Check hom

Sunnytown se donker kant

In Snotstories deur griffin4 Eiertjies

Studente het altyd die vermoë om fokken arm te wees en op die snaaksste maniere geld te maak of te spaar. Verblyf is seker een van die belangrikste aspekte as mens 'n student is, maar dit kan ook terselfde tyd die goedkoopste, gevaarlikste, sifste en scarieste deel wees.

Een van daai goekoop, gevaarlike, sif en scary dele van Pretoria is Sunnytown. So section in Sunnyside met ou huise wat aan Unisa behoort het, met lae rent, hoë maintenance en sulke lekker slap drade soos daai hood van Agterlike Elke Man waar antie Stienie altyd haar zaan se kole rooi getrek het en virrie bure se panties gekyk het.

grifF en twee buddies het in Sunnytown gebly so paar jaar terug vir omtrent 'n jaar lank. Aan die begin was dit befok gewees. Jy deel R900 se rent per maand deur drie mense, jy kan elke aand buite braai en jy kan vuur maak in die kaggel as dit koud is en video's lê en kyk. Nogge ding wat befok was: Ons buurman was een of ander fokken scaly Brit gewees wat sy huis gedeel het met so paar swart dudes wat 'n shebeen gerun het. So as jy dors raak op 'n Sondag, klim jy oor die slap draad, klop aan die bure se garagedeur en skobo tune jou iets soos R5 'n Black Label quart.

So het dit maar gegaan. Lekker-lekker. Ons het gewoond geraak aan die globes (die hele fokken huis s'n) wat almal gelyktydig bars so elke drie weke. Ons het gewoond geraak om kerse op strategiese plekke te bêre vir as sulke kak gebeur. Ons het ook gewoond geraak aan kak plumbing, verf wat van die mure afdop, mense wat wat by die erf inloop en basically binne in jou sitkamer staan en bedel terwyl sit en TV kyk, SABC roofkyker polisie, regte polisie, sirens, mense wat hulle karre reg voor jou huis rol, mense wat bikes regmaak in die erf direk agter jou. Ons het egter nie gewoond geraak aan die bure nie, want hulle het al hoe meer geword …

Toe ons weer sien, is daar so tien ouens wat die huis langs ons met die Brit deel. Die polisie het partykeer die illegal immigrants by die ou kom verwyder, maar daar was altyd nog en meer. Daar was ook 'n gat in die muur onder hulle kombuisdeur langs die vier of stuk trappe. Nie 'n moerse gat nie. Ek skat hom so halwe meter wyd en 'n driekwart meter diep. In daardie gat het daar so fokken sif bliksemse wit boemelaar gebly, maar ons het hom gelukkig nooit deur die dag gesien nie. Net in die aande as sy oë gloei vanuit daai fokken gat en hy soos 'n hond huil.

Nie lank daarna nie, trek die buurman aan die ander kant uit, so die huis is leeg en ons worries oor crime raak groter. Ons hoef nie lank te worry nie, want net die volgende dag trek daar so wit familie van omtrent nege mense van oor die straat met meubels op hulle rug oor die pad in die huis in. Deur die dag sit almal buite en tan of speel in die modder en in die aand is dit dood fokken stil. Die ligte is af langsaan, want die mense is onwettig daar en daar is fokkol elektrisiteit.

Ek weet nie wie die minste probeer doen het nie: die polisie, UNISA of die welsyn nie. Fokkol het gehelp. Goed het deur die dag uit die huis uit begin wegraak. Ek skiem hulle het die kleintjies deur die vensters gedruk en soos kraaie gestuur om al die lekker blink goedjies te gaan haal.

Eventually het ons maar twee honde gekry om die plek op te pas. 'n Alsatian en 'n Border Collie. Die Border Collie het nie lank gehou nie. Selfmoord gepleeg deur voor 'n kar in te hardloop. Seker ook maar deels my skuld, want ek het die fokkertjie Kenny genoem. Die groter seuns onder die kinders het ook dagga gerook en die honde probeer skop. Ons het hulle getune en gevloek en gesê ons gaan hulle fucked-up bliksem.

Dit het my bietjie begin pla dat ek so op hierdie fokkers skree, want maybe raak ek soos een van hulle. Ek kon myself egter gerus stel aan die een feit wat my van hulle onderskei het en ook die main rede was hoekom ons op die ou end gefokkof het – ek fokken vang nie duiwe vir middagete met bierkratte, mieliepitte en 'n stuk tou terwyl ek agter 'n struik wegkruip nie …

Hierdie post is 3 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 218,080 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
    87
    Shares
  •  
  • 87
  •  
  •  
  •  
griffinSunnytown se donker kant

Wat’s inne naam?

In Grapgat deur griffinRek jou bek

Wat's inne naam?

Die ou ontmoet hierdie girl en hy vra haar wat's haar naam.

"Carmen."

"Dis 'n snaakse naam. Waar kom jy daaraan?" wil die bra weet.

"It's because I like cars and I like men," antwoord sy. "But how rude of me, what's your name?"

"Bierpoes!"
 
Moeilikheid met die man

'n Ou oom lê in 'n plattelandse hospitaal met prostaatmoeilikheid. 'n Jong seun met 'n gebreekte been en 'n erge hakkel probleem word in dieselfde kamer as die oom opgeneem.
Die seun vra: "Wa-wa-wat m-m-makeer oom?"

Oom: "Prostaatmoeilikheid, ou seun."

"O-o-oom, w-w-w-wat-s p-p-prostaat m-m-m-moeilikeheid?"

Oom: "Ek pis net so swaar as wat jy praat!!!"
 
krimpies

Daar was so anner china wat moerse goed agter sy lyf gekyk het. Hy't elke dag 5k's gaan draf en was ten minste 'n uur per dagin die gym.
Eendag staan hy vir homself en kyk in die spieël en sien sy hele lyf is mooi bruingebrand, behalwe vir sy tril. Hy besluit om iets daaraan te doen en klap 'n toon af strand toe. Daar gekom begrawe hy sy hele lyf in die sand behalwe vir sy tril wat bo die grond uitsteek.

Later daardie middag stap twee krimpies op die strand en kom af op die scene. Die een tannie begin die ding bietjie rindwikkel met haar kierie en sê vir haar krimpie maatjie: "Weet jy, daar is geen regverdigheid in die wêreld nie. Toe ek twintig was was ek nuuskierig daaroor. Toe ek dertig was het ek dit geniet. In my veertigs moes ek daarvoor vra. Toe ek vyftig was moes ek daarvoor betaal. Toe ek sestig slaan het ek begin bid daarvoor. Teen 70 het ek daarvan vergeet. Nou dat ek tagtig is groei die fokken goeters soos kakiebos en ek is te donners oud om op die ding te squat!"

Hierdie post is 5 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 218,080 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinWat’s inne naam?
Check hom

Egoli: Roadshow bereik nuwe laagtes

In Snotstories deur Chopper CharlieRek jou bek

Sommige van ons het die misfortune gehad om een Maandagmiddag net voor gewone Egoli-tyd die TV aan te hê. Lekker bose dag by die werk gehad, maak die broek los, sit die voete op en daar het jy dit.

Skaamteloos oopgevlek op ons screens: Die Egoli Roadshow wat onlangs in Sasolburg gehou is. Jirre ouens, nie so nie.

Die eerste waarskuwingsklokke kom toe ek agterkom die tragedie het in Sasolburg afgespeel. (Bietjie agtergrond: Die sogenaamde Vuildriehoek bestaan uit Vereeniging, Vanderbijlpark en Sasolburg waarvan Sasolburg by verre die kakste is.)

Nogal 'n statement, ek weet, maar die blote waarheid. Ten minste is die ander twee plekke nog aan die regte kant van die Vaalrivier (en die ou ZAR treinspoor).

Nou kyk, ek is mal oor Egoli. Dis uithaler televisie en buitendien kyk almal dit of hulle dit nou erken of nie. Maar 'n roadshow in Sasolburg … soos Thomas van ouds het ek begin twyfel.

En dit was nie ongegrond nie. So desperate gegryp na substance het ek seker laas op e-tv se sitkoms soos "Big Okes" en "S.O.S." gesien. En die drek op TV was die highlights. Bid jou aan.

Die arme akteurs het probeer sing en dans, van Neil Diamond songs tot Broadway. Zef musiek deur zef mense vir zef mense. Now there's a novel idea.

Om die lightweight entertainment aan te vul, is "bekende" name as gaste ingesluit. Dis nou china's soos André Schwartz en Yvonne Chaka-chaka. En autographs is by die duisende gesign. Nie net vir die kinders nie.

Nie net vir die kinders nie. Need I say more?

Maar hey … hey … die zefters in die audience het hulle se gate uit geniet. Lekker handegeklap (daai oumens handeklap so heen en weer), snorre gewikkel, saamgesing, bewonderend toegekyk en sommer net 'n lekker gesinsaand gehad.

Kyk Egoli het Sasol geskud. En die mense is daar weg met sterretjies in hulle oë.

Sterretjies van goud.

Hierdie post is 6 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 218,080 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
Chopper CharlieEgoli: Roadshow bereik nuwe laagtes
Check hom

H20 paartie

In Snotstories deur griffinRek jou bek

(deur Y D Drol)

Wel, hier's ek weer. Hier's ek weer en ek doenit nog 'n keer, raak al hoe braver, en hou my lyf raver.

So maak ons die groot aantog Wild Waters toe vir die somerdans event vannie jaar. Weens die feit dat die bestuurder van ons taxi en Mary Jane bietjie gesels het oppad, ry ons sommer die R21 heeltemaal mis. Na 'n moerse ompad, baie vloekwoorde, en weerens 'n moerse pis kom ons daar aan.

Die ry is waaragtig van hier tot in Texas. Gelukkig wag my bud met my kaartjie heel voor innie ry vir my. Tydens ons tog tot heel voor tune die mense ons death threats en dies meer. Nie dat ek die arme sotte wat al twee ure in die ry staan blammeer nie, maar soos ek sê, as jy dom wil wees moet jy sukkel.

Daar ingestap reguit bar toe. Prioriteite mense, prioriteite. Ons het 'n lekka spot by die main dansvloer gekry, op 'n heuweltjie innie koelte. Vele interessante goed gesien. Twee arme gegoofde ape het agter ons in 'n boom ingeklim en long meaningfuls gehad vir omtrent 'n uur.

Ek het natuurlik by die een heuwel afgebliksem oppad bar toe. Later die dag in ons dronk toestand kry ons toe nou die kak idee om te gaan super tube. Ek was te varkin lig, en het vas gesit. Arme dude wat na my afgaan kom toe met 'n KAK spoed daar af, en ek was nice genoeg om die impak met my elmboog te stop. Sy stem was tien decibels hoor toe ons onder uit val.

Daar was darem maar baaie mooi boudjies vir die outjies, en toutjies vir die vroutjies! Anyway al en al was dit regtig befok lekker, en ek sal dit n 10 uit 10 gee op Yol D drol se sosiale skaal.

Tot later, sien julle Saterdag!

Hierdie post is 4 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 218,080 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinH20 paartie