Check hom

Rev-rev poes-poes – Ware lewensverhaal uit die hartjie van Brakkies

In Snotstories deur griffinRek jou bek

( deur Jan “Blouvisier” Bitterspanner)

Scheme ek was nog ‘n laaitie toe ek al begin uithang het daar by die Riebeeck in Springs op ‘n Vrydagaand. Soos Bernoldus Niemand gesê het: “Ek gaan vanaand daar na die Riebeeck. Ek hoor daar’s ‘n jol. Daar’s bokkies en stukkies en die kwessie van ‘n zol.”, of so iets.

Anyways, ek het altyd opgemosie saam met Bokkie, my connection, en sy cherrie, Stukkie. So die een Vrydagaand nadat ons ‘n burger and shake gesnake het by die Casbah in Brakpan, sleep ek en Bokkie op na die Riebeeck toe op sy 1100 Katana. Stukkie join ons toe later na graft (sy was die broodwinner, so to speak terwyl Bokkie heeltyd sy bonie getune of gebuff het). Maar Stukkie het nooit gemoan nie, behalwe as hulle geskêr het nie, want volgens Stukkie had Bokkie een meneer van ‘n moerspanner.

Anyways, nie lank daarna nie sleep so jong lat in by die parking lot met ‘n brand new Ford XR-6 Interceptor. Windgat klein doos wat hy is, gooi hy eers so paar doughnuts, rev die engin tot innie rooi voor hy soos Knight Rider uitklim met sy swart denim jacket. “Klein kont. Ek sal hom net een PK gee dan lê hy op sy rug en beg vir mercy!”, hoor ek Bokkie hier langs my brom. “Sorry my china, het ek jou reg gehoor?” sê die windgat klein kont met die Cortina.

Bokkie notch hom one-time en toe sê hy: “Listen my bie, I’ll klap you so hard your children will be born bruised. I’ll klap you so hard your granparents will be crying. I’ll klap you so hard, you’ll feel surrounded.”

Ek will nog vir Bokkie tune “Oraait, oraait, hy kry die message,” maar ek check hom one-time en ek dag HKGK want Bokkie is tanked-up to the tanne. Dis toe dat Bokkie so evil glint in sy oog kry en ek scheme HKG fokken K . “Stukkie!”, tune Bokkie. “Kry ons lids, ek sê.” Vir die kont met die Interceptor tune hy: “Tune my grof , I skaaf you glad, hey! One time!. Kry jou kar laat ons gaan dice, ek sê.” (Nou vir die van julle wat nie weet nie: Brakpan se main drag het so lekker lang stretch en ons voel vere virrie fokken traffic laaits en padkorporaals. Daar’s ‘n moer van ‘n straight en dan’s daar ‘n draai onner die treinbrug deur op pad Brakkies toe.

Bokkie en Stukkie is oppie Katana en hulle rev hom 1300. Klein kont is in sy Interceptor en ons almal rev ons op met polisiekoffie en Texan plain zaan terwyl ons wag vir ‘n poeskoets of twee om ‘n lift te score. Anyways, by die main drag aangekom is daar reeds ‘n klomp connections met hulle gwarre. Bokkie en Stukkie staan reg, hulle chinstraps trek hulle lids stewig vas teen hulle ore en die kont in die Cortina rev hom hoog. “Two wheels good, four wheels bad,” hoor ek Bokkie tune Stukkie tussen gedruis van crowd deur. Scheme, die lig slaan groen en ek snuif net purple haze soos hulle rubber brand. Dan’s dit Bokkie en Stukkie, dan’s dit die kont in die Cortina. Toe slaat die kak die fan Onner by die treinbrug, slaan Bokkie en Stukkie ‘n tankslapper en albei van hulle val hulleself poeskas toe teen die treinbrug. Daar moes ‘n serious zing innie drag gewees het want hulle het gemaak soos Rockoff teen die spoed van wit sandkak.

Al wat ek notch to ek daar aangesleep kom is Stukkie wat ruk en Bokkie wat probeer om die bloed uit sy oe uit te vee. “S-s-s-s-tukkie…”, hoor ek hom roggel. “S-S-S-t-ukkie…S-S-S-T-ukkie!”, sê hy drie maal. Stukkie ruk bietjie minder en haar digits liggie viser. “Y-y-y-yes B-o-kkie my love?” Ons almal buig nader om ‘n legend se laaste immortal words vir sy cherrie te tune voor hy peg. Ek sien Bokkie kry weer daai evil glint in sy oog.” Het jy die sparks genotch, hey Stukkie?”

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
    23
    Shares
  •  
  • 23
  •  
  •  
  •  
griffinRev-rev poes-poes – Ware lewensverhaal uit die hartjie van Brakkies
Check hom

Wat krap jou? – weeklikse rubriek waar griFfin (gekwalifiseerde en gesertifiseerde skisofreen) graag hulp bied.

In wat krap jou deur griffinRek jou bek

krapOns het fokken groot probleme hierdie week. Mense wat met hulleself en met ons probleme het. Try net om nie langer as 200 woorde te skryf nie. Almal verdien ‘n plekkie innie son.

Jagsheid and then some…

Man se grootste probleem sedert sy bestaan. Dit kry ons baie in die kak (pun intended virrie gatgabbas). Ons kyk dus hierdie week na hierdie nie-so-rare verskynsel. Onthou, mens kan jags in jou kop ook wees…

Geval 1

Beste grifFinNoudat ek vir my n meisie gekry kan ek nie ophou draad trek nie. Elke dag dink ek net aan sex sex sex sex sex. Ek dink jy qualifiseer. Wat stel jy voor ek moet doen?

Anonieme persoon



Beste Anonieme persoonJou oplossing is in die hand liggend: Jy fokken kap heeltemal te veel draties. Jy gaan defnitief blind word voor jy 40 slaan. Begin jou meisie pakslae te gee met die vleisrottang of vleisdas haar ten minste. Moenie so kermgat wees nie.

Aan die ander kant: miskien hou jy van draadtrek en blind wees. Doen so voort. Eet net genoeg wortels (het jy al ‘n haas met ‘n bril gesien?). Moet net nie dat jou vriende jou vang nie. Nou-nou maak hulle jou appel van die week of selfs appel van die jaar. Ek ken so ‘n persoon. Hy’t nooit weer reg gekom nie, in fact, hy het nooit weer gekom nie.

Geval 2 (op sy kop)

Beste GrifFin

Dude ek het n serious fokken prob ou. Die joke is ek scheme nie ek is die enigste een met die einste tipe kak nie. Jy sien ek het by die nuwe company begin werk wat nogal nie te kak is nie. Ek meen hulle het al die perks: pension, medical aid en al daai tipe kak. Jy begin eers nege uur te werk, which means jy het te minste een uur ekstra in die oggend om gisteraand se piss up af te slaap, vir liefie nog ‘n slag te zaber of sommer net om te lê en uit figure wat de fok jy met daai morning glory gaan maak.

Om die skuim op die bier te sit, is negentig persent van die girls fokken hot. Which brings me to my point: meeste ouens soos my tjomme sal sê: “So wat is jou kak?”. Fair enough! Hier is my kak: hierrie chicks loop verby jou en smile vir jou en kom buk by jou desk en jy check by hulle hemde in en perv laat die kak wit sit. En hulle mind nie juis nie, plus hulle lyk gewilig en hulle maak jou so donners fokken jags dat jy al klaar sien hoe jy hulle oor jou desk vas trek en die lewende kak uit hulle uit naai.

Om dinge nog meer op te fok sit jy met n moerse stywe boerpiel. My fok, ek kom uit ‘n average NGK boere family uit. Is ek maar net seriously deur my ore genaai of is ek maar net jags of hoe…?

Saadskenker

(brief verkort vanweë lengte)


Beste SaadskenkerBly om te hoor van jou nice job en perks. Hoe meer perky, hoe lekkerder. Ek dink jy moet jou hand voor in jou broek druk en jouself aan toom hou. Anners moet jy maar jou toom gaan pluk innie badkamer. As jy almal by die werk wil naai, voel jy obviously niks vir jou chick nie.

Naai dan maar almal by die werk. Moet jouself net nie naai nie, want netnou sit jy met fokkol en dat moet ek weer een van jou briewe behandel. Lees ook gerus die raad wat ek vir Anonieme persoon hierbo gegee het.

Geval 3 (van die bus af)

grifFin,Gelees van julle in “Beeld” en was nogal nuuskierig. Maar ag tog! Julle probeer net te hard om “cool” te wees!!! Ha! Ha! helemaal reg!! Afrikaners is kommin, veral as hulle so baie engelse woorde gebruik soos julle. Siestog, dink julle nie daaraan om maar weer skool toe te gaan nie? Al gehoor van Franssprekendes wat Engels in hul sinne gebruik!!!!!! Jammer!!!! julle sal natuurlik ook nie weet waarvan ek praat nie. Totsiens kommin vriende, hierdie webblad sal ek nie weer besoek nie!!

Beste Kommin vriend,Kommin is ‘n Engelse woord wat verkeerd gespel is, tensy jy “kom in” wou gebruik het en ons in jou klein wêreldjie wou innooi. “Cool” is ook ‘n Engelse woord (gelukkig was sy spelling reg).

I bid you adieu.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinWat krap jou? – weeklikse rubriek waar griFfin (gekwalifiseerde en gesertifiseerde skisofreen) graag hulp bied.

Grapgat, Augustus 2000

In Grapgat deur griffinRek jou bek

grapgat

sit die doos terug in snaaks


NUWE BLOED

Poes vs. kont

Jannie vra eendag vir sy pa: “Pa, wat is die verskil tussen ‘n poes en ‘n kont?”

Pa tune: “Kom ek gaan wys jou.” Hy vat vir Jannie na die bed toe waar Ma lê en slaap. Hy beweeg na die onderent van die bed toe en tel saggies die kombers op.

Daar lê Ma toe nou so ietwat wydsbeen sonder haar pannas. “Sien jy daai ding, dis ‘n kont,” sê pa.

“Cool!” sê Jannie, wat nog nooit in sy lewe ‘n bosmossel in die gesig gestaar het nie. “Kan ek daaraan vat?”

“Nee jirre,” sê Pa. “Jy gaan die poes wakker maak.”

(ingestuur deur Suikerbekkie Platparra)

Hoe roep Vannemerwe sy hond?

Hy spot sy hond is besig om kak te maak, sit sy regterhand se voorvinger in die regterhoek van sy mond en sy regterhand se pinkie in die linkerhoek van sy mond. Dan check hy lat sy lippe vogtig is, en skreeu: “Wagter, hou op om daai polisieman te byt.”

(ingestuur deur Francois Hugonoot)

“As ek geweet het …”

Die 2 diakens is op wyksbesoek in die platteland en hulle ry op n stowwerige pad verby n bord wat se “Fokken Dorp”. Omtrent n kilometer later ry hulle n klein dorpie binne en alles in die dorp is net “Fokken” – dis “Fokken Straat”, “Fokken Pub”, “Fokken Hotel”, “Fokken Supermark” ens. Hoogs geskok loop hulle by die “Fokken Poskantoor” in en vra vir die ou agter die counter: “Verskoon my, meneer, maar hoekom is alles in hierdie dorp ‘fokken’?” Die ou lag en se: “Ja, ons kry nogal baie toeriste

hier wat dieselfde ding vra, maar eintlik is dit heel eenvoudig. Hierdie dorp is gestig deur n Hollandse goudsoeker so 100 jaar gelede, en sy van was toevallig “Fokken”. Omdat hy so baie vir die dorp gedoen het, is daar besluit om alles in die dorp na hom te vernoem.” Die diakens is moerse verlig oor hierdie verduideliking, en na n dag of twee se harde geestelike werk in die dorp, keer hulle terug huis toe. n Maand of wat later vergesel die dominee die diakens op hulle wyksbesoek, en na hulle

die oggend deur n paar dorpies is, se die dominee: “Maggies, manne, hoe honger is ek nou. Hoe lyk dit met n bietjie middagete?” Die een diaken antwoord: “Geen probleem nie, dominee. Hier naby is n fokken dorp waar ons n fokken hamburger en n fokken coke by die fokken restaurant kan kry.” Die dominee kyk verbaas om en se: “Jirre my bra, as ek geweet het julle is sulke befokte ouens, het ek vir ons poes ge-organise!”

(ingestuur deur Jan Lampies)

 

OU VLEIS

Bles bly ‘n loser

‘n Man met ‘n houtbeen en ‘n bles kry ‘n uitnodiging na ‘n “fancy dress” partytjie. Hy het egter nog nooit met so iets te doen gehad nie en skryf toe ‘n brief aan ‘n maatskappy wat hulleself uitleen om jou te help met sulke tipe probleme. Hy verduidelik mooi wat sy voorkoms en gebreke is.
‘n Week of wat later kry hy ‘n pakkie van die maatskappy af. In die pakkie is ‘nsakdoek, seerower pak en ‘n nota. Die nota lees as volg: “Neem die sakdoek,bind dit om jou kop en trek die seerower pak aan. Die drag en houtbeen sal jou mooi laat inpas by ‘n seerower tema.”
Hoogs die bliksem in en uiters gebelgd stuur die man vir die maatskappy en brief terug en vertel hulle in lekker kak taal hoe beledigd hy voel oordie voorstel. Hy is dan nou juis so sensitief oor sy gebrek van diehoutbeen.
Nog ‘n week later daag daar weer ‘n pakkie op met ‘n monnikspak en nota. Die nota lees: ” Trek die monnikspak aan wat u houtbeen dan mooi sal verdoesel. Die monnikshoed en gewaad sal dan mooi saam met u bles inpas by ‘n kloostertema.
Nou is die man eers befok. Weer skryf hy vir hulle en stel dit baie duidelik dat sy bles nie iets is om mee te spot nie.
Die volgende week kry hy weereens ‘n pakkie van die maatskappy af met ‘n nota en ‘n blik karamel stroop daarby. Die nota lees: “Neem die blik karamel stroop en poes die volle inhoud daarvan oor jou bles uit jou kont. Neem dan jou fokken houtbeen en druk hom in jou gat op en gaan na die geleentheid as ‘n toffie-appel!”

( ingestuur deur Doepie)

Fokken ou mense

Die fokken laaitie sit innie park en rook en vreet lekker en in die algemeen fok lekker op.
Hier kom `n outop en sê “As jy so aan donner sal jy gou vrek.”
“Wat?” sê die laaitie,” my fokken oupa het 107 geword.”
“Ja,” sê die outop, “maar hy het seker nie so opgefok nie.”
“Fok jou!” sê die laaitie. “Hy het nie sy neus in ander mense se fokken besigheid gedruk nie.”

(ingestuur deur Robert Wolmer)

Jannie en Sannie

Jannie is saam met sy goose, Sannie, in sy foktrok by die drive-in en die fliek is kak. So nou lê hulle en vat-vat so aan mekaar en terwyl Sannie so aan Jannie se snotsambok begin kielie tune sy: “Jannie, Jannie, soen my waar dit stink.” Jannie spring regop: “Nee jissus Sannie ek gaan nie nou al die pad Witbank toe ry nie.”

(ingestuur deur Suikerbekkie Platparra)

Vra is vry…

Wat doen die een moffie met die ander een as hy kwaad is vir hom?
Hy kak hom uit.

Wat is ooreenkoms tussen om skoeter te ry en ‘n vet tjerrie se wolskoeter te ry?
Dis lekker totdat jou vriende jou sien

(ingestuur deur Klopdisselboom)

Hoe blaf ‘n hond? Woef!
Hoe blaf ‘n hond van Wolmer? Woef, ek sê!

(ingestuur deur Spyker van Sunnyside)

Die parra wou gaan opsit…

n Padda sit op ‘n blaar op die rivier. Hy sien iets doer ver op die wal. Hy swem soontoe en sien toe dat dit ‘n Vienna is. Hy eet die Vienna en swem terug na die blaar. Terug op die blaar kom die water tot by sy enkels. ‘n Rukkie later sien hy weer iets op die wal van die rivier. Hy swem weer soontoe en kry ‘n Russian. Die padda eet toe die Russian en swem weer terug na die blaar. Terug op die blaar kom die water tot by sy middel. Nog ‘n rukkie later sien hy weer iets op die wal. Hy swem weer soontoe en kry ‘n stuk boerewors. Hy eet dit ook en swem terug na die blaar. Toe hy op die blaar klim sink hy heeltemal. Moral of the story: Hoe groter die wors hoe natter die PADDA.

(ingestuur deur Robert Wolmer)

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinGrapgat, Augustus 2000
Check hom

Die einde van die wêreld (Of: ‘Die fokop met kettingwinkels’)

In Snotstories deur griffinRek jou bek

(deur Toast Coetzer)

Dis dalk my eie skuld. Dis dalk ons almal se skuld. Maar ek wil die blaam tog vierkantig voor die outomatiese deure van gewilde kettingwinkels plaas. Die revolving doors by die banke met die groen is vir “GO” embleem het ook ‘n vinger in die nag-emmer, maar ons gaan nou nie met kak soos globalisering (nee, fok, dit het niks met spoeg, die Ghost Busters of balkleppe te doen nie, Gerrit) mors nie, want dis anyway veel meer gewild in Japan (en hulle ken jijitsu en ons weet dat jijitsu en Black Cat jou ‘n gevaar op die strate maak).

Dit het gebeur toe ek in Stellenbosch gesit het so paar maande gelede. OK, ek weet dis in die eerste plek ‘n stupid plek vir ‘n moreel stabiel Afrikaanssprekende om te wees, maar ek’t gedog ek sal dit darem kan doen, net so vir een middag en ‘n wynplaas-toer lank. Min het ek geweet. Wat ‘n onskuldige dubbel-bier en afgryslike stukkie anchovy-pizza by Die Dros moes gewees het, het skielik in ‘n onmeetbare eksistensiële (niks met ex-girlfriends te doen nie, Gerrit) krisis ontaard. Donker Hottentots-Holland miswolke het gespiraal voor die son soos die napalm-gas in die closing sequences van Platoon, of een van daai. My bier het verbitter. My anchovy het aan my pankreas begin knibbel.

Fok dit, het ek eers gesê, maar toe weer gekyk.

Neffens regs van my oogblik, op die plein tussen die voetoorgang en die bar op die tweede verdieping waar iemand netnou ‘n promotional cardboard cut-out van ‘n Savanna-bottel ingedra het, het hulle aangekom. Rye van hulle. 12, dalk 14, selfs 38. Ek kon nie verseker sê nie, want ek was verward en verblind – iets wat toegeskryf kon word aan my sonsteek van twee dae tevore of dalk het ek impulsief na ‘n wapen begin soek. Maar die pizza-mes was stomp en ek wou nie in die openbaar my bierbottel stukkend slaan om ‘n lekker lem te maak nie. Bowendien (soos my broer sou gesê het), die mense om my sou my vir ‘n mal ketter op Panados en papawer-saad geroep het.

Die sight was dalk die logiese samevloeiing van blote sinkronisiteit (is ge-sinkroniseerde swem nie die most useless Olimpiese sport ooit nie? Shit, hulle might as well jukskei toelaat in Athens 2004), dalk was dit ‘n drama-klas uitstappie, of selfs die Stellenbosch goth/hardcore sel wat na ‘n voorlesing van Marilyn Manson chill-out songs gegaan het. Maar ek twyfel. Hulle was gestuur. Deur God. Of Buddha, of Sjaka Septembir of Mike Lipkin. Om my te toets, te treiter, te folter, uit te lok, te ‘mok’ (soos my broer sou gesê het). As ek terugkyk, dink ek nou dit was bloot opvoedkundig. Dit het my Paulus-oë laat afskub soos karpskubbe wat afkrul en stink in die son by Lake Mentz anderkant Jansenville (in die agtergrond roep Asterix, “hier’s fokkol vis, ouens”).

Die linies was losweg gerangskik, casual selfs, maar hulle uniform het alles verraai. Dis wat hulle gevaarlik gemaak het. Nie soseer vir almal om hulle nie, nee, veel eerder gevaarlik vir hulleself. Hulle was grasieuse handgranate op soek na ‘n skoolbus vol ongetooides voor hulle een vir een sou ontplof soos marmotte in LG Microwaves (face of the future: hoe jou gesig lyk die oomblik as jy uitvind ‘n microwave kan R3 000 kos en jou chick wil dit net fokken hê). Opvallend ook dat hulle almal sulke semi-sexy (op daai musiekjuffrou/tandarts-sekretaresse manier) hubare meisies was. Hoofmeisies, prefekte en die wat altyd wou gewees het maar te stupid, dom, lelik, ongewild of arm was. Dalk het hulle pa’s wynplase. Dalk is hulle die kinders van netjiese voorstedelike huise in Belville en Durbanville. Ma’s wat wasgoed was en Health & Racquet toe gaan. Boeties wat 0/13 A-span speel. Boyfriends wat … nee, ons kom nog by hulle.

Hulle tabberds was netjies, ge-groom, nice rompies wat nice been wys. Toppies wat klein boobs goed laat lyk. Understated make-up wat boring gesiggies snoggable laat voorkom. Haarstyle wat nie sommer uit hulle holle getrek is een oggend nie. Nee, die tipe haarstyle wat Ernstige Erns ‘Liz Hurley-hairstyles’ sou geroep het. Selfs Gwyneth ‘Pypbom’ Paltrow sou trots gewees het.

HULLE HET ALMAL DIE FOKKEN SELFDE GELYK. ALMAL IN SWART. SWART EN SO SPANDABELRIGE TIKKIE GRYS HIER EN DAAR. HULLE KON GE-CLONE-DE SUSTERS GEWEES HET. DIT WAS VERSKRIKLIK. 1984. NEE GERRIT, NIE TOE ONS IN SUB.A WAS NIE! 1984, DIE BOEK. DIE GROOT FOKKERS MAAK ONS ALMAL DIESELFDE.

Edgars-pakkies, Foschini-toppies, Topics-skoene (sexy swart leer-nommertjies wat so fokken onprakties is as jy ‘n quick getaway moet maak by die BP Express shop met ‘n hoender-pie en dit reën buite en jy gly as jy om die draai gaan en dan gryp die Hi-Tec security guard jou aan die kraag). Die kettingwinkels beheer ons. Alles. Dit begin met jou vriende. Dan sien jy wat hulle dra en, God, kort voor lank wil jy ook cool wees. Jy wil soos die res wees, jy wil kwaai lyk by die sokkie, jy wil ouens pull met jou absolute grasie (maar verstel jou Woolworths onderklere met jou wysvinger onder die tafel, dan vat jy weer ‘n vingerhappie op ‘n stokkie), verfynde glimlaggie (wag maar, bokkie, ‘n blowjob is nie vir beginners nie), jy wil jou gat in styl swaai, terwyl dit nog tight is en jou kuite so bounce-bounce van al die hokkie speel. Jissis, jy wil IN wees, nie UIT nie. Die Alfa-female het ‘n trademark, ‘n label, sy’s so fokken trendy sy eet net chips-flavours waarvan die pakkies nie met haar klere clash nie. Sout en asyn = navy. Tamatiesous = rooi en, at a push, burgundy.

Die ouens ook. Die boyfriends. Hulle’s hier, hier in Die Dros, hier in die Hatfield Plaza, hier in Brooke’s Pavillion in PE. Daar’s nie eers ‘n cover-up nie, dis ‘n openlike surrender teen die magte van die hoereerende kapitalis en haar sweepswaaiende tolk, GELD en die ewigdurende, taai, oorklappende skermutseling om gewild te wees, hip girls te naai, TV-sterre te ken en Just Jinger lirieke te kan recite. Generaal Reitz sou in sy graf probeer omdraai het (ons weet tog dis onmoontlik om te kan omdraai in ‘n kis, veral as jy vet is. Bowendien, blaas mens nie op as jy doodgaan nie?). So much vir Magersfontein en Amajuba. Spioenkop is net ‘n pleknaam. Boet Erasmus net nog ‘n buurman. Die ouens se kruitvate is selfone, hulle voorlaaiers is hulle Corsas en Sohos, hulle khaki-toiings is muscle-tops, hulle jasse is Markhams-truie met daai stupid strepe, hulle broeke is vars roomkleur Chinos van Edgars. Hulle is die truly worthless Truworths MAN.

So slaan dit my toe, ‘n fratsgolf van emosie en woede, gepaard met patriotisme en sy gebruiklike bedmaat, voel-‘n-fok-isme. En ek sit daar, entoesiasties maar verward, soos ‘n klein kitchen-zink in ‘n pruimboom wat nou net uitge-figure het hoe om muisvoëls in ‘n sifdraad-hok te vang en dan hulle nekke om te draai, want dis goedkoper as om hulle met Swartklip Standaard kort .22 patrone te skiet.

Ek draai toe maar na my Engelse vriendin en sê “won’t you pass me my fucking shades, I can’t take this glare” en klem my tande om my bier.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinDie einde van die wêreld (Of: ‘Die fokop met kettingwinkels’)