Check hom

Nog ‘n Oujaarsaand is verby …

In Snotstories deur griffinRek jou bek

Nog ‘n Oujaarsaand is verby …

Collin


Word wakker met een van daai hoofpyne wat voel asof ek êrens in ‘n Viëtnamese tronk is en gemartel word deur kort skrefiesoog mannetjies wat my met bamboes op my rug en onder my voete slaan terwyl rotte besig is om aan my skrotum te knaag. ‘n Paar keer gehoes en rondgekyk om seker te maak ek is in my eie kamer en nie by daai ding wat my gisteraand probeer terugsleep na haar grot toe nie. Daar behoort ‘n wet te wees teen vroumense wat jou probeer charf na hulle jou heeltyd dophou en seker maak jy is te dronk om te dink of te beweeg. Hulle wag tot so net voor gravity wen en jy lê met jou bek op die vloer.

“Hallo, my naam is Natasha.”

“Hoezit,” (al wat ek op daai stadium van die geveg kan uitkry), “hou my bietjie regop toe. Ek en gravity is hier met ‘n moerse fight besig en ek is besig om te verloor.”

As jy jou weer kry word jy wakker in ‘n vreemde flat, kaalgat langs iets wat Green Peace sal terugrol as sy uit die see uitkom en wonder of jy jou arm gaan afkou eerder as om haar wakker te maak. En jou buddies het foto’s wat opgeplak word in die bar.

“Kom ons drink môre-aand Tassies so op old times,” het een simpel moer gister gesê. Ek het toe al die doodskoue gekry maar dit ‘n ignore gekap. Paar tweeliter kannetjies met sulke lekker ore gekoop om met gemak te drink. Dit reën in elk geval al weer Oujaarsaand so ons drown maar ons sorrows. Ek weet die goed smaak soos battery acid en rooi asyn (en bietjie suiker of Nutra-sweet vir die klomp wat op Weigh Less is). Ek is in elk geval seker daai goed, Tab en Diet Coke maak jou net dik, want dit is net vet mense wat die kak drink.

So het nog ‘n moerse hangover begin. Eerste drie glase gedown om seker te maak my tastebuds skrik so groot dat hullke die res van die aand buite aksie sal wees. Ek het die kak immers laas gedrink toe ek geswot het en toe ook net omdat jy niks anders kon bekostig nie.

Halfpad met die tweede kannetjie en twaalfuur is ‘n sig. Maak net asseblief twaalfuur hierdie jaar. Me, myself and I het gou ‘n vinnige meeting. As ek nog drink na die kannetjie bekots ek weer vanaand die hele plek en mis ek nog ‘n Nuwejaar. Dit laas gedoen toe ek student was (toevallig ook die laaste keer wat ek die battery acid/ asyn mixture gedrink het. Die kannetjie is uiteindelik klaar en ek besluit om bietjie te rus.

“Vat ‘n shot potency. Dit is ‘n energy drink. Sal jou bietjie lewe gee.”

Kak storie, Potency, Tas en daai ou hoender pie maak amok in my binneste.

“Ek was eerste hier, laat julle voete raas. Twee kanse, ons is drank en belangriker.”

Hier kom die katte. Klaarblyblik het my maag besluit al drie verloor.

Is jy orraait?”

Klink ek orraait? Ek is besig om my pankreas uit te kots. Hoe moet ek nou ‘n goose optel? Jammer dame, ek weet ek ruik soos rooi wyn en vrot hoender pie maar ek het gewonder of jy my sal vergesel na my flat toe vir ‘n potjie owerspel? Daar is ‘n groter kans ek raak pregnant na jy my in die hol gekap het.

Hoes-hoes spoeg-spoeg terug kar toe. Ingeklim, die autopilot knoppie aangesit en gewag dat ek by die huis uitkom. My ander connections lê hier êrens op die sand uitegepass of is ontvoer deur een van daai gevreesde vroumense. Nou net om verby daai spietkops te kom (“Mamma, kan hoere ook kinders hê? Ja my skat waar dink jy kom spietkops vandaan?) en dan is ek by die huis.

Weereens belowe ek my self, Nooit weer Tassies nie.

Ten minste tot volgende jaar in elk geval…

griffinNog ‘n Oujaarsaand is verby …
Check hom

Pokemonster maak vir baba bang

In Snotstories deur griffinRek jou bek

pokemonster maak vir baba bang

Wim Davel


[ In die Afreakaner se ewigdurende stryd teen Satanisme (nog ‘n klaarblyklike “swart” gevaar), is deur wkj? besluit om die meegaande artikel te plaas. Die boodskap is onderskep deur Angola Badprop en word volledig ongeredigeer geplaas. Dit lees veel beter so. Julle sal sien. ]

Neem 5 minute van jou tyd en red jou kind se lewe! PASSOP!!! satan is besig om onbewuselik met ons kinders te speel al lyk dit hoe onskuldig.

Eers ‘n paar briewe van ouers.

Parent 1

My 4 year old son has been introduced to these pokemon discs +- 1 week ago through friends at the creche. Since then he has requested for simba chips on a daily basis (he never liked simba chips), with the ulterior motive to collect these pokemon discs. This is not the only strange behaviour he has developed, bet he spends most of his time playing with these discs and he even sleeps with them and ignores other favourate activities. Worst of all he speaks about evil things.

Having read this article, below mentioned, I recal my son having rentless nights sleep (possible nightmares) recently. This is enough reason for me to believe that the pokemons are evil. Believe it or not – but remember prevention is better than cure. Your child is important.

Ouer 2

Ek het drie seuns en hulle het ‘n versameling van ongeveer ‘n 100+ van die goed gehad. My kleintjie is 5 jaar oud en hy kry epelepsie wat redelik onder beheer is maar in die laaste paar dae het hy dit redelik gereeld gekry tot my kommer. Nou ja dit was met die ander twee nie minder beter nie. Hulle het geweier om huiswerk te doen tot ek die goed in die asblik gegooi het en hulle elkeen met ‘n loesing kamer toe gestuur het. Ek moet sê omstandighede het handomkeer verander nadat ek die goed weggegooi het.

Sterkte met jou kind. Gooi die goed onmiddelik weg en moet liewer nie weer simba koop nie. Jy is besig om die duiwel en al sy demone in jou huis en jou gesin toe te laat.

Parent 3

Watch out people beware of the satanic pokemon discs. My child was collecting them and her head started to rotate, and words like “buy more” and “watch tv” started to appear on her back, she also curses us all the time now and the bad thing is, its in Latin so we dont really understand.

Parent 4

Hi all

Please be aware of the pokemon chips (round discs) found in the chips packets. Children have become obsessed with these and they start to collect them to compete with their friends. Not knowing that these discs are demonic and the more you collect, the stronger the hold on your child.

There has been innocent children that committed suicide, saying that “ash” the name on one of the discs, is calling them to some place. The most recent being a 14 year old child in Durban that hung himself and left a note for his parents saying that he’s gone to join “ash” in a much better place. Apparently this child was always talking about “ash and his parents had no idea what or who “ash” was. Now it is to late. There has been similar incidents in Verulam, Durban.

If your kids have these discs at home, please burn them immidiately and educate your kids about this thing that satan has introduced to them. Also pray over your kids daily and cover them with The Blood of Jesus Christ.

My son was also collecting the pokemon discs and one night he awoke and told me that there’s something in his room and couldn’t sleep. At that time I didn’t know about these demonic discs, so I told him to go and sleep with his brother.

After hearing about the pokemon he got rid of them and never complained when he slept in his room. Churches in Pretoria have been preaching about this pokemon and how destructive it is.

Die skrywer van hierdie artikel

Hier is so ‘n bietjie persoonlike ondervinding. My dogtertjie is vier jaar oud, weet wie Liewe JESUS is, gehoorsaam aan ons, goeie maniere en ongelooflik liefdefol – sy is ‘n wonderlike kind en ‘n ware geskenk van GOD.

Ongeveer drie weke gelede het sy met een van hierdie goed (pokemon skyfie) by die huis aangekom van die kleuterskool af en ek en my vrou het nie veel daarvan gedink nie. Sy het in ‘n mate ‘n opsessie oor hierdie skyfie ontwikkel. As ons winkels toe gaan wou sy net simba chips hê met pokemon (ons het dit nie gekoop nie want dit is iets wat sy nog nooit van tevore van gehou het nie). Sy wou nie meer in haar kamer slaap nie want sy sê daar is ‘n monster. Sy wou nie meer alleen badkamer toe gaan nie want sy was ewe skielik bang vir die donker.

Hierdie kind was in haar jong lewe nog nooit bang vir die donker nie. Ons het maar gedink iemand het haar bang gemaak vir die donker en sy het maar saam met ons geslaap en as sy na die badkamer wou gaan het ek of my vrou maar saam gegaan.

Ongeveer twee weke terug het ons by vriende gekuier en daar het sy nog twee van hierdie skyfies in die simba chips pakke gekry. Haar gedrag het na die slegte vererger. Sy het verskriklik ongehoorsaam geword. Sy het nagmerries begin kry en in ‘n vreemde stem en taal in haar slaap begin praat. Ek en my vrou was erg geskok maar het nie geweet wat fout was nie.

Een oggend ongeveer ‘n week gelede nadat my vrou opgestaan het om reg te maak vir werk het die kleintjie ook wakker geword. Sy het nog nooit in haar lewe 05:15 opgestaan nie. Sy moet elke oggend wakker gemaak word vir kleuterskool.

My vrou was besig om koffie te maak toe die kleintjie langs haar kom staan het en vir haar sê “mamma jy is vieslik”. My vrou het natuurlik in trane uitgebars en kon glo wat sy so pas uit haar stukkie hemel gehoor het nie. Die kind het in haar lewe nog nooit so iets aan ons gesê nie.

Dit het ons die hele dag gepla en ongeveer 12:00 daardie middag bel my vrou my en sê sy weet wat fout is met ons kind. Sy het toe hierdie skokkende e-pos aan my gestuur wat sy by haar werk gekry het. Ons het die pokemon skywe onmiddelik by haar weggevat en dit verbrand. Wonder bo wonder het ons dogtertjie terug verander na wie sy was.

Wees gewaarsku – moenie met vuur speel nie. Vat dit by jou kind en vernietig dit. As jy dit hou is jy besig om al satan se demoniese kragte in jou huis in te nooi. Besef een ding – satan is magtig – maar gelukkig weet ons, ONS GOD IS ALMAGTIG!!!

Sterkte,

Wim Davel

Hier is ‘n verkorte gedeelte uit die artikel.

“These discs are from hell – once your child has collected the whole set – you open yourself and your family to all the demons of hell! More proof is that microsoft is releasing a new opperating system called “windomon 2000”. If this is not proof that you should burn these terrable things, simple maths should help: there are 30 pokemon discs to collect of the 180 that are in production, devide 180 by 30 you get 6 (the first 6) then devide 30 by the 5 powers that they have and you get 6 (the second 6). The fact that 1 in every 7 packets does not have one in them – you minus the 1 from the 7 and you get 6 (the third 6). That is 666!!! – the mark of the beast! Also if you take the word “pokemon” turn the “p” upside down it becomes a “d” and if you move the “d” 2 spaces on it reads “ok demon” and the company that is selling these demonic discs are fully responsible and know full well that they are contributing to the new world order!!! After all the name simba – or how it should really be pronounced…. “sim – ba” which is Egyption sanscript for “the devil”! Stay away before you lose your very sole! You have been warned! the devil is inside your chips and
your children!”

Kom ons stuit hierdie nare verskynsel voor dit te laat is. Probeer hierdie boodskap na so veel as moontlik mense of organisasies stuur.

Vriende groete,

Wim Davel

griffinPokemonster maak vir baba bang
Check hom

Hoe ry die boere? Rev-rev-poes – Kyalami op sy zefste

In Snotstories deur griffinRek jou bek

hoe ry die boere?
Rev-rev-poes – Kyalami op sy zefste


GrifFin


Dis ‘n Vrydagoggend en GrifF graft by Kyalami op ‘n dik babbelhaas na te veel bottie-vat die vorige aand iewers in Hatfield se dagga kroeë. Ek is daai babbelhaas: die hangste ore, die spierste wit met die mooiste rooiste oë.

Maar ek hoef fokkol te worry, want Mot, my mede kollega het vir ons halfdag kromrug ge-organise. Dis hoogs befok en hoogs aanbeveel, aangesien ons ons ‘n paar vlieë en ‘n bol kak met een PK klap. Sien, werk is nou nie juis my top tipe sport nie en base het hierdie gawe om fokken meetings te reël op Vrydae wanneer meeste mense probeer inhaal op daai S-slaap waarvan jy in jou 3de eerste jaar in Psycho op varsity geleer het. Dis die vlieë. Dis hom daai.

Die bol kak is ‘n stank van ‘n anner kleur. Wat ou Mot ook reggekry het is om tickets te reël om by die outdoor expo uit te hang. Heavy. Natuurlik heel eerste ‘n lange na die Subaru stand gegooi waar chicks in stywe broeke ons met oop bene verwelkom het.

Ons was heel voor in die tou: Ek, Mot, die Rus, That Wired Guy en so drie anner gabbas. Werk vergete, twee Zamaleks agter die blad (dis elf-dertig), twee of drie keer se “shotgun” skree en ‘n paar vuiste later klim GrifFin voor in die Subaru. Die Rus en That Wired guy klim agter in.

“English or Afrikaans?”, vra die racer ons. “Wel ons het ‘n Rus daar agter jou en hierie ou agter my se naam is Wired Guy, so gooi maa whatever taal jy smaak”, skiet ek hom kaarte. “OK, ek’s bly julle het julle belts aan. Ek gaan so bietjie vinnig ry, so druk jou hande onder jou boude as jy nervous raak,” tune die man met die shades en die baard ons. “Ry net die fokken kar ou, niemand hier is bang nie en die Rus gaan net foto’s neem.”

Onder die eerste vyf sekondes klap ons die eerste corner. Ek skiem so 100m ver. Nie te kak nie, maar ek het darem geskiem die bra sal slack tune of te minste gear om die draaie gooi. Fokkol! Soos die Brumbies, het die Subaru ook nie brieke nie. Ons klap die outjie dooie gewig 170. Dis effens vinniger as wat Verwoerd se hearse om die die draaie gedoen het. Ek sukkel nog om ander bra’s vannie werk te bel toe klap ons al lap twee. Ek sê toe vir die baardman hy moet show gooi, want ons het nice cherries by ons werk en miskien gooi hulle bietjie tiet vannie balcony af ommie draai. Hy sê my toe hy gaan die cones ‘n skip gee en ons moet niemand vertel nie (so ag julleself gelukkig, ek vertel julle van die cones).

Ons fokken rally daai Subaru ommie draai, die ou gooi hooter en ek fokken rogges halflyf en wolffluit by die passenger kant uit. By die draai misgis hy himself en slat tarmac en gravel gelyktydig maar kry die spoedwa weer min of meer reguit virrie mineshaft en hy doen ‘n lane change (‘n lane change is waneer jy poesdronk van ‘n club in Joburg terug huistoe move en skiem jy sien cones en dan uitswaai vir wat vir jou na fokkol lyk).

Die kortste twee minute in my lewe kom tot ‘n einde (as mens die woorde “kom” en “twee minute” in een sin mag gebruik). Ons bedank die die ou stukkend toe ons eindelik ophou laster, vloek en mooi skaamdeelbenamings gebruik. Klap toe maar ‘n toon biertuin toe om so bietjie 5% proof te doen. Dank God virrie OBS chicks met hulle kort skirts, goue blink stywe tops en natuurlik, OBS. Teen vyfuur moes ons fokkof, want Mot skree toe mos lelike goed virrie mooi OBS meisies terwyl ‘n normale nie-watkykjy-lesende familie langs ons plek inneem. Hy het die tipe goed geskree wat mens in Zef slang kry. Ook ma goed so, want ons was poesdronk en Pretoria is verder as mens dronk is.

Na so vyf minute se verdwaal kry ons die exit sign. Ek ry voor, That Wired Guy agter my en die anner gabbas oppie bakkie agter Wired Guy. Die Rus is deur ‘n anner Rus kom haal. Dis toe met dié dat ons feitlik almal oppad huistoe afpis, want sien die stukkie pad waarop ons toe ry is toevallig grond. GrifFin se kar is twee weke oud, maar drank is mos bobaas en poes hap-hap aan sy gat, so toe trek ek die handbrake op. Wired Guy skrik sy poes af en uit pure instink trek hy syne ook op. Ons doen ‘n perfekte 180 in sequence en ry toe verder asof niks gebeur het nie. Die rykgat base wat oppie balconies oppie track gestaan en braai het, het hande geklap. Seker maar net so dronk gewees.

Die ander dag more net so tien minute in die tweede helfte van die Sharks game fokof ek en ‘n chick-wat-ek-ken se pa outdoor show toe. Doen die hele Subaru roetine, maar hierie keer in ‘n gewone padkar Subaru. Die drywer praat kak en die tyres fluit niks. Dit voel of ons dit in 4 minute doen.

Na die hele storie sê die chick-se-pa-wat-ek-ken vir my: “Ek wou dit nou nie voor die bestuurder sê nie, want nou-nou dink hy ek is ‘n doos of iets, maar dis hoe ek gewoonlik my M3 gery het en dis nie so vinnig nie.”

Ek het ‘n Coke gedrink, ‘n King Cone geëet, huis toe gegaan en dronk geword. Fokken dronk.

GrifFin – op wiele, Coke en 5 persent proof.

griffinHoe ry die boere? Rev-rev-poes – Kyalami op sy zefste
Check hom

Wat krap jou?

In wat krap jou deur griffinRek jou bek

Hierdie week: Koning sonder opstand


Lanklaas ‘n watkykertjie met issues gehad. Maak daai traankliere skoon op GrifFin se breë skouers.Hierie week sikkel iemand weer met ‘n chick. Ons verstaan natuurlik die word “sikkel” in die konteks van ‘n persoonlike aard en nie in die definisie wat die Brooklyn Blitspatrollie verstaan nie.
krap

Koning sonder opstand…

Liewe Griffin,

Djorhaainis sikkel met ‘n helse probleem. En dit gaan oor die teenoorgestelle geslag. Toe ek 14 was het ek gewens ek het ‘n meisie. Op my sestiende verjaarsdag kry ek toe een, maar die passie het onnerbreek. Ek besluit toe om ‘n passievolle ene te soek.

Na skool kry ek toe eintlik ‘n passievolle chiek, maar dem te emosioneel. Alles was ‘n emmergensie, ‘n regte drama kwien. En toe die selfmoord dreigement kom besluit ek “no more” ek soek iemand met stability.

Op my 25ste verjaardag ontmoet ek die pop met stability ……. maar o hel ….. boring. So voorspelbaar en het nooit eksaaitit geraak oor enigiets nie. Die lewe was so flou en is toe op soek na iemand met eksaaitment.

Drie jaar later meet ek toe die cherrie met eksaaitment, maar kon nie die pas volhou nie, Van een dem paartie na die anner, nooit tevrede met enigietse nie. Flirt met elke tom, diek en herrie. Eers was dit groot pret maar toe besef ek sy is rigtingloos en ek sal moet settil op iemand met ambisie.

Op my 31ste kokkenotch ek toe hierdie doedie, slim baie ambiesie, voete plat oppie grond, ek trek toe sak en pak in by haar. Sy het soveel ambisie gehad dat sy gelos het en al my meubels ok nog gevat het.

Nou is ek ouer en wyser en soek ene met groot boebe!!!!!!!!!!

Enigiemand wat my kan help ?

Djorhaainis Bumchiez


Liewe Djorhaainis,

Smaak my die probleem lê innie feit dat jy jouself dalk Djorhaainis roep en die toilet as jou troon sien. Toilet humor het ook soms ‘n lyn. En as daai lyn teen die muur van die toilet getrek word, is daar, wel, kak.

Dan kom dit my voor dat daar ‘n onderdrukte ondertoon van van impotensie mag wees. Nee wag, dit kom my nie voor nie. Dit kom in fact, glad nie. Viagra word deesdae oor die bierkrat in enige respectable shebeen verkoop. Jy’s dalk gelukkig en kan jou gom inruil daarvoor.

Koop enige Sondagkoerant en slat hom oop by die adverts. Kry Advanced Hair Studio se nommer, maak ‘n afspraak en plak ‘n klein hasie op die kaal kolle op jou kop. Sak af na Peer Café en tel ‘n skêr op.

Wees ‘n onderdaan vir ‘n slag en kyk hoe jou meubels een vir een na jou toe terug loop. Miskien dra ‘n cherrie met groot boebe dit aan vir jou.

Groetnis,

GrifFin

griffinWat krap jou?