Check hom

The Narrow – die next generation fakkeldraers

In Kief musiek deur RolbeesRek jou bek

The Narrow in Gauteng

Wat? The Narrow is ook fokken Wolmers? Ek het al vergeet. Ek moes eers vir Willem Louw vra om my weer so bietjie rigting te gee aangaande die geskiedenis van die Wolmer rock legends. Toe the Narrow begin suksesvol raak het was ek nie betrokke by SA musiek in anyway nie. Daai hele dekade was net werk, swot, chill by die huis, hop met my krukke na die locals toe – met gigs en befokte musiek net nou en dan. So hoe het ek ‘n fan geword? Radio Tuks en MK89 of course. Het Stav se Eclectic mix nie ‘n sample van Lonely Lonely iewers in sy gereelde core mix gehad nie? Ek onthou dit so tussen ‘n duisend hangovers iewers in my onderbewussyn. Vir ‘n Gen X kid wie se begin studentejare die soundtrack van bands soos B-World, Squeal, Amersham, Saron Gas (Seether), Sugardrive, Springbok Nude Girls en Lithium ingesluit het was the Narrow die next generation fakkeldraers van ‘n straight up rock sound. Een waarmee ek kon vereenselwig en waarmee ek nou nog kan. Hulle het my baie aan Durban rockers Squeal laat dink aan die begin van hulle career. En ek is seker hulle is beïnvloed deur van die ouer Wolmer legends soos Piet Botha en Thysis. En dan was daar nog eers Not my Dog as leerskool ook. Maar na Hanu de Jong the Narrow gejoin het en die De Jong broers se collective magic gesorg het vir ‘n meer evolved (en evolving) sound was die res rock and roll history.

Hanu bly op ‘n ander kontinent en ek was seriously keen om the Narrow live te sien. Hulle gigs groei nie aan die bome nie.  Vrydagaand by Arcade Empire was die jailbait weer gevaarlik volop, die crowd lekker onder die prop en daar was selfs ‘n fight of twee. Ek weet, want toe my tjommies my so instoot om voor by die stage te gaan sit toe ry ek oor ‘n helse lot gebreekte glase en bierbottels. Die mense was bietjie traag om uit die pad te fokof maar baie vriendelik. Ek sukkel seker net deesdae om sletdronk te praat.  Altyd ‘n goeie teken by ‘n rock show. Ja, ek kan punctures kry.  Jason Oosthuizen (One day Remains, Black Cat Bones,Van Coke Cartel en Lost and Found) het Emil, Hanu en Jow Feldtman gejoin op stage. Trust me, heel voor is waar jy wil wees as Emil die riffs begin gooi soos ninja sterre na jou rock and roll siel toe en Jason begin chaos dikteer op die dromme.  Hanu en Jow was die enigste kontrole wat die chaos kon tem. Jow het ook maar net-net die hele spul in toom gehou met sy bass lines en die gevolg was Narrowers wat ordelik geheadbang het (hulle wou-wou so begin mosh). Hanu het crowd control gedoen so tussendeur die songs as hy connect met die stagediving-crowdsurfing-trigger-happy opgesweeptes. Die energie en gees was hoog maar daar was maar min sukses wat stagediving of crowdsurfing aanbetref. Ook maar goed anders het ek dalk afgekak. Hanu is een van die mees professionele frontmen in SA rock wat ek nog gesien het. Dit geld vir die res ook actually. En die cool ding daarvan om ‘n undercover “eintlik net ‘n fan” musiek skrywer te wees is min mense weet ek skryf vir Watkykjy.  Jow het my met ‘n t-shirt gegooi! Dit was die eerste keer wat dit gebeur by ‘n gig. That feeling will never get old for me! Probably omdat ek totally Timmy geruk het. Hy kon my nie mis nie. Timmmmeeeeeeee! Where’s the faaaaayaaaaaaaaa!?

Hulle het ‘n redelike representative snapshot van hulle overall repertoire opgelewer. Met songs soos the Banded (Self-Concious – 2003), Lonely Lonely (Travellers – 2004), You don’t get to quit en Hunt the Ghosts (You don’t get to quit -2010)) en hulle single Where’s the fire? (2013) op die setlist. En as ‘n added bonus ook ‘n awesome cover van Audioslave se Cochise. Ek het dit so geniet dat ek die volgende aand saam met Big H, AnniBrand en Brein-Swikiri in die H-Mobile vir die eerste keer na die Good Luck Bar in Joburg toe gefok het.

My the Narrow t-shirt aan my lyf of course. Pretoria Music Clubs kan ‘n ding of twee gaan leer van Gareth Wilson-hulle af. Julle moet soontoe gaan en notas maak maats want die Pretoria gig scene is besig om ‘n stadige dood te sterf. En dit bekommer my. Die Good Luck Bar is seker die befokste venue wat ek in die laaste dekade besoek het. Dis ‘n meer senior perseel daai. Soos uit ‘n movie uit. Only Forever het my nogal impress met hulle hardrocking set en ek sien baie potensiaal daar, Lost and Found het ‘n meer rustiger pop rock set gedoen en almal bietjie meer laat chill voor die chaos ontvou het.

Ek het lekker gesit en pizza chow, moerse kief mense ontmoet met hulle good vibes in die agtergrond. Die Good Luck Bar is ‘n music venue waar jy lekker kan eet en kuier. Die crowd was minder interested in stage diving en moshing, dalk slightly ouer, meer diverse en kon hulle drank beter handle. Ons het nog steeds te kere gegaan en geheadbang. My hele lyf is nog steeds seer. En my ore. Shit, daar was een bra wat gestaan en wieg het voor die stage en toe stadig begin besgee het in die sy eie worstelende geveg teen swaartekrag. Ons tafel het hom aangecheer maar dit het nie gehelp nie.  Hy het gaan sit en toe net mysteriously verdwyn.

So ja, ek was weer heelvoor met Big H wat so oor my moes klouter om daai goue oomblikke op kamera vas te vang. Ek het gedink ek gaan minder uitfok as die vorige aand maar dit was wishfull thinking. Vir ‘n newbie geheelonthouer is dit amazing om reg in die middel van die chaos die aksie te beleef en direk van die energy af te feed soos ‘n vampire. Om die tweede aand in ‘n ry ‘n oordosis sober suspended animation in jou ore te inject. Dit het gevoel of ek vir ‘n paar oomblikke in tyd verewig kan lewe. Jason se dromme, Emil se kitaar en die hele spul agter my het stadiger beweeg met tye, gepause vir net ‘n paar sekondes voor alles van voor af weer ontplof het in mortality in.

Die crowd by die Good Luck Bar was minder ingenome dat the Narrow nie ‘n encore wou doen nie. En daar was eventually ‘n baie moeë huddle back stage met Gareth Wilson wat injoin en soos ‘n spankaptein hulle begin aanpor het. The Narrow was platgespeel maar het ingestem vir ‘n laaste chorus line van Lonely Lonely. Toe die crowd disperse het ek so weggerol met ‘n sexy blonde wat intussen besluit het my skoot lyk uiters gemaklik. Sy was amper verkeerd. You don’t get to quit! The Narrow! Next time you got to give encores!
03_The Narrow_D7A_9934_56 03_The Narrow_DSC_0084_60 03_The Narrow_DSC_0339_66 03_The Narrow_DSC_0779_74 03_The Narrow_DSC_9891_52 03_The Narrow_DSC_9977_54

Deel met jou tjommies!

    RolbeesThe Narrow – die next generation fakkeldraers
    Check hom

    Kom ons begin ‘n fokken punk band dan NO COMPLY ons. Hoekom? Want ons kan

    In Rolbees Reviews deur Rolbees1 Eiertjies

    No Comply EP

    Gaan check bietjie hierdie skatepunk band uit as jy van punk rock hou. Ek het hulle verlede Sondag live by Tonie se Birthday bash daar by die Wolmer Bush Lodge beleef. Wat ‘n fokken paartie was dit nie! Die was sit nog steeds so bang in die verste hoekie van my oordromme en crouch met bewerige hande oor hulle klein opgefokte oortjies. Gelukkig is ek deesdae ‘n geheelonthouer anders was ek nou dood.

    No Comply het ‘n energetic live performance gegee in die true spirit van punk. Dis rare deesdae. Jis, ek kan nie onthou wanneer laas ek ‘n behoorlike punk band live gesien het nie. Ek is seker nie ‘n kenner van moderne punk rock nie maar ek weet ek haat daai commercial college kerm punk. Jy weet daai temerige ne-ne-ne-ne-ne vocals. Weet jou ma jy is hier, seun? Sal eerder nie name noem nie. Julle weet waarvan ek praat.
    no complyEk het in my early Skyt or Dye jare (toe Santa Cruz en Walker skateboards nog cool was) the Exploited, Dead Kennedys, Sex Pistols en Toy Dolls geluister en in my late teens het ek meer commercial gegaan na Bad Religion, Green Day en the Offspring se kant toe. Die laaste twee is debatable of dit nou rêrig punk is. But it is what it is.  Daar was ‘n hele skate punk beweging in die States wat ek net bits and pieces van gehoor het daarna. Wat was daai Atticus: Dragging the Lake albums? Het so een of twee van hulle aangeskaf. Maar baie van daai punk daarop was kerm-punk. Bleh.

    Maar terug in die ZAR. Hier is bittermin genuine punk bands oor. Is dit nie die perfekte naam vir ‘n Suid-Afrikaanse punk band nie? Dit som ons as ‘n nasie mooi op.  Want ons comply soos in fokol met fokol. Van die President af tot op grassroots level waar bras net op straat pis waar hulle wil. Traffic reëls? Maak nie saak of dit ‘n taxibestuurder, ‘n busbestuurder, of ‘n japgat met ‘n duur sportmotor is nie. “Traffic watsegoed? Reëls? Nee, ken nie daai kak nie”. Belastingontduikers, white collar crime bedrieërs. Misdadigers wat inbreek en steel by almal se huise. Koperdrade? Wie gee om as my bure sonder elektrisiteit sit vir ‘n week? Ek praat nie eens van die ernstiger shit nie. Selfs in die musiekbedryf. Copyright? Royalties? Fuck that shit! NO COMPLY! Rampokkers rob selfs polisiemanne. Arm mense steel by ryk mense. En by ander arm mense. Ryk mense steel by arm mense. En by ander ryk mense.

    As Robin Hood in ons tyd geleef het sou hy so deurmekaar geraak hy sou probably by die arm mense gaan steel en dit vir die rykes gegee het. Ons comply fokol hierso. Hierdie Wolmers is nou nie kriminele of Robin Hood nie maar hulle maak uit van fokol comply. As jy van Wolmer af kom kry jy ‘n actual license by geboorte. Dit staan so groot gestempel op die licence. NO COMPLY LICENCE. No comply met society se bullshit. Kom ons begin ‘n fokken punk band dan NO COMPLY ons.  Hoekom? Want ons kan.

    No Comply het nou onlangs ‘n EP met drie songs op Soundcloud gegooi. Give it a listen en gaan support die Skyters as hulle live speel. Vat net ‘n ekstra lewer saam. Nee vat twee. Check, punk is nou nie moerse complicated om te speel nie. Sex Pistols was probably die kakste band wat die seventies musically opgelewer het. Maar hulle het ‘n energy gehad onstage wat NO COMPLY in jou gesig geskree het. Ok, Johnny Rotten sou eers in jou gesig gegob het, in die hoekie gaan kots het en dan terug gestrompel het met sulke maer bleek armpies en probeer appels swaai het. Maar dis wat ek like van hierdie band. Hulle het daai energie onstage en jy kan dit hoor in hulle songs. NO COMPLY. Dis naby genoeg aan die goeie ou punk vir my. Checkit yt!

    Profoundly Dumb – Collective Isolation

    Terwyl ek nou op left of centre musiek is, hier is iets totally anders en mindfuckingly weird. Dis so avant-garde dit kom al weer by die ander kant van normaal uit. Maar dis nog ‘n voorbeeld van true artistic expression. Freedom to just let go and create. As Timothy Leary nog geleef het het hy hierdie musiek gegooi terwyl hy kaal op sy dak staan en yoga dansies doen met ‘n headbang of twee in die routine ingewerk. Turn on, tune in and head bang.

    Hierdie is nog een van Chris van der Walt se sewentig miljoen projekte. But this one is his own baby. Sy solo projek. As ek dit nie mis het nie is hierdie die tweede album wat Profoundly Dumb release het al. Die eerste een is Feel the Count don’t Count The Feel. Ek het nog nie by dit uitgekom nie. Sal hierdie naweek ook download. Wel ja, jy gaan nie hierdie musiek in Pick and Pay koop nie en Huisgenoot gaan dit nie review nie, so jy is lucky as dit oor jou pad kom.
    profoundly dumbDie tweede EP is al van April 2016 af op Bandcamp. Ek weet nou finaal hoe Chris van der Walt dit regkry om in so baie bands te speel. Hy is ‘n fokken alien. Ja, ‘n alien wat aarde toe gekom het om ons te kom brainwash met eksperimentele jazz metal fusion vibes. Sy metalhead persona is net ‘n cover up. I don’t buy it for a second anymore. We know who you are and why you are here!

    Hierdie hele album is meestal gedoen met ‘n bass kitaar (chords, riffs, melodies, fx en solos) en dan het Chris die drom android met regte drom samples geprogrammeer. Probably telepathically terwyl hy besig was met ‘n Boargazm gig. Jaco Mans, Clint Falconer, Cicero Carstens en Lanie van Der Walt feature ook as guests. Fokken alien magic hierdie, ek sweer! Dis nie beskryfbaar of vergelykbaar met enigiets menslik nie. Boargazm is half mens, half vark. Maar hierdie is full-on alien.

    As jy ‘n presiese review wil hê van hierdie strangely addictive mind altering musiek gaan jy my doppelganger op Chris se planeet moet vra om dit te review. Chris beskryf hierdie album aan my soos volg. “Don’t take the brown acid”. As julle weet wat by Woodstock in die sixties gebeur het sal julle verstaan. Ek dink hierdie fokken alien het nie eens nodig om brown acid te vat nie. Hy trip at will as hy aan ‘n bass guitar vat. En dis addictive vir die luisteraar. Waarskuwing: Gaan luister hierdie net as jy nie meer op hierdie planeet wil bly nie. Cheers almal ek is klaar met die Aarde. Sien julle by planet Collective Isolation!

    Deel met jou tjommies!

      RolbeesKom ons begin ‘n fokken punk band dan NO COMPLY ons. Hoekom? Want ons kan
      Check hom

      Revelations II: The Good Racist – Ons praat bietjie kak met John Vlismas

      In Watkykjy Interviews deur Watkykertjie bydraeRek jou bek

      Deur Hannes Brummer

      Dis daai klein mannetjie met die groot brein en die vlymskerp tong aan die woord. Die voorste ry van die gehoor vat die meeste shots, maar met nadere aanskou loop ons almal deur. Vir die afgelope twee dekades is John Vlismas ‘n tipe morele kompas waaraan die meerderheid van Suid Afrikaners hulself gerus aan kan steur. Met sulke skaterlag gevolge.

      “Pappa, jy ry mos nou verkeerd”, kreun Mamma V en ons skop daarteen. Met latere oorweging mompel Pappa so saggies: Sorry. Jy was reg.”

      Almal in die kar giggel weer van voor af oor die misverstand. Of was dit ‘n openbaring?

      Hierdie komende naweek gaan Vlismas dit weereens aan ons doen as hy op 26 en 27 Augustus die Teatro in Monte Casino se verhoog betree vir REVELATIONS II: THE GOOD RACIST. Soos sy shows nou maar eenmaal loop, gaan jy heeltyd maaglag, waarskynlik geaffronteerd wees en nog steeds na die tyd om verskoning vra vir jouself. Hierdie keer kom ons almal se inherente rassisme en die euwel daarvan onder die loep, maar voor jy Afriforum bel vir ‘n helpende hand vir die skreiende misdaad van implikasie: Jacob en co. gaan ook ter wille van balans deurloop. Wel, basies gaan almal. Mens veg mos nie diskriminasie deur te diskrimineer nie. So strap maar vir baba mooi vas in.

      Die man is beslis nie bang om mense af te pis nie (en die vlytige kommentaarvingers moet maar weet dat jy “doos” geroep gaan word sonder enige grasie, sou jy offence vat), maar die harde realiteit is dat jy die droë drol is as jy nie ten minste ‘n glimlag uit jou preutse mond pers vir sy besondere akkurate waarnemings van wat dit is om ‘n mens, ‘n Suid-Afrikaner en ‘n sondaar te wees nie.

      Van meet af was 2016 ‘n fokop en van alle kante af word ons heilige demokrasie bedreig. ‘n Vinnige blik na die verlede wys egter dat niemand rerig koers gehou het in die ou dae nie en vandag nog klap ons almal die Chappiepapier benadering tot feite. Did you fucking know! Tyd om daai Google maps Ethics te update na V2.0. En die V staan vir Vlismas.

      Vir twee aande kan jy hom op die pragtige Teatro verhoog in Fourways vang wanneer hy oorlog verklaar teen stupidgeit. Goue medaljes vir almal wat saamkom. Verál as jy heavy baie testosteroon het. So hier is die tasbare feite: John Vlismas in Revelations 2 – The Good Racist, 26 en 27 Augustus 2016, Teatro Monte Casino. Besprekings by TicketPro.

      Watkykjy? het sy voorbereidings gesteur en hom soos ‘n Rivonia aangeklaagde in ‘n hoek gedruk vir ‘n paar antwoorde:
      (Die man is half-Afrikaans, maar omdat die show in Engels is het ons hom maar in daai een benader. Check! Fokol diskriminasie van ons kant af nie!)

      You did the first REVELATIONS in 2014. In the two years that have passed, what made you feel a sequel is necessary? Is it merely an evolution of that show or have you come to new insights about the state of the nation in the course of those two years?
      I realised that the idea of REVELATIONS was the uncovering of important info – obviously in the case of religion, there isn’t any new information, because whatever you believe, the end of the world was described pre-information age and so it’s like watching the death of UHD TV on VHS… pointless. However, the real revelations came on digging deeper beyond the knee-jerk nonsense that passes as “dialogue” on race. It felt divine, and my name is John, so – the idea really took hold.

      The sub-title “The good racist” implies that you will not only be taking on the powers that be, but also the man on the street’s denial about his discriminatory nature. So who exactly will bear the brunt of the rant this time?
      All of us, including myself, will be the target – because racism is pervasive, and insidious – like any of evolution’s best weapons. So this time, the ivory towers, the pavements and the guy on stage all get hit.

      On social media comedians are often told: Stick to the jokes and leave the politics and social commentary. Those trolls however don’t understand that the commentary is kind of implicit to the job description. So the question is: will this show change the world or are you going to play it safe with some dick jokes?
      I don’t think any shows will change the world, but I would be more comfortable trying than not – so there will be a few dick jokes in the show, because trolls need something to go with their drink and their dark, crotch-fondling hairy knuckles too.

      Apart from Steve Hofmeyr, who else isn’t on the guest list?
      You know, he never responded. Probably for the best, this show may contain adult themes and traces of logic.

      You’re not known for pulling punches – in fact it’s always been pretty no-holds-barred. On a scale of 1 to Poeshectic, how hardcore (and hilarious) can we expect Revelations II to be?
      As I get older I realise that I’m not trying to offend, I’m just looking for the the truth – some people find that offensive. This show won’t be shocking because of language or sex toys, but it may provoke some thought.

      The show is being staged for two nights in the Teatro at Monte Casino. That’s a pretty big room. Also it is the true personification of a one man show, since you don the caps of producer, creator ánd performer. That’s a lot of pressure. Nervous much? How do you prepare for such a mammoth task?
      It’s a big room and one I’ve always wanted to play. It’s hardly me on my own, though. I have an excellent gang at Whacked who help me make it happen, and we have Bittereinder opening the show – as much for me as for the audience – they are fantastic.
      (Side note: John staan saam met ‘n besondere bekwame span aan die stuur van Whacked Management. So as jou sussie in Fochville ‘n komediant wil book vir ‘n jaareindfunksie – gaan besoek gerus www.whacked.co.za)

      Following on that question, you’ve regularly posted pics on Twitter (@fortyshort) of what you’ve been reading as part of your research. What would you suggest Watkykertjies read/listen/watch in order to reach greater insight?
      There are a bunch of books by South Africans that commentate on racism – Eusebius Mackasier’s “Run Racist Run” was helpful. So was Christi Van Der Westhuizen’s “White Power” – there were about 8 books, but I can’t say I studied them as much as read them to get more input.

      You are a self-admitted technophile and your shows are visual and technological spectacles – a far cry from the traditional “guy standing with microphone in hand”-type of show. Gooi vir ons so bietjie van die technical specs?
      There is a whole bunch of LED paneling that just landed from China on stage, and a phenomenal technical team from Sound Stylists making them live – bring a towel, you may break into a sweat.

      In the past you incorporated Afrikaans metal giants Kobus into your show. This time round, as you’ve mentioned, you opted for Electro-Rap gods Bittereinder. What drew you to them and how do they fit in thematically?
      As always, I choose artists that I believe are doing important work. Bittereinder are brilliant, they have a sense of humour and create art on stage – it was a no-brainer.

      The obligatory “state of the industry question”: You ran the iconic Melville underground room for a decade plus and since it’s sad demise you’ve been parent to the Comics’ choice awards (now in it’s 6th year and taking place on 3 September at the Teatro, Monte Casino – tickets available through Computicket), so you’ve had direct contact with pretty much every young comic coming through the ranks as well as seeing changing attitudes in audiences. What excites (or concerns) you most about comedy in South Africa?
      Comedy is a beautiful, healthy rebellious young adult – she’s shifting with the times and moving all around the country. It’s like watching wild horses run – scary and fantastic. I’m not concerned at all – even the bad stuff is part of the process.

      And finally: Wat kyk jy?
      Na jou, jou fokken maniac : )


      Jy kan ‘n stel dubbelkaartjies na hierdie befokte show wen deur John Vlismas ‘n vraag op Twitter te vra met die hashtag #AskJohn. Onthou hou om jou vraag aan beide hom (@fortyshort) en ons (@watkykjy) te stel. john vlismas

      Deel met jou tjommies!

        Watkykertjie bydraeRevelations II: The Good Racist – Ons praat bietjie kak met John Vlismas