• Jy is waterkoppie nommer sedert 1 Maart 2008. Kap 'n dratie.

Druk die fokken rooi knoppie!

TNT het met 'n fokken brilliant idee opgekom om hulle channel in Belgium te launch. Hulle het 'n rooi knop in die middel van 'n sqaure gaan sit met 'n sign wat tune "Push to add drama". Checkityt!

 

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in tv ad | Tagged , | 8 Comments

So paar mid-week grappe…

Poepe
Hoekom poep mans meer as vrouens?
Vrouens bly nie lank genoeg stil om pressure op te bou nie.

Score!
Ma en pa sit en kyk Noot Vir Noot en wag vir hulle vyftienjarige laitie om terug te kom van sy eerste volwaardige date van die Milky Lane af toe die laitie al hygend deur die voordeur bars met 'n vet smile op sy gesig: "Ma! Pa! Raai wat? Ek het vandag vir die eerste keer genaai!"
Die ma lyk heavy geskok deur hulle seun se onthulling en mik om uit die sitkamer te ontsnap maar die pa spring trots op, klap sy seun op die skouer en sê: "My magtig ou seun, pa is trots op jou! Ek dink dit is tyd dat ons ouboet se Suzuki nou maar vir jou kan gee!"
Die seun antwoord terug: "Net nie nou dadelik nie, pa. Ek sal die ding nie nou kan ry nie. My hol is verskriklik fokken seer!"

Teorie vs praktyk
'n Laitie kom confused by sy pa aan en vra wat die verskil tussen teorie en praktyk is.
Pa: “Kom ek verduidelik jou so, ou seun: Gaan vra jou ma of sy by Steve Hofmeyr sal slaap vir 'n miljoen Rand en oppad daarheen vra jy sommer jou sussie of sy by Nicolas Louw sal slaap vir 'n miljoen Rand. Oppad terug vra jy sommer jou boetie of hy by Jurie Els sal slaap vir n miljoen Rand”  
Die laitie mission daar weg en gaan pla die res van sy familie. 'n Rukkie later is hy terug met sy antwoorde: “Ma reken sy sal by Steve slaap vir n miljoen Rand, sussie sal by Nicolas Louw slaap vir n miljoen Rand en boetie het bietjie nagedink en getune hy sal vir Jurie Els roer vir 'n miljoen"
Pa: “Nou jy sien, ou seun, in teorie sit ons met drie miljoen rand in hierdie huis, maar in praktyk sit ons met twee hoere en 'n holpomper!”

Restaurant vibes
Gert sit en tand 'n steak in die Dros by sy regular tafel een middag en sien 'n hot chick met groot tiete, 'n kort skirt en killer bene inloop. Hy roep die waiter oor en vra hom om vir die hot goose een van hulle duurste bottels Merlot oor te stuur. Hy skiem as sy die bottel aanvaar, is sy kanse baie goed om haar te zaber later die aand.
Die waiter doen so en beduie vir die chick in die rigting van Gert se tafel. Sy besluit om 'n nota te stuur op 'n servet met 'n lipstick soentjie op: "Vir my om hierdie wyn te aanvaar moet jy ten minste 'n CL63 in jou garage hê, 'n miljoen Rand in die bank en ses duim wors in jou broek"
Gert stuur op sy beurt weer 'n nota terug aan die hot chick: "Ek het toevallig 'n CL63. Dit staan in my motorhuis langs my Veyron en so paar motorfietse. Ek het geen skuld nie en het net oor die R500k in die bank, maar nie eers vir 'n mooi vrou soos jy sal ek drie duim afsny nie. Stuur net die fokken wyn terug."

Groot liefde

Pretoria Dieretuin het 'n moerse rare gorilla spesie laat invoer van Uganda af. So paar weke nadat hulle aan hulle omgewing gewoond begin raak het, het die wyfie moerse jags en moelik begin raak en die mannetjie het ongelukkig gevrek nadat iemand na 'n Julius Malema speech op sy selfoon naby die hok geluister het. Die dieretuin was in 'n penarrie omdat hulle nou net die wyfie oorgehad het. Soos die dae aangetel het, het die wyfie meer onbeheerbaar geraak en goed in haar enclosure opgefok. Die base het geweet dit sal te lank vat om betyds 'n mannetjie uit te kry om die wyfie te kalmeer en het met 'n blink plan vorendag gekom. Koos, wat die hokke skoonmaak was berug daarvoor dat hy enige iets op twee bene kon satisfy, alhoewel hy nie die skerpste potlood in die pakkie was nie.

Die Die baas van die dieretuin nader toe vir Koos met 'n proposisie: Hy moet die gorillawyfie zaber vir R2000.
Baie huiwerig tune Koos sy baas dat hy net daaroor wil slaap en die volgende dag vir hulle 'n antwoord sal gee.
Die volgende dag kom Koos die kantoor binne: "Right, ek sal dit doen, maar ek het drie voorwaardes – 1. Ek gaan haar nie 'n fok soen nie. 2. Ek wil fokol te doen hê met die kinders wat uit hierdie verhouding mag kom…"
"En wat is die derde voorwaarde?", vra sy baas
Koos: "Julle gaan my 'n rukkie moet gee om met die R2000 op te kom"

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Grapgat | Leave a comment

Hoe om skoppe en PK’s uit te deel. Lady style.

Hierdie tannie is duidelik die blou hoppende fok in gemaak deur die ou wat nou op die grond verkeer en skoen vreet nadat hy haar vermoedelik getune het dat sy 'n bitch en 'n naaier is. As jy nie uitmaak van respek vir die skonere geslag nie, moet jy seker maar jou suprize pakslae vat.

Meneer Arendse moes seker 'n hele streepsak vol Grandpa poeier vreet nadat hierdie onderonsie homself in die straat afgespeel het.

"Jy kan hierdie maar op camera sit, meneer". Wel, iemand het en hier is dit:

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Fokken zef videos | Tagged | 21 Comments

Die zefgatte kuier by die rykgatte – ‘n aand by die Gupta residence

So net onder twee weke gelede het ons by die Gupta's se huis 'n draai gaan maak in Saxonwold om bietjie vir hulle koerant, The New Age af te neem. Eintlik was ons daar vir die nice kos en free dop, om saam met die Proteas en Indian T20 team uit te hang en te kyk hoe een van die rykste mense in Suid-Afrika se huise lyk.

Die plek is fokken huuuuuge! Dis nogal impressive om op 'n property wat uit sewe erwe langs mekaar staan rond te loop en huise en cottages te speck wat soos die Whitehouse in DC lyk. Dit laat Barack Obama se huis na 'n cabin in Parow lyk. Daar is 'n helipad op die dak van een van die "gastehuise" met 'n lift wat jou opneem, 'n fully stocked bar met staff en 'n indoor cinema met dik sound wat Ster Kinekor sal laat bloos. In een van die ander huise (ek is nie seker of dit nou die main huis was nie) is daar 'n indoor swembad. Fok paving – die storie het sommer marmer in plaas van paving. Dit sal nie verbaas as die swembad volgemaak is met trane van 'n rare panda spesie nie. Die marmer alleen is probably meer werd as daai ryk aangetroude skelm oom van jou se jagplaas. Maar wat anders sal mens verwag van iemand wat 'n krieketspan, 'n koerant, 'n moerse computer company en amper 'n derde van Suid-Afrika se minerale besit? (Onder andere). Die acting CEO van Krieket Suid-Afrika het in sy speech getune dat hy moerse tuis voel by hierdie plek, want hy kom van Potchefstroom af en dat hierdie huis so groot soos Potchefstroom is.

Na omtrent drie verskillende aandetes op verskillende dele van die erf het ons rondgemission met so paar cheerleader chicks en met so paar van die Protea T20 squad ge-schat. Dit was die aand voor die hele ons-is-lief-vir-Jacques-Kallis friendly tussen SA en India by Wanderers wat die Proteas eventually as gevolg van reen gewen het.

Ons is nogal trots daarop dat ons Rusty Theron soos 'n marabs laat dans het. Hy is afterall in V-Town gebore. Respect.

Genoeg kakpraat vir eers. Hier is so paar foto's gevolg deur 'n video van die aand… Lekker Huisgenoot vibes, alhoewel ons twyfel dat die Huisgenoot al ooit in die Gupta's se massive mansion, Sahara Estate toegelaat is…

Maybe is dit meer Top Billing vibes…

'n fonteintjie in die middel somwhere op die jaart
guptas fontein op sahara estate

Die guest cottage se ceiling. Die helipad is op die dak.
gastehuis se ceiling by Sahara estate

Front view van een van die huise op Sahara Estate
sahara estate voorste ingang

Red die dirigent, red die volk
cheerleader

As dit nie vir die net was nie, het ons indoor verhitte bommies gemaak.
photo2

Die video coverage en interviews met die Proteas:

My hond wat my die volgende dag vra hoekom ons so fokken arm is
ninja

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Snotstories, sport | 2 Comments