Check hom

Dis naweek, kom ons fokken duik!

In Dis naweek kom ons fokken duik! deur griffinRek jou bek

So nou en dan doen ons bietjie ander werkies ook op die side-line. Kokkenodge gou-gou hierdie ad wat ons gemaak het vir ‘n sound company vanaf  ‘n fancy gedeelte in Jo’burg. Ons het dit sommer in die Moot in Snor City in ‘n tjommie se huis geskiet. En dan kan julle seker maar verdaag daarna? Dis wel naweek. Al gaan dit poeskoud wees…

stoute boude

Deel met jou tjommies!

    griffinDis naweek, kom ons fokken duik!
    Check hom

    Van Halen, Lunatic Wolf en (kug) Phillip Phillips – Rolbees reviews

    In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

    Wees gegroet, damduikers! Kan nie glo dis al weer die donderse dag tussen Woensdag en Vrydag nie. Tyd dat die kreupel die gepeupel laat suig aan die spreekwoordelike musiektepel! Kom ons kyk of die pienk polkadotsak iets kon oplewer wat julle tats gaan afrock, of dalk almal aan die slaap gaan maak. It’s always a gamble.

    Van Halen – A different kind of truth
    Van Halen is meer dysfunctional as jou deursnit daytime sepiefamilie. Die hoeveelheid kak wat dié legends vir mekaar veroorsaak het oor die afgelope vier dekades is verstommend. Om perspektief te gee sal ek bietjie moet van halenverduidelik waar hierdie album inpas. Van Halen het shithot geraak in die late seventies/mid-eighties met David Lee Roth as frontman. Na ses albums bereik al die kinderkak en drama breekpunt en in 1984 word David Lee Roth gefire. Die Melt Sieber… sorrie, die Sammy Hagar era begin in 1985. Na vier albums bou die kinderkak en drama weer op. Hagar fokof in 1996. ‘n Kort reunie met David Lee Roth in dieselfde jaar: Kinderkak en drama. Hy fokof weer – die ‘rebound era’ met Gary Cherone (van Extreme) as frontman. Gary fokof in 1999 want hy sien kinderkak en drama kom! Haha! Van 2003 tot 2005 weer Hagar. You guessed it – kinderkak… my kop wil bars… nog ‘n reunion met David Lee Roth in 2006 en 2008 volg. Ek wil dit nie jinx nie maar lyk my hulle kom nou “soortvan” oor die weg deesdae.

    A different kind of truth (2012) is die eerste vollengte album wat opgeneem is saam met David Lee Roth in bykans drie dekades. Maar Eddie se seun, Wolfgang, het Michael Anthony vervang op bass kort voor die opname. As gevolg van kinderkak en drama? Jy fokken weet dan! So dié van julle wat uitmaak weet jy kry Van Halen fans en Van Hagar fans – niemand praat oor die rebound fokop nie. Hierdie album is ‘n proper Van Halen album. Meeste van die songs is actual seventies of eighties outtakes, maar die lirieke is kort voor 2012 deur David Lee Roth geskryf. My fok, sy hedendaagse belewenisse as ‘n skatryk over-the-hill rock star is surprisingly rock and roll. Soortvan. Who knew? Met songs soos She’s the Woman, Outtaspace, Stay Frosty, Big River en I kan jy die oorspronklike chemistry weer sterk voel deurkom. Dis meer as genoeg vir my! Maar daar is soms net iets missing – hulle is nie so tight soos dertig jaar terug nie. In more ways than one, obviously.
    David Lee Roth se vocal range is bietjie pê. Dit klink nou en dan asof hy ongemaklik sukkel om by te bly (jy kan dit hoor op Honeybabysweetiedoll, Trouble with Never, China Town en Bullethead). Vinnige Eddie se fokken wammy chops is nog finger-tapping tops. Maybe is dit ook Michael Anthony se afwesigheid? Hey, baskitaarspelers maak ‘n moerse verskil! Maar maak geen fout nie, dié pensioenarisse kan nog kakhard rock! As jy ‘n Van Halen fan is en jy het dié stukkie lekker gemis moet jy jouself op die neus met ‘n swaaiende ysterbaton moer. Mooi Dave. Dink nie Jimmy Kimmel gaan hom weer terugnooi nie. Jy kan gerus volume gooi en al jou bure genotvol afpis met hierdie een! Die Rolbees gee dit 7½ uit 10.
    eddie-van-halen
    Phillip Phillips – Behind the light
    Fokkit, ek weet Dave Mathews is Phillip Phillips se major influence maar hoekom moet hy PRESIES soos Dave probeer klink? Ek skiem dis so bietjie disrespekvol. Ek sien nêrens op Behind the Light se CD cover iets soos ‘tribute to’ or ‘tribute band’ nie? Nie eens ‘n dankie Dave Mathews nie? WTF? Net omdat jy ‘n Idols wenner was beteken dit nie jy moet vir altyd onoorspronklik bly nie, Phil. C’mon man! En jy “leen” ook by Mumford en Sons en Newton Faulkner. Anyway, Alex Jay – ek wou dit net uit die weg ruim. Maar hey, as jy daai klein probleempie kan oorsien, dan is dit seker lekker musiek. Chilled out luister tunes – om te reflect oor die oorsprong van plagiaat tydens die Cro-Magnon tydperk. Op ‘n random fokken Maandagmiddag of iets. Die Rolbees is vrygewig met ‘n 3 uit 10. Dave Mathews clones – wat nie eerlik huldeblyke bring nie – verdien dertig persent. DRUIP. Jy moes eintlik 0 gekry het, boet.

    Lunatic Wolf – To the Adventure
    My eerste reaksie toe ek die CD insit was: karma haat my die week. Fok, nog ‘n onoorspronklike commercial folk band? Mumford and Sons clones? Ek het To the Adventure (2014) so objektief as moontlik geluister: eers op my sound system, toe op my PC en laastens op my cell met oorfone op die bed – terwyl ek staar na die ceiling. ‘n Hele lunatic wolfpaar keer, mind you. Fine, ek was seker nog knorrig gewees oor Philip Mathews en slightly babelaas. Ja OK, ek was bietjie vinnig om te oordeel. Nie almal wat in die saturated commercial folk genre val copy musiekstyle asof dit fokol is nie – en wil jy nou meer – soms gebruik hulle nie ‘n resepteboekie nie. Dit was my ou fokken lessie vir die dag. Hoe dieper jy in hierdie album ingetrek word hoe meer kom jy agter Lunatic Wolf verstaan dat oorspronklikheid goud werd is. Ek weet nie of hierdie actually ‘n folk album is nie? Is hulle ‘n folk band? Des-nie-teen-fokken-staande, is dit ‘n introspektiewe album en jy kan erg verdwaal in jou gedagtes as jy dit luister. Dis persoonlik en minimalisties – genuine alleenmusiek. Luister dit as jy dink aan daai spesiale girl (of adonis) wat jou graad-A angsversteuring en hartkloppings gee of as jy net wil dink oor wie de fok jy nou eintlik is of wie jy dalk was of wil wees – whatever – diep shit is lekker.

    Lunatic Wolf se enigste resep – wat awesome werk vir hulle – is ‘minder is meer’. Sommer baie meer. Kompleksiteit word met eenvoud oorgedra. Wanneer weet jy ‘n band is rêrig fokken oorspronklik? Wanneer jy die band se oomblikke erken in die musiek en nie some reseppie (wat almal gebruik) nie. Lunatic Wolf oomblikke is wyd versprei op die album. Sagte trippy rhythm acoustic kitaar of selfs chilled banjo. Never overdoing it. Partykeer net sagter background klavier of banjo of ‘n distant sax of some eerie organ of sound effect of electric kitaar – saggies in die verte, amper. Melankoliese vocals wat nie teem nie. Liedjies oor die liefde wat nie irriteer nie. Oorspronklik, dudes. Naaais!
    Die Rolbees het ‘n serious babelaas vandag so niemand kry agts nie. 7 uit 10 is die beste wat ek kan doen. Maar alle grappies op my stokkie – check dit uit though! Jy mag dit net dalk geniet!

    Deel met jou tjommies!

      RolbeesVan Halen, Lunatic Wolf en (kug) Phillip Phillips – Rolbees reviews
      Check hom

      Die Kakamas Kettingslagting – Zombie en die Bokkombende

      In Komix deur griffinRek jou bek

      Aah, een van daai classic movie posters wat Hannes en Tiaan gaan ontdooi het. Moenie die fine print lees nie. Jy doen dit in elk geval nie voor jy ‘accept’ click wanneer jy jou iPhone update na die nuutse OS wat alles vir jou opfok nie…
      zombie-kakamas-kettingslagting

      Deel met jou tjommies!

        griffinDie Kakamas Kettingslagting – Zombie en die Bokkombende