Check hom

Ode aan Sam

In Snotstories deur Super Deluxe 3000Rek jou bek

samantha karen fox maak haar wonderlike groen ogies vir die eerste keer oop op 15 april 1966. sy is gebore en getoor in mile end, sam1londen waar sy onder die wakende oog van haar ma carole en haar pa patrick saam met haar suster vanessa groot geword het. contrary to popular belief was sam ‘n gebore blondine en nie soos die snert wat sommige mense kwyt raak, ‘n “bottel blond” nie.

samantha het skool begin by die st. mary magdalene katolieke skool in islington, ‘n noordelike voorstad van londen waarheen haar ouers verhuis het. sy het musiek op skool beoefen en die blokfluit was haar gunsteling instrument. dwarsdeur die loop van haar skooljare het sy getoon dat sy ‘n belowende sanger was.

toe sam net veertien jaar oud was het sy haar eerste popgroep op die been gebring. musiek was haar lewe, maar op sestien ontvang sy ‘n vier jaar modelkontrak by ‘n nasionale koerant. sy was net sestien met die gesig van ‘n tiener, maar die lyf van ‘n vrou.

sam2en die res, nou ja, is soos hulle sê geskiedenis. sy het die glansryke hoogtes ingeskiet met haar gesig op die voorblad van elke tydskrif en koerant in engeland. op ‘n stadium het koerante bepaal dat die vroue in engeland waarvan die meeste foto’s geneem is margaret thatcher, prinses diana en samantha fox was

samantha fox was ‘n huishoudelike naam, amper soos jik of handy andy, as jy so daaraan wil dink. sy het beslis ‘n kop vir besigheid gehad. op twintigjarige ouderdom (1985) neem sy haar eerste album en single, touch me, op. met die voorafgaande vier jaar se blootstelling (letterlik) het die album ‘n totaal van 24 platinum-, goud- en silwer toekennings ingepalm. hierdie en drie ander albums, het liedjies opgelewer wat die nommer een posisie in nie minder as vyftien lande beklee het nie. liedjies soos “i wanna have some fun” en “naughty girls need love too” het reguit tot mans van regoor die wêreld gespreek en word vandag nog op sekere chauvinistiese radiostasies gespeel. gedurene hierdie tyd was sam op toer waar sy sale van 30 000 volgepak het. sy het deur lande soos kanada, amerika, maleisië, taiwan, singapoer en korea getoer. in montreal het sy die loketrekord gebreek en in ‘n tydperk van ‘n jaar het sy voor meer as ‘n miljoen aanhangers opgetree.

sy was later ‘n vj vir mtv, het ook in ‘n sitkom gespeel en met top amerikaanse musiekregisseurs saamgewerk. ten spyte van ‘n aantal sam3hofsake wat haar loopbaan probeer kelder het, was sy deurentyd gefokus. sy het ‘n sterker mens aan die anderkant uitgekom en sy’s weer reg om die wêreld aan te vat. gedurende die laaste paar jare woon sy in spanje waar sy besig is om nuwe materiaal te skryf. sy het weer konserte begin hou, dié keer in ongewone plekke soos bosnië, rusland en siberië. by ‘n onlangse optrede in indië het sy bruce springsteen se rekord gebreek toe sy voor 70 000 mense die verhoog betree het. sy het aanhangers in plekke wat jy nie eers kan spel nie. sy is die “people’s choice”, al is hulle hoofsaaklik mans.

samantha fox feite

naam: samantha karen fox

verjaardag: 15th april 1966

geboorteplek: mile end, londen e1

sterreteken: ram

oogkleur: groen

haarkleur: blond

hoogte: 5’1″

stokperdjies: kung fu, videos kyk,

slaap, gim, skopboks en swem

slegste gewoonte:
rook

gunsteling drankies: sjampanje en teesam4

Hierdie post is 123 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,045,512 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
Super Deluxe 3000Ode aan Sam
Check hom

Die Cortina Sage

In Snotstories deur Chopper CharlieRek jou bek

edel begin

die britte bou in 1962 die eerste ford cortina (of cortina merk i), oorspronklik met ‘n 1200cc enjin. hierdie enjin word ook ingespan mkivvir die anglia en word vandag nog gebruik vir sommige formula ford renmotors. later word ook ‘n 1500cc enjin ontwerp, spesifiek vir rendoeleindes. in 1967 word die merk ii bekendgestel. hierdie 4-deur saloon herinner aan die merk i, alhoewel meer aandag aan die interieurontwerp en werkverrigting geskenk word. so kry ‘n mens die gewilde 1600e asook gt-modelle in die reeks. ‘n lotus cortina word ook ontwikkel vir racing van die sestigs tot in die vroeë sewentigs. merk i en ii cortinas word vandag beskou as ware classics, met talle motorklubs (veral in brittanje) gewy daaraan.

die koms van die bulldog

mkv2dit is egter nie hierdie cortina-modelle wat sinoniem word met die frase “druk-hom-in-die-rooi” nie. hierdie eer val die cortina merk iii eerste te beurt, waarvan daar ‘n pic op die bladsy is (dis die wit kar). uit die staanspoor lyk dit reeds of hierdie kar nie kak vat nie. gebou soos ‘n bulldog, met heelwat krag onder die kap gryp hierdie strydwa die harte van menige amateur drag racers aan. die eerste maak iii modelle word in 1970 bekendgestel en vanweë die toe-al-gevestigde populariteit eindig die reeks op met 35 verskillende modelle. enjins wissel van 1300cc tot kragtige 2.0l, asook kent conversions met nog meer ballas. die merk iii bly in produksie tot 1976.

hoe later, hoe kwater

wit2die merk iv bou voort op die sogenaamde coke-bottle styling van die merk iii, maar vertoon ook reeds meer reguit lyne (a la merk v). ek weet nie veel meer van hierdie model af nie, so kom ons los dit daar. die merk v is seker die bekendste model in suid-afrika vandag. beskikbaar van ‘n 1600cc tot 3.0l (en baie groter geboor) maak hierdie modelle hulle opwagting somewhere in die 80s. saam met die merk iii verdien hierdie model die stempel van hande-uitruk. ongelukkig word die cortina-reeks in die middel-80s verplaas deur minderwaardige opvolgers soos die sierra.

in elk geval, enige post-1970 cortina lyk goed met chrome mags, breë tekkies, fur op die dash en dice in die windscreen. verder kan jy ook nie verkeerd gaan met ‘n ketting- of leerstuurwiel en bubbles nie.

menige lae-inkomste familie (soos my eie) sien hierdie as volksbesit. dit kan bloot nie anders nie. al is ‘n cortina oorspronklik engels, kan net ‘n volbloed afrikaner die image gestand doen. vir seker!

wit1

Hierdie post is 28 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,045,512 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
Chopper CharlieDie Cortina Sage