Check hom

Vat vyf: Week 33 van 2016 – Penis Jordaan, Wayde Van Niekerk en Orige Hoskins

In Wat is nuus? deur PK Malherbe1 Eiertjies

Wanneer die regerende party in 43.03 sekondes die rekordboeke wil laat herskryf…

1) Die president het bedank. Voor jy Ouma Lettie se fokken Noritake eetservies opdiep, vat ‘n tjilpil. Dis nie Zoom-zoom nie. Dis Oregan Hoskins, die Suid-Afrikaanse Rugbyunie se prez wat besluit het hy het genoeg gehad. Blykbaar het hy en die Uitvoerende Komitee se lede te ver uitmekaar gedryf, kwout-unkwout. Fok maats, kan ons nie Zoom-zoom ook in hierdie swembad laat speel in plaas van die een by Nkandla nie? Nie dat ek weet of hy kan dryf nie. Dan weer, sommige drolle dryf.

2) Gert Voel-‘n-Vlok Nel beskuldig Theuns Jordaan daarvan dat hy basies sy liedjie “Beautiful in Beaufort-Wes” gesteel het. Pleks beskuldig hy hom eerder daarvan dat al sy kak dieselfde klink. Sulke meesleurende asmapompie musiekies. Volgens Nel is hy gatvol daarvoor dat mense dink dis Theuns se liedjie en hy beweer hy het oor die jare nie die royalties gekry wat hom toekom nie. Surprise-surprise, elke karavaanpark en Venter-sleepwaentjie-eienaar in die land staan bankvas agter Theuns met sulke response-juweeltjies soos “Wie’s Gert?” en “Theuns sing dit mooier as enigiemand anders.” Dalks is Gert verkeerd. Dalk moes hy die roylaties net gaan opeis het. Maar kom ons kroesifaai vir Gert voor ons weet wat die storie is. Ander goed waarvan Theuns Jordaan dalk in die volgende week beskuldig mag word sluit in Jurie Els, die agteruitgang van die speelparkie by die Witbank-dam en die uitvindsel van bloukaas.
theuns jordaan3) Die EFF kleuterskool besluit toe hierdie week om nie saam met sulke ander maatjies te speel nie en skaar hulle toe by ‘n groep wit en swart kinders wat gestem het vir verandering, want volgens hul hoofseun, Joeliaas, is die DA die beter duiwel. Die het die ander maatjies groen van jaloesie gelaat. Groen, geel en swart sommer. Kyk, ek is geen plumber nie, maar hier kom kak.

4) Ons land hou heelwat wêreldrekords. Meeste daarvan is nou nie juis spogwaardig nie. Maar hierdie week het ‘n Suid-Afrikaner die 400m wêreldrekord vir mans gebreek. But Wayde, there’s more. Dis ‘n rekord van Michael Johnson wat sedert 1999 gestaan het. But Wayde, there’s more. Dis ‘n atleet wat afgerig word deur ‘n tannie wat in die Bybelboeke Habakuk en Maleagi gereference word. Sy is 74. Sulke majestuese prestasie. Wayde van Niekerk, jou fokken biscuit!
wayde5) Onthou jy toe jou mammie vir jou gesê het dit maak nie saak as jy tweede kom nie? Dat om deel te neem al klaar ‘n voorreg is? Fokkit tog, kan iemand die boodskappie oordra aan die Kgosientso Ramokgopa, die ANC se verbale diarree kenner in Tshwane. Blykbaar is hulle nou gereed om in ‘n raadgewende hoe(r)danigheid op te tree deur daarop aan te dring dat 90% van die begroting in Tshwane aan die armes moet gaan. Die arme ANC seker. Sulke boo-hoo. Sulke eina. Sulke wondjies lek.

Deel met jou tjommies!

    PK MalherbeVat vyf: Week 33 van 2016 – Penis Jordaan, Wayde Van Niekerk en Orige Hoskins
    Check hom

    Blast vannie past – Brothers of Thunder

    In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

    Brothers of Thunder

    Ek het hierdie naweek ‘n moerse dosis the Narrow ingekry en ja, ek het ook iets daaroor geskryf. Griffin sal dit saam met Big H se fotos op die site gooi binnekort. Moerse interesting naweek gewees. Ek het na die Lost and Found/The Narrow gig by Arcade Empire vir Hanu en Carita ontmoet in die parking lot. Hulle het sommer so nader gestap en met my en my vriende begin chat. Ons is vriendelik bedank omdat ons gekom het. Hoe befok is dit? Ons het mekaar nog nooit ontmoet voor dit nie. Maar soos een van daai irriterende fans het ek hom summier begin bug oor nog hanueen van my favourite SA bands wat hy help optower het – Brothers of Thunder.  Man, wat ‘n project. Wat ‘n band. Dis ‘n leeftyd terug maar dit voel soos gister to ek die De Jong broers in daai mondering live gesien het. Ek en my tjommies het gereeld daai tyd na die tweede Tings toe gegaan om local bands uit te check. Hulle sal weet wie hulle is. Nie nodig om te namedrop nie. As ek te moeg was het hulle my kak gegee tot ek instem. Volgende dag sit ek soos ‘n zombie in meetings met suits en praat en maak of ek alles van alles weet. Maar dit was altyd die moeite werd. 3 Oktober 2008 by Tings and Times was een van die mees memorable gigs wat ek nog by was in my lewe. Brothers of Thunder, Ashtray Electric en Kid of Doom as ek reg onthou. Ashtray Electric was lekker, Kid of Doom was awesome maar die De Jong broers het my fondasies heeltemaal uitmekaar uit gebliksem. Amper soos Eddie Murphy in The Golden Child.

    “Hey there’s no ground here!”

    Met so een wiel in die lug amper by die afgrond af en ‘n bier omhoog sodat dit nie mors nie. Wie sou kon raai om die vuur te blus, wat die mystic CD beskerm, moes jy net die bier down?

    “I-I-I-I want the Ceeee-Deeeeee. Please” As jy geen idee het waarvan ek praat nie is jy probably ‘n millennial. Toemaar dis OK. Live and let live.

    So anyways, ek moes net onmiddelik die CD aanskaf na die gig. Van die eerste ooropslag was Brothers of Thunder se musiek vir my iets totally anders, maar tog bekend ook somehow. Maybe daai eighties inspired choruses? Pop of rock, take your pick. En dis wat hierdie album vir my so great maak. Dis nog steeds na al die jare iets uniek-bekends vir my. Ek het dit vanoggend weer oor en oor geluister. Funny ding is, ek sukkel om dit te beskryf. Die CD is nie net skaars nie maar dis ook fokken goeie musiek. Amper soos wat daai Amerikaanse judge van porn gesê het in die dae voor die internet. “I’ll know it when I see it”. Ek message nou vir Hanu op Facebook om net bietjie rigting te kry terwyl ek dink en tik. Soos true melennials. Maar ons is glad nie. Ons is Gen Xers en ons verstaan mekaar wat musical expression aanbetref. Soos Hanu tune: “ons generasie is sinies (ja ons is!) en soek meaning (ja ons doen!). Ons is nie tevrede met experience en self-expression nie” (ek stem saam met hom).

    Ek gaan nou nie oor alles uitbrei waaroor ons besig is om te chat nie. Maybe net ‘n bietjie. Hierdie is nie ‘n interview nie. Ek luister nog steeds Brothers of Thunder en hy is nou besig om uit te wys hoe die deursnit Saffer alles in in boksies wil sit. Fokkit, ek is ook skuldig daaraan. Ha! Die feit dat ons mekaar verstaan help my nog steeds nie om Brothers of Thunder vir julle leesgenot in boksies te sit nie. So op ‘n skinkbord as ‘n smulhappie. Miskien het ek dit al te veel geluister oor die jare. En net toe ek dit dink, gooi Hanu ‘n quote my kant toe wat my in my (keyboard) spore stop.

    “Jy (Suid-Afrikaners) kies jou (julle) boksies en dis ‘n badge of honor om in daai boksies te bly”.

    Dis ‘n Eureka-oomblik maar dis nie ‘n komplekse een nie. Dis een wat eenvoud bepleit. Die beste manier om Brothers of Thunder te beskryf is bloot net dat dit nog ‘n manier was vir die De Jong broers om hulle kreatiwiteit ten volle te express en om die boksies waarin almal hulle gaan sit het daai tyd te probeer oopbreek en op sy kop te draai. Dit klink nie vir my of hulle die volgende album vir enige ander rede gaan record as net dit nie. Sure, hulle gaan probably try relevant bly (Hanu het dit ook genoem). En dan maybe vir die fans en pure joy daarvaan ook, I’m sure. Hanu tune nou iets van ‘n moontlike tweede album. I can tell you what he said, but then I’ll have to kill you all! En al die fans trek nou hulle hare uit hulle koppe uit. No doubt, Brothers of Thunder was nog altyd iets anders as die norm. Ek dink dit was ook vir die De Jong broers challenging, juis omdat dit iets anders was as the Narrow se norm. Hoe ironies dat my plan vandag was om hulle ‘n mooi badge of honour te gee vir hulle poging! Vyf horings! Ha! Dra by tot die boksie kultuur, Rolbees. Maar dit is waar wat hy sê.

    So wat het my nog altyd impress van die album? Is dit omdat Emil en Hanu dit tegnies gesproke tussen twee kontinente record het? Hulle het al hulle idees in dropbox gegooi en dan met arrangements rondgejol en stuff by record en toe almal happy was het die band net ‘n paar naweke in die studio record en Hanu het die vocals in New Zealand na die tyd record? Is dit omdat hulle dit reggekry het om ten spyte van die gebruik van way cool keyboard sounds nog steeds ‘n raw basic rock vibe te create? Een wat boonop nie rêrig in die 2008 local boksies gepas het nie? Emil se hardhitting riffs wat Hanu se keys moes emulate? Hanu se ‘one of a kind vocals’ en meer primal dromme? Of maybe is dit omdat hulle spiritually influenced musiek gemaak het wat nie prekerig was nie? Ek is agnosties maar kon nog altyd myself vereenselwig met die positiewe boodskap van die album.

    Ek luister baie Lenny Kravitz en by sekere songs raak hy net te prekerig vir my. Die De Jong broers se lirieke is nie geskryf om mense te convert na enige denkwyse toe nie en hulle het verskillende temas ook in hulle musiek. Jy kan die spiritual influence hoor as ‘n extension van hulle kreatiwiteit en sekerlik ‘n search for meaning, maar vir my persoonlik geld dieselfde reëls vir ‘n band wat goeie musiek maak en anti-religious is as vir ‘n band wat pro-religious is of soos in Brothers of Thunder se geval ‘n meer persoonlike spirituality voorstaan. Art is art. Good art is good art en kak art… well, you get the picture. En dan kom jou eie subjektiwiteit ook nog in.

    Die golden rule in my view: Express your soul in an honest way, but don’t preach to me. So iets. En hulle kry dit reg. Dit was ook nog altyd vir my ‘n offering wat jy kon deurluister van begin tot einde. Vir die van julle wat kan onthou, die opening track ‘Bless my Enemies’ se music video was nogal baie op MK gewys. Dis so slasher video met ‘n axe-wielding maniac wat ‘n sexy goose victim rondjaag in die bosse. Ek wil eintlik nie die res van die songs uitsonder nie. Dis baie experimental so jy moet elke song self gaan (her)ontdek. Daar is selfs twee tracks met Carita wat tromboon en sax ook gooi. Dit is natuurlik meer befok as jy van die hard-rocking tunes hard luister. Soos Warship en Without reservation. Fokkit. Sorrie, kon nie myself help nie. Van die tunes is nogal addictive. Botjam 8 was my ringtone vir ‘n hele paar maande. Julle sal hierdie een self moet gaan opgrawe, afstof en geniet. Dis ‘n stukkie rock geskiedenis en genuine die moeite werd om te kry.

    Deel met jou tjommies!

      RolbeesBlast vannie past – Brothers of Thunder
      Check hom

      Vir al julle nerds: Batman – The Killing Joke

      In Watkykjy Reviews deur Watkykertjie bydraeRek jou bek

      Deur Hannes Brummer

      As jy, soos ek, ‘n laaitie sonder vriende of sportvaardighede was in die vroeë tot middel negentigs was die kanse goed dat jy jouself op ‘n Vrydagmiddag huis toe gehaas het om Batman: The Animated series te vang. Kort op die hakke van die tweede Tim Burton Batman feature, Batman Returns, was hierdie aansienlik donkerder as die nancy pancy kak wat die Teenage Mutant Ninja Turtles opgedis het (Was daar nie ‘n pressure group wat geskiem het dit moet eerder “heroes” heet nie, want Ninjas is kakker as kommuniste en April O’Niel het mos vir Channel 6, op die 6de vloer in kantoor nommer 6 gewerk. Heavy duiwels). 65 episodes in die eerste reeks en ‘n verdere 20 in die tweede het hierdie ongetwyfeld gevestig as een van die beste animasiereekse van alle tye.

      Batman: The animated series was eindelose plesier wat jou pal sou laat vergeet het dat jy in tweede pouse piskrip moes vreet en jou minder skuldig laat voel het oor die reuse versameling comic books in jou kas – beide daai wat jy by ouboet geërf het en die splinternuwes wat jy met jou laaste sakgeldjies by die CNA gaan kry het (In daai dae was daar mos nie dedicated comic shops nie).
      Batman is bedags die debonaire triljoenêr, Bruce Wayne, en snags die gevreesde vlermuis wat boosdoeners soos Clayface, Twoface en Killer Croc sou laat les opsê het teen ‘n noir agtergrond en sulke eerie orchestral manoeuvres. Batman se gevaarlikste teenstander was egter ongetwyfeld die Joker. Daai freaky lag, die uitspattige pers pak en natuurlik die elaborate plots vir sy misdade het hom laat uitstaan. Donker, maar pret. Sy af, dog lieflike handlanger, Harley Quin se toewyding het jou ook laat wonder of draties op animasie karakters verkeerd is. Harley se gewildheid in die animasie-reeks het haar uiteindelik ook na die wêreld van oorsprong gevat en nou is sy een van die gewildste comic book karakters. Jy kan ook nou skuldloos draties kap op die very real-life Margot Robbie in Suicide Squad. Die kicker was egter die stemkunstenaar wat die Joker lewe gegee het: Mark Hammil. Luke moederfokken Skywalker self!
      margot robbie suicide squad
      Years go by, piskrippe word vervang met drama chicks wat skiem jy’s profound, dedicated comic stores verrys en jy delf dieper in die wêreld van strokiesboeke in. Iewers langs die pad stop iemand die prestige format one-shot, BATMAN: THE KILLING JOKE in jou hand en die naam Alan Moore kry betekenis. Verdere navorsing vat jou na WATCHMEN, V FOR VENDETTA en natuurlik sy game changing run op SWAMP THING. Maar Jissis! Brian Bolland se kuns en Moore se skryftalent maak van THE KILLING JOKE die ultimate strokiesboek. Die Joker se oorsprong soos jy dit nog nooit gesien het nie, met die karakter se eie erkenning dat hy dit soms só en soms só onthou. En dit eindig met ‘n grappie. 

      Deesdae is Moore so klein bietjie soos daai bedônnerde oom wat vir jou vertel hoe dinge kakker was in die ou dae en dan onmiddelik daarna vertel hoe dit vandag selfs nog kakker is. Hy leef basies in kakker. Maar in 1988 was sy vooruitsigte goed. 

      Die plot loop basies dat die Joker homself uitboek uit Arkham asylum en vir Batman tune: Ek gaan aan jou ‘n punt probeer wys. Dat een kak dag die verskil kan maak tussen poesmal wees en normaal. Sepia flashbacks (so verander met die 2008 20th anniversary reprint) vertel die storie van ‘n komediant wat nie die mas kon opkom nie en sodoende by die misdaadwêreld betrek word, terwyl die Joker in die hede Commisioner Gordon se dogter fucked up skiet (sy moonlight mos as Batgirl) en die oubaas dan kidnap en na ‘n ou, verlate pretpark toe vat. Met sulke weird ass midgets en bebaarde dames as sy cronies. Batman moet dan die poef gaan uitsort. By the book, natuurlik. Epic shit!
      batman the killing joke
      Nou time travel ons weer vinnig na 2011, toe Skywalker die hint laat drop dat hy bereid sal wees om weereens die stem-mantel van die Joker op te neem, maar onder die voorwaarde dat die storie die Killing Joke moet wees. Kevin Conroy (Batman) beaam die begeerte in so diep, growwe stem. Warner Bros. en DC executives begin so mal rondhardloop om dit te laat gebeur. Add Hammil se stakes wat weer bietjie gelig word deur die vrystelling van THE FORCE AWAKENS en 2016 word die gekose jaar.

      Op 26 Julie 2016 kry DC/Warner Brothers se eerste amptelike screening sommer so paar ekstra cinemas by soos die hype groei. Brian Azzarello (screenwriter en current comic god wat moontlik oor ‘n paar jaar nes Moore in die kakker gaan sit), roep ‘n joernalis by San Diego comic-con op ‘n vraag wat onduidelik is ‘n “pussy” en verdere controversy word ontketen oor vrouerolle in hedendaagse comics).

       Op 2 Augustus word THE KILLING JOKE dan amptelik vrygestel op DVD, Bly-ray en ‘n verskeidenheid digitale platforms. DTSV se Box office hardloop hom ook tans.

       Maar genoeg aankak oor agtergrond. Hoe rate die movie? Sulke gemengde gevoelens as jy soos ek die graphic novel al verskeie keer gelees het en oor die algemeen ‘n fan is van die DC animated universe. Ek skaar my op die ou einde beslis by die algemene internet konsensus: Wanneer dit full on Killing Joke is, is dit absoluut befok. Verskeie stukke dialoog en direkte copies van die oorspronklike panele word baie effektief gebruik. Hierdie is beslis nie kinderstrokies nie en die feit dat dit DC Animated se eerste R-rated movie is behoort dit duidelik te maak. Dis donker, kontroversieël, gritty, filosofies en sielkundig gevorderd en ‘n serious pluimpie moet Hammil en Conroy se kant toe gegooi word vir hul briljante stemkarakterisering.

      Dit vat egter so rukkie voor ons daar kom, danksy ‘n halfuur lange prologue om ons vertroud te maak met Batgirl (Barbara Gordon) en haar verhouding met Bats. Hierdie lewer ook nie rerig ‘n positiewe teenvoeter vir die chauvinist claims nie – sy’s effe dweepstert dwarsdeur die eerste bedryf, net om erg geviktimiseer te word in die tweede. Mens wil dit half verstaan – om ‘n 48-pager comic book te verwerk na ‘n 74 minute lange feature vra aanpassing en die idee om ons simpatiek teenoor haar te maak het meriete. Execution skiet egter te kort en as kyker vra jy jouself heeltyd af: Wanneer begin the fokken Killing Joke nou? But as I’ve stated before – once that happens is ons in happy town.

      Kritiek was ook gelig teen die standaard van die animasie, maar ek vermoed dit was bloot ‘n effens misguided besluit van substance over style van vervaardiger Bruce Timm se kant af. Bolland se intricate pencils is effens vereenvoudig en ons kry iets tussen die boek en die animated series van ouds. Dit pla nie veel as jy dit in die gerief van jou huis kyk nie, maar ek vermoed op die groot skerm kan dit dalk die volwasse aard van die storie ondermyn en bietjie na kinderkak laat lyk. Die slottoneel se trefkrag is ook aansienlik groter in die oorspronklike graphic novel formaat. Some things just don’t translate that well.

      Bottom line? Dis heel piele, selfs al doen dit nie heeltemal die hype gestand nie. As jy geen geskiedenis met die boek of die karakters het nie, gaan dit moontlik jou brein wegblaas. Comic book geeks gaan dalk meer krities wees, maar het jy rerig ‘n betroubare opinie as jy in jou ma se kelder bly? Ek sê: Go for it! Geniet dit! Maar doen dalk moeite om die boek op te spoor. Hy’s pricey in die shops, maar daar is baie lekker digital readers beskikbaar (Ek hardloop graag met die DC specific ComiXology app vir die iPad). Wie laaste lag, lag beslis die lekkerste…

      Deel met jou tjommies!

        Watkykertjie bydraeVir al julle nerds: Batman – The Killing Joke