Check hom

Arbeid Adel George Costanza

In Snotstories deur Chopper CharlieRek jou bek

Arbeid Adel
George Costanza

Vertaal deur Chopper Charlie


  1. Moet nooi sonder dokumente in jou hande rondstap nie
    Mense met dokumente in hulle hande lyk soos hardwerkende werknemers op pad na belangrike vergaderings toe. Mense met niks in hulle hande nie lyk of hulle op pad is na die kafeteria toe. Mense met ‘n koerant lyk of hulle op pad is toilet toe. Maak bowenal seker dat jy ‘n klomp dokuments saam met jou in die aand huis toe vat, sodat die indruk geskep word dat jy langer ure werk as wat jy werklik doen.
  2. Gebruik rekenaars om besig te lyk
    Sodra jy ‘n rekenaar gebruik lyk dit soos “werk” vir die meeste leke, waarvan MDs meermale deel van uitmaak. Jy kan persoonlike e-pos stuur en ontvang, klets of in die algemeen ‘n goeie tyd hê sonder om enige iets naby werk te verrig. Hierdie is nie juis die sosiale voordele waaroor die voorstaanders van die rekenaar rewolusie wil praat nie, maar dis ook nie te sleg nie. As die baas jou vang – en jy sal gevang word – is jou beste verweer om vol te hou dat jy besig was om jouself nuwe sagteware te leer en so waardevolle opleidingsfondse help bespaar.
  3. Slordige lessenaar
    Topbestuur (en net topbestuur) kan wegkom met ‘n netjiese lessenaar. Vir die res van ons lyk dit of ons nie hard genoeg werk nie. Stapel groot torings dokumente in jou werkspasie. Die niksvermoedende waarnemer ken nie die verskil tussen vandag en verlede jaar se werk nie, dis volume wat tel. Stapel hulle hoog en wyd. As jy weet iemand is op pad na jou werkspasie, begrawe die dokument wat jy benodig halfpad deur ‘n bestaande stapel en grawe daardeur as die persoon arriveer.
  4. Voice mail
    Moet nooit jou telefoon antwoord as jy voice mail het nie. Mense bel nie net omdat hulle jou iets vir niks wil gee nie – hulle bel want hulle wil hê JY moet werk vir HULLE doen. Dis geen manier om te leef nie. Voice mail is die perfekte manier om al jou calls te screen. Indien iemand ‘n boodskap los wat klink of dit werkverwant kan wees, bel terug gedurende etenstdy wanneer jy seker is dat hulle nie daar is nie – steeds lyk dit dan of jy hardwerkend en oplettend is selfs al is jy besig om ‘n lae bliksem te wees.
  5. Lyk ongeduldig en geïrriteerd
    Probeer altyd ongeduldige en geïrriteerd lyk om jou base te laat dink dat jy altyd besig en onder stress is.
  6. Gaan altyd laat huis toe
    Gaan altyd laat huis toe, veral wanneer die baas steeds daar is. Gebruik hierdie tyd om tydskrifite en storieboeke te lees wat jy altyd wou maar nooit voor tyd gehad het nie. Maak seker dat jy verby die baas se kantoor stap op pad uit. Stuur belangrike e-mails op ongewone ure (bv. 21:35, 07:05 ens.) en op publieke vakansiedae.
  7. Kreatiewe suggeluide vir effek
    Sug uitermatig hard wanneer daar baie mense in die omtrek is, en skep so die indruk dat jy onder geweldige druk verkeer.
  8. Gevorderde stapeltegniek
    Dis nie genoeg om slegs dokumente op jou lessenaar te staple nie. Sit ook baie lêers en boeke op die vloer ens. (dik rekenaar manuals is die beste).
  9. Bou woordeskat
    Lees ‘n paar rekenaartydskrifte en onthou al die buzz words en name van nuwe produkte en uitvindings. Gebruik hierdie frases vrylik in geselskap met veral base. Onthou: Hulle hoef nie verstaan wat jy sê nie, maar dit sal verfokkenseker indrukwekkend klink.
    HEEL BELANGRIKSTE:
  10. MOENIE per ongeluk hierdie na jou baas toe forward nie.
    Woorde om volgens te lewe.

Chopper CharlieArbeid Adel George Costanza

Skakels Februarie 2001

In Skakels deur griffinRek jou bek

Skakels
As dit nie hier is nie, is dit kak.


As jy lienks het wat jy skiem is nca – tune ons once.

Pavitos
Nicky Vlok
Praat van snye. Perfekte dratiekap materiaal. Borsel net bietjie op met dieSpaans en dan jou tanne. Mooi tannies.

PierCafé
Nicky Vlok
As jy uitslaat soos masels in Centurion val in by dié zef possie. Moet netnie geslat word nie.

Startrap
Nicky Vlok
Polieste kan deesdae kameras bekostig. So dink weer jy afgêr 3de toe enone-forty klap in ‘n sixty zone. En pasop vir speed.

Thunda
Nicky Vlok

Lekka pics van dronk dose en mooi snye. Aangebied met die vriendelike samwerkingvan SL. Pragtige mens. 50-randjies vi’ jou. Hey.

CENTURIONWEB
Ontdek deur Noenoe
Bid jou nou aan. ‘n Sait vir Centurion se gemeenskap, dis mos amper ‘n fundamentalistiese staat op sy eie – dié Centurion. Varswaterbron en alles. Anyway, hier kan jy dinge vind in Centurion, classifieds plaas en allerande soortgelyke kak. Op die ou einde maar net so pisverevelig soos Verwoerdburg self nog maar altyd was.
~ Chopper Charlie

 

South African Bikers Page
Ontdek deur griFfin
Hey, man. Ek smaak mos van baiker saits. Heavy lekker pics van ysterperde en mooi cherries. Chekkabiekie nou die South African Bikers Page uit. Man, ek smaak van. Lekka pics, rally info, kwaai links en dies meer. Nou kort ek net ‘n baik.
~ Chopper Charlie

Lekker zines
Ouens wat heeldag by die werk verlate vir ‘n komper skerm sit en staar het gewoonlik Internettoeggang en surf gewoonlik heel fluks. Om daardie lang dae meer houdbaar te maak (veral as die donnerse watkykjy? sait solank af is) het ons ‘n lysie met so ‘n paar lekker zine-type-sites hier bymekaar gemaak. Chekkityt!
Ons is altyd op soek na zef sites. Stuur verdienstelike material na jou moertoe.

 

 

 

 

griffinSkakels Februarie 2001
Check hom

Pap, atjar & fiction II

In Snotstories deur griffinRek jou bek

Pap, atjar & fiction

Johann en sy bra’s

 


Die atjar scene:

————< snip <——< snip <——< snip <————

In ‘n geel 3-liter Ford XR6 (beweeg) – Oggend

‘n Swaar ou, vuil, geel 3-liter Ford XR6 drommel by ‘n huislose straat in Benoni af. Voor in sit twee jong knape, een wit een swart. Albei dra goedkoop swart pakke met dun swart dasse onder lang swart stoflap baaitjies. Hulle name is Frikkie Viljoen en Joel Shabalala. Joel is agter die stuur.

Joel: So, vertel my van die dagga kroeë?

Frikkie: Wat wil jy weet?

Joel: Wel dagga is wettig daar reg?

Frikkie: Ja, dis wettig maar dis nie honderd persent wettig nie. Jy kan nie net in ‘n restaurant inloop, ‘n spliff rol en daaraan begin puff nie, Jy’s veronderstel om dit net by sekere aangewyste plekke te rook, of by jou huis.

Joel: Hierdie is die dagga kroeë?

Frikkie: Ja, dit kom op die volgende neer, dis wettig om dit te koop, dis wettig om dit te besit en as jy die eienaar van ‘n dagga kroeg is, is dit wettig om dit te verkoop. Dis wettig om dit by jou te dra, wat nie eintlik saak maak nie, want hoor hier: As nie-Polieste is dit onwettig vir hulle om jou te deursoek. Om jou te deursoek is ‘n reg wat die Polieste in Lenasia nie het nie.

Joel: Dit het dit gedoen – ek fokken gaan, dis al wat daaraan is.

Frikkie: Ja man, jy sal dit die meeste laaik. Maar weet jy wats die snaakse ding van Lenasia?

Joel: Wat?

Frikkie: Die klien verskilletjies. Baie van die selfde kak wat ons hier het, het hulle daar. Maar daar is dit ‘n bietjie anders.

Joel: By voorbeeld?

Frikkie: Wel in Lenasia kan jy ‘n bier by ‘n bioskoop koop. En ek bedoel nie ‘n papier koppetjie nie, hulle gee jou ‘n glas bier, soos in ‘n kroeg. En in Laudium kan jy ‘n bier by die Wimpy koop. Weet jy wat noem hulle ‘n kwart ponder met kaas in Lenasia?

Joel: Noem hulle dit nie ‘n kwart ponder met kaas nie?

Frikkie: Nee, hulle het die metrieke sisteem, hulle sal nie ‘n fok weet wat ‘n kwart ponder is nie.

Joel: Wat noem hulle dit?

Frikkie: ‘n Koninklike met kaas.

Joel: ‘n Koninklike met kaas. Wat noem hulle ‘n Groot Mac?

Frikkie: Groot Mac’s ‘n Groot Mac, maar hulle noem dit ‘n Groot aye Mac.

Joel: Wat noem hulle ‘n Ronder?

Frikkie: Ek weet nie, ek het nie in KFC in gegaan nie. Weet jy wat sit hulle op hulle skyfies in plaas van tamatiesous?

Joel: Wat?

Frikkie: Atjar!

Joel: Jissis!

Frikkie: Ek het gesien hoe hulle dit doen. En ek bedoel nie ‘n bietjie op die kant nie, hulle verdrink die goed in daai kak.

Sny na Ford (bagasiebak) – Oggend

Die bagasiebak van die Ford maak oop, Joel en Frikkie haal twee .45 outomatiese pistole uit, laai hulle en haal hulle oor.

Joel: Ons moes twaalf bore gehad het vir hierdie storie.

Frikkie: Hoeveel van hulle is daar bo?

Joel: Drie of vier.

Frikkie: Insluitende ons nou?

Joel: Ek is nie seker nie.

Frikkie: So daar kan tot vyf ouens daar bo wees?

Joel: Dis moontlik.

Frikkie: Ons moes fokken twaalf bore gehad het vir hierdie storie.

————< snip <——< snip <——< snip <————

griffinPap, atjar & fiction II