• Jy is waterkoppie nommer sedert 1 Maart 2008. Kap 'n dratie.

Dear Diary – Live music

Aaah Kuip Town. Land van melk en heuning. Land van befokde duur parking en land van  heavy sterk wind. Bleikbaar pomp dit nog nie eers so so sterk nie. Tans waai die wind jou wasgoed weg dat jy Maandag nuwe t shirts en sokkies moet koop. Aah Kuip Town land van bergies wat boekdele vertel vir n paar bedel geldjies. As jy ‘n hart het gaan bedelaars drie kwart van jou pay check uit jou uit bedel. Ek help graag, maar as dieselfde fokken lat my daagliks vrae vir support en ‘n beter skipper dra as ek gaan ek iewers iewat dedoos in raak vir sy gekerm. En dan het van die naaiers nog die audacity om jou te dreig met gangster kak as jy nee sê. Ah The Kuip of Good Hope. Sorry my skat, so lief ek vir jou geraak die afgelope 6 weke, is daar net fo’’ol hoop vir van jou residents nie.

Ag maar Diary laat ek nou nie soos n  stofpoeper wat inbel op RSG en kla oor die polisie diens klink nie. “Vhe Kuip has a lot more than  no teeth just gums.” Die Converse Block Party was getuie hiervan. Kudos WKJ vir die tickets. Daar was ‘n paar lekker fokken suur hipster-kinders buite die entrance met trane in hulle see-through oogtekkies en snot in hulle moerse kuiwe. Ek’s vertel dat die Block Party in Joburg rof was en toe ek die venue en spanne besig sien met setup deur die dag gecheck oppad huis toe na werk kon ek sien wat hulle bedoel met block party en dat die ‘n groot fokken jol gaan wees. Dom drol soos ek is kon ek nooit 2 en 2 bymekaar sit en uitfigure ‘nou warre fok bedoel hulle met die ‘block’ in block Party nie.’ Klein Ruantjie my vriend, jy my ou, is ‘n dumbass. Hulle baken die hele blok af en dan party almal fokken hard daar in die strate om die main venue, in die geval Assembly. Stages, bars, Dj’s, grafitti artists, fire breathers’ freaks op stilte en kak baie mense om jou heelaand te entertain. Soos ‘n straat braai saam jou ouers toe jy n snotneus was. Dis nou net twintig jaar later en die snotneus is n coke neus en jou ouers is by die huis. Not to beat around the block here moet ek sê dit was fokken prêt, lekker musiek, lekker entertainment. Youngsta na my mening was die top act van almal daai aand met sy lekker local flavour rap vibes. Niks Amerrrican bling, bitches, Crystal en Hummer kak nie. Net ‘n kleurling bra met ‘n giftong soos skerp soos n mes in die tronk. Hy rap oor trein ry in Kuip Town, Violence in sy geskiedenis, sex, dagga en al die local flavours van sy lewe. Met die ander bands het ek myself meer by die bar gesien as voor die stage nie dat hulle kak was nie bier was net lekkerder en niemand was so lus vir die ding soos die eiewerige raps van Youngsta nie. As jy wil weet wie die ander bands was gaan kyk op die flyer.

Wel Diary nes ek nou die aand ‘n Dram en Buis experience gehad het was hierdie naweek aan bênds toegedeel. Live music is maar waar die hart eintlik lê. Die Public Holiday Vrydag het ek en ‘n paar tjomme by Daddy Long Legs geblom. Dis ‘n hotel op Lang straat en nie eintlik ‘n jol nie maar daar was kief akoestiese vibes. Fokkit ek kan nie almal se name onthou nie maar Two Minute Puzzle het geroer. Selfs jou ma sal sê: “ Dis nou lekker musiek”. Beste song was die een oor crack cocaine. AS jy ooit kan luister na sy shit en hou ’n oor oop vir daai een. Die ander bra was Donny. Net so Lekker. Blues ou wat sy kitaar onderstebo speel.  Klein snaar bo en dik snaar onder. Ja ja ek weet fokol van instrumente af nie maar fok jou, ek weet wanner musiek kak lekker of lekker kak is. Deur die res van die naweek het ek Hog Hoggidy Hog gesien. Bleikbaar een van hulle laaste shows in die Kaap of ooit of vir die jaar of een of ander fokken rumour gebonde aan die show. Ska my bra, sal selfs die donkerste goth wat huil in die hoek lat fokken smile. Die Kaapse Klopse moet een van die Hogs se songs cover dan sal Distrik 6 harder skud as tiete op Camps Bay se beach. Sabre Tooth was some weird cover rock band met n paar original songs en keyboard in die mix. Bietjie glam net sonder die spandex. Check hulle gerus uit. Dead Lucky wasook op die verhoog. Lekker rock ‘n roll met stywe rifs en cool songs. Ekt lekker oor my onderlip gebuit en air guitar gegooi daar tussen die head bangers in die Crowd.

At the end of it all Diary is Kuip Town niks kort aan ‘n goeie en ‘n verskeidenheid live music nie. Famous en local acts speel elke aand somewhere en as jy tevrede is omdat jy ‘n fan is en lankal ophou fokken worry oor self in n band speel het met jou gat in daai lekker Lurpak soutbouter geval.

Awê uirie Kaap. Somer is here.

Eine Kleine Ruantjie.

Converse Block Party Cuaght in the act

Converse Block Party graff

Converse Block Party vuurbraak 2

Converse Block Party vuurbraak

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Snotstories | Tagged | 1 Comment

Dear diary – Die Antwoord by Fez

Die Antwoord het kom skuim spuit oor die Kapenaars nou Woensdag en Ninja, who never fucking ceases to impress the judges at a Vogue Fashion show het weer die nextlevelste zef gear ge rock. Playboy Bunny’s het sy afskeurde jean baadjie bedek asook sy boxer shorts. Net Ninja kan tappit too cool maak.

Die show het afgeskop met hulle nuwe single “fok julle naaiers”. Dis nie so moerse party starter nie maar hulle in die tweede song lekker gees gekry tussen al die waterkoppies op die dansvloer. Wat kyk jy is a racey song wat almal se bloed laat pomp het.

Ek gan nou nie die hele show hier song vir song replay nie en die goeie en slegte punte na vore bring nie. As jy hulle gemis het moet jy maar Australie toe poes vir hulle volgende show.

Ek moet net sê dat Ninja se improv rap deur die set rap kak lekker was. “Fuck the ANC viva Mandela” was waarmeer dit ge eindig het. Ninja knows no fucking colour. Almal is grys vir hom.

Dj Hi Tech het ook klip hard gepomp. Sy mixes op Beat Boy was duidelik gewees en al die kinnders in die crowd het bezerk gegaan. Die song waar Yolandi sing “I fink your freaky” was ook goue piele gewees. “Jesus Kraaist but this beat is naais” het Ninja kort kort gesing met visuals zeffer as ‘n windows 95 screensaver.

Awê vir die moerefokken wedding Dj’s. Fok ‘n brandweerman of ‘n vëearts word. Ek wil ‘n Wedding Dj wees as ek eendag groot is. En as ek groot is moet hulle by my troue kom speel.

ANTW 1

ANTW 2

ANTW 3

ANTW 4

ANTW 5

ANTW 6

ANTW 7

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Die Antwoord, Die Antwoord gigs | Leave a comment

Happy New Year! The Final Countdown – Europe (live)

Ons doen jou gou een solid voor die jaar eindig. Ons gee jou so 15 minute headstart om The Final Countdown reg te kry op jou foon in case die plek waar jy nou rol dit nie gaan jol nie, of die DJ dalk te fucked is. Of maybe sit jy reeds op die vortex met spuities en jy gaan nie uitkom voor die klok 12 slaan nie.

Hoop jy is fokken dronk. Happy new year!

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Fokken main videos, Kief musiek | 2 Comments

Happy new year – 2011, jy kan nou maar fokof.

As mens na meeste mense luister was 2011 nogal soos die 80's gewees. Meestal fokken kak met oraait patches hier en daar. Dit was soos krapperige courderoy broeke – dis effens onooglik maar dog bearable tot een of ander kont met 'n MC Hammer broek uitspring en alles opfok met 'n tos dance move.

Ons gaan nie lysies maak van die die beste en kakste van 2011 nie. Almal (behalwe Julius Malema en mense wat in 'n koma is) was redelik bewus wat om hulle aangegaan het. 2012 gaan almal se jaar wees. Moet nou net nie faktap wees en new years resolutions gaan staan en maak nie. Hoekom nie? Want dit is wat gebeur. Altyd:

  • Drank en -sigaretverkope vat een moerse fokken knock in die eerste twee weke van Januarie want almal gaan mos ophou rook en drink. Dit vat 21 dae om 'n habit te vorm of te breek. Jy gaan in elk geval twee keer per dag skelm rook en vir jouself lieg. Of iemand aan wie jy die belofte luidkeels verkondig het terwyl jy kakdronk was gaan jou vang menthols rook onder die wasgoedlyn agter in die jaart.
  • Plekke soos Virgin active kry ewe skielik 'n moerse influx van nuwe members. Die lyf moet in shape geruk word omdat jy jouself begin oorvreet het twee weke voor Krismis en op Krismis self meer as John Candy gevreet het. So jy maak die gym belofte aan jouself en oortuig even jou fuckbuddy om jou te join. Dit raak mos swaar as jy heeltyd missionary kap soos 'n NG diaken. Wat gebeur? Jy gaan twee keer gym toe en kak af op die fiets (jy is nog nie reg vir die weights nie en kry skaam). Na die twee visits raak dit te erg, so jy sign twee keer per maand in om 'n smoothie te gaan koop sodat jou membership nie verval nie. Hier is die werklikheid, tjommie – rond is ook 'n shape en jy moet maar net gewoond raak daaraan om drie keer per dag te kak as jou gewone twee keer. Lewe daarmee saam.
  • Januarie sien sy gat vinniger as wat jou voor omgee en jy's is terug om die dop en smokes. SA se sales verbeter en almal wat 'n lewe maak uit sin taxes slaak 'n sug van verligting. Kap even 'n dratie.
  • Jy belowe jouself om jou zak beter te manage. Sorry buddy, dis about dit enigste een wat sin maak, maar dit gaan nie gebeur tensy jy 'n moerse increase of 'n beter paying job kry nie. Dis nie jou skuld nie – daar is altyd iemand wat jou geld vat vir kak wat nie werk nie (Telkom), daar is altyd iemand wat jou gaan forseer om dubbel vir kak te betaal, al is dit unconstitutional (Sanral se tolgeld bullshit, al betaal jy reeds vir paaie d.m.v die petrol prys), daar sal iewers iemand wees wat jou forseer om increases te betaal (ESKOM, die petrolprys, banke) en daar sal altyd iemand wees wat sommer net jou fokken geld vat en vir iemand anders gee (die SARS konte).

Behalwe vir Joburg se acid mynwater wat volgense berigte en outocmes-based-wiksunde hier teen Februarie se kant deur die oppervlak gaan druk en alle ongewlowigesin Joburg gaan insluk en hel toe vat, behoort 2012 'n befokte jaar te wees. As jy nie drink en bestuur nie, behoort jy 2012 smooth in te gaan en ons hoop jy vind jouself. Dronk op 'n vloer iewers, reg om die jaar aan te pak an almal wat konte is 'n pit te druk. O ja, en vir 5 bonus punte is Malema se political career in sy poes in.

So paar vinnige tips vir vanaand:

  • moenie dronk bestuur nie. Kry 'n designated driver of 'n taxi of iets.
  • skryf jou naam en nommer met 'n koki pen op jou arm sodat iemand jou kan huistoe pos as jy in 'n gutter wakker word
  • as jy gelukkig is om iemand wildsvreemd raak te naai, onthou om godsnaam die effie in jou beursie. Jy wil nie jou eerste kind "Whats-her-face" doop nie.
  • daar is orals lekker parties regoor SA, gaan soek die goed op Twitter en Facebook
  • as jy moet gaan drugs score, bly weg uit Hillbrow uit – die mense poes fridges, toasters, beddens en hulle dronk hoere by die vensters uit. Jy mag dalk jou nek verstuit
  • drink 'n handvol lewerpille voor die tyd en fokken baie water voor jy uitpass. As jy more deur die kak wakker word, die toilet se bak raakpis, dit ruik soos Discem en jy het nie 'n moerse hoodpyn nie, het jy dit reg gedoen.
  • As jy jou moerse illegal Marabbastad fireworks gaan afskiet in 'n woonbuurt, doen dit asseblief reg langs jou eie fokken ore sodat jy kan voel wat mense se diere moet beleef. Of laat een van jou tjommies dit uit jou hol uitskiet.
  • Maak seker jou fridge is ge-stock met 'n 2 liter cream soda vir wanneer jy wakker word. Dis een van die min goed wat die smaak vat rotkak uit jou bek uit gaan kry.
  • As jy by die huis party, fok jou ipod en heeltyd opstaan om musiek te verander. Ons cover jou op http://www.interwebsradio.com vir kief tunes en fokol kakpraat. Dis ons verniet music radio station. Op die interwebs. Soos die fokken naam tune.
  •  Eet iets voor jy begin suip. Kyk, die realiteit is dat jy defnitief die helfte van more met spuitkak gaan sit, maar dis spuitkak se doel – hy haal al die gif uit die drank uit uit en laat dit by jou boude uitspuit. Die spuities weet nie van verloor af nie. Mens kry spuities nie van die vloer af nie. Nou vra jy hoekom ek skreeu?
  • Onhtou om jou fokken huis te sluit. Boefpoese weet dat mense gespat gaan raak en dit maak jou 'n easy target.
  • As jy naai, begin net voor middernag, dan kan jy net na 12 jou stukkie tune: "Jissis, ons naai een stryk deur van verlede jaar af" en dan net voor jy kom skree jy: "Hier kom die champagne se kurkprop!"

Geniet jou party. Alles van die beste en stuur groente aan Mannetjies Roux.

nuwejaar 1

nuwejaar2

nuwejaar3

nuwejaar4

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Snotstories | Tagged | 1 Comment