Check hom

Vat vyf! Week 38 van 2016 – Sanral, Brangelina, jags onnies en kak studente

In Wat is nuus? deur PK Malherbe1 Eiertjies

Want Brad is alleen en studeer is een moerse (s)taak!

1) SANRAL, daai werfetters wat tolliehekke op Gauteng se paaie opgerig het, het hierdie week bloedneus gekry by die appèlhof. Hulle Wynlandtolprojek is gekelder soos goedkoop wyn nadat hul aansoek om verlof tot appèl rakende die projek van die hand gewys is. Skrale troos vir SANRAL is darem die feit dat Johannesburg ook nou ‘n berg het als te danke aan hulle… ‘n Berg van opgehoopte rekeninge wat padgebruikers weier om te betaal.

2) Studente wat tot so paar maande terug detensie gesit het en en hul skoolkouse een keer moes omvou om by die reëls te bly, neem weer kampusse op horings en betoog oor ‘n beplande verhoging in klasgelde in 2017. Staak dit! Wag, laat ek dit rephrase. Hou fokken op! Niks in die lewe behalwe vlooimarkromanse en Jehovah Getuies traktaatjies is verniet nie. En net as die sekuriteitswagte of die polisie na die studente toe mik met iets wat harder as a peashooter skiet, dan bekak menseregte rasieleiers hulself. Kyk, ek’s ook ‘n fên van menseregte, maar nie as dit skuil agter menseverkeerde nie.
oprah3) Freek! Freek! Freek! Dit het net nie dieselfde vaaib as Jerry Springer se aanhangers wat altyd Jerry! Jerry! Jerry! skree wanneer iemand se tannie se oom se neef met sy sussie se kanarie se lintwurm ‘n verhouding aanknoop nie. Maar miskien kan Freek Robinson tog so bietjie inkyk op die geval van die Mpumalanga skoolhoof wat dik getik is deur twee matriekmeisies. Hoekom? Want sulke wasieworsie kaskenades. Hy het blykbaar die twee met mekaar verkul en toe raak hulle erg woedend. Hy is intussen gesaaspênd. Sulke eina. Sulke hoofpyn. Hoof? Pyn? Geddit?

4) “Kinders by dosyne, kinders by dosyne, kinders by dosyne in hul glorie ja!” Ai, ek onthou hoe ons almal vir Brad en Angelina gesing het op hul troue. Oom Martiens van Delmas het nog die heildronk ingestel. En kyk, die twee het toe mos nou kinders by dosyne gehad… Hul eie en sulke Abraham Kriel-gevalletjies. Fok. Praat van Womb Raider. Maar nou wil Angie nie meer nie. Genoeg gehad van Brad se daggazolle en sy gerinkink met so ander aktrise flerrie. Ten minste sal Angie nou meer tyd hê vir haar humanitêre werk onder vlugtelingkrimpvarkies en mense wat die sleutels van hul sleepwaentjieslotte verplaas het.
brangelina5) En die moeder van die volk (Sit asseblief Juanita du Plessis), Winnie Madikizela-Mandela Wela-Kapela het haar 80ste verjaarsdag met swier in Kaapstad gevier. Die sentrale vrouefiguur in die destydse struggle het ‘n struggle van ‘n ander aard uitgeleef deur half onsamehangend aan te blah-blah en soos microphone foam te lyk.
winnie-foam-head

Deel met jou tjommies!

    PK MalherbeVat vyf! Week 38 van 2016 – Sanral, Brangelina, jags onnies en kak studente
    Check hom

    Hoe kan alternatief groot wees as niemand weet wat dit is nie?

    In Rolbees Reviews deur Rolbees1 Eiertjies

    Ek het baie kak om te praat oor hierdie compilation. So kom ons begin by die begin. Ek het nog altyd gesukkel om uit te figure wat alternatiewe musiek presies is? Selfs in die eighties het ons alles wat nie op mainstream radio gespeel het nie in daai boksie gaan staan en bliksem. REM was eers alternative, toe word hulle mainstream in die nineties. Jirre ons het selfs grunge in die alternative boksie gaan bliksem in die early nineties. Ons het nie eers besef dit het so onder ons neuse mainstream geword nie. Tot Nirvana Unplugged in 1994 op SABC gewys het en ons geskarrel het om die VHS masjien te organise om dit te tape. Ek dink Kurt het al klaar die planeet verlaat teen daai tyd.

    Dit was ‘n genre wat ontstaan het in die garages van Seattle, deur record companies gepackage is met kleredrag (onthou julle flannel shirts?) en nihilistic attitude en al en toe worldwide verkoop is. ’n Genre binne in ‘n genre van ‘n genre in nog ‘n fokken genre. Die grunge movement het eventually uitmekaargebliksem want rock and roll het eenvoudig evolve. Net soos die glam metal scene voor dit. En die seventies soft cock rock scene voor dit (Boston, Chicago, Journey) and so on and so on.

    Locally was ons so afgesonder van die res van die wêreld dat alternative musiek basically net dit was wat Barney Simon vir ons gespeel het. En as jy genoeg geld gehad het om LPs te import was jy lucky maar het probably nie van die helfte van die alternative bands geweet nie. Dit was ook maklik in die eighties en nineties om te identifiseer wat Alternatief Afrikaans was. Dit was ‘n scene op sy eie. Basically was dit die Voëlvry artists. Meestal Koos Kombuis, Johannes Kerkorrel en Bernoldus Niemand. Koos het ons mos straight getune in sy musiek hy is ‘n alternatiewe Afrikaner. So dit was eenvoudig maar politieke musiek het ook uitmekaargebliksem. Want rock and roll het net eenvoudig evolve. Was Fokofpolisiekar ‘alternatief’? Ek het gedink hulle is punk rock toe ‘As Jy Met Vuur Speel Sal Jy Brand’ release is maar toe evolve hulle in amper ‘n hard rock genre van hulle eie. Karen Zoid? Ja maybe was sy ‘wat jy ookal dink alternatief is’ aan die begin. Maar sy het ook in ‘n hele niche mark van haar eie in evolve. Sien hoe moeilik is dit? Dit kan confusing raak.

    So kan jy nou in 2016 dertig jaar se ‘wat die Coleske broers dink alternatief is’ probeer package en verkoop?  Doen julle maar die wiskunde. Maar ek is in twee minds oor die ‘Alternatief is Groot’ compilation as a whole. Ek sal nou mooi verduidelik, laat ek net eers hierdie punt klaarmaak. Mathew Mole, MiCasa, Die Heuwels Fantasties, Ryno Velvet Band, Taxi Violence, Albert Frost, Gazelle, Nakhane Toure,Bouwer Bosch en Jax Panik. Om net ‘n paar te noem. Hoe naby is elkeen van daai artists aan ‘wat jy dink alternatief is’?  Is Valiant Swart nie net blues, folk en rock nie? Wat van Jan Blohm? Sien hoe moeilik dit is? Ek het eers gedink Riaan Grobler oordryf bietjie toe ek sy artikel gelees het. Ek weet nie veel van die feuds van Skouspel versus Afrikaans is Groot nie. Ek weet net ek het nie ‘n passion of interest in wat hulle doen nie. Ek het laas Huisgenoot gelees toe Kerneels Breytenbach nog music reviews gedoen het. Maar toe ek hierdie album self gaan sit en luister het en bietjie dink oor ‘wat ek dink alternatief is’,  het ek presies verstaan wat Riaan bedoel. En ek stem saam met hom.

    Die Coleske broers sit die pot mis hier met hoe hulle die offering benader en bemark het. I know it when I see it. Goeie fok, hulle het nie net die actual beweerde genre-pot gaan mis sit nie maar daar is pop en dance ook op die CD. Was dance al ooit in die geskiedenis van musiek naby aan enigiets remotely alternatief? Mmm… wel daar is altyd the Progidy. Hahaha, ek is seker daar is baie ander voorbeelde van dance alternative musiek. Sien julle hoe moeilik is dit? Dit kan confusing raak. So een van die issues is sekerlik of jy werklik kry wat jy gedink het jy gaan luister as jy hierdie CD koop? Ek kan nie sê nie want ek weet nie wat ‘alternatief’ presies is nie? Ek weet net baie fans is nogal sensitief daaroor as jy hulle favourite bands tussen ander musiek gaan ingooi waarvan hulle nie hou nie, op ‘n compilation album.  As jy ‘n breë musieksmaak het gaan dit jou fokol pla nie, anders moet jy net die artists google voor die tyd en net die wat jy like download op iTunes. Problem solved.

    Maar ek sien ‘n positiewe kant aan die offering. Julle moet self besluit, maar ek doen. Kom ons neem aan die Coleske broers het die gap in die “wat hulle dink alternatief is” mark raakgesien en hulle intensie was om ‘n lekker chunk goeie musiek (nie commercial bokkie-baby tos nie) aan die breër massas bloot te stel. Dis ‘n befokte idee, is dit nie?  Dis net nie die obskure of hard rocking kant van ‘wat ookal ek dink alternatief is’ nie.  Dis soos om in die eighties al die metal ballads (moet nou nie die musiek presies gaan vergelyk nie) van ouds op ‘n compilation te sit en om hardrocking glam metal bands so te promote. Gaan dit werk? Het dit gewerk daai tyd? Sien hoe moeilik dit is? Daar is so baie befokte Suid-Afrikaanse musiek wat nie in die huidige mainstream genre val nie en waarvan niemand weet nie.

    Ek vra gereeld vir mense wat net skaap as dit by musiek kom of hulle nie die name wat ek dink bekend is ken nie. Sonder om nou name te noem. Ek was geskok dat baie nie doen nie. Of net die omgee om hulle musiek te gaan uitcheck nie. Want hulle skaap eerder op die radio. Ek sit week na week en luister die befokste nuwe tunes van meer gevestigde en jonger bands en review dit, maar ek is bevrees nie almal kry die exposure wat hulle moet nie. Suid-Afrikaanse musiek (beste wat ek nou kan doen in terme van genre) het massively evolve. En ons moet dit ook almal besef. Net jammer al die kief tunes kom nie alles by almal uit nie.

    Om terug te kom by die die Coleske broers. Hulle moes een of ander formule probeer gebruik het om te bepaal watter spesifeke songs gaan verkoop en watter nie. Is daar in beginsel iets fout daarmee? Gaan CDs soos hierdie genuine in-roads maak en die mense wat skaap bietjie blootstelling gee aan goeie ‘wat julle ookal dink alternatief is’ musiek? Gaan die skapies die res van die bands op hierdie album se albums gaan opsoek en dit ook geniet? Of gaan dit soos die ou Pop Shop compilations (wat ‘n groot invloed op my gehad het toe ek ‘n laaitie was) net ‘n klomp hits aan mense flog tot die volgende handpicked musiek weer oor ‘n paar maande release word? Die groot verskil tussen Pop Shop en soorgelyke compilations was net dat daai tunes alles recent hits was. Al was ons probably ‘n paar maande agter in SA. Maar dit was ‘n goedkoper manier om breë access te kry tot nuwe pop en rock radio hits. Selfs al was dit die Coleske broers se mission is ek nog steeds fine daarmee. Ek sukkel net om te verstaan hoekom songs van Evoid of Sugardrive saam met current hits gegooi moes word. Kyk, ek is mal oor beide daai bands, maak geen fout nie, maar is dit nie ‘n opportunity lost vir meer onbekende moderne “wat jy ookal dink alternatief is nie” kunstenaars om blootstelling te kry nie? Besluit julle maar self.

    Die laaste punt is daar is mense van die publiek en ander kunstenaars wat op social media beweer hierdie album gaan net oor die big bucks. Die bottom line. Moola. So hier is nog ‘n vraag vir julle: Is daar iets fout daarmee om in ons klein SA musiek mark ‘n CD uit te bring om geld te maak? Beteken meer geld nie meer geleenthede nie? Meer mense wat dit hoor nie? Meer mense as die gewone fans wat na gigs toe gaan nie? Hulle mag dalk net meer albums koop, na die less mainstream bands se shows gaan kyk. Is dit nie progress nie? Uit ‘n besigheidsoogpunt, met alles wat in die land aangaan, is dit nie wat ons wil hê nie? Groei, verkope en fully packed ‘wat jy ookal dink alternatief is’ shows? Wil ons nie almal graag sien dat alle musikante finansieël beter doen nie? As ons Francois van Coke en Karen Zoid nie tongue in cheek terg omdat hulle oor vesrskillende genres kan entertain nie is dit nie ‘n teken dat die verskillende markte dalk besig is om nader aan mekaar te evolve nie? Is dit ‘n goeie of ‘n slegte ding? Besluit jy maar self. Ek dink wat Rolbees die meeste pla is, omdat ek meer (nie uitsluitlik) van musiek hou wat nie mainstream is nie raak ek frustreerd as die pie nie behoorlik verdeel word tussen almal nie. En ja ek besef dit gaan oor wat die massas wil hoor. Having said that, ek dink hierdie offering kan glad nie skade doen nie. Ek sal dit ‘n kans gee en verder dophou. Aan die Coleske broers: Try net songs en artists insluit wat meer klink soos ‘wat almal dink alternatief is’. Sien hoe maklik is dit. Good luck with that.
    alternatief-is-groot

      

     

     

    Deel met jou tjommies!

      RolbeesHoe kan alternatief groot wees as niemand weet wat dit is nie?