html?wr=4538e7f7-bf48-406b-900b-0b2e9347a890&skin=bigconcerts
Joburg:
https://tickets.eventshopper.com/eventShopperV3.html?wr=dc886c2b-ba6a-4cff-b4c3-db67535a9b4a&skin=bigconcerts

Of jy kan jou luck try hier op Watkykjy en ‘n kans staan om ‘n double ticket te wen vir either Kaapstad of Joburg.

Jy het slegs tyd tot 16:30 vandag (14 November). Al wat jy hoef te doen is om ons te Tweet (@watkykjy) met die volgende:

#EkFooInMyBroek as julle my tickets score vir #FooFighters in Joburg!
of
#EkFooInMyBroek as julle my tickets score vir #FooFighters in Kaapstad!
(afhangende of jy tickets wil score vir die Joburg of Kaapstad show)

  • Joburg mense, die wenner kry ‘n six pack wyn ook.
  • Die wenner sal randomly gekies word (http://www.random.org/)
  • Een Tweet per persoon
  • Ons duld nie huilerige mense nie.
  • Wenners word vandag 18:00 aangekondig op Twitter en Facebook.

FF-Banners-930x540

Deel met jou tjommies!

    Chopper CharlieFoo Fighters – Sonic Highways (album review en wen tickets!)
    Check hom

    Bokke, Bones en Bittereinder

    In Sport deur Kaptein KortbroekRek jou bek

    Kom ons begin by die belangrike deel. As jy nog nie Jaco Mans live sien kitaar speel het nie, is jy ‘n tietkop. So slat ons op ‘n kol by die Dowe Digters se maandelikse samekoms by Railways Café daar in Tjoeras uit en beleef iets wat my vir nog baie aande jags gaan maak. Jaco van der Merwe en Rot aka Kobus de Kock Jnr wat so bietjie acoustic vibes en poetry gooi was beslis meer as die 30 bokke cover charge werd.

    So week of wat voor dit het ons hier gebrag oor Ninjas en hoe insane dit was om die Black Cat Bones en Bittereinder op een aand te sien – fok, om die ouens in so setting te sien was orgasmies lekker. Die Woud. Op kitaar. Sonder enige techno vibes. Dit was beautiful. Beaufort Wes Beautiful.

    Soos ek hier met my whiskey sit en kakpraat het ek dit oorweeg om van die ander digters en performers van wat opgetree het kak te byt, but then again het ek nie te veel van die res gehoor nie en verdien ouens met actually die ballas het dalk meer credit vir die feit dat hul hul siele so in die publiek wil uitstort. Daai bra van Feed the Wolf het ook vir die party gepitch en ons het toe die rook area beman en die barman besig gehou, so ons kon nie almal check nie.

    Terloops Railways mense, die gedagte dat die hele plek non-smoking is is dalk ‘n kak een.

    Rappie:
    Wat die naweek se rappie aanbetref is ons uiteraard FOKKEN bly dat die Bokke laasweek met as op hul skoene betrap is. Om te wen moet jy ook kan verloor en nou is dalk die beste tyd gewees om sekere waarhede agter te kom. Kyk, ek moes na die All Black game so bietjie humble pie munch nadat jong Pollard die show soos ‘n jong Dan Carter gerun het. Daar was selfs besef dat Hougaard dalk net een van die beste verdedigers in die span is en altwee die ouens het ala Brakpan style na solid PKs in die pers hul man gestaan en ‘n moerse bydrae tot ‘n wen gehad.

    fly-half dan carterTeen die Whiskeyboere laasweek was dit bietjie anders en nou is die skakelpaar hul plek in die span kwyt. So gesukkel soos dit In Dublin was, kan ons egter nou mooi na al ons World Cup ammo sit en kyk en met die groep wat tans daar is sien ek sommer al klaar hoe die breiers die term ‘horses for courses’ gaan gooi. Lambie het mos vir ons die Aussies gewen en Pollard die Kiwi’s.

    Fokkit, ek is bly ek hoef nie die span te kies nie, hoewel ons dalk nog vir so rukkie gaan spyt wees dat die skakelpaar wat die beste in Super Rugby gevaar het nie vroëer die leisels oorgeneem het nie. Dit is asof daar ‘n blinde oog gegooi is toe Hougaard vir die Bulle op die wing uitgedraf het.  Die bra jol vir my lekkerder daar.

    Maar anyway, met dit wat Heineken tot sy disposal het is daar geen rede waarom ons nie volgende jaar op Twickenham die Shampers sal kan oopmaak nie.

    Horses for courses my bra, horses.

    Deel met jou tjommies!

      Kaptein KortbroekBokke, Bones en Bittereinder
      Check hom

      Watkykjy nuus round-up: Krokodille, narre en death apps.

      In Wat is nuus? deur Vent Venter3 Eiertjies

      Doos van ‘n hippie vas oor hy alligators befluister
      Daar is mense in hierdie wêreld wat besonder baie doen vir die dierlewe. Soos Pamela Anderson. En … uhm … o, Mark Boucher. En daai Steve Irwin-ou. “Croickey! Look êt de soize of the pecka on thees bugga!” Hy is weird. Shit, is hy nie ‘n paar jaar terug dood nie? Okay, jammer. Hy wás weird.

      So, ja, daar is mense wat harde werk doen om die dierlewe te verryk en te beskerm. Of dit nou effens misguided is, soos Greenpeace hulle soms aan skuldig maak, en of dit nou daai antie buite Spar is wat jou so fucked-up skuldig laat voel as sy op ‘n Dinsdagaand ‘n blikkie met ‘n hondjie se gesig op laat klingel terwyl jy verby haar stap en mompel “Sorry, no change” terwyl jy die drie bottels Romanoff Vodka in jou arms beskerm asof dit ‘n miljoenêr se ontvoerde pasgebore baba is … ja, daar is mense wat sterk voel oor die saak.

      En dan is daar mense soos Hal Kreitman. Hal kom van Florida in Amerika. Hy noem homself die “Haligator”. Of nog erger, die “Alligator Whisperer”. Wat ‘n kont.

      hal crocodile whispererHal reken hy en die alligators (as jy nie uitmaak van ‘n alligator nie, dis basies ‘n klein krokodil, maar minder klein as ‘n akkedis) van die Keys is dik tjommies. “When I’m in the water, I’m thinking what he’s thinking, he’s thinking what I’m thinking, I think the alligator feels peace,” sê Hal. Duidelik die soort ou wat by ‘n braai opdaag en al hierdie pseudo-spiritual kak kwytraak en selfbelangrik kopskud as jy iets stupid sou sê soos “Dis ‘n fokken reptiel, nie ‘n monnik vol skubbe nie”. In die hoop dat hy naai sal kry na die braai sal hy waarskynlik nog ‘n rukkie woorde soos “enlightenment” en “spiritual journey” rondgooi. In so ‘n geval moet genoemde doos se gesig altyd teen die warm braairooster gedruk word. Daar’sy, lekker skubbe vir jou mombakkies. Voel jy nou één met die natuur, huh? HUH?

      Anyway, Hal maak die afgelope tyd ‘n bestaan daaruit om toeriste tot $250 te charge om te kyk hoe hy in die water met die alligators speel. Nou, dit klink dalk nie soveel anders as iemand wat by ‘n akwarium met dolfyne speel nie, maar hier’s twee main probleme volgens regte egte bewaringsbeamptes. Eerstens, die alligators is ‘n beskermde spesie, wat beteken jy kan nie net tussen hulle inswem en hulle betas soos jy luskry nie. Tweedens is hulle aggressiewe vleisvreters. Hulle chow gewoonlik vis, skilpaaie, voëls en selfs takbokke, maar nie regtig mense nie. Die soort interaksie wat ons vriend Hal met hulle het, maak egter dat hierdie outjies hul vrees vir mense verloor. Dit stel dus mense in die gebied in gevaar en van die alligators met wie Hal so snoetjie-snoetjie speel sal dalk van kant gemaak moet word.

      Hal het dalk net te veel keer ‘Dances with wolves’ gekyk. Hal, ek gaan vir jou sê wat ek elke dag vir die ondersteuningsroep vir alkoholistiese tienermeisies skree deur die venster van die biblioteek waar hulle vergader: Kevin Costner is nie, en was nog nooit, cool nie.  – Sky News

      Franse burgemeester plaas verbod op narre
      Ek het nooit die movie ‘IT’ as kind gekyk nie. Later, in post-skool-jare, het ek en ‘n klomp tjommies dit na ‘n party halfdronk en effe gerook gekyk, want dit sal mos nou funny wees. ‘n Ou, apparently scary movie. Haha, whatever. Ons is mos sterk want ons speel touchies en het al aan tiete gevat (sommige van ons net aan een, maar dis besides the point. Maar as jy hierdie lees – hallo, Liezel.)

      Fokkit, maar was ons verkeerd. Nie een van ons het geslaap daai aand nie en Gerhard het in sy slaap gespuitkak op Petrus se Gameboy terwyl hy geskree het “No, I don’t want a balloon! No!”

      Die punt van die storie is, die burgemeester van ‘n klein dorpie in Frankryk het blykbaar dieselfde soort ervaring gehad en is sedertdien kakbang vir narre. Soveel so dat hy nie net rondom die Halloween-tyd ‘n verbod daarop geplaas het om narkostuums aan te trek nie, maar ook om enige vorm van nar-makeup op te sit.

      Wel, burgemeester Pierre Dudieuzere was nie heeltemal sonder rede hiervoor nie. In die aanloop tot Halloween is ‘n hele paar tieners in die dorp van omtrent 6 000 inwoners in hegtenis geneem nadat hulle soos narre aangetrek en mense met wapens geteister of sommer net gebliksem het. Een of ander veldtog op social media het die kids glo geïnspireer om dié kak aan te jaag.

      Maar burgemeester Dudieuzere (ons weet jy het hierdie artikel gevind en ge-Google Translate, want fokweet, wat anders doen ‘n burgemeester in ‘n dorp van 6 000 mense as om narre te verban en homself te google), is dit nie effe kortsigtig om bloot narkostuums en -makeup te verban nie? Is dit nie dalk meer in die belang van die gemeenskap om te probeer vasstel waarom die tieners dit smaak om random mense te poes terwyl hulle soos narre aangetrek is nie? Wat van, hier’s ‘n kak weird idee, práát met die fokken kinders?

      Hulle sal waarskynlik vir jou iets waardevols kan sê. Soos: “Wil jy nie ‘n ballon hê nie, Pierre? Wil jy nie? Komaan, Pierretjie …” – BBC
      scary faktap clown
      Nuwe app tune jou wanneer jy gaan sterf

      Mens kan net raai wat in hierdie company se boardroom aangegaan het toe hulle op hierdie idee afgekom het …

      Ou 1: “Hey ouens *trek diep aan tik-bulb*, sal dit nie cool wees as jou wekker jou elke oggend laat weet hoe lank jy oorhet om te lewe nie? Soos in, ‘Goeiemôre, jy skop oor nege dae, vyf ure en twaalf minute die emmer in sy poes in. Lekker dag!”

      Ou 2: “Fok wekkers.”

      Ou 3: “Okay, wat van ‘n app?”

      Ou 4: “Ek sal JOU app.”

      *Homo-orgie volg”

      Ou 5: “Ek wil ook in die orgie wees.”

      Ou 3: “Jy’s die enigste een wat ‘n app kan bou. En jou kar is ‘n Honda. Fokof.”

      deadline death appEn siedaar, so ontstaan die nuwe iPhone-app “Deadline”, wat jy teen slegs 99 Amerikaanse sent kan download. Deadline gebruik data wat deur ‘n ander app, Healthkit, ingesamel word op grond van wat jy daarvoor gee – die hoeveelheid treë wat jy per dag neem, jou geslag, jou ouderdom, al daai kak. Deadline gebruik dan algemene stats om te raai wanneer jy die dak gaan lepel. Askies, het ons gesê raai? Ons bedoel dit gee vir jou tot op die sekond hoeveel tyd jy nog oorhet om te wonder of jou girlfriend ooit gaan uitvind dit was jy wat in haar ouma se pantoffels gekots het kort voor die ouma se dood aan ‘n skrik-vir-pantoffelkots-verwante hartaanval.
      Die ontwikkelaars van Deadline het al bietjie kak gekry oor die onakkuraatheid van hul skattings – waarskynlik van mense wat toe nou nie op die voorspelde sekonde gesterf het nie. Of dalk effe vroeër as die voorspelde sekonde en hulle uit die hiernamaals gedagvaar het (al die goeie lawyers is mos in die hel, ka-ka-ka). Either way, die ontwikkelaars sê toe nee, dis nie regtig veronderstel om ‘n akkurate voorspelling te wees nie, maar eerder ‘n aanmoediging om gesonder te leef. Nadat hulle vroeër ge-brag het oor die akkuraatheid van die fokken ding.

      Ek skat ‘n mens kan sê…

      …*sit donkerbril op*…
      … hulle het by die dood omgedraai.
      YEAAAAAAAAAAAAAH! – Techtimes

      En die suigvideo van die week is …
      Daardie ou wat beweer hy eet nie van die vloer af nie (hoekom is soveel van die goed wat uit sy mond uitkom dan niknak-retoriek wat ver verby die vyfsekonde-limiet is?) was die afgelope tyd so baie in die nuus, ons is nie regtig lus om verder oor hom te praat nie.

      Net een ding: As jy hom en dit wat hy kwytraak ernstig opneem en hom as ‘n leier beskou, hou in gedagte dat jy die ou in die video hieronder dus as jou leier aanneem. Jy wil dus hierdie ou volg.

      Hierdie.
      Fokken.
      Ou.

      Deel met jou tjommies!

        Vent VenterWatkykjy nuus round-up: Krokodille, narre en death apps.