Grapgat, April 2000

In Grapgat deur griffinRek jou bek

Adam en Eva

Eva vang ‘n trap kaalgat deur die Tuin van Eden. Sy check hierrie lekker appel en scheme:
‘Nooit, hey. Hierrie appel gaan ek eet.’ Net toe charfe ‘n moerse stem van bo haar: ‘Los daai
appel of ek sal ‘n plaag op die aarde loslaat wat jy jou nie sal kan indink nie.’ Sy bekak
haarself half stukkend en drop die appel.

Bietjie later trap Adam ook kaalstert deurrie tuin. Hy gooi ‘n sharp left en kry dieselle
appel. ‘Bliksem,’ scheme hy, ‘ek gaan hierdie ding chow.’ Dieselfde moerse stem chirp hom van
bo af: ‘Los daai appel of ek sal ‘n plaag op die aarde loslaat wat jy jou nie sal kan indink
nie.’ ‘Ag…….nooit, hey.’ scheme Adam. ‘Ek’s fokken skraal.’ en hy graze die appel.

Daardie aand is hy en Eva innie bed en hulle hoor ‘n klop aan die deur. Adam pluk die voordeur
oop om te hoor:

‘Eh, sorry baas. Ek soekom die job.’

(ingestuur deur Hannes)

Wie sal wen?

Ben en Hannes dice deur die Pretoria-Wes tonnel. Ben is van Pretoria-Wes af en Hannes nie.
Hulle karre is ewe vinnig. Wie wen?

Hannes.

Hoekom?

Ben het eers in die tonnel gestop en ‘Jou ma se poes’ teen die muur gespray.

(ingestuur deur Die Ben)

‘Hey, …’

So die Pretoria-Noord ou stop sy Chevy 4.0 by die Knight Rider bar. Toe hy oor die pad stap,
skree ‘n outie vir hom: “Hey, poes!”

Vra die Pretoria-Noord ou: “Wie’s jou ‘Hey’?”

(ingestuur deur Lani van Not My Dog)

‘Ek voel goed, man.’

griFfin stap oudergwoonte by sy graft in, moerse ingenome met homself en in ‘n goeie bui. “Hoe
voel jy?”, vra sy baas hom.

“Nee, ek voel goed man!”, antwoord hy terug. “Maar hoekom lyk jy so kak?”, vra sy baas terug.
Minner gehinner loop griFfin na sy desk toe en gaan aan met sy werk. Met sy tea break loop hy
in Johanna vas. “Hello griFf, hoe voel jy vandag?”.

Weereens antwoord hy: “Nee, ek voel goed man!” “Jissis, jy lyk verskriklik kak! Wat’s fout?”.
So gaan dit die die hele dag, maar griFin steur hom nie daaraan nie.

Na werk besoek grifFin oudergewoonte sy sielkundige, Dr. Ben. Met die intrapslag vra Dr. Ben
hom: “Wat die fok is fout met jou. Jy lyk ontsaglik kak. Hoe voel jy ou maat?”, waarop grifFin
antwoord “Nee, ek voel goed man! Hoekom vra almal my hoe ek voel?”

Dokter Ben stap oor na sy boekrak en haal en van sy kopboeke uit. “Laat ons bietjie kyk”, sê hy
terwyl hy ingedagte deur die boek blaai. “Hmm … lyk goed, voel goed … nee dis nie hom nie …
lyk kak, voel kak … mmm, nee ook nie hom nie.” Na ‘n paar bladsye geblaai is, skuif hy sy bril
oor sy neus en en roep ewe skielik opgewonde: “Ek het dit. ‘Voel goed; lyk kak’. Ek dink ons
het jou probleem net hieso.”

“Ja?’, vra griFfin opgwonde. “Wat is my my probleem, Dokter Ben?” Dr. Ben slaan die boek toe.
“Ja-nee, grifFin, jy is presies wat my groot boek sê. Jy is ‘n POES!”

(vertel deur Terry van Revel In)

Hierdie post is 1 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 168,455 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
    67
    Shares
  •  
  • 67
  •  
  •  
  •  
griffinGrapgat, April 2000
Check hom

Spec-takel, April 2000

In Spec-takel deur griffinRek jou bek

aussiezef

MrJailer

underworld

vatso

Hierdie post is 4 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 168,455 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinSpec-takel, April 2000
Check hom

Gladiators, is you ready being?

In Snotstories deur Chopper CharlieRek jou bek

Fire3Vrydagaand, 19:30 en Gezina se strate word stil. GTi cowboys hou vir ‘n oomblik op dice en Voortrekkersweg Giant1floozies verlaat die strate vir die gemak van TV-kamers. Deur talle huise se kantgordyne skyn ‘n aksiesensasie wat gemiddelde Suid-Afrika op die rand van histerie het: die MTN Gladiators.
Nadat die Gladiators-konsep reeds ‘n tyd lank suksesvol is in lande soos Australië en Brittanje, word dit klaar die gewildste familieprogram in die derde week wat dit hier uitgesaai word. Een van die huidige SA Gladiators, Sahara, het ook dan haar stint met dié lot yahoos begin in die UK version van die show.

hoe dit werk

Basically bestaan die games uit twee spanne – die Gladiators (wat supposed is om jou top-tipe ouens te wees) en die Contenders (lede van die publiek wat gaan moegword en seerkry vir ons plesier). Gladiators sluit ouens in soos Tusk, Granite, Giant, Spider, Wildebeest en chicks soos Thunder, Gold, Quartz, Nightshade en Fire. Daar is dan verskeie events waarin die Gladiators die Contenders mano a mano probeer opfok. Een voorbeeld hiervan is die Gauntlet, waarin ‘n Contender in 30 sekondes deur ‘n 4.5m tube moet hardloop terwyl 5 Gladiators hom of haar probeer moer met ‘n verskeidenheid sponse en stokke. Mal. Jy kry ook goed soos die Hang Tough, Powerball, Suspension Bridge, Demolition Run en eindelik die Eliminator (hierin fok twee Contenders mekaar op).

Sahara1wildebeest1Al hierdie kaskenades word natuurlik voor ‘n kamstige live audience opgeneem, amper net soos in die Colosseum van ouds. Hier is egter geen leeus nie, en Christene is redelik veilig. As jy in die audience sit, kry jy ‘n groot geel spons hand met een vinger wat uitsteek. As ‘n Contender dan sy of haar respektiewe gat sien, word die vinger ritmies op en af gedruk op die maat van Queen se “Another one bites the dust” om goedkeuring uit te druk. Hulle gooi jou ook uit as jy dit nie doen nie … (um) het ek eenkeer iemand hoor sê … (kug)

Promosie-wise

Een van die redes hoekom die ding nog meer van ‘n hit is, is die deelname van celebrities. Cyril Mitchley (‘n SA krieket umpire) is die skeidsregter, met Glen Hicks (vroeër sportaanbieder) en Ursula Stapelfeldt (Brown Sugar van 5fm) die irriterende intydse aanbieders. Nou en dan neem sporthelde ook deel, soos Brian Baloyi (Bafana Bafana goalie) en SA spinbouler Clive Eksteen. En MTN gee selfone weg asof dit manna is. Dis tog hulle show. Verder doen die Gladiators, noble siele wat hulle onder die steroiede, charity werk vir kinders. Hulle verskyn ook gereeld by daai stupid Egoli-tipe appearances in shopping malls. Hou die pers dop vir meer besonderhede

Hoekom dit ass kick

  • * Dit pas Vrydagaand in net na ete.
  • * Dit pas Vrydagaand in net voor tenpin bowling.
  • Die girls dra stywe costumes.
  • Dit wys op SABC 3.
  • Die ouens dra stywe costumes.
  • Cyril Mitchley se aksent.
  • Sahara ry ‘n bike.
  • Ander mense klim, klou, hardloop, swing, en val. Hard.
  • Stywe costumes.
  • Hulle speel Queen.

‘n paar gladiator interessanthede

  • Nightshade is swart.
  • Een van die Gladiators, ‘n jong yster met die naam Wildebeest, praat Afrikaans in die show wat nogal ass kick omdat ‘n mens nie altyd sy Engels kan verstaan nie. Snaaks genoeg is hy in Pretoria gebore.
  • Sahara ry ‘n bike.
  • ‘n Ander Gladiator, by name Giant, is die grootste perd in die game, maar sy hartjie is so klein dat hy teddiebeertjies vir kindertjies by die show gee. Sy agtergrondliedjie is Disney se “Bear Necessities”.
  • Fire, ‘n fietse jong dametjie, het haar eie interieurontwerp besigheid.
  • Sahara is in Swede gebore en Giant in Engeland.

mtn

Hierdie post is 31 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 168,455 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
Chopper CharlieGladiators, is you ready being?