Surprise, surprise: Oppikoppi Plunge

In Oppikoppi deur Chopper CharlieRek jou bek

Mens vergeet partykeer net hoe donnerswil groot Oppikoppi gegroei het. Mens vergeet om jou kaartjie te koop en as jy jou bloedbelope oë uitvee is dit weer sulke tyd.

Speeltyd.

Dis Oppikoppi se tweede jaar in ‘toria en die keer was ‘n mens behoorlik in virre surprise of twee. In die eerste plek is dit nou in September, so ouens wat in Augustus by Fountains uitgeslaan het, is 10:1 beloon met meswonde en niks meer nie.

Vrydag:

Slaan tent op op ‘n desolate eilandjie-tipe-van-ding. Deur die drukgang waar alle eie drank agterweë gelaat word en in die entertainment area. Surprise, surprise: Mike Bolhuis en sy bouncers is daar. Gewapen met gats, die lot.

Ons besluit op drink.

Surprise, surprise. Net Namibian Breweries, Hunters, Savanna bierprodukte. Skiem jy’s lus virre Labeltjie of ‘n Kasteeltjie? Se moer china. Noodgedwonge leer ek kruiesjampoe soos Tafel en Windhoek drink.

En weet jy, mens kan nogal heelwat daarvan drink.

Anyway, ons check toe vir Cutting Jade wat nogal shap was voordat ons gesuip by die groot springkasteel slide afpoes. Toe twee kickass bands van Van Riebeek se valley. Relax is ‘n great live band wat hip-hop tipe vibes style en mense laat op en af spring soos fokken min. Na hulle check ons Millionaire ook van Holland.

Modern rock vibe, nogal abrasive maar uiters fokken nca. Alhoewel die equipment heeltyd uitfok tune hierdie jonge here energy soos min. Vet nice kerels. Vet nice.

Ons kry ons Afreakaanse doos-is met Anton Goosen en toe Karen Zoid net daarna. Bra Anton is dalk oud, maar hy moerrit pappie. Die band wat saam hom gejol het kook, veral met die warmgemaakte “Boy vannie suburbs”. Luuks man. Me Zoid het nogal lank gesing. Baie lank het dit gevoel.

Vandaar na die Skelm stage vir Kobus! en wat ‘n lekker surprise vir almal daar. Musical journey, nê Francois? Supporters is gesalf, monitors is bevark met drank en water en ‘n naamlose vocalist het met groot seremonie van die stage afgebliksem en grondlangs aanhou sing.

Respect dude. Killer gig.

Satrag:

Skop af met bluesy outfit Frosted Orange. Sê wat jy fokkenwil wil, maar bra Albert Frost is locally die man om te vang op kitaar. Jirre, hy maak uit. Big up yourself Albert. Baie lekker tunes, killer look en ons beginte spoed vang.

Laatmiddag vang ons Zola in die kryt (excellent) waarna baie mense baie geraas het. Lot Radio Tuks punk soos bra grifF altyd sê. NIe juis CHopper se tiep-van ding nie. Ons besluit op drink.

Nege-uur trek ons in by Zef Sketse en die fok weet die mense raak net fokken maller elke keer as mens hulle check. Homeless Hasie is classic dudes. “Soos die Afrikaanse Monty Python,” tune ‘n ou my. Ek skud my kop om te wys ek verstaan.

Toe vir Valiant Swart met sy valiant tunes en almal voel onmiddellik goed, beter, botter. Daai man mag darem. Daarna Battery 9 wat net sy deur wil toeslaan en Ministry luister. “Is jy al klaar met jou huiswerk, Battery 9?”

“Los my uit! Niemand verstaan my nie.”

En net toe mens dink dis klaar betree Mandoza die stage en ons dans vir hom asof daar nie naweekkaartjies is nie. Nog nooit so baie honkies sien holswaai op “sulke” musiek nie. Dit was fokken cool.

Die res van die aand in die danstent was ‘n blur. Alles gaan mos kop toe as jy dans en van en lag en huil en drink en rook en te kere gaan …

… tot volgenne keer.

Cheers Oppikoppi.

Deel met jou tjommies!

    Chopper CharlieSurprise, surprise: Oppikoppi Plunge

    No sir, zis is NOT MY DOG.

    In Watkykjy Interviews deur griffinRek jou bek

    WKJ het so rukkie terug virrie Brakke van Wolmer so paar vrae getune. Hieso is wat Lanie en Juan terug geblaf het.

    WKJ: Not My Dog loop na al 'n hele ruk soos stroop. Wat sou jy sê hou julle aan die gang?
    Lanie: Brannewyn en Coke
    Juan: Brannewyn

    WKJ: Wie se hond issit nou eintlik?
    Lanie: Nie myne nie.
    Juan: Ek dink dis die Buurman s'n.

    WKJ: Wat kyk jy?
    Lanie: Vir jou chick se tiete.
    Juan: Vir jou cherrie.

    WKJ: Julle was mos 'n ruk terug in Engeland. Hoe's die vibes daar en het julle planne vir soontoe duik of enige ander oorsese trips?
    Hoe verskil die oorsese crowd van die locals? Skiem julle ook dat die SA mense oor die algemeen bederf is wat die local scene aanbetref of praat ek kak?
    Lanie: Ja, jy weet mos jy praat altyd kak. – maar ons was in Engeland, Duitsland en Holland. Dit was bepoest. Die crowds rock daar, maar hulle is baie meer nugter. Hierso suip ons mos tot drie of vier uur in die oggend na gigs – hulle slaap almal elfuur – seker maar beter vir die babbelaas.
    Juan: Hulle partie nie laat soos die boere hier in Afrika nie.

    WKJ: Maak julle heavy uit van braai lat die album se naam "Braaivibes" is?
    Lanie: Ek is 'n fokkon Braaimeester, boetie. Ek kan enige ding braai lat hy lekker proe en jou sterk soos 'n leeu laat voel. Op toer braai ons elke dag. Dis cheaper en baie meer voedsaam as verpoesterste McDonalds.
    Juan: Dis altyd n party as ons braai.

    WKJ: Wat's die beste ding om te braai behalwe poedels na hulle sag gekook is?
    Lanie: Beeshaas.
    Juan: Lekker ribs.

    WKJ: Wat kan mens expect van die nuwe album?
    Lanie: Ek dink die song writing is baie beter deesdae. Daar's ook 'n groter jazz invloed. Die produksie is ook baie beter. Die studio & digitale tegnologie het moerse verbeter van ons vorige album, twee jaar terug.
    Juan: Lekker tunes, meer jazzy.

    WKJ: As jy 'n favourite track moet uitlig oppie album, watter een sal dit wees?
    Lanie: Here comes the dog – Johnny Fourie speel 'n wonderlike solo daarop.
    Juan: P.Log

    WKJ: Partykeer as bands CD's record, is daar altyd een of ander song wat mens fokken oor en oor moet doen voor dit reg is. Was daar met "Braaivibes" se recording so geval of was alles heavy smooth gewees?
    Lanie: Ag, ons het die songs al bekontlik baie live gespeel voor ons hulle record het, so meeste van hulle was first takes. My vingers het eers so bietjie geknoop op die Braai Vibes chorus se bassline – maar dit was seker te doen met bra Richelieu.
    Juan: Alles was ready na 'n paar brandies.

    WKJ: Waar kan mense dit kry?
    Lanie: In CD shops. Fok. O ja en live gigs – daar sal ons hulle vir jou sign, en op jou chiek se tiete ook. Koop hom by bra Illemar – Mainline Music, Sunnyside.
    Juan: Look 'n Listen ook.

    WKJ: Wat was die beste gig wat julle sover gespeel het en hoekom?
    Lanie: Oppikoppi Plunge is die laaste een wat ek kan onthou – dit was nogal befok. Ek laaik die krekkers en die vuur – dis poes zef.
    Juan: Koppi Rock Stage, die mense was reg om te party en braai.

    WKJ: Wolmer Records het al bands gesign soos Scicoustic, Pestroy en Four Ounce Freedom. Vertel net vinnig vir die blare wat nie weet nie: Wat kook in Wolmer?
    Lanie: Goue Ore.

    WKJ: Wat is die kakste gig wat julle sover gedoen het en wat was die redes?
    Lanie: Jissis. By Springs. So doos het daar 'n festival try hou. Heeltemal poespas. Die ou was so deurmekaar soos kots in 'n tuimeldroër. Toe ons op stage kom om nou te headline toe vat hulle die bass amp af. Ek strip toe nou my moer. Toe roep ek die sound engineer, toe lieg hy vir my daar een of ander wolhaarstorie. Toe donner ek hom daar oor die drumkit, vat my bass klim in my kar en fokkof terug Wolmer toe.
    Juan: Woodstock 3, Ons moes vir n uur en half wag dat hulle kitaar speakers op die verhoog kry, daar was niks.

    WKJ: Kom ons sê ek is 'n snotneuslaaitie in standerd 7 wat graag 'n band wil begin met my tjommies. Watse goeie raad het jy vir outjies soos ek?
    Lanie: Leer eers behoorlik drink. Dan moet jy 6-8 ure 'n dag oefen vir so drie jaar lank. Dan sal jy self uitvind of jy regtig wil music maak.
    As jy dit net wil doen om chicks te kry, gaan koop vir jou 'n mooi pakkie vir stage, en blaas jou hare mooi, jy kan ook jou moves voor die spieël oefen.
    Juan: Gaan study music en leer om jou instrument te speel.

    WKJ: Daar is moerse collaborations oppie nuwe album met Johnny Fourie, Greg Georgiades en so aan. Met watter ander SA bands of chinas sal julle graag mee wil colaborate vir 'n moerse show of volgende album?
    Lanie: Patricia lewis. Nadine. Amor.
    Juan: Dit was n eer om met Johnny, Greg en Ashis te speel, maar sover het ons nog nie planne nie.

    WKJ: Wat is die fokken zefste ding wat jy nog ooit gesien het?
    Lanie: www.watkykjy.co.za
    Juan: Peroxide blond met brannewyn in hand en 'n geskeerde …

    Deel met jou tjommies!

      griffinNo sir, zis is NOT MY DOG.
      Check hom

      Convert or die – die bitch om jou liksens te kry.

      In Snotstories deur griffinRek jou bek

      Jirre dis kak om jou lisensie te gaan doen. Ek is seker dat meeste van julle ook so slapgat soos ek was en die hele aborsie tot op die laaste oomblik uitgestel het. Julle sal verstaan.

      Ek het geweet dat d-dag nader kom, so ek het my ongelisensieërde gat Waltloo toetsgroende se kant toe gepunt een Donnerag mirrag net om te spy wat gebeur nou presies en watse procedures en kak gevolg moet word. Ek het juis 'n week tevore my skuld van R3500 by die traffices gaan betaal, want ek is al een aand toegesluit vir hierdie tipe oortreding. Gelukkig het Slyt en Die Ben my kom uitbail vir R1500. Die Ben het natuurlik gedink hy's snaaks en 'n potjie Vaseline gebring in plaas van die afgesproke duisend skille. Heavy blaaint. Maar ek dwaal nou van die punt af .

      Waltloo was poesbesig en ek het die nodige info gekry om die takie Vrydag oggend aan te pak. Hulle het my gewaarsky om vroeg te wees. Nou moes ek nog net my ID kry. Ek het hom laas gesien die aand wat hulle my geskraap het virrie uitstaande speeding fines en dit was 2 jaar tevore toe ek te bly was om te fokkof dat ek my ID sommer daar gelos het. Na twee jaar was die blerrie ding wragtag nog daar, gebêre in 'n doos.

      Soos die noodlot dit wou hê, moes ek Donneragaand uitgaan en 'n paar skuimkoppe deur die nek jaag. Ek kom Vrydagoggend net na drie by die huis – gekoring soos 'n Cape Flats gangster op krismis. Toe kom die bright idee op van net 'n stort vat en sommer reguit toetsgronde toe mozy virrie liksens. So gesê, so geblaas.

      Net na vier die oggend slaan ek daar uit soos masels. Die plek is fokken packed. Een of ander poesneus in ou Nikes en 'n eighties neon annerack kry dit reg om die mense in 'n ry te laat antree en hulle name neer te skryf. Ek is nommer 122 en gaan sit weer met my rug teen 'n muur en begin boek lees. Dis nou tyd virrie long wait. Die hemel se poorte maak eers 8 uur oop, so ek lees maar die enigste boek in my kar: Java Gently. 'n Bietjie heavy tegnies vir iemand wat fokkol slaap in het en nog steeds voel soos knotty pine vloere waarop drank gemors en gekots is. Ek steek toe maar 'n Lucky aan. Nie dat ek iets kan proe nie, maar ek het gedink dat die rot in my mond dalk lus is virre skyf.

      Dis toe dat ek my nuwe maatjies begin ontmoet. Die poese saam met wie jy die res van die goddelike dag in ry moet staan. 'n Chick vra of sy my lighter kan leen. Sy lees ook 'n boek met die titel: 'Ek kan nie meer nie'. Godweet ek ook nie. "Is jy lus om 'n koppie koffie saam met my te gaan drink?", vra sy. "Jirre meisie", antwoord ek "dis 'n baie noble thought, maar ons is in die middel van fokken nêrens en ek skiem nie Hatfield Wimpy se deure is eers 24 uur oop vir die moeë selfone diewe nie. Let alone slapgat mense wat laat wakker skrik vir hulle lisensies."

      Turns out sy het 'n flask vol koffie in haar bakkie. Ek karring toe maar saam en ons deel koffie uit die enigste ou bekertjie wat sy in haar Nissan bakkie met die pappegaaistok stuurwiel het. Jirre toe moes ek half dronk met 'n hangover wat aan die deur klop sit en luister na haar hele lewensverhaal van haar goudvis , papegaai, flat in Gezina en spraypainter boyfriend.

      Toe is dit weer terug in die ry saam met die mense met hulle kampstoeltjies, worsbroodjies, leeutjie asems en stink voete. Die ry wat 1 meter elke tien minute skuif. Die lang, lang stink ry. Ek wens mense kon soos ek net 'n fokken bad gevat het voor hulle gekom het. Die ry raak nogal tense as mens binneshuis begin te beweeg. Dit lyk fokken simpel. Elke nou en dan gaan die voorste ou in vir vingerafdrukke en oogtoetse en dan skuif die hele ry elkeen een stoel aan. Maar jy is nog saam met al dieselfde stinkies en die koffie chick wat almal teen hierie tyd as my girlfriend beskou. Sy hou nie op praat nie. God, sy hou nie op praat nie!

      Natuurlik is daar ook dieselfde fucked-up gesprekke wat soos plate vashaak: "Ja, hulle gaan seker almal gelyk op lunch gaan en dan moet ons nog langer wag." Totdat ek helaas virrie bra tune: "Luister hieso jou doos, dis jou eie fokken skuld dat jy hier sit soos wat dit my eie fokken skuld is dat ek nou na jou gefokken moanery moet luister. So pipe down en traai om nie te veel asem te haal in my rigting nie. Asseblief. Ek vra mooi. Ek sal vir jou 'n koeldrank koop as jy net vir vyf minute jou fokken bek kan hou." Daai een sin het my 'n Coke gekos.

      Die mense wat nie die vorms kon lees nie of verstaan nie was actually baie cooler as die white trash wat hulle stemme probeer dik maak het, plus dit het my die beste an twee ure besig gehou. Ek het hulle vorms vir hulle ingevul.

      Beterweterige mense was daar baie van. Die tipe wat hulle oogtoetse by die oogarts laat doen het en dan ewe selfvoldaan met sulke groen kaartjies by die toetsgronde uitslaan. Lyk of hulle van die veearts afkom. Kwansuis gedoen om tyd te spaar. Die konte moet in dieslefde ry staan, want die oogtoets en vingerafdrukke word in dieselfde klein kamerjie gedoen. As ek 'n spieël daar gehad het, sou ek dit voor die ou gehou en gesê het: "Kyk hoe lyk jy nou, bitch!"

      Na nege ure is ek voor vir die oogtoets en die vingerafdrukke. Teen hierie tyd het die hangover my al aan die eiers beetgehad en in die hol genaai. My oë het soos muispoesies gelyk, maar ek is die oogtoets en die vingerafdruktoets deur. Die oogtoets eers die tweede keer. Ek was bietjie gedisoriënteerd.

      Surprise-surprise. Nou word daar in nog 'n ry aangetree om te betaal. Jirre tog, en my kwazi-girlfriend het klaar in die ry gestaan, reg om my reeds mal kop van my lyf af te praat. My moed was gebreek. Net hieso het ek die fok-dit handoek om my nek gesit, my strandbal gevat en gefokkof. Ek het nie kans gesien vir nog twee ure se long wait nie.

      Die volgende dag het ek my vorige dag se experience kwaai benut. Ek het halftwaalf daar ingesluip. Ek het geweet die mense was al flou en moeg en minder observant, toe druk ek in by die ry, word binne tien minute gehelp, betaal my lisensie en fokkof so vinnig as wat ek kon.

      Ek moes nogal vinnig gefokkof het, want ek het 'n vyfhonderdrand spoedkaartjie gekry.

      Deel met jou tjommies!

        griffinConvert or die – die bitch om jou liksens te kry.