Check hom

Tswanaland, vat my hand – ons kuier Gabarone aanie brand.

In Snotstories deur griffinRek jou bek

Dinge gebeur mos op 'n fokken weird manier. My een china, Mot, doen so bietjie graft in Botswana en die arme lummel moet elke naweek deurskiet South toe om vir sy stukkie te kom kuier. Ek en KT besluit toe om die laaste naweek in Junie by die blaar te gaan turn skiet om Zamalek in Pula aan te kop. Toevallig bel Die Ben vir grifF en vra hom om so bietjie vir Oppikoppi te gaan graft in Gabs by so charity heeldag-sokker-heeldag-bands gig.

Ek laai toe die puters en ons klok Vrydag 12:45 uit Snor City om die 365km uittog aan te pak. So stuk of veetig k's voorie borderpost klap ek 'n speedtrap 109 in 'n 80 zone. Natuurlik lê my liksens nog by Waltloo se kak kantore om afgehaal te word, maar disse fokken ander storie. Die oorgewig koeltekont met die rooi Jopie Adam baard tune my: "Verstaan jy Afrikaans?", waarop ek antwoord: "My naam lyk bietjie weird, maar ek is Afrikaans." Heel ingedruk deel hy my mee dat my paspoort sufficient is en dat hy my fine van R300 sal gippo na R100 toe as ek belowe om dit onmiddelik by Nietverdiend se polies stasie sal betaal. Die fokken ding lê nou nog in my kar.

KT vat toe maar die stuur oor en by die borderpost hoes ons 10 Pula om die voorreg van Gabarone se paaie te geniet. Ek verklaar ook fokol, want anders het ons nogge halfuur daar vasgesit. Na so twintig minute, veertig donkies en honderd beeste kap ons broadie by Mot se possie en ek moet onmiddelik sokkerstadium toe fok om alles uit te check lat Saterdag soos stroop kan loop. Kon nie eers fles vat nie, want daar word ge-graft.

Saterdagoggend skop dinge vroeg af en hier teen tienuur is die helfte van die Tswana's goed ge-hoenderkop. Die Orange Charity Cup word sommer alles in een dag gedoen. Dieselfde teams wat poesmoeg is, speel sommer teen mekaar in finals en semi-finals en tussenin speel die bands. En het nog nooit so baie stretchers in drie matches gesien nie. En fok, kan daai Tswana's vir jou dop wegslaan! Elke keer as hulle team opfok of die ref skeef kyk, laat lees hulle met bottels, glase, vol blikke bier, hulle lunch of enige iets wat hulle in die hande kry. Ons moes fokken koes virre vale. Nie net het hulle ons bakkie se windscreen raakgepoes nie, maar ook een van die dansers van T-Joint teen die kop geëet met 'n bottel Amarula. Needles to say, is hy met 'n ambulans huistoe. Security was ook half deurie kak, want 'n Tswana het op die veld gaan dans sommer so tussen die bandmembers met 'n broek 4 keer groter as die Heer se genade. Hy was fokken horing gekletter. Hy was ook nege jaar oud.

Na die final match het die crowd fokken hectic geraak. Daar was twee rival stands reg langs mekaar en dié het mekaar met bottels begin eet. Hier het ek respek virrie bra's. Hulle sou enige respectable klipchucker van S.A. laat rooi word van skaamte. Hierie manne gooi laat dit lyk soos die fireworks show wat ek in 2000 in Sydney gesien het. Die riot squad het die mense tot bedaring gebring en die sokker grounds was 15 minute na die laaste match klaar is, dol fokken leeg. Toe fokken sit hulle die spreilaaits af terwyl ek oppak en hulle sluit die hekke terwyl my kar vir my buite staan en wag. Maar grifF was bly, want ten minste het hy die bokke se kak rugbymatch gemis en sy kar wat nie gesluit was nie, was veiliger as wat dit in Hatfield sou wees op 'n sonnige Sondag. Dit klink dalk weird, maar afgesien van Zamalek chucking is daar wedersydse respek en die crime rate in Tswanaland is heelwat laer as Randal van Idols se IK.

Eventually kry ek my kar en ek, Mot en KT gaan verf Gabs se strate rooi by drie verskillende clubs en praat kak met die locals wat gaaf genoeg is om ons met ons drank te laat uitslinger. Terug by die posse klap ons sommer 'n bottel rooi en toe word ek Sondagoggend vyfuur wakker met die rooiwyn oor my klere en beddegoed saam met die kos wat ek die vorige middag ge-graze het. Mental note to self: Moenie weer dodgy peri-peri hotdogs koop by sokker matches in Gabarone nie. Ek het toe maar net so met my klere in die bad geklim en die gemors afgespuit.

Dit was eers so 60km binne die S.A. grens dat ek die wiel by KT kon oorvat nadat ek 'n veltie gemaak het en my gat met 'n ou payslip afgevee het. Van nou af ry ek altyd met payslips in my cubbyhole.

Wat word benodig virre naweek trip Tswanaland toe:

  • 300 skille vir petrol
  • 100 skille virrie tolpad
  • 'n paspoort
  • 0 Pula om Botswana se teer te mag uitspin
  • 'n Pel met verblyf vir mahala
  • een standard fokken sterk maag
  • ou payslips
Deel met jou tjommies!

    griffinTswanaland, vat my hand – ons kuier Gabarone aanie brand.

    Albert Frost: Die man, die kitaar, die sin vir humor

    In Watkykjy Interviews deur griffinRek jou bek

    As daar nou iemand is wat 'n kitaar kan pak slae gee dat hy huil vir nog dan is dit nou bra Albert Frost. Al van kleins af jol die man saam met die grotes soos Die Blues Broers, Valiant, Ollie Viljoen en nou saam met Arno Carstens. Tussenin doen hy ook sy eie ding saam met Agent Orange onner die naam "Frosted Orange". Skiet bra grifF hom mos kaarte noudiedag. Chekkityt!

    grifFin: Is jy familie van daai sneeuman, Jack Frost?
    Albert: Ja, maar ek gan julle nie bore met details nie (dis regtig 'n afgewaterde storie).

    grifFin: Wat is jou kitaar se naam?
    Albert: Whiskers …

    grifFin: Is daar iets beter as die N1 wat uit Kaap kom?
    Albert: Ja, die N2.

    grifFin: Daar was so oulike meisie by Trek 2000 in Worcester. Jirre maar sy het 'n mooi rooi sweater aangehad. Wie was dit?
    Albert: As jy praat van die girl met die rooi sweater en die rooi hare sal dit my ex-wees. Ons het ontmoet in Worcester, ons het vir twee jaar saamgebly in Slaapstad (in daai tampon torings, nogal).

    grifFin: Watse CD is currenlty beskikbaar en is jy beisg om weer te record, of toer jy jouself nog in 'n koma in?
    Albert: Arno Carstens se album Another Universe is sopas vrygestel, my solo album Catfish is ook beskikbaar en ek en Ollie Viljoen het planne om 'n Afrikaanse blues album te maak. Wat toer aanbetref, New Porn tref die land volgende maand …

    grifFin: Hou jy meer van Kellog's Frosties of daai Special K poefpap?
    Albert: Wats daai pienk Rice Crispies se naam nou weer? Ek chow nie poefpap nie.

    grifFin: As jy al meer as 20 groupies gebrand het, moenie hierdie vraag antwoord nie. En?
    Albert: Kyk hier, nê, ek record en toer al vir 9 jaar. Wat sou jy doen?

    grifFin: Watse gig tot dusver was vir jou die hecticste gewees van almal en hoekom?
    Albert: Dis verseker die heel eerste show wat ek alleen gedoen het so vier jaar terug in Somerset-Wes by 'n klein bar genaamd "Ye Olde Bell". Snaaks, dis minder stresvol om voor 10000 mense te speel!

    grifFin: Al ooit daaraan gedink om 'n cross-dress band te begin en dit die Bloes Broers te noem?
    Albert:

    grifFin: Jy laat die snare al fokken lank huil. Kan jy vir ons uitwerk (in maande) hoe lank jy al kitaar speel?
    Albert: 144 mane, 4320 dae, 103680 ure, 6220800 sekondes, so seize the moment en figure self uit hoeveel jare dit is.

    grifFin: Watter deel van die land is vir jou die beste om te toer, i.t.v. crowd support, drankpryse en die weer?
    Albert: Moeilik om te sê … Sorry ouens, sal moet gaan vir Stellenbosch (jy't vergeet om girls te mention), maar Pretoria is kort op sy hakke.

    grifFin: Wat kyk jy?
    Albert: Na die screen, poepol.

    grifFin: Baie van die SA muso's staan TV se kant toe en van die TV actors begin musiek maak soos bv about die helfte van die cast van 7de Laan. Ek wil byvoorbeeld nie vir Macks Papo hoor of sien sing nie. Wat skiem jy hiervan?
    Albert: Dis nogal 'n moeilike een. Ek skiem dis cool op 'n manier want dit expand sekere kunstenaars se horizons (ek gaan nou nie name noem nie), maar aan die ander kant moet jy fokken seker wees wat jy wil doen want jy kan maklik soos 'n poes lyk. Kyk byvoorkeeld vir Candice – nice pair of voice, maar die sprong van ktv presenter na rokchick is net te veel. Good luck to her, regtig.

    grifFin: Wat is jou all-time favourite tune?
    Albert: Kak vraag … elke week 'n ander een, maar die most classicste tjune vir my as ek nou terug dink sal verseker "Dazed and confused" van Led Zeppelin wees. Maak my altyd lus vir zol en bier.

    grifFin: Is daar iets wat jy oppie hart het en met die watkykertjies wil deel?
    Albert: Wees nice met jou ma en moenie jou naels byt as jy jou gat krap nie.

    Deel met jou tjommies!

      griffinAlbert Frost: Die man, die kitaar, die sin vir humor
      Check hom

      Die dag toe die All Africa Games amper begin het … in high spirits

      In Snotstories deur griffinRek jou bek

      (deur Eencap)

      Al ooit gewonder wat het die Namibiese stoeispan, die Franse paparazzi en Engelse disaster satelliet programmers, grifF, Skipper Glen, myself en 'n 17 piece afro-jazz highlife band in gemeen?

      Dit was mos nou laas naweek wat die bizarre lot se paaitjies so gekruis het. Die eerste red alert alarms het begin beep so innie vroeg mirrag toe Skipper Glen die stoeiers van die Namib en die NBC (Namibian Broadcasting Co-op) om 'n rugby game in Nigeria bevrind.

      Als het heel rustig en glad verloop. Die Bulls het mooi gespeel en toe was daar 'n klein blank en toe is ons saam met die Engelse disaster satelliet programmers innie lift oppad na die stoeiers se bestuurder se kamer vir brannewyn en ek weet nie wat nog als nie. Ek skeem hy wou eintlik net grifF se ass gehad het. Julle ken mos van stoeiers met daai dodgy pakkies. Die coaches soos almal ook weet, is die bende leiers – die voorbokke. Wat stoeiers agter geslote oefensaal deure aanvang is hulle eie saak maar ons wil nie daarvan weet of proe nie.

      Anyway, die Engelse disaster satelliet programmers was maar net daar vir die free ride. Ek weet julle het al almal op baie okkasies ander vreemde mense se parties ge-crash. Toe die brannewyn klaar was toe moes hulle kastig gaan verder programmeer want die satelliet was veronderstel om nou-nou oor te kom – ja raait. Lui die phrase "hy hou sy lyf aasvoël" enige klokke?

      Vandaar het die coach ons omgepraat om die ander coach en die stoeiers te meet vir nog 'n paar happe. Ons het besluit om hulle te humour in die hoop dat ons dalk 'n glimpse en 'n spin op die Duitse cherries van die Namib hokkie span te kan score. Ek dink hulle het ons vir 'n ride gevat want toe ons daar kom was daar geen teken van hokkie ho's nie, net sulke 10 jarige gimnaste. Dit het nogal heel inviting gelyk. Het julle al daai Romeinse chicks gesien en hoe hulle hulself kan buig en knoop en allerhande nice goed met daai lyfies kan aanvang? GO NADIA GO!

      Die goeie sports wat ons is het ons besluit dat hierdie setback nou nie op ons paartie gaan reën nie en ons nooi maar toe die hele stoeikamp na ons hotel toe vir 'n marodder paartie met die 17 piece afro-jazz highlife band by die swembad. Skipper Glen was oortuig dat hy die 140kg stoeier kon klop met sy armdruk vernuf maar die groot vent a.k.a Jors was so teleurgesteld met Skippie se performance dat hy besluit het daar word 'n gek van hom gemaak en word toe heel ontstoke. Niks wat nog 'n bietjie spirits nie kan uitsort of vererger nie.

      Nou moet julle weet – sulke groot mense kan nogal groot wees, maar in 'n vreemnde land ver van hulle tuis habitat en mamma af is hierdie vreeslose vegters maar bang vir die donker nagte en dit wat daarin rondsluip. Ek wil sien hoe stoei jy met 'n AK-47 patroon na 'n bottel brannewyn in die middel van die nag as jy nie eers mooi kan balans hou nie. Shame, groot Jors het darem hard probeer. OK, genoeg gespot met die Namib warriors. Hulle gaan my uithaal as hulle my ooit weer raakloop.

      Ons het toe maar oorbeweeg na die groot paartie met die band en die stoeiers en die swembad en dis waar die die Franse paparazzi inkom. 'n Sportman is mos 'n ambassadeur vir sy land en 'n atleet nog boonop dit. Ek meen, goeie gedrag is mos aan die orde van die dag, maar as die Bulls wen, jy jou armdruk met skipper Glen wen, jy dink jy het 'n bottel brannewyn geklop en dis nog Saterdag aand dan is daar min dinge wat 'n mens kan stop (behalwe die aarde se houvas). Stoeier Jors en sy trawante was nou nie van plan om toe laat inhibisies hulle paartie te spoil nie. Die Franse paparazzi het nog so paar happe in die equasion gegooi om die chaos te vererger asof dit nodig was en 'n field-day met die lot gehad.

      Kort daarna moes grifFin die dronk vegters in 'n taxi bondel en huistoe stuur. Hulle kan miskien arm druk maar as dit kom by "stoei met die bottel" kan hulle beslis nie. Toe is maar net grifFin, Skipper Glen, ek, die Franse paparazzi en die 17 piece afro-jazz highlife band. Notice die contstants in die vergelyking.

      Sover was als nog goed, maar daar is twee tipes mense met wie 'n mens nie mors as dit by drank kom nie: musikante en joernaliste. Ons het goed op ons moer gekry so ek sal maar nie daaroor praat nie!

      Deel met jou tjommies!

        griffinDie dag toe die All Africa Games amper begin het … in high spirits