Check hom

Die dier grynslag

In Snotstories deur griffinRek jou bek

(deur Suikerbekkie Platparra)

Ek’s by hierdie gig. Roxy’s Rhythm Bar, Melville, Vrydagaand 22:23. Die jol kos oor die dertig rand. Die band begin amper, maar die vibe is kak. Ek koop my eerste bier, en ek luister. Soos elke ander dom fok om my. Dis deesdae asof DJ’s nie meer besef dat musiekmarkte ‘n sekere niche het nie. Jissus. Jy kan mos nie kwaito speel direk na ‘n Limp Bizkit tune nie. Jy kan mos nie nou wil Live se toffie-geteem speel en dit opvolg met ‘n uur se rave nie. Waar kom die bra vandaan? Seker van Vorentoe of een van die ander fokken hoërskole in die omgewing. Miskien Hoërskool RAU, most likely.

En nog ‘n ding, as jy weet daar speel ‘n rock band, speel jy mos rock tunes om die mense op te saaik vir wat kom. Niemand, of te wel, niemand wat true school genoeg is om met sy eie impulse op daai kak te kan saamleef, gaan dit dan waardeer as jy inskop met fokken wakkawakkawakkawakka-doef-doef-doef-doef en sulke stront nie. Nee bra, jy verstaan obviously nie hoe om die dogtertjies in jou audience se koekies te laat drup nie.

O ja, die dogtertjies! (Jirre)

Nou daar is ‘n verskynsel wat skrik vir fokol. Nog heeltemal nat agter die ore met make-up so heavy dat dit in een stuk gaan afmoer as sy die nodige poesklap (okay, PK, met komplimente aan Zef slang) agter die kop kry.

‘n Stywe skipant agtige broek beklemtoon ‘n Beetle bonnet met ‘n honger woltjop wat knibbel-knibbel van die binnekant vannie nylon af terwyl sy haar heupe swaai voor ‘n dude van drie keer haar size. Haar maatjie staan onder die fan sodat sy ‘n nipple stand kan kry op ‘n fokken surfboard borskas wat skree: “Onder sestien”.

Dansend, met die koppie skeef na bo sodat jy die ‘Hello Kitty’-knippie en die ringetjie deur die oogwimper net MOET raaksien.

Ma het hoeka duur betaal daarvoor in ‘n Sandton City boutique. Net soos die Diesel toppie en die nommer vier Buffaloes wat ‘n plaaskakhuis vol geld kos by Moolas (steeds Sandton).

Iewers by ‘n tafeltjie in ‘n hoek sit vier laaities en boat race met Redd’s en Apple Sours, min wetende dat hulle oor ‘n halfuur van nou af die hele Men’s Room heeltemal ontoeganklik gaan kots vir enige ander beskaafde mens wat noodgedwonge daarna gaan moet uithardloop om soos ‘n Stellenbosch-bergie, ten aanskoue van die hele Mainweg, in die straat te moet pis.

In die woorde van die Buck Fever Underground: “Die volk is in die kak.”

Staan hierdie nat hoer voor my op die dansvloer. Sluwe slam slymsloot stootskraperslet van formaat. Dans met haar gat uitgestoot sodat haar vasgeklemde boude in die kort leerbroekie (met sykouse onderaan) teen my ballas skuur. Haar dik stywe tiete, vasgeklem in ‘n boob tjoep, twee sizes te klein gekoop, wip op die maat van ‘n harde techno tune terwyl sy met toe oë en wye arms op die dansvloer tekere gaan.

Alles peul want sy is maar ‘n poesvet MAMMA in haar vroeë twintigs. “Jy’s handsome,” sê sy, terwyl sy haar oë skeel na my kant toe draai, en met ‘n pap handjie na agtertoe aan my been probeer streel.

Ek retireer.

“Smoef man smoef, glide like a kite ek sê,” hoor ek die een of ander dronk vark skree. “Jou poes man,” skree ‘n ou vir iemand wat hard aan hom stamp.

Die hoer dans nader. Ek is pielstyf soos lanklaas in my lewe, van al die geskuur teen my knaters. Terwyl ek my sigaretstompie iewers neerslet raak my hand onwillekeurig aan haar kaal heup. Ek kannie help nie, dit was ‘n fokken ongeluk.

“Fok,” hoor ek myself hardop sê, doosdronk gesuip van al die Castle Draught wat ek sterk geraak het (op special, maar ek onthou nie reg nie). Handelingsonbevoeg, ontoerekeningsvatbaar, ‘n spietcop-se-victim soos min.

“Is daar fout baby,” sê sy.
“Nee, ek’s saadcool,” is al wat ek kan sê terwyl ek my mees doosagtige smaail kan gooi en rond struikel.

Koekoes soos ‘n korhaan.

Ek strompel rond, probeer saam met haar dans uit verleentheid. Trap op ‘n ander blaar se voet.
“Sorrie,” sê ek hard en in-my-poes-in-taktloos. “Dis cool,” kom die antwoord, terwyl die semi-body builder my uitkyk soos die stuk kak wat ek is.

Dinge tel op

Die band begin. Harde kitare op ‘n sound check. Moerse kak klank, maar as jy van kak hou is dit orraait.

Die slet fokof, want dié stuff is te hard vir haar. Ek staan half telleurgesteld met ‘n nat kol aan die voorkant van my onderbroek en scheme nog “wat DE FOK!”

Maar die manne oop die stage rock. Hard. Lekker. Befok! Skree daai Satanskrete.

‘n Mosh begin, en ek is in die middel daarvan. Een of ander doos kom lomp op my afgestorm terwyl ek bloot my elmboog oplig en hom hard in die ribbes seermaak. “Poes !!!” gil ek.

Agro fokkenstarshiptroopermaseharre.

Ek beur uit die crowd uit, want sulke kak sal ek nou nie duld nie. Dronk konte.

Iemand vertel die joke van die perd met die lang gesig by die bar. Kwit, ek het nie geweet mense ken nog daai kak nie. Fok fok poes fok poes fok FOK!

Ek wil kots, want alles rondom my walg my. Iewers gryp ‘n maer chickie met ‘n perdgesig ‘n vet outjie met ‘n pizza-face. ‘n Ou trap ‘n trappie mis, mors sy hele double brandy en Coke om sy wit knoophemp uit en lag sy moer los. “Bwhahahahaaaaa!”

Ek loop aan, my vriende van vroeër vanaand het gefokof. ‘n Jong baby in ‘n verleidelike kort swart rokkie dans selfbewus in kort sirkelbewegings. Die band speel en almal op die dansvloer spring. Ek koop nog ‘n dop. Kannie onthou nie want ek is te in my poes in.

Ek besluit om te gaan pis.

The worst toilet in Gauteng

‘n Harde urienreuk slaan my neuskaste toe. Die een kakhuisdeur is toe en ek hoor kreungeluide wat net onheiligheid voorspel. Die keuse is: die krip waar ‘n klomp boererige studente mekaar poesvloek en op mekaar se skoene pis; of ‘n afgebreekte kakhuis wat letterlik oorloop van dik geel vloeistof en deurdrenkte nat stukke kakpapier.

God! Waar is ek?.

Ek besluit om nie te pis nie en my vriende in die hande te kry.

Ek wens ek was by die huis en het eerder daai kak porno gekyk wat ‘n pêl ‘n week gelede in my flat vergeet het. Fokkit!

Ek leun met my rug teen ‘n pilaar. Die band beam aan, maar daar is niemand meer op die dansvloer nie. Fokol support, fokol alles. Die dose. Ek luister so drie songs, raak volkome in vervoering, maar niemand anders enjoy dit nie. Dudes staan rond en maak asof hulle dit nie laaik nie ter wille van chickies wat verveeld aan Bacardi Breezers staan en suig. Hier en daar maak iemand asof hulle die beat vang en skree kliphard “Wow” as ‘n ander een oor nice klere praat of na iemand anders wat stilstaan op die dansvloer op die dansvloer se nice gat verwys.

Verward?

Waar in my ma se bloedpoes verkeer ek nou? Wie hier binne het ‘n clue?

Ek kry ‘n leë stoel en sak daarop neer. Alles draai. Ek het nie soveel gedrink as wat ek net siek voel van die bedompigheid nie. Geswete mense lag in gesuipte genot. Hard en onophoudelik.

Waar is daai ander dose? Het hulle my alleen hier gelos?

Die band maak klaar . “Enjoy yourselves you motherfuckers!” word van die verhoog af geskree. Op die dansvloer is chaos. Wie fokof en wie bly? Ek sit kop onderstebo met my hande letterlik in my hare. Die DJ begin weer met sy kak en ek wil net uit die plek uit. MOET FOKOF. Ek beur uit die crowd uit terwyl ek hoor “I’m going home alone tonight”, “Where the fuck is my booze?”, “Where is everyone going?”, “Are you okay to drive?”, “Jy trap op my toon jou poes” en “Jiiiiiree Jissus I’m drunk!”

Iewers eggo Counting Crows se “Mr. Jones and Me'”

Ek kom buite op die sypaadjie uit. ‘n Gerookte bra probeer kak rose aan my verkoop. Ek sê nee, strompel aan terwyl hy my in Sotho vloek en ek maak dit wonderbaarlik tot by my kar. Voor ek oopsluit hoor ek ‘n man wat hardop lag.

“Bhwahahahahhhaaaaaaaa!!!” Dis donker en eers sien ek fokol.

Ou meubels

Ek kyk om. ‘n Bejaarde man met ‘n sjerrievel staan agter my kar. Geskeurde klere bedek met ‘n lappies jas, die spiritsreuk trek ver en daar is ‘n gekerm na my laaste change. Sy arms is uitgesprei soos ‘n Rooms Katolieke Christus-figuur. Hy lag weer. Ek sluit vinnig oop, spring in en sluit toe.

Vir jou ry ek dood jou fokken doos!

My kar start en ek reverse aggressief, gooi die kar links uit. Check die truspieël. Daar’s fokol. Ek haal asem, probeer myself relax, maar hoor die gekrap teen my ruit. Ek kyk slap regs.

Die sjerrievel weerkaats teen ‘n ander kar se ligte wat verby ry. Die gapings van die uit tande aan die kant van sy oop bek grynslag in hulle eie entitiet. Groot oop wit oë met duidelike rooi aartjies. Gebarste lippe. ‘n Vuil gryserige vuilbaard. Slierterige hare steek uit onder ‘n sif ou blou mus. Die modderbesmeerde lappiesbaadjie en die hande wat gebak staan met lang vuil vingernaels in verskillende rigitngs.

“Come on, spare some change you rich bastard!” kreun hy in ‘n skor stem.

Ek trap die petrol diep en los daai clutch teen die spoed van wit fisantkak. Ek laat die man in ‘n moerse stofwolk agter.

“God Bless you motherfucker!” hoor ek hom skree.

Ek fokof met die pad af.

Deel met jou tjommies!

    griffinDie dier grynslag