Check hom

Oppikoppi Patrolliehond haar af

In Oppikoppi, Snotstories deur Chopper CharlieRek jou bek

Oppikoppi Patrolliehond haar af

Chopper Charlie


Sekere goed van Oppikoppi bly altyd dieselfde. Soos die feit dat jy altyd naby mense sal kamp wat oorspronklik genoeg is om Red Hot Chili Peppers, Metallica, Nirvana of The Offspring te speel. Of die feit dat ek elke keer op die eerste aand al my plakkies verloor. Vra vir Baby Jay.

Ander goed verander weer, soos die feit dat feesgangers nou bands se T-shirts steel en oor mense in hulle tente ry. Vra die arme ouens van Brixton Moord en Roof orkes. Mag alle skuldiges deur Sati in die hol genaai word. Vir ewig.

Maar dit was goed dat die Bosveld weer kon skud met tunes. En dit was goed om weer te gaan suip en simpel wees. Want die volgende festival is by die Fonteine en dit gaan definitief different wees. Verseker. ‘n Man moes die beste maak van hierdie festival. En ons het probeer. Vra vir Baby Jay.

Nie al die bands is die tipe stuff wat ek smaak nie, maar Jack Hammer het soos gewoonlik weer gat geskop. Huilende kitare teen ‘n koel Bosveldnag is nou maar net eenmaal befok.

‘n Nuwe band wat donners impressive is, is Moodphase 5. Funkerige, hiep-hopperige stuff met twee vocalists, ‘n dude en ‘n chick. Vet nice met baie funky beats. Inderdaad kwaai lappies. Check hulle uit.

Van Four Ounce Freedom se tunes was ook heel lekker, maar die crowd was op dié stadium (Sondagmiddag) al bietjie out of it. Of so het dit gelyk. Die DJs het fokken deurentyd losgemaak. Behalwe miskien dele van DJ Gel se set die Sondagoggend. Soos Neil Diamond se Red, red wine. Nee dude.

Die enigste band wat ondraaglik kak was, was soos te verwagte, die Awakening. Drama queens wat deurentyd kerm oor eksistensiële disposisies en identiteitskrisisse maak nou nie regtig “luisterplesier” in my oë nie. En dan moet Ashie-washie die odacity hê om na elke frase nog ‘n ekstra moan in te kry oor die monitors, of die vocals of een of fokken ander problematiese fokken aspek van sy bestaan as kunsternaar.

Soos elke Oppikoppi was ek teen die laaste aand paraletic flou teen die laaste aand en kon weer net die laaste bands vanuit my tent hoor. Maar die partytjie was well worth it. Soos altyd.

Geluk aan al die mense wat die bands en DJs ondersteun het, dié wat aande deur gepartytjie het, dié wat nie bierbokse op hulle kop gedra het nie, dié wat nie kak gemaak het nie, en die wat nie in die aande as ek probeer slaap op en af met een of ander stuk kak op wiele op en af gery het nie. Doos.

En gee Brixton se shirts terug …

Chopper CharlieOppikoppi Patrolliehond haar af
Check hom

WKJ? militêre vleuel hou annale vergadering

In Oppikoppi, Snotstories deur griffinRek jou bek

WKJ? militêre vleuel hou annale vergadering
Eie korrespondent


Saterdag, 15 April 2001
Anton L’Amour Bar, Oppikoppi

‘n Paar minute oor vier en die notorious klein bar word voller met ‘n paar karakters van dubious origin. Dis ‘n jaar sedert die stigting van die WKJ? militêre vleuel en tyd vir ‘n annale vergadering.

Die atmosfeer is heel rumoerig en dis duidelik dat ‘n paar van hierdie vryheidsvegters reeds hand aan bottel geslaan het. Tog kry Generaal-majoor Slyt alle teenwoordige partye stil(lerig). Verrigtinge kan begin.

Vir volledigheidshalwe word die reëls weer deurgegaan. Een van die agt word vergeet, maar danksy die begeesterde inisiatief word ‘n vervanging uitgedink.

Nuwe rekrute word ingelyf en herhaal plegtig die reëls. ‘n Blinde mens kan sien net hoe bewus hulle van die helse verantwoordelikheid is.

Veldmaarkskalk Glen dring tussen ‘n paar Jagermeisters aan op ‘n mosie om ‘n reël by te voeg. Na vlugtige oorweging word daar besluit dat die militêre vleuel dinamies genoeg is om dié reël ook te akkommodeer en dit word gesekondeer en bygevoeg.

Die nuwe (aangepaste reëls sien nou as volg daarna uit):

  1. Spoed vang sy baas.
  2. Ek voel nou vinniger.
  3. We accept all responsibility.
  4. Convenience R Us.
  5. Drank is bobaas, maar poes hap-hap aan sy gat (Was gewees: Show no mercy, take no prisoners).
  6. Whoop Whoop, it’s the sound of the police. Whoop Whoop, it’s the sound of the beast. Whoop Whoop, it’s the sound of my niece. Whoop Whoop ….
  7. No retreat, no surrender.
  8. Eight is enough.
  9. Ek is niks, die gang is alles.

Hierna word luidrugtig glasies geklink, gemors op die bar counter en weer en weer reëls herhaal. Omstaanders word links en regs ingelyf. Al die bar is vro(u)lik.

As laaste oefening voer geselekteerde lede ‘n hostile take-over van die Oppikoppi landing uit. En die tradisie leef voort.

Tot in bewerigheid.

Army.

griffinWKJ? militêre vleuel hou annale vergadering
Check hom

Liewe Daantjie,

In Snotstories deur griffinRek jou bek

(ingestuur deur Nico Oosthuizen)

Ek skryf die briefie maar stadig omdat ek weet jy kan nie vinnig lees nie. Ons bly nie meer op dieselfde plek as toe jy weg is nie. Jou pa het in die koerant gelees dat die meeste ongelukke binne 20 kilometer van die huis af gebeur, toe besluit ons om te trek. Ek kan ongelukkig nie vir jou die adres gee nie want die vorige familie het die nommers saam gevat, seker sodat hulle nie hulle adres hoef te verander nie.

Hierdie plekkie is regtig oulik. Hier is selfs ‘n wasmasjien, ek is nog net nie heeltemal seker hoe hy werk nie. Laas week het ek ‘n bondel klere ingesit en die ketting getrek. Ons het nog nie weer die klere opgespoor nie. Die weer hierso is ook glad nie sleg nie. Dit het net twee keer gereën laas week; die eerste keer vir drie dae en die tweede keer vir vier dae. Omtrent daai jas wat jy gevra het ons moet vir jou stuur; oom Frikkie het gesê dit sal te swaar wees in die pos, toe sny ons maar die knope af (hulle is in die linker boonste sak van die jas).

Pietie het gister sy sleutels in sy kar toegesluit. Ons het rerig bekommerd geraak want dit het hom twee ure gevat om my en jou pa uit te kry.

Jou suster het vanoggend ‘n baba gehad, maar ek het nog nie uitgevind wat dit is nie, so ek weet nie of jy ‘n oom of ‘n tannie is nie. Die baba lyk net soos jou boetie.

Oom Wessels het laas week in ‘n vat brandewyn geval.’n Paar manne het hom probeer uithaal maar hy het hulle afbaklei en verdrink. Ons het hom laat veras. Hy het vir drie dae gebrand.

Drie van jou vriende het met ‘n bakkie van die brug afgery. Janneman het bestuur, hy het sy venster afgedraai en na veiligheid geswem. Jou ander twee vriende het agter op gesit. Hulle het verdrink omdat hulle nie die bak se klap kon oopkry nie.

Daar is nie meer nuus nie. Niks anders as die normale het gebeur nie.

Liefdetjies,

Jou gunsteling tannie Betsie.

N.S. Ek wou nog vir jou R25 insit maar ek het al klaar die koevert toegeplak.

griffinLiewe Daantjie,

Grapgat, April 2001

In Grapgat deur griffinRek jou bek

Cool wurms, cool.
grifFin

Vier wurms word in verskillende bottles gemoer virre dag:

Die eerste een in ‘n bottle vol Jack Daniels.
Die tweede een in ‘n bottle vol sigaret rook.
Die derde een in ‘n bottle sperm.
Die vierde een in ‘n bottle grond.

Na ‘n dag:

Die eerste wurm in die drank – vrek.
Tweede een in sigaret rook – vrek.
Derde een in die sperm – vrek.
Vierde een in die grond – oorleef.
Wat leer jy hieruit?
Solank jy drink, rook en spyker, sal jy nie wurms kry nie.

Piele grap
Lynx

‘n Ou loop by die apteek in en tune die apteker: “Luister pappie, ek het drie chicks wat vanaand oorkom en ek het nog nooit drie chicks op een slag gezaber nie. Ek het iets norig wat daai houtie gaan ophou heel aand. Die apteker sluit sy onderste laai oop, ruk ‘n bottel ‘Viagra Extra Hold’ uit en tune sy customer: “As jy hierie goed vreet sal jy ‘n fokken meneer wees vir so 12 ure. Die bra vat toe sommer drie bokse.

Die volgende dag kom die ou terug apteek toe en ruk sy broek af voor die apteker. Sy piel is blou en pers in in party plekke berf-af. In ‘n pynlike stem sê hy vir die apteker: “Gou! Gee my ‘n bottle Deep Heat!”, waarop die dokter geskok sê: “Moenie vir jou fokken mal hou nie, jy kan nie Deep Heat op daai ding sit nie!” Antwoord die man hom terug: “Nee, dis vir my arms, die chicks het nie opgepitch nie!”

Child Support
Lynx

‘n Geskeide pa sê eendag vir sy pas 18 jarige dogter: “As jy nou vanaand na jou ma toe terug gaan met hierdie koevert, sê vir haar dat hierie die laaste tjek is wat sy ooit van my af gaan kry siende dat jy nou agtien is. Staan dat terug en check die uitdrukking op haar gesig.” Die dogter gee toe die check vir haar ma, spin haar die storie en voeg by: “Nou is ek veronderstel om die uitdrukking op jou gesig dop te hou. Die ma sê toe vir haar dogter: “As jy weer na jou pa toe gaan, sê vir hom dat ek na 18 jaar besluit het om hom te inform dat hy nie jou regte pa is nie. Check dan die uitrukking op sy gesig”.

Potties
grifFin

Ou Gert van Potgietersrus sny een midaag gras en werk sy gat af in die tuin. Hier teen 3 drie uur se kant kom hy agter dat die son die goedige kak uit hom uit gebrand het. Hy besluit dat hy maar moet dokter toe, want so ge-fokken brand kan hy nie vanaand aan die slaap raak nie. By die dokter aangekom het dok hom op en af gekyk en toe eindelik gesê: “Jy besef natuurlik dat Potties nie juis die mees gevorderde dorpie in hierdie provinsie is nie, so al wat ek basically vir kan doen is ‘n voorskrif Viagra”. Moerse puzzled tune Gert die dokter: “Maar dok, hoe die fok gaan dit my nou help?”, waarop die dokter sê: “Dit gaan nie eintlik help vir die brand nie, maar jou voël sal darem die lakens van jou bene af hou.

Leeukos
grifFin

Met die nuus van haar oupa se afsterwe besluit Kietie om haar 95-jarige ouma te gaan troos. Daar aangekom vis sy sommer uit nou presies hoe oupa die graaf in die ceiling gesteek het. Ouma verduidelik toe dat die dit gebeur het toe sy en oupa mekaar so bietjie geraps het Sondag oggend en ou die ou ballie toe ‘n hartaanval gekry het. Kietie verduidelik toe vir haar ouma dat dit mos nou kaksoek is vir 2 mense wat grens aan 100 om soos twee standerd sewe’s te kere te gaan. “Nee” sê ouma “ons was altyd versigtig. Ons het die kerkklok se ritme gevang. Op elke ‘dong’ is dit in en op elke ‘ding’ is dit uit. Niks stresvol nie, net lekker.” Kietie haal toe haar sakdoek uit, pik ‘n traantjie weg en sê: “Toe moes daai fokken ice-cream trok mos donners verby die huis ry!”

Purity
Lynx

Totties en Santie sit op die stoep toe Santie met ‘n briljante idee opkom: “Totties, hoekom trek ons nie ons klere uit en speel dokter-dokter nie?” Totties trek sy broek af en antwoord terug: “Fok dit, spoeg jou kougom uit. Ek wil President speel.”

SA vs Australië (30-6)
Pokahotass

Drie SA’kaners en drie Ozzies koop kaartjies virre treinrit na ‘n rugby wedstryd. Die Ozzies koop elk ‘n kaartjie terwyl die SA’kaners een kaartjie tussen die drie van hulle koop. “How are the three of you going to travel on only one ticket?” vra een van die Ozzies. “Watch and learn” sê een van die manne. Almal klim op die trein. Die Ozzies vat hulle onderskeidelike plekke, terwyl die boere soos een man in kakhuis wegkruip en die deur agter hulle toemaak. So rukkie na die trein begin ry kom die kondukteur met die gang af. Hy klop aan die kakhuis se deur: “Ticket please”. Die deur maak so kraakie oop en ‘n arm met ‘n kaartjie kom uit. Die kondukteur vat die kaartjie en fok met die gangetjie aan. Die Ozzies sien die trick en skiem dis moerse mean. Na die game besluit hulle om dieselfde te doen om zak te spaar. By die stasie koop hulle een kaartjie, maar tot hul verbasing koop die manne van SA fokkol kaartjies. “How are you going to travel without a single ticket?” tune een van die Ozzies. “Watch and learn” kom die antwoord van die boer. Op die trein klim die drie SA’kaners weer by een kakhuis in en die Ozzies by die volgende een. Die trein begin move. Dertig sekondes later klop een van die boere aan die Ozzies se deur: “Ticket, please!”

Armgatte
griffin

‘n Rykgat prokureur ry eendag rond in sy Masipa Benz toe hy twee vuil damduikers sien gras eet langs die pad. Hy stop toe langs die ouens en vra hulle wat de fok hulle besiel om gras te vreet. “Meneer, ons het nie geld vir kos nie.”, kom die patetiese antwoord terug. “Nou maar klim in my kar”, antwoord die prokureer terug. “Meneer, maar ek het ‘n vrou en 4 kinders en ou Gabriel hierlangs my het ‘n vrou en ses kinders en dit gaan maar donners broekskeur met ons.”

Op een of ander manier kry die prokureer dit reg om die hele gepeupel agter in sy kar te laai met die idée om almal na sy huis toe te vat. Almal se ogies blink tranerig van dankbaarheid en een van die gabbas tune die barmhartige prokureer in ‘n krakerige stem: “Meneer, ons waarlik opreg dankbaar vir u goedhartigheid en ons weet nie wat ons sonder u sou doen nie.” Die prokureer draai skeef terug en se oor sy skouer: “Moenie worry nie, dis OK. Die gras by my huis is omtrent al ‘n fokken voet hoog.”

griffinGrapgat, April 2001