Check hom

“Ek gaan gou ‘n bietjie met die bruin beer worstel” – ‘n paar gedagtes vir wanneer jy die porselein troon besoek.

In Snotstories deur griffinRek jou bek

Alhoewel die mens sedert die begin van tyd met die bruin beer in perfekte simbiose leef, word daar weinig oor gepraat. Die bruin beer beer1is dan ook van nature ‘n skugter diertjie, maar sy krag en slinksheid mag nie onderskat word nie. Hy kan sy nabyheid of teenwoordigheid enige tyd luidkeels uitbassuin en dan is daar groot moeilikheid, om die minste te sê.

Bruinbere hou van nou, donker klam spasies en woon gewoonlik saam met ander bruinbere in baie hegte gemeenskappe. Hulle kom gewoonlik in troppe van 3-12 voor, afhangende van die hoeveelheid welpies (ook genoem bokdrolle) wat saam met die groepie wei. ‘n Toestand genaamd peristalse verhoed die bruinbeer om vir langer as agt ure te hiberneer. Daar is wel gevalle opgeteken waar die bruinbeer vir tot sowat drie dae lank kon hiberneer, maar gewoonlik word daar te veel welpies gebore in hierdie tydperk en die oues van dae moet nuwe blyplek soek. Bruin bere wat so lank hiberneer vind dit ontsettend moeilik om die grot te verlaat en veroorsaak dikwels hewige skade.

beer3Wanneer die ouer bruinbere gereed is om die blyplek te verlaat, is hulle gewoonlik net-net groot genoeg om met hulle skouers teen beer2die blyplek se opening uit te skuur. Partykeer sukkel hulle verskriklik as hulle te groot is en los lelike krapmerke aan die wand van die blyplek se opening. Hulle duik dan na varser water benede en swem weg in ‘n spiraalbeweging. Somtyds, wanneer hulle erg beseer is, swem hulle weg met ‘n hopie bruinbeer-verbande wat hulle angstig onder die arm vasklou. Dit gebeur ook somtyds dat pappa beer vassit en nie kan uitkom nie. Die welpies druk dan van agter af met parmantige krag en lelike gevolge. Hulle tuimel saam met pappa bruinbeer na die troebel water, maar oorleef dit selde. Jy kan hulle maklik uitken – hulle is die outjies wat leweloos dryf op die water. Somtyds neem dit drie periodiese tsunamis om hule weg te spoel. Gelukkig is die mens daar om die natuur te bewaar, en stukkies dooie beertjies word van die porseleinklip met borsels, Goue Lokkies en Harpic afgeskuur. Die goter en meer bejaarde bruinbeer val soms in die watergat en wanneer die tsunami oor hom spoel, sypel die water bloot bo-oor sy kop en skouers. Dit is gewoonlik ‘n verleentheid vir die mens, want hy wil nie hê dat iemand moet dink dat hy ‘n slegter natuurbewaarder as die volgende persoon is nie.

Dikwels gebeur dit dat ‘n hele kolonie bruin bere op een slag vrek binne hul blyplek. Hulle lê dood in die habitat totdat die slap dooie (soms bloederige) lewelose liggaampies by die opening uitspoel. Somtyds kom dit groenerig voor en partykeer kan mens sien dat hulle deur hare, toutjies of plastiek verwurg is.beer4

Optimale peristalse word bereik en die proses herhaal homself, dag in en dag uit. ‘n Perfekte ekostelsel in elke manier.

Deel met jou tjommies!

    griffin“Ek gaan gou ‘n bietjie met die bruin beer worstel” – ‘n paar gedagtes vir wanneer jy die porselein troon besoek.