Check hom

Will the real André Stander please stand up?

In Snotstories deur Watkykertjie bydraeRek jou bek

Deur Meisie

Voorwoord: Hier volg die geskiedenis van André Stander. As jy nog nie die fliek gesien het nie en dit wil kyk, stel ek voor jy lees dit nie. Die fliek is ‘n biografie, so ek gee die hele plot weg.


‘n Eerbare kaptein in die Johannesburg Polisiemag of een van Suid-Afrika se mees berugte bankrowers? ‘n Lojale man of ‘n dislojale rebel? ‘n Hero of ‘n zero? ‘n Bul of ‘n nul?

Ek het nog altyd van die underdog gelike en die movie celebrate ‘n tipiese underdog, fuck the system storie in Suid-Afrika in die 70’s. ‘n Ou wat die verkeerde dinge vir die regte redes doen of die regte dinge doen vir die verkeerde redes – besluit maar self. Die reviews laat die movie klink soos ‘n definitiewe DVD purchase, behalwe die verkragting van ons aksent. Hulle het mos weer ‘n Amerikaner ‘n Suid-Afrikaner laat speel. Apparently het Hollywood nog nie geleer dat ons so effe anders as hulle klink nie. Wie kan vergeet van die verskriklike aborsie wat hulle daarvan gemaak het in Lethal Weapon 2?

Maar toe wonder ek, wie was André Stander?

En snaaks genoeg is daar nie moerse baie info op die Web nie. Hier is wat ons verseker weet.

Dis laat seventies, Apartheid seëvier. André Stander, seun van ‘n Afrikaanse generaal en jongste kaptein in die Johannesburg Polisiemag, geniet die lewe van ‘n middelklas getroude man. Stander is op die riot force en skiet ‘n ongewapende man dood in die Tembisa student protests. Hy verloor sy cool en bliksem twee van sy medespan dudes toe hulle hom vra of hulle “overtime” gaan score daarvoor. Hy besef ‘n witman kan enige iets doen op daardie oomblik en wegkom daarmee. En hy doen wat elke ander persoon in sy posisie sou doen, misbruik sy kennis van die inner workings van die polisie en raak ‘n bankrower. Sien jy die connection? Connect jy die dots? Maak jy uit?

So terwyl al die ander polisiemanne Just Donuts raid tydens middagetes, raid hy banke en kry dit dan nog reg om as hoof inspekteur op sy eie crime scene op te eindig. Terwyl hy op die all-white (amper soos die All Blacks maar met minder balvaardigheid) Polisiemag serve en protect, beroof hy 26 banke, soms sommer ‘n paar in dieselfde uur. Hy word deur die werkersklas gesien as die ultimate anti-hero, ‘n tipe Robin Hood figuur wat ‘n pit druk vir ‘n government en samelewing wat lank terug enige vorm van humanity en menseregte vergeet het.

Ongelukkig vir ou Stander kom alles wat jy doen terug na jou toe. Want dit is hoeka sy pel en mede-polisie kaptein, Kaptein van Deventer wat toe sy planne in die wiele ry en hom tjoekie toe pos. Maar Stander se storie eindig nie hier nie…

In die tronk ontmoet hy Allan Heyl (kar diefstal en bankrower, onlangs vrygelaat) en Lee McCall (kar diefstal en bedrog). Na ‘n legendary prison break uit Zonderwater tronk in Oktober 1983, gaan hulle voort met sy manewalesen die robberies raak al meer daring – soos byvoorbeeld om dieselfde bank twee keer te beroof. Die media gee hulle die naam die “Stander Gang” en hulle raak moerse popular in al die nuus regoor die land.

‘n Quote deur crime author Rob Marsh: “They were in all the newspapers. I mean it was big news and they were doing things that, in one sense, some of us like to think that we’d like to do – in other words, get one over on authority.”

As ring leader, floreer Stander in die beplanning van die bankrowery, maar begin sy vrou mis en mag glad nie meer kontak met sy ou man hê nie, wat vir hom nogals blaaint is. Fame het ongelukkig altyd een of ander emosionele gat waarin meeste mense val. Syne was alle kontak met vriende en familie afsny. Heavy sad.

Tussen Augustus 1983 en Januarie 1984 het die Stander Gang te kere gegaan en amok gemaak onder al wat bank is in en om Jo’burg. Anti-heroes vir die nasie, maar die voormalige polisiekaptein-turned-bad was ‘n moerse embarrassment vir die regering, en so het dit gekom dat hulle heel bo aan op die Most Wanted lysie was. En toe run hulle luck uit.

Op 28 Januarie 1984 kom Patrick McCall short gedurende ‘n shootout met die polisie in Houghton, Johannesburg. Stander vlug Fort Lauderdale in Florida, USA toe met die gebruik van ‘n vervalsde paspoort. Daar aangekom, word hy ook dood geskiet deur die polisie daai kant toe hy traai om ‘n kar te skaai. Hectic.

Intussen skiet Heyl uit na die UK toe waar hy sy career in crime voortsit, maar word gevang in 1985 en weer in die tjoekie gegooi vir nege jaar vir die crimes committed in die UK. In 1991 word hy gedeporteer SA toe waar hy in die hof moet verskyn en die blaam vir sy deel in die Stander gang offences moet dra. Hy pleit skuldig vir 18 bankrowerye, 17 vir die onwettige possession van gewere en ammunisie, vyf vir kar diefstal en een vir ontsnapping uit die tronk. Hy kry 33 jaar en is nou die dag eers vrygelaat na meer as 20 jaar agter die tralies. Hy claim hy’s heeltemal gerehabiliteer en gaan begin nice wees met mense.Volgens berigte gaan hy een of ander infomercial-type produk verkoop. Wys jou…

Nog ‘n ding wat ons van Stander moet onthou en wat hom miskien uit die accounts van Volkshelde gehou het, is dat hy nie baie van sy geld terug gegee het vir die community nie. Nee pappa, hy het alles vir homself gehou. Porsches gekoop, girls ge-entertain en huise gekoop.

Apparently het die man ook daarvan gesmaak om kaal rond te hang. Dit is seker waar “Wat maak jy? Nee, ek hang bal.” vandaan kom. Thanks André. Thanks a lot.

André Stander was basicall ‘n man disgusted met die land en sy kak. Sy reaksie, however, is great en bring ons een van die mees interessantste stories vanuit die Apartheidsera. ‘n Puik polisiekaptein wat sy beroep doodluiters wegmoer en net so die most wanted man in Suid-Afrika geword het. Niemand kan for sure sê wat in sy kop aangegaan het nie en dit los ons met vrae of sy crime spree enige goed meegebring het en of dit alles die moeite werd was.

Well, at least maak dit vir ‘n helluva storie. For real.

Deel met jou tjommies!

    Watkykertjie bydraeWill the real André Stander please stand up?
    Check hom

    CHopper’s CHoice: Young Guns II

    In Snotstories deur griffinRek jou bek

    Jaar: 1990

    Met: Emilio Estevez, Kiefer Sutherland, Lou Diamond Phillips, Christian Slater, Viggo Mortensen(?), et al.

    Westerns is nou maar eenmaal piscool. Dis lekker om flieks te check waar al die bra's sulke vuil bruin klere dra en six-shooters en die girls sulke moerse rokke wat mens net kan oplig as dit sulke tyd is. Ja-nee, dis die land, die land, die wereld vir my…

    Met die dat ek so paar aande terug traai om Young Guns uit te neem. Let wel "Young Guns" en nie die opvolg wat ek hier review nie. Ongelukkig maak 'n ramspoedige sameloop van gevolge dat ek die donnerse sequel kry, wat nie juis die titel "Western" waardig is nie.

    Die eerste Young Guns was piele, met 'n kickass storie en genoeg aksie en intrige om mense hooked te hou. Die tweede outjie, not so much. Wat wel befok was van die tweede paaiement was die soundtrack. "Young Guns II: Blaze of Glory" deur Jon Bon Jovi was nou maar eenmaal 'n fokken treffer. Hier het ons vir bra Jon, nog steeds met sy lang slierte in 'n leerbroek en boots met sy twelve-string wat sing: "Lord I never drew first but I drew first blood / I'm no-one's son, call me young gun…" Met daai cool riff. Jaaaa!

    Al die laaities like daai song want hulle skiem so hulle is taai en sal laaik om "shot down in a blaze of glory" te wees. Al die girls dig dit want Bon Jovi is so "rebel" met sy kitaar en sy boots. Enkeling… vreemdeling… Verstoteling…

    Net soos die held van die fliek, Billy the Kid. (Wow, het julle daai link terug na die storie gesien? Unbelievable.) Nou as jy die eerste fliek gesien het (soos ek graag wou) sou jy geweet het dat Billy (of dan nou Emilio Estevez) die hoof is van die gang (Die Regulators) wat lekker kak maak en altyd in die kak is. Outlaws jy check? Fokken outies.

    Hierdie movie begin egter met Billy wat soos honderd en twintig jaar oud is en homself opgee. Dan vertel hy so die hele verhaal en dis nou die fliek. Soos 'n storie in 'n storie. Moerse mind games en als, try maar byhou. Ek's nie seker of Emilio Estevez die ou dude ook speel nie, want hy's so lank laas in 'n movie gecheck dat niemand meer weet hoe hy lyk nie.

    Anyway, aan die begin van die storie het die gang opgesplit en hulle separate ways gegaan. Maar hulle stuur vir Aragorn / Hidalgo (ou Viggo Mortensen) om Billy te vang en hy besluit weer om te "ride" – een finale keer. Hierdie keer is dit straight border toe pappa. Billy gaan border toe.

    Natuurlik tel hy weer die ou gang op. Daar's Doc (Kiefer Sutherland) en Chavez (Lou Diamond Phillips) wat so die token-Indiaan in die storie is. Soos te verwagte rap hy die hele tyd sulke Indiaan-wisdom oor die aarde en dooie voorsate. Gaap.

    Christian Slater jol Arkansas Dave, so wannabe outlaw wat nie in die original gang was nie, en ook nie so bekend is as wat hy wil wees nie. Hy en Chavez stamp bietjie koppe, basically omdat Arkansas Dave 'n poes is en Chavez 'n fokken drip. Die gang is baie kakker as die eerste fliek. Baie. Vast.

    Raait, en so gaan dit dan maar aan. Hulle word verneuk deur een van hulle eie team (die ondergang van alle goeie gangs) en vasgekeer. Soos 'n cowboy fliek betaam "they have to shoot their way out". Met drastiese gevolge d.w.s. hulle vrek op strepe.

    Ag en so karring dit aan. Op die einde maak Billy dit tot in Mexico, maar hy verloor als wat vir hom saakmaak. Such an empty victory, such is life… Dit eindig dan waar hy sy storie afsluit vir die State Trooper. Dis about hier waar jy begin dink die fliek is 'n halfuur te lank en 'n onnodige incash op die original se sukses.

    Hoogtepunte
     

    • Chavez: Ou Richie Valens van La Bamba is lekker snaaks (unintentionally) as die token-Rooihuid in die storie. Lekker Lightfoot. Die onderonsies tussen hom en Krisjan Slater sorg vir bietjie lighartige vermaak in die movie. Ten spyte van die dieper rassekonflik wat dit aanraak natuurlik. Of so iets.
    • Quotes: "I guess you don't know the true meaning of the word PALS!" (ril) en dan die alombekende "Yoo hoo….I'll make you famous." is die twee gems. Ander sluit in "Never stole a horse from someone I don't like", "You sent a 15-year old boy to his grave and the rest of us straight to HELL!", "Yes, Your Honour. You can go to hell, hell, hell." en "White Oaks, you can kiss my ass."
    • Soundtrack: Met Jon Bon Jovi kan jy nie verkeerd gaan nie pappa. "Blaze of Glory" is destyds vir 'n Oscar benoem. Paar lekker tunes op die res van die album ook. "Billy Get Your Guns" byvoorbeeld.

    Miskien is dit net dat ek dissapointed was van die begin af omdat die clueless, liegbek video shop assistent doelbewus vir my die verkeerde fokken fliek gegee het. Miskien het ek te lank laas 'n Western gekyk om weer gewoond te raak aan die pace. Wat wel lekker was is om weer al daai ou lame actors bymekaar te check. Jy weet, daai Brat Pack / Breakfast Club-erige assholes wat die laat eighties en vroeë nineties gedomineer het.

    Uiteindelik moes Billy the Kid se screen legend dalk sy gat gesien het na die eerste instalment. Niemand wil vir Billy the Kid as 'n sneeudier sien nie…

    Deel met jou tjommies!

      griffinCHopper’s CHoice: Young Guns II
      Check hom

      grifF se gambling

      In Snotstories deur griffinRek jou bek

      Elke mens het (of behoort) een of ander tiep van hobby te hê. Soos Borat van Kazakhstan tune: "Some people collect the stamp. Some people collect the gem. Here in London people like to shoot the furry animal with big shotgun." Hier in RRrrtgerië is daar ongelukkig nie meer furry animals oor om met big shotgun te skiet nie (en hier is nogal groot shotgun innie wille weste), so ons resort maar tot ander entertainment soos funky taxi rides, harde kuier sessions en meer onlangs en gereeld: dobbel. Nie met ons lewens nie jou skobo, met geld. (Alhoewel 'n paar meals ook partykeer 'n gamble opsigself is. Rrrrrrt!)

      Dit werk ook glad nie soos Monte Casino, Sun City of daai poker tafels in oom Jaap se garage in Groenkloof nie. Dit werk actually baie beter. Solank jy dobbel by die Hilton se casino, is jou sigarette, drank en eventually jou kos verniet. Jy kan 'n goeie aand hê as jou basic Wiskunde jou nie in die steek laat nie. Kom ons veronderstel jy is van plan om 'n 1000 skille op te offer (ek praat maar in Rande, want die geld system hierie kant is bietjie faktap om te verduidelik). Jy moet bereid wees om daardie 1000 skille in liquid vorm in te neem (onthou: drank is verniet). Ek bestel gewoonlik onmiddellik 'n dubbel whatever-duur-is en 'n pakkie Marlie's sodra ek by die roulette tafel sit, klap dit stukkend en bestel nogge drink. Gewoonlik is ek half gekletter as ek by die casino aankom, so ek tune die Leb met die gevoude arms en die brilletjies wat toesig hou oor sy tafels: "I'm just here for the free booze and smokes. Oh, and I will also walk out with the money I came with and maybe some of yours." Lekker fokken blaaint. Ek sê myself elke keer om dit nie te doen nie, maar ek leer mos nie.

      Dit gebeur ook elke keer dat ek vergeet om fokken geld saam te vat, so ek leen elke keer so halwe kilogram geld by een van my buddies en belowe om hulle binne drie ure terug te betaal, of die volgende oggend as ek alles verloor.

      Om die chips op die tafel te pak is 'n fokken groot gemors. My mission is om net 'n derde van die tafel te cover en 'n hoek van vier nommers. Die Naaigies se mission is om die hele bliksemse tafel vol te pak. Dan skuif hulle die goed rond terwyl die roulette draai, poes ander mense se chip torinkies om, pak dit reg ens ens. "No more bets!" tune die ou wat die ding spin. Dink julle maats by die huis dat die mense luister? Not 'n fok. Hulle hou aan pak. "Ball is dropping!" tune die spinmaster weer. "My balls are dropping!" skree ek. Die balletjie land. Almal se chips word weggehark, behalwe een lucky poes s'n wat 'n bergie gemaak het op een nommer. O ja, en natuurlik my chips. Ek kry heeltyd chips. My wen chips gaan op die wenhopie en my ander gamble chips bly op my gamble hopie. Tyd om weer te spin, maar nou is daar confusion, want terwyl die bra uitbetaal het, het die china's sommer klaar hulle chips begin uitpak. Fokken gemors. "Nogge double gin en tonic asseblief, meisie. Hierie gaan 'n fokken laaaang aand wees…"

      Hier teen die sesde ronde lyk my wenhopie heel fokken gerieflik, so ek bliksem al die chips in my t-shirt en gooi dit in my tjommie se hande (kom ons noem hom sommer Frik Voorvel). "Hieso Frik, hier is al die zak wat ek by jou geleen het netnou. Gaan ruil dit gou vir skille." En dan aan die Leb opsigter-omie met die brille wat nie gelukkig lyk nie sommer in Afrikaans: "Lekker! Lekker vat ek julle geld! Lekker blaaint! Ek het jou mos gesê!". Teen hierie tyd het 'n Amerikaner my aan die linkerkant gejoin en 'n ou Lebanese omie in 'n groen suit aan my regterkant. Die tafel is nou ons s'n. Die omie het drie witwarm girlies by hom. Ons spekuleer of dit sy dogters of sy chicks is. "Jirre meisie maar jy ruik verskriklik fokken lekker" sê ek, en dan met 'n moerse skaap smile aan die omie: "Jy sal nie omgee as ek hulle al drie brand nie nê? Ek hoop nie dis jou chicks nie, want dit sal net verkeerd wees". Hy smile net goediglik en knik sy kop. Ek skiem as hy verstaan het wat ek gesê het, het hy my toggos afgeruk en pepper soup daarmee gemaak. Jirre maar hulle het lekker geruik…

      Die Amerikaner sien hoeveel pret ons het, so hy begin saam met my die mense te tune. Amerikaners is mos so bietjie deur die kak. Hulle kan so net Amerikaans praat en niks ander goed verstaan nie. Dan rip hy so die mense in Engels af dan word hulle so kwaad vir hom. Help ek hom toe maar reg: "I think if you change your accent to something else, like maybe broken Armenian English, some people might actually like you, Captain America." Haha, lekker fokken Captain America. Hy probeer nog iets terughap maar ek is hom een voor: "Sharrap, my balls are dropping!" Lekker verloor hy toe ook. Op die ou end is dit net ek en die vriendelike mister Green en die lekker-ruik cherries wat saamspeel. Dis moeilik om bets te plaas as mens geswaai is en as girlies so lekker ruik, so ek move net die onderste hoop chips heen en weer en los sommer die een wat die vier nommers cover. En die wenhopie groei en die verniet drank vloei en my ore beginte fokken gloei.

      Evantually slinger ons by die plek uit. Lekker getrek soos Vaal Japies met gebuigde rims. Ek word die volgende oggend wakker met 'n hoofpyn wat torture in Irak na 'n beter option laat lyk. Eers skrik ek myself faktap, want ek is in 'n hotelkamer en nie by die huis nie en daar is verskriklik baie geld in my broeksak en op die vloer langs die bed. Toe sien ek my buddie op die ander bed uitgepass. Skielik dink ek dink aan daai hoërskool jokes waar jy wakker word met 50 sent in jou hand en 'n seer hol. Gelukkig kom die aand vaagweg terug na my toe en ek onthou die gambling, die kwaai mense, 'n paar tequila's, ons wat probeer klavier speel in die piano lounge na said tequila's en eventually toe een of ander ou se chick my konfronteer oor 'n hoed wat ek gesteel het in die nightclub toe ek soos 'n fokken marionet met Parkinson's gedans het. Ek kan natuurlik fokol van die club onthou nie, maar ek onthou daai duikrol wat ek by die lift in gedoen het net voor ek gaan uitpass het. Lekker knop op die kop. Fokken wil mos simpel wees.

      Ek dink partykeer ek is nie lekker nie.

      Ten minste het ek genoeg zak gescore om DVD's uit te neem vir die res van die week, drinks te koop en fokken lekker te eet by 'n Italiaanse restaurant die Sondag. Daar is so mooi Italian girlie wat die plek run. Baie interessante hobbels wat sy daar voor op haar t-shirt dra. Regtig baie interessant…

      Deel met jou tjommies!

        griffingrifF se gambling
        Check hom

        Johnny Clegg by Shepherd’s Bush Empire, 15 November 2006

        In Snotstories deur griffinRek jou bek

        Johnny Clegg by Shepherd's Bush Empire, 15 November 2006
        meisie


         

        Ons het vir Johnny Clegg gaan kyk. Okay, nie net vir hom gekyk nie, gedans ook. Ek weet dit is 'n weird konsep vir van julle by die huis, want hy is nie noodwendig iemand wat ek aanneem mense by die huis opgewonde raak oor nie. Maar hier in London gryp mens na enige iets wat net ruik na Suid-Afrikaans.

        Soos fokken duur rugby kaartjies by Twickenham as jy weet ons gaan weer op ons moer kry. Hoe Jake White dink dat mens met 'n paar nat-agter-die-ore spelers ons eer kan kom herstel, weet ek nie. Hier verwys ek nie eers na die Suid-Afrikaanse eer nie. Julle mense sit gemaklik in self-pity by die huis. Ek praat van ons arme poepholle wat vrywillig Brit-land toe kom en Maandag moet sit met al wat Brit is en kom invryf hoe kak ons rêrig is. En meeste van hulle kyk nie eers fokken rugby nie!

        Hulle is kak met sokker, maar steeds sal hulle op die triumphant wave ry van die World Cup wat hulle in 1966 gewen het. Dit het hulle fokol gehelp in die jaar se World Cup nie. Nie eers met die jurkie verander na die jurkie van ouds nie. Ek moet seker nie spot nie, want lyk my ons het dieselfde gedoen. Mind you, 100 jaar van rugby speel is seker nie kak nie.

        Anyway, dit is nie waaroor ek vandag wil gesels nie. Ek sê gesels, jy dink moan. Who gives a fuck?

        Terug by Johnny. Nou die Shepherd Bush Empire is 'n cool venue. Maar soos elke venue oorverkoop hulle mos staan kaartjies so dit was voller as 'n hoerhuis op payday. Gooi 'n klomp Suid-Afrikaners in, skud 'n paar biere rond en wat kry jy? Nie 'n proefbuis-baba nie, maar 'n fight. Lekker common. Ek kon nie my oë glo nie. Ek het my kop in skaamte laat hang en net 'n vinnige dankie tog skietgebedjie gesê dat dit meestal net Suid-Afrikaners daar binne was.

        Elke fokken doos wil mos toe fight. Wat is dit met ons? Hoekom moet ons almal so fokken arrogant wees? Ek is nie hier vir om 'n lewensles te preek of 'n nuwe cult te begin nie, maar ek het net weereens besef hoe fokken zef meeste Suid-Afrikaners hier is. Common-geid is een ding, maar leer asse-fokken-blief tog net om jou drank beter te handle. Een bier sterk en jou ma se poes.

        Dis soos nou die aand by die Puzzle in Earlsfield na die Ierland/SA game. Puzzle is ook 'n reknown Suid-Afrikaanse hangout, so almal in die storie was Suid-Afrikaans. Gaffster word uitgegooi toe iemand bo-op hom val (seriously, Gaffster is so rustig, hy kan staan en slaap). Die ou wat op hom geval het, word ook uit gegooi. Milton gaan uit om saam met hom taxi huistoe te vat. Nou staan die ander ou buite (die een wat alles begin het), al sy buddies rondom hom en begin vir Gaffster rond stamp en sê in 'n fokken kak Afrikaanse aksent: "Come on bru, I'll take yous. Let's go around the corner and sort the shit out!"

        Gaffster kyk hom verbaas aan en wonder hoe de fok hy hier geland het en try die ou paai. Nou ek moet seker mention dat Gaffster (33) amper 2 meter lank is en nogals groot is. So die arme poes ly obviously aan kleinmannetjie sindroom, want hy tref hom heeltyd hier bo die maag rond as hy so spring en hom probeer raak slaan. Ergste van alles is dat al die ou se pelle daar staan en fokken "ja-ja, vat hom!" skree. Milton stop 'n taxi en hulle kom uit die kak situasie uit, terwyl die ouens natuurlik nou sal skree "jou fokken moffie", etc, etc. Tipiese skoolseun kinder-fokken-kak. Jissis, ek gee myself sommer 'n titty-twister.

        Ek is so teleurgesteld. Kyk, ek moan gereeld/alewig/non-stop oor die Britte, maar op die einde van die dag is ek in hulle land, so ek sal probeer inpas sonder om my waardes en persoonlikheid op te gee. Hulle mag soos dose act, want dit is hulle land! Ek wens ek kon fokken citizen's arrests op elke fokken idioot wat Suid-Afrika se image so opfok maak en hulle uit die land uitgegooi kan kry.

        Fokof terug huistoe as jy jouself nie kan gedra nie. Nie London of Suid-Afrika het mense soos jy nodig nie. Poes.

        Djirre, dit piss my af.

        Johnny was baie cool. Ons het op die einde heel agter gestaan en lekker getoi-toi en was amazed om te sien dat die man dit nog kan doen. Ek sing nou nog lekker in my kop, "I'm searching for the spirit heart to hold and stand me by", maar ek wonder of ek search vir iets wat lankal nie meer daar is nie.

        Deel met jou tjommies!

          griffinJohnny Clegg by Shepherd’s Bush Empire, 15 November 2006