• Jy is waterkoppie nommer sedert 1 Maart 2008. Kap 'n dratie.

Wen – Die Antwoord: 10 double tickets vir Arcade Empire show & 10 copies van Ten$ion

Ons het tintwig pryse om weg te gee hierie week!  En jy het net kans tot hierdie Donderdag 2 Feb tot 14:00 om in te skryf.

Vir die outjies in Gauteng gee ons 10 double tickets weg om Vrydag 3 Februarie Die Antwoord by Arcade Empire in Pretoria te gaan kokkenodge. Dis omrent R1600 se tickets wat ons vir mahala gee.

Dit is Die Antwoord se enigste show vir 'n lang ruk voor hulle volgende week weer overseas toe fok vir 'n paar maande om vir sold-out crowds te gaan holswaai en vloek en dans.

Dan… vir die res van julle in Zef Afrika wat nie die gig sal kan bywoon nie, het ons ook darem iets befok – ons gee 10 copies van Die Antwoord se nuwe album, Ten$ion weg. Daar is omtrent nog 'n R1600 se freebies. Ons skop die jaar goed af.

Dis dood fokken eenvoudig om in te skryf:
 

  • Luister na hierdie snippet van "I Fink You Freeky" vir reference:

    Audio clip: Adobe Flash Player (version 9 or above) is required to play this audio clip. Download the latest version here. You also need to have JavaScript enabled in your browser.

  • Maak 'n kort video clip (sommer op jou foon) waar jy jouself afneem en tune: "I fink you freeky and I like you a lot". Jy kan 'n masker dra, jy kan jou gesig met 'n papiersak cover. Jy kan jou hond afneem wat dit sing. Jy kry die idee.
  • Die clip kan enige iets tussen 5 of 30 sekondes lank wees.
  • Tune ons wat jy wil score – die double ticket vir Die Antwoord se gig by Arcade Empire, of 'n copy van hulle nuwe album. Jy kan net een van die twee kies.
  • Mail jou entry video met jou keuse van prys na griffin@watkykjy.co.za
  • As jy 'n CD kies, stuur jou naam, van en posadres
  • As jy die tickets soek, mail ons jou naam, van en ID nommer asook dieselfde details van die tjommie wat jy saam na na die gig toe wil sleep sodat ons jou naampie op die special Watkykjy lysie kan sit.
  • Die eerste 10 entries vir elke prys sal die wenners wees. Ons confirm dadelik per e-mail as jy onder die eerste 10 per prys was.
  • Cut-off is nou Donderdag, 2 Feb 14:00, maar kry jou entry so gou as moontlik by ons as jy nie disappointed wil wees nie.
  • Kompetisie is slegs oop vir mense in Suid Afrika, maar dit behoort pretty fokken obvious te wees.

die antwoord by arcade empire

Hier is die nuutse familiefoto, geneem deur Roger Ballen:

Ninja + Yo-landi

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Die Antwoord, kompetisie | 1 Comment

Vier vinnige grappe voor jy fokof…

Krimpie klagtes
Drie krimpies sit op die stoep by Huis Herfsblaar. Oom Fanie tune: "Manne, ek het 'n probleem. Ek is nou 70 en ek sukkel om te pis. Elke oggend staan ek 7 uur op en probeer alles om te pis en niks help nie. Hulle gee vir my even medisyne maar fokol help"
Oom Frik gee ook 'n diep sug: "Kyk, ek is nou net skuins oor die 80 en ek weet waarvan jy praat, ou Faans. Ek staan ook net na 7 op en ek sukkel ook om te pis, maar dis vir my effens erger, want ek sukkel om te kak ook en nie eers groen tee wil my maag laat loop nie."
Oom Louis steek sy pyp op en tuur in die verte in: "Ek is net onder neeeeentig, ou vriende. Klokslag elke oggend om seeeewe, dan laat loop ek met die pielietjie en ek vang ook sommer 'n gesonde ou kak. Die probleem is, ek word eers hier by neeege wakker."

'n Briefie aan Jesus
'n Poskantoorwerker kom af op 'n koevert sonder 'n stamp en 'n moerse kak handskrif. Die brief is aan Jesus ge-addresseer. Hy besluit om die brief oop te maak en te kyk wat aangaan. Hy kom agter dat dit van 'n ou tannie af is wat aangaan oor hoe swaar sy kry omdat iemand haar van R100 beroof het en dat sy die volgende maand gaan honger ly as daar nie een of ander tipe van divine intervention gaan plaasvind nie.

Die werker voel half jammer vir die ou tannie en samel geld in by drie ander werkers wat saam met hom elkeen R20 donate. Hulle pos die geld sommer in 'n koevert na die tannie se return adres toe.

Twee weke later herken die werker weer die tannie se handskrif. Weer aan Jesus ge-addresseer sonder 'n stamp. Weer maak hy dit oop en lees:

"Dankie Jesus, dat jy my geld wat gesteel is vir my vervang het. Ek sou sweerlik nie hierdie maand oorleef het nie. P.S. Daar was R20 short gewees. Dit was seker daai konte by die Poskantoor"

Lekker broodjies
Jan loop by 'n pub in en sien 'n sign wat tune:
Cheese sandwich – R10.50
Chicken sandwich – R15.50
Hand jobs – R60
Hy check sy beursie vir zak en loop na die bar toe waar 'n moerse hot blonde chick met groot kanne agter die counter werk.
"Kan ek jou help, meneer?" vra sy wupls.
"Ek het gewonder," fluister Jan, "is jy die een wat die hand jobs gee?"
Sy tilt haar kop en gooi haar hare effens eenkant toe en giggel "Yup, dit sal ek wees!"
Tune Jan haar "Wel, gaan was jou hande, ek soek 'n fokken chicken sandwich!"

Genie maak 'n plan
'n Man stap rond op 'n strand in Kaapstad en kom op 'n ou lamp af. Soos met enige lamp wat mens optel op 'n strand in Kaapstad, pop daar 'n genie uit:
"Ok, jy het my lamp opgetel. Blah-blah-blah. Dis die vierde fokken keer hierdie week. Whoop-die-fokken-doo! Ek raak gatvol vir hierdie kak. Jy kry een wens in plaas van drie. Wat sal dit wees, ou grote? Make it snappy!"
Die man dink so bietjie na en kom toe op met sy wens: "Ek wou nog altyd Hawaii toe gaan, maar ek is fokken bang om te vlieg. Ek kan ook nie eers in 'n roeiboot sit vir langer as 5 minute voor ek seesiek word nie. Kan jy vir my 'n brug bou Hawaii toe en 'n nice camper van met 'n trailer vol petrol gee sodat ek soontoe kan ry?"
Die genie grinnik en skud sy kop: "Dis fokken onmoontlik. Dink net aan al die logistics. Hoe kry ek die brug se support beams tot op die bodem? Dink aan al die konkryt wat gegooi moet word. Al daai staal! Jy is seker befok in jou kop. Dink aan iets anders. Die brug en die camper van is in elk geval twee apparte wense."
Weer sit die man en dink en kom op met sy replacement wens: "Ok, hier is die storie… Ek is al drie keer getroud en geskei. Die vrouens in my lewe vertel my altyd dat ek onsensitief is en nie omgee nie. So hier is my wens: ek wens ek kan vrouens verstaan – hoe hulle voel en waaraan hulle dink as hulle my die silent treatment gee. Ek wil weet hoekom hulle huil en wat hulle bedoel wanneer  hulle antwoord "niks nie" as ek vra wat fout is."
Die genie antwoord die man: "So soek jy daai brug met twee of vier lanes en soek jy regular of unleaded petrol vir jou camper?"

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Grapgat | 5 Comments

Laasweek se zefspotters

Fokkit, hoe vroeg begin hulle in Hoedspruit spyker?
Lood
failed

Hi Griffin

Die een ou wat saam my werk het besluit om biekie sy kar te tappetise.
Conrad
27012012052

27012012053

Forget pinky and the brain! This oke can save the world.
Sharon

mama xae

Griff

Hierdie outjie gesnap op Jo'burg Lughawe op pad terug London toe.
SARS het nou 4×4's, honde EN 'n anti-fraud hotline pappie…
Sê vir daai goose wat op die 16e so ge-beetch het oor haar tax,as sy k@k aangejaag het,
kom haal hulle jou nou innie berge met daai 4×4, waarskynlik NADAT die honne jou 'n nuwe ene gerip het.

Laters.
Willie.
SARSsewiele

Dagsê,

Check die "eyelashes"
Cheers
Erwin

eye lashes

Yes wat se jy?

Check die flyer wat vir my geggee was by n robot in boksburg. Ek het so hard gelag ek het amper my motor gerol.
Sort nou sommer jou piel en jou geldsake by die selfde shop uit!

Lekker
J

happy shop

Check hierdie Volla wat 'n BMW tow.
Mr Du Toit

volla sleep bmw

Hy Griff

Hier is n foto wat my boet in London geneem het – smaak jy die specials in die venster?
Rheino

waitrose

Hierdie note gespeck by n ATM buite die Kleinmond Spar. Soos toe ons in die laerskool was. Hoof maak n afkondiging: "iemand het vyf rand op getel, as dit jou geld is kom se hoeveel geld dit is en jy kan dit kry."

tjirs
Paul

24122011315

Hos Griffin

Ek het al baie kakhuis signs gesien, soos daai signs by Rhapsody's, jyt geen fokken idee by watse deur om in te gaan nie. maar soos wat lyk die vir jou? is dit dalk die BJ kamer hierdie. En dit nogals by fancy restaurant in Her(m)anus..

Paul

24122011313

Cool cat in Krugersdorp
Johan

IMG00743-20120124-1720

My hond se nuwe toy
Brineel

photo

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in zefspotters | 6 Comments

Watkykjy se nuus round-up. Week 4.

Vrou glo vas sy erf R50mil

'n Vrou wat heel moontlik gaan naslaan het het of die woord "gullible" in die woordeboek staan nadat haar vriende haar poef getune het, is nou in moerse skuld. Dit nadat sy per SMS ingelig is dat sy R50m in erfgeld gescore het. In plaas daarvan om die SMS ignore te kap of te delete (wat tien teen een deur 'n Nigerian gestuur is), het die vrou 'n moerse party op skuld gegooi, family van die Kaap af laat invlieg en die stadsaal gehuur vir 'n groot fokof party.

Die chick, wat 'n supervisor op 'n aartappelplaas is, glo vas dat sy die geld gaan kry. Die movie title Faith Like Potatoes het nog nooit die ironiese hamer opgetel en iemand so hard gebliksem soos vir hierdie chick nie.
 O well, gesondheid uit die grond uit, mevrou donkie…  – News24

'n Voorbeeld van SA se fokken onnosel drug trafficers.

So gepraat van donkies – 'n drug mule van Suid Afrika is vasgetrek op Malawi se lughawe nadat sy met vier kilogram se snoetspoed gevang is. Die vrou wat van Brazil af gevlieg het, het erken dat 'n drug gang haar R30k aangebied het om die drugs Joburg toe te smokkel. Dit was haar eerste fout, want as 'n gram coke op die strate vir omrent R300 verkoop, het sy met R1.2m se drugs gesit. Tien persent se komissie moet at least R120k wees. Dom bitch.

Die tweede fout wat sy gemaak het was om die coke in te smokkel in 'n baby pram se hol pype. Hoe het die ouens in Malawi haar gevang? Hulle het agtergekom dat daar nie 'n baby in die pram was nie. Hoe poesdom kan jy wees? Jirre.

Ironies genoeg gaan hierdie dom bitch die tax payer baie meer zak kos om haar lui ass in die tronk te hou as haar measily R30k wat sy nooit gekry het nie. -  News24

Nerd maak SA se naam poes

'n Nerd (heel moontlik van Suid-Afrika) was deel van 'n groep mense wat aan Minecraft, 'n super boring online game wat deur meer as 2.5mil mense gespeel word, se translations gewerk het. Hy het die menu options gaan vertaal in Afrikaans en sommer afgeskop met "You are a NIGGER!"

Jirre jou doos, word wakker. Dis fokken 2012. – Kotaku

minecraft

Mac fanboys kan nou hulle iPads naai

Het jy een van daai vriende wat 'n iPod, iPhone of 'n iPad het en totallly 'n fokken doos oor dit is? Jy weet waarvan ons praat. Nie die gewone ou wat net toevallig 'n iPhone het nie, maar daai ou wat reken alles wat nie Mac is nie, is total kak. Daai "PC is kak, Mac is god" tipe vibes.

Wel ons het goeie nuus. Jy kan nou vir jou vriend tune om sy iPad te gaan naai as hy so vreeslik lief is daarvoor. Die vernaardigers van Fleshlights (daai torches wat soos poese lyk) het nou 'n iPad casing gemaak met 'n Fleshlight aan die onderkant. Jou beterweterige vriend kan dus nou 'n prentjie van oorle Steve jobs op die interwebs oproep, op sy iPad display, die fokken MacDaddy wees en na hartelus naai.

How do you like them apples? – Gizmodo

naai jou ipad stukkend

Sif hartoorplanting

Jy ken die 5-second rule? Jy sit en kyk American Idol en vreet 'n pak Flings. Jy kyk nie wat jy doen nie en oppad na jou mond toe drop jy die chip op die vloer wat jy drie weke laas gewas het. Jy skree "five second rule!", gryp die chip van die vloer af en druk dit terug in jou smoel.

In Mexico city het iets soortgelyks gebeur. Dokters moes 'n hartoorplanting doen op 'n chick, maar terwyl hulle die hart ge-transport het, het die tupperware se deksel afgekom en die hart het in die straat beland. Ondat harte oor die algemeen so skaars is soos tenders vir witmense in Suid-Afrika, het hulle die outjie afgespoel en voortgegaan met die oorplanting. Gelukkig was die orgaan in glad wrap of iets gewees, anders het die cherrie se hart dalk net kak gevreet… – Jezebel

Steve Hofmeyr ontdek die interwebs

Meer as twee jaar nadat Die Antwoord se tune "Wat Pomp" release is het Steve Hofmeyr, of dalk eerder sy fans agtergekom dat die tune bestaan. Hulle freak blykbaar uit oor hierdie gedeelte van die lyrics wat Jack Parow sing:

“Look at that lekker romantiese Afrikaans superster rapper… Lat die beat drop player. Die naam’s Jack Parow fok Steve Hofmeyr. Wat Pomp Julle.”

Hofmeyr is blykbaar besig om aan 'n response te werk. Ons is nie seker of hy kan rap nie. Hy reageer mos altyd in song, soos daai keer met Malema.

Jack Parow was nog meer verbaas as julle ouens wat hier lees:

“Daai is ’n ou song, bra. Hoekom is daar nou ’n bohaai?
“Steve is ’n pimp. Hy het sy eie gat gegrawe.
“Hy is ’n rowwe man wat like van doppe kap en ’n klomp girls opchat.
“Ek kan nie help as hy só is nie,” het Parow gesê.

Ons sal seker oor vyf jaar uitvind wat Nicholas Louw dink van Jack Parow se nuwe tune:

"As jy van die liedjie hou, poes vir Nicholas Louw" – Rapport

die antwoord

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Wat is nuus? | 1 Comment