• Jy is waterkoppie nommer sedert 1 Maart 2008. Kap 'n dratie.

Die Karoo het fokken gawe mense

Die foto's is by Asbosskerm sowat 40km vanaf Sutherland geneem.

Jy hou stil , kry wat jy wil hê en gooi die geld in die melkkan.
Daar's bier, hout, blitz, 'n braaidrom en rooster, gasstofie en ketel.
 
Peanut

karoo1

karoo2

karoo3

karoo4

karoo6

karoo7

 

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Spec-takel | 6 Comments

Interwebsradio is nou live. Jy hoef nie meer na kak te luister nie.

Julle sal check dat daar op die regterkant van die site 'n nuwe music player is. In case julle gewonder het, dis Interwebsradio – ons nuwe online music radio station. Uiteindelik is daar 'n stasie waar jy na kief musiek kan luister in plaas van 'n klomp mense wat poes praat oor 'n klomp kak wat fokol met musiek uit te waai het.

Ons is nog in die agtergrond besig om 'n hele klomp lekker shows aanmekaar te sit wat jou sal entertain. Die website self moet nog al die mooi cosmetics kry en al daai tiep van goeters, maar op die ou einde van die dag gaan dit oor musiek, so dit maak nie nou so erg saak hoe die site lyk nie. Hy fokken werk en ons het besluit om julle maar solank van die station te vertel. Hy run nou al solid vir amper 'n jaar lank in secret sonder om om te bliksem.

Jy kan na Interwebsradio luister deur net play op die player te click, of jy kan na Interwebsradio.com toe gaan en vandaar af vir jou 'n stream kies. Ons het spesiaal een gemaak vir fone ook, so jy is covered. Een stream run op 128kbps (54mb per uur) en die selfoon vibe hardloop op 56kbps (25mb per uur). Vir selfone sal jy byvoordbeeld hierdie link gebruik: http://interwebsradio.com/mobile.  Die quality is befok.

O ja, en daar op die site kan jy sommer ook check watse song speel.

Wat cool is, is dat jy fokol fancy nodig het om na die stasie te luister. Jy kan dit oopmaak met enige basic browser, of enige music player van jou keuse soos iTunes of watookal.

Ons het Interwebsradio ook ge-gear vir outside broadcasting, so ons sal van tyd tot tyd vir julle live concerts gaan bywoon en dit stream, omdat ons fokken nice mense is.

Pak jou earphones in as jy werk toe gaan en gee ons 'n luister. Dit kan jou tos dag by die werk net beter maak. Check onder post vir die Facebook button en share dit sommer met al jou tjommies wat musiek like.

radio

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Kief musiek | Tagged | 4 Comments

Merry blerrie Krismis van Watkykjy en Blink Stefanus!

Ons het saam met Blink Stefanus besluit om hierdie jaar te probeer terug gee aan die mense wat almal se kak en gemors wegry elke week. Jirre, weet jy hoe fokken stink daai trokke? Mondkatjies all the way. Dit kan nie 'n lekker job wees nie.

Hopelik sal die video so paar mense inspire om volgende jaar iets soortgelyks te doen. Die video verdruidelik pretty much alles:

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Fokken main videos | Tagged | 16 Comments

Geseënde fokken Kersfees, Posmeester-Generaal

Krismis is carnage, dis nou maar eenmaal so. En dis asof mense nooit leer nie. Elke liewe jaar dieselfde fokken kak en hare. Stampvol malls, roomyse wat smelt, kinners wat skreeu, families wat baklei oor Kersete en  kredietkaarte wat bars om simpel blink kak en fake plastic trees te koop.

En asof dit nie genoeg is nie, word daar vir my jaarliks nog ‘n ander fokken irritasie bygevoeg. Die Suid-Afrikaanse fokken Posdiens.

Check, my ma is dedicated aan presente koop soos ‘n Springbok losskakel aan doelloos bal wegskop. Dis epies, manies en ‘n konstante – soos die spoed van lig.  (Wat snaaks genoeg presies die teenoorgestelde spoed van die gemiddelde pakkie besending deur die Poskantoor is.)

Hierdie jaar ontvang ek weer ‘n hele rits tracking numbers van my ma wat ek moet afhaal by die Poskantoor. “Speed” Services tracking nommers. Want hulle belowe overnight delivery maar ek is mos al lank in die game. Ken hulle fokken moves. Val nie vir kak nie.

Dié dat ek ‘n dag ná die kamtige arrival date eers loop vra vir my pakkies.  Maar nee. Die onvriendelike Krismiselfie by die Poskantoor weet van niks. Hy kan dit ook nie opsoek op Die System nie, want dis offline.  (Natuurlik.) Laastens word so boek met hectic varkore nadergetrek sodat hy lusteloos heen en weer daarin kan rondblaai net om te eindig met “It’s not here.” Punt.

En net daar verloor ek dit toe. In jou standaard depressing Poskantoor tak op ‘n reënerige Woesndagoggend in die Moederstad. Skree op die underpaid, skaars gekwalifiseerde boodskapper van kak Kersnuus. Gluur na die ander klante vir support, wat op hulle beurt ongemaklik wegkyk of na hulle skoene. Gooi papiere neer, vloek sommer fokken weer en storm fokken uit – net om in een van daai timelock deure te moet wag tot die groen liggie aangaan. Kon nie eers ‘n fokken deur toeslaan nie. Die fok weet.

Ek sal julle nie deur die res van my sad fokken Krismis tale vat nie (wees maar Goddank bly), maar dit het die volgende ingesluit:
•    Frustrasie met hulle website wat óf offline is óf net sê die pakkies bestaan nie
•    Talle gemorsde minute van aanhou op ‘n customer service lyn wat eindelose loops veroorsaak onafhanklik van die selections wat jy maak
•    5 trips na 2 verskillende Poskantore om ‘n paar pakkies te kry wat almal na my adres gepos is
•    Oombliklike verleentheid toe ek agterkom ek is “daai doos” toe ek my lappie verloor in die Poskantoor

Anyway, lang storie kort en uiteindelik kon ek my gehawende pakkies propvol klere, sokkies en onnas van my liefste moeder ontvang. Net om ‘n SMS van dieselfde liefste moeder die volgende oggend te kry: Een van die pakkies is Pappa Charlie s’n en nie Chopper Charlie s’n nie. So dis weer terug na die fokken Poskantoor om die pakkie terug te stuur…

Op ‘n manier is hierdie dan ‘n ope brief aan sy majesteit, die agbare Posmeester-Generaal (of whatever opgemaakte kwasi-militêre titel die dude deesdae beklee). Jirre my ou, dis fokken Kersfees man. Maak bietjie ‘n man se las ligter en sort julle kak uit. Laat die mense tekkies dra soos Standerd Bank, of kry at least ‘n boek sonder varkore, of ‘n website wat nie in 1995 gebou is nie.

Op ‘n heel basiese vlak verander sommer Speed Services na net Courier Services toe. Dis meer in lyn met die realiteit en terselfdertyd manage jy mense se expectations. Enige verwysing na tyd moet liefs vermy word. Once.

Laastens wil ek u en u agbare familie ‘n geseënde Kersfees en fantastiese fokken Nuwejaar toewens. Ek het vir julle ‘n lieflike lamsboud gestuur in een van daai rooi “Speed” Services sakke  maar het die tracking nommer verloor. Laat weet maar as hy daar aankom. Of nie. Whatever. Jy weet mos hoe dit gaan. Fok.
 

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Snotstories | Tagged | 3 Comments