Grapgat, Augustus 2000

In Grapgat deur griffinRek jou bek

grapgat

sit die doos terug in snaaks


NUWE BLOED

Poes vs. kont

Jannie vra eendag vir sy pa: “Pa, wat is die verskil tussen ‘n poes en ‘n kont?”

Pa tune: “Kom ek gaan wys jou.” Hy vat vir Jannie na die bed toe waar Ma lê en slaap. Hy beweeg na die onderent van die bed toe en tel saggies die kombers op.

Daar lê Ma toe nou so ietwat wydsbeen sonder haar pannas. “Sien jy daai ding, dis ‘n kont,” sê pa.

“Cool!” sê Jannie, wat nog nooit in sy lewe ‘n bosmossel in die gesig gestaar het nie. “Kan ek daaraan vat?”

“Nee jirre,” sê Pa. “Jy gaan die poes wakker maak.”

(ingestuur deur Suikerbekkie Platparra)

Hoe roep Vannemerwe sy hond?

Hy spot sy hond is besig om kak te maak, sit sy regterhand se voorvinger in die regterhoek van sy mond en sy regterhand se pinkie in die linkerhoek van sy mond. Dan check hy lat sy lippe vogtig is, en skreeu: “Wagter, hou op om daai polisieman te byt.”

(ingestuur deur Francois Hugonoot)

“As ek geweet het …”

Die 2 diakens is op wyksbesoek in die platteland en hulle ry op n stowwerige pad verby n bord wat se “Fokken Dorp”. Omtrent n kilometer later ry hulle n klein dorpie binne en alles in die dorp is net “Fokken” – dis “Fokken Straat”, “Fokken Pub”, “Fokken Hotel”, “Fokken Supermark” ens. Hoogs geskok loop hulle by die “Fokken Poskantoor” in en vra vir die ou agter die counter: “Verskoon my, meneer, maar hoekom is alles in hierdie dorp ‘fokken’?” Die ou lag en se: “Ja, ons kry nogal baie toeriste

hier wat dieselfde ding vra, maar eintlik is dit heel eenvoudig. Hierdie dorp is gestig deur n Hollandse goudsoeker so 100 jaar gelede, en sy van was toevallig “Fokken”. Omdat hy so baie vir die dorp gedoen het, is daar besluit om alles in die dorp na hom te vernoem.” Die diakens is moerse verlig oor hierdie verduideliking, en na n dag of twee se harde geestelike werk in die dorp, keer hulle terug huis toe. n Maand of wat later vergesel die dominee die diakens op hulle wyksbesoek, en na hulle

die oggend deur n paar dorpies is, se die dominee: “Maggies, manne, hoe honger is ek nou. Hoe lyk dit met n bietjie middagete?” Die een diaken antwoord: “Geen probleem nie, dominee. Hier naby is n fokken dorp waar ons n fokken hamburger en n fokken coke by die fokken restaurant kan kry.” Die dominee kyk verbaas om en se: “Jirre my bra, as ek geweet het julle is sulke befokte ouens, het ek vir ons poes ge-organise!”

(ingestuur deur Jan Lampies)

 

OU VLEIS

Bles bly ‘n loser

‘n Man met ‘n houtbeen en ‘n bles kry ‘n uitnodiging na ‘n “fancy dress” partytjie. Hy het egter nog nooit met so iets te doen gehad nie en skryf toe ‘n brief aan ‘n maatskappy wat hulleself uitleen om jou te help met sulke tipe probleme. Hy verduidelik mooi wat sy voorkoms en gebreke is.
‘n Week of wat later kry hy ‘n pakkie van die maatskappy af. In die pakkie is ‘nsakdoek, seerower pak en ‘n nota. Die nota lees as volg: “Neem die sakdoek,bind dit om jou kop en trek die seerower pak aan. Die drag en houtbeen sal jou mooi laat inpas by ‘n seerower tema.”
Hoogs die bliksem in en uiters gebelgd stuur die man vir die maatskappy en brief terug en vertel hulle in lekker kak taal hoe beledigd hy voel oordie voorstel. Hy is dan nou juis so sensitief oor sy gebrek van diehoutbeen.
Nog ‘n week later daag daar weer ‘n pakkie op met ‘n monnikspak en nota. Die nota lees: ” Trek die monnikspak aan wat u houtbeen dan mooi sal verdoesel. Die monnikshoed en gewaad sal dan mooi saam met u bles inpas by ‘n kloostertema.
Nou is die man eers befok. Weer skryf hy vir hulle en stel dit baie duidelik dat sy bles nie iets is om mee te spot nie.
Die volgende week kry hy weereens ‘n pakkie van die maatskappy af met ‘n nota en ‘n blik karamel stroop daarby. Die nota lees: “Neem die blik karamel stroop en poes die volle inhoud daarvan oor jou bles uit jou kont. Neem dan jou fokken houtbeen en druk hom in jou gat op en gaan na die geleentheid as ‘n toffie-appel!”

( ingestuur deur Doepie)

Fokken ou mense

Die fokken laaitie sit innie park en rook en vreet lekker en in die algemeen fok lekker op.
Hier kom `n outop en sê “As jy so aan donner sal jy gou vrek.”
“Wat?” sê die laaitie,” my fokken oupa het 107 geword.”
“Ja,” sê die outop, “maar hy het seker nie so opgefok nie.”
“Fok jou!” sê die laaitie. “Hy het nie sy neus in ander mense se fokken besigheid gedruk nie.”

(ingestuur deur Robert Wolmer)

Jannie en Sannie

Jannie is saam met sy goose, Sannie, in sy foktrok by die drive-in en die fliek is kak. So nou lê hulle en vat-vat so aan mekaar en terwyl Sannie so aan Jannie se snotsambok begin kielie tune sy: “Jannie, Jannie, soen my waar dit stink.” Jannie spring regop: “Nee jissus Sannie ek gaan nie nou al die pad Witbank toe ry nie.”

(ingestuur deur Suikerbekkie Platparra)

Vra is vry…

Wat doen die een moffie met die ander een as hy kwaad is vir hom?
Hy kak hom uit.

Wat is ooreenkoms tussen om skoeter te ry en ‘n vet tjerrie se wolskoeter te ry?
Dis lekker totdat jou vriende jou sien

(ingestuur deur Klopdisselboom)

Hoe blaf ‘n hond? Woef!
Hoe blaf ‘n hond van Wolmer? Woef, ek sê!

(ingestuur deur Spyker van Sunnyside)

Die parra wou gaan opsit…

n Padda sit op ‘n blaar op die rivier. Hy sien iets doer ver op die wal. Hy swem soontoe en sien toe dat dit ‘n Vienna is. Hy eet die Vienna en swem terug na die blaar. Terug op die blaar kom die water tot by sy enkels. ‘n Rukkie later sien hy weer iets op die wal van die rivier. Hy swem weer soontoe en kry ‘n Russian. Die padda eet toe die Russian en swem weer terug na die blaar. Terug op die blaar kom die water tot by sy middel. Nog ‘n rukkie later sien hy weer iets op die wal. Hy swem weer soontoe en kry ‘n stuk boerewors. Hy eet dit ook en swem terug na die blaar. Toe hy op die blaar klim sink hy heeltemal. Moral of the story: Hoe groter die wors hoe natter die PADDA.

(ingestuur deur Robert Wolmer)

Hierdie post is 7 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 156,179 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
    63
    Shares
  •  
  • 63
  •  
  •  
  •  
griffinGrapgat, Augustus 2000
Check hom

Die einde van die wêreld (Of: ‘Die fokop met kettingwinkels’)

In Snotstories deur griffinRek jou bek

(deur Toast Coetzer)

Dis dalk my eie skuld. Dis dalk ons almal se skuld. Maar ek wil die blaam tog vierkantig voor die outomatiese deure van gewilde kettingwinkels plaas. Die revolving doors by die banke met die groen is vir “GO” embleem het ook ‘n vinger in die nag-emmer, maar ons gaan nou nie met kak soos globalisering (nee, fok, dit het niks met spoeg, die Ghost Busters of balkleppe te doen nie, Gerrit) mors nie, want dis anyway veel meer gewild in Japan (en hulle ken jijitsu en ons weet dat jijitsu en Black Cat jou ‘n gevaar op die strate maak).

Dit het gebeur toe ek in Stellenbosch gesit het so paar maande gelede. OK, ek weet dis in die eerste plek ‘n stupid plek vir ‘n moreel stabiel Afrikaanssprekende om te wees, maar ek’t gedog ek sal dit darem kan doen, net so vir een middag en ‘n wynplaas-toer lank. Min het ek geweet. Wat ‘n onskuldige dubbel-bier en afgryslike stukkie anchovy-pizza by Die Dros moes gewees het, het skielik in ‘n onmeetbare eksistensiële (niks met ex-girlfriends te doen nie, Gerrit) krisis ontaard. Donker Hottentots-Holland miswolke het gespiraal voor die son soos die napalm-gas in die closing sequences van Platoon, of een van daai. My bier het verbitter. My anchovy het aan my pankreas begin knibbel.

Fok dit, het ek eers gesê, maar toe weer gekyk.

Neffens regs van my oogblik, op die plein tussen die voetoorgang en die bar op die tweede verdieping waar iemand netnou ‘n promotional cardboard cut-out van ‘n Savanna-bottel ingedra het, het hulle aangekom. Rye van hulle. 12, dalk 14, selfs 38. Ek kon nie verseker sê nie, want ek was verward en verblind – iets wat toegeskryf kon word aan my sonsteek van twee dae tevore of dalk het ek impulsief na ‘n wapen begin soek. Maar die pizza-mes was stomp en ek wou nie in die openbaar my bierbottel stukkend slaan om ‘n lekker lem te maak nie. Bowendien (soos my broer sou gesê het), die mense om my sou my vir ‘n mal ketter op Panados en papawer-saad geroep het.

Die sight was dalk die logiese samevloeiing van blote sinkronisiteit (is ge-sinkroniseerde swem nie die most useless Olimpiese sport ooit nie? Shit, hulle might as well jukskei toelaat in Athens 2004), dalk was dit ‘n drama-klas uitstappie, of selfs die Stellenbosch goth/hardcore sel wat na ‘n voorlesing van Marilyn Manson chill-out songs gegaan het. Maar ek twyfel. Hulle was gestuur. Deur God. Of Buddha, of Sjaka Septembir of Mike Lipkin. Om my te toets, te treiter, te folter, uit te lok, te ‘mok’ (soos my broer sou gesê het). As ek terugkyk, dink ek nou dit was bloot opvoedkundig. Dit het my Paulus-oë laat afskub soos karpskubbe wat afkrul en stink in die son by Lake Mentz anderkant Jansenville (in die agtergrond roep Asterix, “hier’s fokkol vis, ouens”).

Die linies was losweg gerangskik, casual selfs, maar hulle uniform het alles verraai. Dis wat hulle gevaarlik gemaak het. Nie soseer vir almal om hulle nie, nee, veel eerder gevaarlik vir hulleself. Hulle was grasieuse handgranate op soek na ‘n skoolbus vol ongetooides voor hulle een vir een sou ontplof soos marmotte in LG Microwaves (face of the future: hoe jou gesig lyk die oomblik as jy uitvind ‘n microwave kan R3 000 kos en jou chick wil dit net fokken hê). Opvallend ook dat hulle almal sulke semi-sexy (op daai musiekjuffrou/tandarts-sekretaresse manier) hubare meisies was. Hoofmeisies, prefekte en die wat altyd wou gewees het maar te stupid, dom, lelik, ongewild of arm was. Dalk het hulle pa’s wynplase. Dalk is hulle die kinders van netjiese voorstedelike huise in Belville en Durbanville. Ma’s wat wasgoed was en Health & Racquet toe gaan. Boeties wat 0/13 A-span speel. Boyfriends wat … nee, ons kom nog by hulle.

Hulle tabberds was netjies, ge-groom, nice rompies wat nice been wys. Toppies wat klein boobs goed laat lyk. Understated make-up wat boring gesiggies snoggable laat voorkom. Haarstyle wat nie sommer uit hulle holle getrek is een oggend nie. Nee, die tipe haarstyle wat Ernstige Erns ‘Liz Hurley-hairstyles’ sou geroep het. Selfs Gwyneth ‘Pypbom’ Paltrow sou trots gewees het.

HULLE HET ALMAL DIE FOKKEN SELFDE GELYK. ALMAL IN SWART. SWART EN SO SPANDABELRIGE TIKKIE GRYS HIER EN DAAR. HULLE KON GE-CLONE-DE SUSTERS GEWEES HET. DIT WAS VERSKRIKLIK. 1984. NEE GERRIT, NIE TOE ONS IN SUB.A WAS NIE! 1984, DIE BOEK. DIE GROOT FOKKERS MAAK ONS ALMAL DIESELFDE.

Edgars-pakkies, Foschini-toppies, Topics-skoene (sexy swart leer-nommertjies wat so fokken onprakties is as jy ‘n quick getaway moet maak by die BP Express shop met ‘n hoender-pie en dit reën buite en jy gly as jy om die draai gaan en dan gryp die Hi-Tec security guard jou aan die kraag). Die kettingwinkels beheer ons. Alles. Dit begin met jou vriende. Dan sien jy wat hulle dra en, God, kort voor lank wil jy ook cool wees. Jy wil soos die res wees, jy wil kwaai lyk by die sokkie, jy wil ouens pull met jou absolute grasie (maar verstel jou Woolworths onderklere met jou wysvinger onder die tafel, dan vat jy weer ‘n vingerhappie op ‘n stokkie), verfynde glimlaggie (wag maar, bokkie, ‘n blowjob is nie vir beginners nie), jy wil jou gat in styl swaai, terwyl dit nog tight is en jou kuite so bounce-bounce van al die hokkie speel. Jissis, jy wil IN wees, nie UIT nie. Die Alfa-female het ‘n trademark, ‘n label, sy’s so fokken trendy sy eet net chips-flavours waarvan die pakkies nie met haar klere clash nie. Sout en asyn = navy. Tamatiesous = rooi en, at a push, burgundy.

Die ouens ook. Die boyfriends. Hulle’s hier, hier in Die Dros, hier in die Hatfield Plaza, hier in Brooke’s Pavillion in PE. Daar’s nie eers ‘n cover-up nie, dis ‘n openlike surrender teen die magte van die hoereerende kapitalis en haar sweepswaaiende tolk, GELD en die ewigdurende, taai, oorklappende skermutseling om gewild te wees, hip girls te naai, TV-sterre te ken en Just Jinger lirieke te kan recite. Generaal Reitz sou in sy graf probeer omdraai het (ons weet tog dis onmoontlik om te kan omdraai in ‘n kis, veral as jy vet is. Bowendien, blaas mens nie op as jy doodgaan nie?). So much vir Magersfontein en Amajuba. Spioenkop is net ‘n pleknaam. Boet Erasmus net nog ‘n buurman. Die ouens se kruitvate is selfone, hulle voorlaaiers is hulle Corsas en Sohos, hulle khaki-toiings is muscle-tops, hulle jasse is Markhams-truie met daai stupid strepe, hulle broeke is vars roomkleur Chinos van Edgars. Hulle is die truly worthless Truworths MAN.

So slaan dit my toe, ‘n fratsgolf van emosie en woede, gepaard met patriotisme en sy gebruiklike bedmaat, voel-‘n-fok-isme. En ek sit daar, entoesiasties maar verward, soos ‘n klein kitchen-zink in ‘n pruimboom wat nou net uitge-figure het hoe om muisvoëls in ‘n sifdraad-hok te vang en dan hulle nekke om te draai, want dis goedkoper as om hulle met Swartklip Standaard kort .22 patrone te skiet.

Ek draai toe maar na my Engelse vriendin en sê “won’t you pass me my fucking shades, I can’t take this glare” en klem my tande om my bier.

Hierdie post is 15 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 156,179 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinDie einde van die wêreld (Of: ‘Die fokop met kettingwinkels’)
Check hom

My troetel gat-pluk probleem – Afrikaners is skeinheilig en maak hulle so…

In Snotstories deur griffin1 Eiertjies

(deur Diaken-ateïs van Harrysmith)
Laat ek sommer met die intrap dit openlik en sonder skuldgevoel stel: Ek is ‘n 43 jarige, wit, Afrikaanse Suid Afrikaner, sport ondersteuner, Lion/Rum, braaivleis-houdende regte manne se man, gebalanseerde sin vir humor, moderne denker en – hier kom die grootoog maak asem wegslaan eienskap – “ateïs”

Hoekom is dit dat as ek saam met al die pêlle kuier en die gesprek raak tipies Afrikaans Rugby – Suid Afrika sal nooit weer enige toets van enige aard wen solank Naas, Danie, Frik, nie terugkom nie en as Thabo, Justice, Julies vir SA speel. Ditto vir Krieket, Atletiek, Hokkie, Rolbal, Jukskei. ANC – hulle het nou die land behoorlik opgefok en is blykbaar nog lank nie klaar nie – Skinder – Wie verneuk wie en hoekom ek nie n kans kry om met haar te verneuk nie.

Die goeie ou dae – Diensplig (manne se manne), Apartheid (toe “hulle” nog “hulle” plek geken het), Wêreldkampioene in alle soorte sport en plesier, toe Durban nog gereserveer was vir Transvalers in Desember ens, ens.

TV – Jerry Springer (giggel – ons kyk mos nie daardie gemors nie), Jan Stemmet is n skande maar Noot vir Noot is ons gunsteling al ken ons net een liedjie uit 100 en skreeu die antwoord kliphard en kry bewonderide kyke van ons kindertjies, Fashion TV is ons tienerseuns se doodsteek (ons kon net Scope met tepel strerretjies agter geslote toilet deure bewonder en met styf toegeknypte oë en voetvuisies wonder hoe n tiet nou eintlik lyk want my ouer sussie s’n tel nie – miskien haar vriendin se goeters.

En die gesprek tel spoed op en die brandewyn, bier, smokkel Mampoer (is dit nog onwettig??), vloei – Die vrouens is op hulle plek (behalwe Jan “Electric” se Engelse vrou wat alweer met Vodka en al wat man is probeer vordering maak), die tieners rook skelm en kyk Vidoe Town mal – die babatjies is gebottel en ontlas en gebed – dit is elfuur en alles loop volgens plan en ritueel.

Dan kom Godsdiens en almal stem saam dat behalwe vir n paar ekstremiste en liberale moffies en dykes is die Drie Susters darem nog n bastion van Afrikaans en alles wat goed en wel is in hierdie geboorteland van ons vadere.- en as die Here ons spaar en die huismoles is nie te ernstig nie sal ons mekaar more oggend met skelm glimlaggies en ‘n ton “BreathMints” in die kies in die bankies sien waar jy jou oë toemaak en stil bid sodra jy sit – moet net nie dadelik aan die slaap raak nie – en die lewe is kalm en jy hoef nie op die vrou en kinders te skreeu en / of praat vir ten minste die volgende uur nie – Goddank die babbelas rus – en n kuggie of hoesie laat die hele gemeente jou aanstaar asof jy befok is om in hierdie heilige plek in te kom met jou kieme en Dunhill longe –

dan —– Armeggedon oom Anton het mal geword – hy kyk almal in die oë en sê hardop – Julle praat bollie – daar is nie so iets soos God nie, Godsdiens en die Bybel is ‘n storie en Liewe Jesus is nie regtig Harry Oppenheimer se boetie nie (God’s rykste seun) en as jy dood gaan is jy dood en als sulke onheilige duiwelse braak taal

Doodse stilte daal – gedagtes flits – vrouens kyk vir mans – Jan “Lectric” se vrou skrik haar nugter en onjags – babatjies bevuil hulle Kimbies – tieners gooi hulle Camel Lights weg – Jan Stemmet se onderbaadjie word bleek om die ribbes – einde van partytjie – eie vrou staar my aan asof ek erken het ek het n ding vir Kallie Knoetze en Afrikaner vroue is mal oor orale seks as die lig af is en hulle die oë styf toe knyp – meeste mans word aan die arm gegryp – vrou gryp die laaste twee Castles en halwe bottel Klippies, slukkie Coke en oorblywende gebrande steak en wors wat ons na hierdie duiwelsaanbidders se huis gebring het – los geen spoor van ons teenwoordigheid in hierdie onheilsnes ingeval engel Gabriël en sy magte neerdaal en als en almal vernietig – in die “coolbox” ons gaan huistoe na die ander “coolbox” ek luister nie na sulke gemors nie.

n Paar manne staan vas – ons is diakens, ouderlinge, eks Manne Kamp bywoners (Pierre Spies het ons juis opgelei vir hierdie soort AntiChris aanval) – vergeet wie netnou mekaar amper gebliksem het oor WP / Tvl / Ntvl (g’n van hierdie nuwerwetse Cheetas / Sharks / Bulls kak nie) ons het weer n gemeenskaplike vyand gevind hier in ons eie boesem. Apostolie, NG, Dopper, Hervorm, Gereformeerd, Kan-nie-onthou-waar-my-attestate-is-nie, drie-uit-tien-gebooie-is-goed-genoeg-vir my, almal staan saam – HKGK.

Ek stel my punt mooi duidelik. kalm en deurdag.

Die konsep van Godsdiens is ‘n mensgemaakte systap vir die nodigheid om verantwoordelikheid te vat vir sy eie malligheid en verstandelike traagheid – die Bybel is so weersprekend en vol ongeloofwaardige stories die min kinders wat nie bang is dat Pa, Ds, Meneer Skoolhoof hulle sal moertoe klap nie sal dit vir jou so sê – ek kan nie eers begin voorbeelde opnoem nie daar is te veel – van bladsy een (die aarde was leeg en woes) tot laaste (wilde perde in bloed, ween en kners van tande) Steven Spielberg sal trots wees op hierdie draaiboek.

Die kerk en al sy voorspelers (Pous, Jimmy Swaggart, Andries Treurnicht, Ray Mac, ens ) lieg, bedrieg, steel, owerspel, koester, befok – al daardie reëls wat Moses so versigtig van die berg af gesmokkel het en aan hulle voorgehou het – al vir solank – hulle ken al die manier om hulle volgelinge te Martino – donner rond, maak reëls, konkel met die politiek, “check” die “ratings”, maak geld soos bossies – die goue-goue-goue reël is so elke tien tot twintig jaar moet jy net sê “sooorriiieee” ons is net mense en as God dan vergewe wat is fout met julle idiotiese, ongelowige, breindood, imbisiele. Weet julle dan nie as julle nie julle kant bring en my en my “tjommies” vergewe nie gaan ek my huis, Mbenz, GoldCard, VIP Casino regte, en n kakhuis vol ander belangrike lewensnoodsaaklike luukshede verloor en dan sal julle my forseer om weg-te-breek van julle klomp simpeltone en n nuwe Jesus-min-my-meer Kerk en / of sekte – hang af vir wie jy vra – te gaan stig in die rykste nuwe uitbreiding van Pta Oos en dan sal ek julle wys hoe maak n mens regtig geld en ek sal nooit weer met julle speel nie so word wakker en glo my glo my vrou en my interpretasie van goed en sleg.

As apartheid goed is vir Andries, Hendrik, John, FW, Eugene, sal dit goed wees vir Jan, Piet, Klaas, Sannie, Susan en veral vir Maria, Goodwill, Bantu, en veral vir daai meid (wat al twintig jaar ons kinders grootmaak sonder dat ek of julle hoef te weet wat haar regte naam is of waar sy bly, wie haar Ma / Pa of kinders is) en dieselfde geld vir daardie slegte lui bliksem wat ons tuin so opgeneuk het dat ons tevrede moes wees met n tweede plek in die Vroue Vereniging se Tuinbou Kompetisie – ons familie se ewige skande hulle praat nou nog in fluister stemme daaroor – veral Mev Ds – en veral vir daardie arrogante, ondankbare swart kindertjies in hulle luukse huise en skole in die lokasie wat als afgebrand het dit wat ons met liefde en Christelike deernis vir hulle geskenk het uit ons swaar verdiende belasting geld. Ons kerk se oeps n foutjie ons sal nie weer nie – kom ons sien watter nuwe planne die nuwe politieke elite vir ons gee om aan te glo dan sal ons vir julle vertel wat om te glo – hang bal.

Doodse stilte – Afrikaners is nie meer so plesierig nie – moet net ons skynheiligheid aantas nie.

Moet ek hierdie mense help of net los – Genoeg vir eers.

Hierdie post is 19 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 156,179 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinMy troetel gat-pluk probleem – Afrikaners is skeinheilig en maak hulle so…
Check hom

‘n Brief van ‘n Voortrekkertjie

In Snotstories deur griffinRek jou bek

Liewe Pa en Ma,

Ons leierverkenner het gevra dat ons hier van die Voortrekkerkamp vir julle skryf, net ingeval julle die vloed op tv gesien het en bekommerd is oor ons.

Ons is OK. Net een van ons tente en twee slaapsakke het weggespoel.

Gelukkig het niemand verdrink nie, want ons was almal op die berg besig om vir Jan te soek toe dit gebeur het. Sê asseblief vir Jan se ma hy is OK. Hy kan nie skryf nie omdat sy arm in gips is. Ek het in een van daai redding helikopters gery. Dit was lekker! Ons sou hom nooit in die donker gekry het as dit nie vir die weerlig was nie. Verkenner Skroewie het kwaad geword vir Piet omdat hy gaan rondloop het sonder om vir iemand te sê. Piet sê hy het hom gesê, maar dit was seker tydens die vuur, so hy het hom seker nie gehoor nie. Het julle geweet dat as jy een van daai spuitblikke op die vuur gooi, dan ontplof hy? Die nat hout wou nie brand nie, maar een van die tente en party van ons klere het. Dawie gaan snaaks lyk tot sy hare weer uitgegroei het.

Ons kom Saterdag terug as verkenner Skroewie die kar kan regmaak. Die ongeluk was nie sy skuld nie. Die brieke was OK toe ons hier weg is. Hy sê ‘n mens moet verwag dat so ‘n ou kar gereeld sal breek, dis seker hoekom hy nie versekering kan kry nie. Ons hou van die kar. Hy gee nie om as dit vuil is binne nie en partykeer laat hy ons bo op die dak of voorop ry. Dit word warm binne in met 10 mense. Hy het ons in die sleepwa laat ry totdat die polise ons gestop het en met hom gepraat het. Maar hy is ‘n goeie ou en ‘n goeie drywer. Hy en Klasie is op die oomblik weg. Hy leer hom op die bergpaaie bestuur, waar daar nie karre is nie, net groot vragmotors wat boomstompe wegry.

Vanoggend het almal gaan swem, maar Verkenner Skroewie wou my en Jan nie laat swem nie, want ek kan nie swem nie en Jan se arm is in gips, toe gee hy vir ons die roeibootjie op die rivier. Dit was lekker! Party plekke is die water so diep na die vloed, daar is bome onder die water! En verkenner Skroewie is nie kwaai oor lewensbaadjies soos daai ander een verlede jaar nie. Hy werk nou baie aan die kar, so ons probeer hom nie veel pla nie.

Raai wat? Ons het almal nou klaar ons noodhulp kentekens gekry! Toe Adriaan in die water geduik het, het hy sy arm oopgesny en Verkenner Skroewie het gesê ons moet op hom oefen om die wond toe te werk. Ek en Herman het opgebring, maar verkenner Skroewie sê dis seker net vrot hoender wat ons gister geëet het of iets. Hy sê hy het ook baie keer siek geword van vrot kos toe hy in die tronk was.

Ek is bly hy is nou uit, want hy sê hy het baie geleer terwyl hy in die tronk was. Voor ek vergeet – Wat is ‘n pedofiel? Ek moet nou gaan. Ons moet nou dorp toe gaan om ons briewe te pos en Vaseline te koop. Moenie oor ons worry nie. Ons is OK.

Baai,

Sakkie

Hierdie post is 12 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 156,179 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffin‘n Brief van ‘n Voortrekkertjie