Check hom

Etiket saam met griFfin – (ek sal vir jou fokken maniere leer)

In Snotstories deur griffinRek jou bek

Almal weet dat mans diep in hul harte varke is. Op vleisiebraai en ander gesellige geleenthede kom die vuilste grappe uit en almal lag ewe hard om die vuur. Agter girls se rugte is ons wilde diere, maar voor hulle sit ons die beste nommer nege met toejam en bunions neer. Hoekom verder voorgee? Hier is ‘n paar wenke wenke wat jou die regte maniere aan tafel en op eerste dates gaan leer. Meeste van dit ken jy in elk geval. Jammer om te hoor as jou ego uitfok.

aan tafel

wat om te sê:

  • “‘n Man is nie ‘n klip nie, hy moet graze!”
  • “Waar’s die kos, ek’s poeshonger!”
  • “Wat de fok is dit?” (terwyl jy met jou vurk in die vleis druk)
  • “Wat ruik erger as ‘n sardientjie?” (wanneer daar vis geeët word – almal weet dat dit ‘n sardientjie se poes is)

Verder ken ek nie veel nie. Ek is mos nie soos al die ander ouens nie. Ek is uniek. Jy is ook mos.

wat om te doen

  • Sorg dat daar genoeg sterk drank is.
  • Ry op jou stoel.
  • Moenie jou hande was voor ete nie. Jou naels moet lank en vuil wees.
  • Grawe in jou neus.
  • Poep kliphard.
  • Dis beter om die silent chokers te hou vir wanneer iemand ‘n mond vol ryk kos vat – Marmite poepe doen gewoonlik die ding.
  • Maak of dit jou girlfriend was.
  • Vloek met ‘n mond vol kos en laat dit oor die tafel of jou broek mors.
  • As jy aan tafel burp moet jy ‘n suur smaak in jou mond kry en vir almal vertel.
  • Onthou om te bid. Jy ken mos ‘n lame gebed wat jy eenkeer op Simpsons gehoor het. Dis mos snaaks. Jy is mos snaaks.

goeie maniere op eerste dates (meer gewaagd. wie’s bang?)

wat om te doen:

  • Spreek haar ouers direk aan as “ou lady” en “ou toppie”
  • Loop eerste by die deur uit (poep as jy kan)
  • Moenie die kar se deur vir haar oopmaak nie. Sy het mos hande
  • Sit jou hand in die waai van die meisie se been as sy gaan sit. Soek vir die tjommie. Jy moet mos jou vriende vertel
  • Klap jou vingers as jy die tjommie kry
  • Rev jou kar en speel harde musiek
  • Onthou die bandanna om die spieëltjie
  • Moenie bad nie
  • Dink vir jouself

wat om te sê

  • “Wys my jou ID.”
  • “Jissis, hoe pas jy in daai rok in?”
  • “Jy lyk soos die meisie agter op die melkboksie.”
  • “Het jy nie spuitgoed nie?”
  • “Ek gaan jou so vol wors stop dat jou oë soos slaghuisvensters lyk.”
  • “Hoe lyk dit met so bietjie pakslae met die vleisrottang?”
  • “Ek gaan jou so hard raps dat jy vir ‘n week nie kan sit nie.”
  • “Ek hoop jy het iets wat komkolle van klere kan afwas.”
  • “Ons gaan saam huil, maar die hele ding moet in.”
  • “In die chutney of glad nie!”

gevolgtrekking:

Jy is ‘n volslae poes. Daar is niks wat jy daaraan kan doen nie. Rev jou kar. Leef dit uit. Koop ‘n blik Ego, jy sal beter voel.

griffinEtiket saam met griFfin – (ek sal vir jou fokken maniere leer)
Check hom

Moffie of man? (‘n ware verhaal)

In Snotstories deur griffinRek jou bek

sponsSo ‘n ruk terug het een van ons kennise ons ‘n storie vertel wat ongeloofwaardig was, tot ons by hom gaan kuier het en die bewysse gesien het: ‘n sponsie met bruin strepe op. Hoe die bruin strepe daar gekom het is dalk natuurlik, gemaklik of sag maar die staaltjies wat onstaan het as gevolg van die sponsie moet vertel word.

Dirk* (*regte naam weens etiese redes verswyg) het ‘n probleem met toiletpapier naamlik dat dit heeltemal te hard is vir hom (selfs die nuwe 3 laag Twinsavers) om sy agterstewe mee af te vee. Volgens hom, as hy toiletpapier gebruik, kan hy amper vir ‘n week nie sit nie, so rou en seer is dit. Gevolglik moet hy ‘n sponsie gebruik om ongerief te voorkom en seker te maak dat sy agterstewe ordentlik skoon is. Dit kan natuurlik as heeltemal normaal gesien word, en baie mense doen dit seker (moffies?).

Die ergste deel van die storie is dat daar eendag iemand vir hulle kom kuier het. Die persoon moes gestort het. Sy het natuurlik gedink dat dit haar baie skoner gaan kry as sy haar met iets was soos bv. ‘n sponsie. Sy het natuurlik toe die blou en bruin sponsie gebruik om haar self mee te reinig. Ek weet nie hoe skoon sy daarna was nie, maar Dirk* was heel gelukkig want sy het die sponsie ‘n baie nodige was gegee. Sy kom kuier gereeld en wat kan ‘n mens aan anders dink as die gewaste sponsie?

showerMet Dirk* se hol-robleem beland hy ook so nou en dan in snaakse situasies. Aangesien hy in die werkersklas val en ‘n normale werk het, het dit al gebeur dat hy by die werk met die bruinbeer(later meer oor hierdie term) moes gaan stoei. Soos alreeds gesê is, is die risiko om toiletpapier te gebruik te groot om te waag. So hy moet elke keer ‘n plan maak. Gelukkig vir hom is daar iets soos feminisme ( vrouens wil mos alles doen wat mans doen). En jong dames het gewoonlik een of ander tierlantyntjie op hulle lessenaars. Hierdie spesifieke jong dame het ‘n mooi klein sagte Garfield wat op haar tafel staan. Sy het al gewonder hoekom haar Garfield se voete partykeer nat is as sy rond geloop het terwyl sy moes werk.

griffinMoffie of man? (‘n ware verhaal)
Check hom

Geagte werkgewer – ‘n Bedankingsbrief wat fokken erg houding gooi

In Snotstories deur griffinRek jou bek

(deur Alibaba)

Insake: Bedanking

Hiermee wil ek net te kenne dat ek moerse, maar fokken moerse oorstelp is dat ek my verinneweerde gat van dié poesplaas af kan verwyder. Op elke moontlik geleentheid betuig ek met trompetgeskal en klinkende simbaal my dank aan die Allerhoogste dat ek uiteindelik ‘n nuwe werk gekry het waar dit nie ‘n absolute voorvereiste is dat ‘n mens ‘n dikvellige naaier moet wees om net jou werk gedoen te kry nie. Ek meen dat dit sonder twyfel op een of ander siek manier ‘n voorreg moes gewees het om vir die afgelope twee jaar eerstehands te kon waarneem hoe hierdie maatskappy en sy jammergattige middelbestuur, die kuns van teenproduktiewe bestuur tot in die fynste detail vervolmaak het. Sonder dié eerste blik op die mediawêreld sou ek nooit geweet het hoe presies om ‘n maatskappy kop eerste in die teerpad te laat induik nie.

As niksvermoedende jong man, vars uit die universiteit, was ek maar net te dankbaar om aangestel te word in ‘n betrekking wat my pa na sou verwys as ordentlik en gerespekteerd. Maar helaas, kort voor lank het ek stront begin ruik toe die ou wat my eerste baas was, en wat homself intussen onderskei het as ‘n ongebreidelde poes, my letterlik en figuurlik om elke hoek en draai in die hol probeer naai het. Dié sak vol slap kak, was so selfingenome dat hy homself elke teepouse in die hol gevinger het in die stinkende hool wat as toilet moes diens doen. Ek weet dit want ek kon dit aan hom ruik en die blos op sy wange was nie van niks nie.

Terwyl ek nou my lessenaar skoonmaak, en al die voorrade wat ek gister bestel het in ‘n boks pak, kan ek nie help om lekker te kry om te dink hoe u gaan sukkel om te probeer uitpluis waarmee ek alles opgefok het waarvan u nog nie weet nie. Al die mense wat ek gelaster het en projekte wat ek onvoltooid laat staan het, se gevolge gaan nie net op my opvolger neerdaal nie maar ook op u, sodat u gat ook ongetwyfeld in die afsienbare toekoms op die lyn sal wees.

Om terug te keer tot die wonderlike tyd wat ek hier gehad het. Ek het myself na drie maande elke dag geknyp om seker te maak ek was nie deel van ‘n verskriklike nagmerrie nie. Wat veronderstel was om ‘n inleiding in die basies beginsels van joernalistiek te wees, het uitgedraai om ‘n lang en uitmergelende les te word in wat gebeur as gewone armsalige joernalissies opgevang raak in ‘n magsstryd tussen die fokken donnerse poese en die donnerse fokken konte. En of dit nou die donnerse fokken poese of die dooslike fokken konte is wat die magsstryd wen, jy is op daardie stadium in elk geval well en truly in die hol genaai as jy hulle (die middelbestuurders) nie reeds lankal toegelaat het om jou oor teepouses in die hol te naai in die stinkende hole wat hulle as toilette gebruik nie. Diegene wat nooit in die hol genaai is nie, is in elk geval so hardegat en fokken sterk, dat hulle sonder opleiding as Recces sou kon gaan diens doen het in die diepste en mees gevaarlike guerilla oorlog in donker Afrika. Dis met dié onbetwisbare feit in gedagte dat ek u uit die diepte van my hart kan bedank. Baie dankie, ek het nou alles gesien en ek is nou goed voorbereid op enigiets. Ek bedank u vir die voorreg om die maatskappy as ‘n stepping stone te gebruik en moet my asseblief nie groet as u my in die straat raakloop nie. Ek wens die maatskappy nie een goeie ding toe nie.

Julle etter-etende maaiers.

Baie dankie

Geteken: Vlaknaai

griffinGeagte werkgewer – ‘n Bedankingsbrief wat fokken erg houding gooi
Check hom

Die Wit Buffel val – ‘n kort en kragtige geval van ‘n KO met ‘n PK. (teen ‘n KS.)

In Snotstories deur Chopper CharlieRek jou bek

buffel1Ek sou daarvan hou om te kon sê dat die Wit Buffel na ‘n helddadige geveg vir die swaargewig wêreldtitel met grasie gesneuwel het. Dit klink mooi en almal hou tog van mooi goed. Die waarheid is natuurlik bietjie anders. Die waarheid is dat Lennox Lewis vir Francois Botha in die tweede ronde so hard gedonner het dat hy gat-oor-kop halfpad uit die fokken kryt gebliksem het. Hard. Die waarheid is ook dat Botha se laaste shot vir greatness nou basically verby is.

Dit was ‘n Saterdagaand en daar was groot boks om na uit te sien. Ek en my pa het verdraagsaam deur die kak voorfights gesit, ons verdraagsaamheid grootliks aangehelp deur ‘n bottel rum en menige Black Labels wat vinnig besig was om op te raak. Die kamstige Europese swaargewig kampioen van die Ukraine was veral teleurstellend. Alhoewel hy herinner aan Drago van Rocky IV (dieselfde meganiese Russiese gevoelloosheid) en fokken groot en mean lyk, sal hy heel moontlik kak teen ‘n competent bokser soos Lewis of Holyfield. Wys jou wat ‘Europese bokskampioen’ beteken.

Om ons verder op te psyche het ons ook na Botha se fight (op tape) teen Tyson in Januarie 1999 gekyk. Dis Botha se commendable buffel2performance in hierdie fight wat aanleiding gegee het tot sy shot teen Lennox Lewis. Teen al die odds het Botha op stadiums vir Tyson outbox, en gemanage om vir vier rondes te bly staan. Die probleem is egter dat as Tyson jou raakslaan jy gaan val, en dis ook wat gebeur het in die vyfde ronde. KO met ‘n PK, met komplimente van Tyson.

Terug na die main fight. Na die fighters se respektiewe entrances (en die profetiese ‘The Final Countdown’ wat Botha se song was) kry ek vir my ‘n vars Black Label. Kyk, ‘n man wil nie sommer van die aksie mis net om nog ‘n bier te loop haal nie. Verras was ek toe die manne teenoor mekaar staan en ek sien hoe poes groot Lewis eintlik is. Maar een ding moet jy vir die Wit Buffel gee – die man se hart is reg. Terwyl die ref met hulle praat (en die fighters mekaar se colours check), kyk ek vir Botha se oë en dit sê net een ding: ‘Ek’s skrik jou fokkol, ou.’

buffel3Klang-klang. En die manne kom voel-voel uit, Botha die heel tyd op die agtervoet. Lewis is duidelik aan die stuur van sake, soos hy bewys met ‘n vroeë fuck-off regter wat Botha gevaarlik laat steier. So ‘n rukkie hou die belaglike kat-en-muis speletjie aan tot in die die tweede ronde. Lewis besluit dis tyd en haal vir Botha uit met ‘n regs-links-regs kombinasie van klipharde PK’s. Soveel dat Botha soos ‘n vrot vel deur die toue val en wankelrig op die count van ses opstaan. Skeidsregter Larry O’Connel kyk die Wit Buffel diep in die oë en besluit dis oor. Niks meer nie en Lewis bly die champ.

Vir die soveelste keer teleurgesteld daardie aand het ek na my halfvol Black Label afgekyk en innerlik geween vir die soveelste val van die wit Afrikaner. Nog ‘n Great White Hype op sy knieë, en die term ‘white heavyweight contender’ lyk meteens soos ‘n wrede grappie.

Tot siens, Wit Buffel. Ons sal jou goeie hart mis.buffel4

Chopper CharlieDie Wit Buffel val – ‘n kort en kragtige geval van ‘n KO met ‘n PK. (teen ‘n KS.)