Sodra 'n mens 'n nuwe CD luister, maak nie saak van wie nie, gebeur een van drie dinge:
1. Dis TOS, en jy luister dit nooit weer nie.
2. Dis POES cool, die beste ding wat jy nog ooit gehoor het…en jy raak binne drie dae gatvol vir dit, en jy luister dit nooit weer nie.
3. Jy kan nie jou mind opmaak nie, en jy luister dit weer. En weer. En weer. Hierdie word dan een van daai albums wat in jou kar se cd-pouch bly, en jy luister dit basies vir die res van jou lewe.
Met hulle vierde album in 5 jaar, het Van Coke Kartel uiteindelik in my opinie 'n nommer drie gemaak.
My gevoel oor VCK is nog altyd een gewees van…meh. Nog net een van die legion bands wat die “Bellville Massiv” opmaak. Jy weet mos, die VanFokKingFantiesteHeuwels ft. Jack Parow. Ek het lankal ophou tel wie is in wie se band. Wie sing op wie se tracks? Wie toer hierdie keer saam met wie? Wie gee om?
VCK was vir my die grootste sondebokke as dit gekom het by die trend. Die eerste keer wat ek hulle self-titled debuut album gehoor het in 2007, was ek reg met die lyn “kan jy apatie spel?”
Enigste liriek op daai een wat ek kan onthou is “jissis, dis gevaarlik hier!” en dis ook net omdat laster in afrikaans altyd oulik is.
Die opinie het gehou tot 2010 se Skop, Skiet en Donner, en ook eers tot ek 'Voor Ons Stof Word' gehoor het. Dit was vir my 'n moerse surprise. 'n VCK song wat ek nie net van hou nie, maar daadwerklik mal oor was? Jirre! Wie sou kon dink?
En wie sou kon dink dat VCK daai selfde trick met my kon pull, maar op 'n baie groter manier, met hulle vierde album?
Die eenvoudigste manier om dit te sê is dat met Wie's Bang, het VCK next level gegaan. Of nog meer next level, as jy klaar 'n fan was. Ek was eerlikwaar nie 'n fan nie, so hoe die fok het dit gebeur dat ek nou hier sit en skryf dat Wie's Bang die heel eerste album is wat jy in 2012 moet kry?
Miskien is dit omdat Francois Van Coke nog altyd weet hoe om 'n liriek ballas te gee en dan hare op daai ballas te sit.
Miskien is dit omdat Jed Kossew 'n letterlike lead-guitar god geword het toe ek nie aandag gegee het nie. Jy hoef net te luister na hoe aapkak mal hy gaan op 'Brein Verloor' en 'Wie's Bang” , of hoe soulful hy speel op die nuwe anthem-in-waiting 'Tot Die Son Uitkom' om dit vir 'n feit te weet.
Miskien is dit omdat Jason Oosthuizen in 2010 die titel verwerf het van vinnigste drummer in Suid Afrika, en omdat hy en Wynand Myburgh 'n rhythm section opmaak wat so slick en magtig soos 'n Ferrari-Tank is.
Miskien dink ek so highly oor die nuwe album omdat daar 'n tema is. Die hele 2012-end-of-the-world storie trek sterk deur die hele ding. Op 'Chaos' (Ja, featuring Jack Parow. Party dinge bly maar nou dieselfde) sing Francois Van Coke wat seker my favourite line van die jaar gaan wees. “Kyk daar's chaos buite, hoor dit deur ons sitkamer ruite en kry duidelikheid oor ons TV stelle”
Miskien is dit Theo Crous se crystal-clear en hard-as-fuck produksie?
Miskien omdat daar bitter min, indien enige, kak tracks is wat jou gaan laat reach vir die skip-button op jou radio of HiFi?
…Al wat ek kan dink is dat miskien is dit all-of-the-above!
Ek is een van daai pretentious faggots wat prentjies sien in hulle kop as hulle musiek luister. Wanneer ek na 'Wie's Bang' luister, sien ek vir Francois, Wynand, Jed en Jason op 'n krans staan. Voor hulle is die einde. Die honger, lee maag van die duisternis, die vrees, die leemtes van die gate in ons kultuur. Voor hulle is die dinge, watookal dit mag wees, wat jou bang maak.
Dit dreig om hulle in te sluk.
Maar die vier lede van VCK staan regop, en skree harder as nog ooit tevore dat hulle fokken WEIER om dit te laat gebeur.
Soos gesing word op title track “Vrees kon nie my energie steel nie, die verouderde ligaam ook nie”
Dit klink na 'n ander Francois Van Coke wat die lyn sing, en 'n ander Van Coke Kartel, 'n ouer, meer refined weergawe waar jy kan hoor hoe ver hulle al getravel het, hoeveel hulle al gesien het, en hoe ver hulle het om nog te gaan…
Ek persoonlik, kan nou nie wag om te sien waar, en hoe ver, dit is nie.
Nice one VCK. Julle het my uiteindelik oortuig











Public Holidays kalender vir 2012 en ons werk jou leave uit!
Julle het hierdie ene verlede jaar waardeer, so ons maak weer so. Jy kan hier op Watkyky jou calendar download vir 2012 se public holidays sodat jy jou leave vooruit kan beplan. Daar is niks kakker as om omkant gevang te word deur sneaky kollega's wat hulle shit beter as jyself beplan nie. Gert Gomgat score die Maandag waarvoor jy wou leave insit en nou moet jy by die werk sit en na almal se kak luister en met clients se huilerighied deal. O ja, en die water is afgesny in julle gebou en jy wil kak. Moenie tune dat dit nog nooit gebeur het of dat dit nie met jou sal gebeur nie.
Check, jy right click op WKJ_Duik_dae2012, kies "save as" en double click hom waar jy hom ge-save het. Dit sal alles in jou Outlook calendar outomaties insit. Ons het nie 'n iCal een gemaak vir iPhones en iPad nie, so as iemand dalk so gaaf sal wees om dit te doen en samblief te mail na griffin@watkykjy.co.za sal ons hom hier kom update. Ons fokken weet nie hoe om dit te doen nie, dis te fokken warm en ons wil bier drink.
Ons gee nie net die public holidays vir jou nie. Ons vat hom so enetjie verder. Aan die begin van elke maand sal jy 'n reminder op jou calendar kry wat jou sal herinner om leave in te sit vir die maand waar jy 'n lekker langnaweek vir jouself kan opmaak. Ons het ook sommer al die Springbok Rugby datums ingegooi, al die Super 15 matches, die Four Nations rugby asook 2012 se Formula 1 schedule.
But wait, there's fokken more! Ons gaan vir julle so paar next level tips gee oor hoe om jou leave vir 2012 doeltreffend te beplan.
In 2012 is daar 10 public holidays wat (prys die jirre) op weeksdae val. Kom ons veronderstel jy kry die minimum paid leave wat volgens wet 1.25 dae per maand is. Dit werk uit op 15 dae leave per jaar. Moet ook nie vergeet dat jy kan rondspeel met sick leave nie. As jy 2 dae elke 3 maande "siek" is, kan jy nog 8 score sonder om enige agterdog te wek by jou kak graft. Dit gee jou 'n totaal van 33 af dae as jy jou kaarte reg speel. Dis meer as 'n fokken maand lank en jy word betaal daarvaar. Whoohoo!
Hier is wat jy kan doen:
21 Maart is Human Rights Day – Dis 'n Woensdag en 'n lekker midweek break, so moenie punte hierso mors nie
6 April is Goeie Vrydag – Soos die naam tune, land dit op 'n Vrydag. Jy score 'n poeslangnaweek – moenie mors hierso nie want Maandag, 9 April is Family Day.
27 April is Freedom Day wat op 'n Vrydag val. Dinsdag 1 Mei is Werkersdag, so hier moet jy die Maandag af vat. Twee poeslangnaweke in een maand! Fokken score!
16 June is Youth Day – en dit val op 'n Saterdag. Dankie vir fokol, regeringsemasepoes!
9 August is Nasionale Vrouedag wat op 'n Donderdag val. Jy vat daai Vrydag af en jy vat vir hom laag! Gaan sommer Oppikoppi toe ook. Dis sonde en dis fokken lekker.
24 September is Nasionale Braaidag. Sommige mense noem dit Heritage Day. Sommige mense kan gaan kak. Hierdie outjie val op 'n Maandag, so moenie aan jou leave raak nie. Nog 'n langnaweek vir jou! Kap 'n dratie!
16 Desember is Day of Reconciliation. Dit val op 'n Sondag en gevolglik (volgens wet) is Maandag die 17de dan 'n public holiday. Nog 'n langnaweek! Los jou leave in tact. Njamau!
25 Desember is dit krismis op 'n Dinsdag gevolg deur Boxing day op Woensdag die 26ste. Daai Maandag die 24ste? Jy fokken vat vir hom, pappie! Vat dan sommer ook Maandag die 31ste daarna, want Dinsdag is dit Nuwejaar. Nog 'n lekker lang slap enetjie.
As jy hierdie guide volg, het jy net 4 van jou 15 leave days gevat, so jy sit met 11 leave days oor om mee te maak wat jy wil.
Hier is 'n voorstel: Februarie, Oktober en November is die doosmaande met fokol holidays. Gee vir jouself twee langnaweke in een van elk van daai maande, met ander woorde jy vat 6 leave days. Jy sit nou met 5 leave days oor – dis presies een hele fokken werksweek. Vat hom sommer in die eerste week in Januarie 2013 van Woensdag die 2de af tot Dinsdag die 8ste. Die voordele hier? Jy het mos reeds Maandag die 31ste Desember gevat, so jou holiday begin eintik Saterdag die 29ste Desember. Gaan fokken see toe en mis die moerse traffic rush as almal 1 Janurie terugfok werk toe.
As jy wakker was sou jy gesien het dat ons nie Julie by die doosmaande ingesluit het nie. Dis omdat Julie 'n goeie tyd is om "siek" te word. Maak net seker jy word nie "siek" op 'n Maandag of 'n Vrydag of twee dae in 'n ry nie, want dan het jy 'n fokken briefie nodig van oom dokter af.
Jou ander "siek" dae gebruik jy vir hangovers en gebruik migraine en spuities as verskonings. Dis raadsaam om soms nou en dan op Maandae te lieg en te tune dat jy die hele naweek plat in die bed was met migraine en dat jy hierdie aanvalle so eenkeer elke 3 of 4 maande kry. Sodra mense gewoond raak aan jou migraine liegstories, kry jy elke 3 of 4 maande 'n aanval op 'n Dinsag of 'n Donderdag en bly by die huis en drink bier en kyk porn en eet roomys en speel Xbox of met jouself.
Hoop dat julle hierdie aanbevelings ter harte neem en terselfdetyd as waardevol ag.
Gaan beplan jou fokken leave nou! Dis al klaar fokken 3 Januarie, my ou! Opskud! Dis mos lekker by die see!