Ons duik vir die laaste keer in 2011. Ons sal wel weer vinnig kom inloer oor die naweek om darem vir 2011 te tune om te fokof ook. Vir eers moet jy nou dadelik jou desk by die werk verlaat (as jy een van daai konte is wat by die werk moet sit), jou baas 'n toffie gooi en soos Michael Jackson maak en die fok by die graft wegkom.
Gaan drink 'n koue een…






Ape van die Tarzan
Hierdie is right up there saam met "Who Killed Captain Alex" van Uganda.
De Wet du Toit wil fokken graag Hollywood se volgende Tarzan wees en het 'n video gemaak vir die doel. As hy gelukkig is, verg die rol van Tarzan net aapgeluide en so min dialoog as moontlik, want fok weet, die ou praat so vinnig soos iemand van Randburg of Vereenigning af alhoewel hy van die Outeniekwaberge af is. Die Outeniekwaberge moet dan seker soos Vereeniging wees.
Net met 'n berg of iets.