Check hom

Suzelle DIY – Youtube content in Suid-Afrika raak lekker!

In YouTube Channels deur griffin1 Eiertjies

Fok, dis refreshing om bietjie op local YouTube content af te kom wat comedy tackle soos dit hoort. Suzelle DIY is ‘n seemingly ditzy Afrikaanse poppie wat haar eie DIY reeks op YouTube aanbied en feature soms haar vriendin Marianne. Laasgenoemde hou nie regtig baie van die spotlight nie, maar dit kan ook wees omdat Suzelle nie regtig haar plekkie in die son regtig vir haar gun nie.

Gaan subscribe gerus aan hierdie befokte YouTube channel. Kom ons hoop dit hou aan rol elke week vir nog fokken lank.

Hier is so twee van haar videos, maar gaan krap rond tussen die ander ook. Daar is so stuk of tien videos alreeds en die lyk of sy hierdie projek so drie maande terug reeds begin het.

Deel met jou tjommies!
griffinSuzelle DIY – Youtube content in Suid-Afrika raak lekker!
Check hom

Oppikoppi Odyssey – Die twintigste oesjaar was ‘n goeie een.

In Snotstories deur griffinRek jou bek

Watkykjy Noord en Suid het ‘n dag voor Oppikoppi aangebreek het in Pretoria vergader vir skriflesing en gebed, ‘n flou teetjie gedrink en vroeg gaan lallies.

So skuins na agt die oggend het at least een van die vinnige VW’s (lang stories) deur Kreef Hotel se poorte gebars met ‘n gejuig en ons het stelling ingeneem by ons konferensietafel waar daar verdere skriflesing, gebed, introspeksie en flou teetjies gepleeg is. Die gesangeboek is ook sommer uitgeruk toe ons die private kakhuise in die oggendson se glinster gewaar het. Die chicks was so oorstelp deur fancy-geit dat hulle die kakhuis omhels en selfies geneem het.
Watkykjy Kreef Parkingwatkykjy konferensie sentrumKreef hotel kakhuisDit is ook gebruiklik vir ons gemeente van Watkykjy Noord en Suid om op die tweede dag van Oppikoppi (na skriflesing en gebed, natuurlik) op ‘n game drive deur Mordor te gaan. Hier teen 16:00 se kant wanneer Mordor in Hodor verander. Mooi mense. Lekker stofpiele, soms ook op karre geteken. Soos ou Chopper reken: “In Dust We Thrust”. Hier en daar so bietjie talentvolle prawns ook. Maak uit van argitektuur en what-what.odyssey prawnodyssey prawn domeMoenie ‘n fout maak nie Kreef het ook sy special mense, soos ons bure van Wolmer wat ook goeie kerkmense soos ons is. Met sulke bure waar jy pearlers hoor soos “Vet chicks naai die lekkerste, want hulle sit alles in asof dit die eerste keer of die laaste keer is wat hulle naai”.

Gemeente, broeders en susters, ons is toe op ‘n stadium na ‘n halfdosyn of ses se grappies en samesang stadigaan af na die area waar daar met tunes geboer word en soos met die gebeure in die Bybel, is ons nie seker oor die volgorde nie…

Bandoleros was definitief die marabs-band van 2014 met Andre Kriel wat na elke song “BANDOLERO!” skreeu. ‘n Moerse ensemble en guest appearances deur Chris Kreef, Andre Kriel, Jaco Mans, Greg Georgiades, Gareth Wilson, Tammy Wilson, Albert Frost, Jonathan Peyper, Dave Owens van Lithium en David Georgiades (meestal op drums). Andre het ook almal in die band announce: dis so-en-so van daai-en-daai band. *mense klap hande*, maar sy Goeie vriend, Gareth Wilson (wat saam met hom in meer as een fokken band speel) word toe sommer “Gareth Wilson van… Oppikoppi! BANDOLERO!”
Wat ‘n poes vir ‘n vriend is dit nou? Kaksnaaks. ‘n Moerse lekker set deur ‘n band wat weet wat hulle doen en net ‘n goeie, solid rock vibe in die middagson verskaf terwyl mense nog herstel van die vorige aand se flesvat. Fuck knows wie die permanente members in daai band is, maar who cares? Maak geraas vir my ore!
Bandoleros Low Res - Credit William WelfareEk wou poesgraag Jonathan Peyper, Cat Power, bra Hugh Masekela en so paar ander bands waarin ons tjommies gejol het ook kokkenodge maar soos elke jaar is ‘n schedule nie iets waarby jy 100% kan hou nie. Daar kom een of ander tyd oor ‘n Koppi naweek ‘n tyd van die dag wat jy moet briek aandraai en ‘n middagslapie gaan vang, veral as jy so bleek soos ‘n dooie spook se poes begin lyk.

Volgens gerugte was Dookoom harder as wat Die Antwoord ooit sal wees – so spyt ek het dit gemis en moes blertsies op video kyk terug by die huis. Later het ons hier-en-daar ‘n stuk of wat gesien van The Inspector Cluzo wat reg langs die media area gejol het terwyl ons vir die hipsters van Rival Sons gewag het vir hulle interview. Die ouens is fokken mal en het ‘n mal show opgesit. “Fuck ze bass player!”0311_The Inspector Cluzo_D3C_5820_1Ek was bietjie disappointed dat Mr Cat & The Jackal nie weer ‘n moerse spectacle gemaak het soos met hulle vorige optrede by Koppi nie. Daai poesgroot papermache koppe was die besigheid gewees laaskeer. Aanvanklik het ek geskiem hulle moet groter gaan, maar dit was toe ek nog gesit en tob het oor Oppikoppi so dag of twee na die tyd. Partykeer moet jy bietjie sit en dink oor wat jy gesien het en in retrospek het hulle actually ‘n baie piele show opgesit. Moerse energetic en die crowd het hulle opgevreet asof dit cheap, sterk drugs was, baie van hulle een skoen omhoog gelig terwyl hulle saamsing “Where is my shoes?”
0209_Mr Cat And The Jackal_DSC_8009_1Op ‘n stadium is die tog na die kleinbar toe ook aangepak om te kyk wat Willy Mason maak. Ek vang nie regtig die bra se vibe nie, maar bygesê het ons halfpad deur die tweede song gewaai omdat dit crowded begin raak het. Ook maar goed so, want 90% het slakstrepe by die Koppi afgemaak na sy show soos hulle natgeraak het vir die ou. Daar is min gooses waarmee ek gepraat het wat nie sy kinders wil baar nie.

Chronologies word dinge nou bietjie gefok – op ‘n stadium het ons so bietjie varkmetal gaan kyk by die Wesley Dome stage. Boargazm wat basically uit ons Wolmer-bure van Kreef bestaan, het hulle eerste show by Koppi gespeel. ‘n Absolute hoogtepunt waar ekself en ontelbaar ander mense hulle kak heeltemal verloor het. So erg dat ek nou nog videos op vriende se kameras probeer opspoor om te delete. Jirrr.0111_Boargazm_DSC_4906_1Arno Carstens het spesiaal vir Vrouedag sy ouma se lelikste rok aangtrek maar die tunes was meer iets in die lyn gewees van ‘n hot biker umbrella chick in ‘n miniskirt met ‘n crotchless panty. Springbok Nude Girls, you’ve still got it, man. Francois Van Coke se collab was ook dik gees gewees.

Ander vinnige hard-en-aanhoudende shout-outs gaan ook aan Taxi Violence, Dead Lucky en natuurlik Van Coke Kartel wat (letterlik) ‘n piele vertoning gegooi het. Dit moet befok voel vir hierdie drie bands as die eerste klomp rye van ‘n capacity crowd jou lyrics saam staan en gil terwyl jy drank, arms, tiete en holle sien spat.

Voor ek afsluit met die international acts wil ek net gou so paar rooi ore gee vir sommige van die media-konte. Dis nou die ouens wat media passes kry, for free inkom by Koppi en special access by die stages kry om fototjies te neem en storietjies te vertel. As jy nie opdaag vir jou interviews vir die local bands nie (daar was ‘n hele paar van julle) is jy ‘n fokken doos. Jy het nie respek vir ons local scene nie en nog minder die bands wat sou like om gefeature te word  in write-ups en interviews. Dit maak nie saak of jou verskoning was dat jy te dronk geword het nie – jou free wrist band en access kom met verantwoordelikheid en ‘n ooreenkoms. Moenie verbaas wees as jou naampie volgende jaar doodgekrap word nie. Aan die ander ouens in die pits voor die stages – jy is daar om foto’s te neem en te fokof, nie met jou rug na die bands te staan met ‘n bier in jou hand en ‘n skyf in jou bek terwyl vir die toeskouers staan en grin soos ‘n gemmerkat nie. Jy is ook nie ‘n hype man nie, so los die crowd aansporing met jou arms omhoog asof jy ‘n preek in Nigeria hou. Gaan in, click-click, fokof.

Raaaaito… so die main international acts. Hulle was befok verby. Editors het fokken kak geklink vanwaar ons backstage gesit en wag het om met Wolfmother te gesels. Dit was nogal tos gewees om te sien hoe die mense dit geniet terwyl ons wob-wob in ons ore kry. Spyt omdat ons daai enetjie gemis het, veral nadat ons befokte footage van hulle Kaapse show ook te sien gekry het. Next time.

Rival Sons was moerse solid gewees. Hulle maak befokte rock – die enigste ding wat my gepla het was die drummer wat oop-arms jol in plaas van kruis-arms, maar dis een van daai persoonlike goedjies, soos as jy by ‘n tjommie se huis aankom en fokol luister na sy praatjies omdat jou OCD jou heeltyd laat kyk na daai painting wat net-net te fokken skeef sit. Nietemin, Rival Sons het kliphard gegooi, al is hulle hipsters. Genotslevel – inderdaad terdeë.0314_Rival Sons_DSC_6235_48Wolfmother het Oppikoppi Odyssey full circle gebring. Ek het lanklaas drie sulke gomtorre gesien wat soveel beautiful geraas kan maak op een stage voor so kakbaie mense. Al die prawns was vrolik. Almal gaan (met reg) tekere oor Andrew Stockdale se performance en ek is steeds bleak omdat ek sy dronk impromptu gig saam met Valiant en Albert Frost by die Kleinbar gemis het in die vroëe oggendure van Sondag, maar ek wil graag vir Ian Peres uitsonder. Jirre, wat ‘n fokken weird bra. Toe ons hulle backstage ontmoet om geselsies aan te knoop het hy soos ‘n klein nat katjie gelyk wat aan sy nekvel opgetel word. So wollerige pakkie aan en sulke hippie hare. Ook ‘n man van min woorde. Ons kon nie uitfigure of die ou permanent in sy poes in gerook is of net heavy socially awkward is of beide nie. So klein gemorsie mens. Maar jirre, gee vir daai man ‘n bass en ‘n keyboard. Klein Gemorsie maak uit van. Dit lyk of hy heeltyd sy bass of keyboard probeer breek soos wat hy speel maar hy kry dit nie reg nie omdat hy te klein is. En so gemorsie is. Dus hou hy aan probeer. Hard en aanhoudend…
0315_Wolfmother_DSC_6452_22Elke Oppikoppi Festival bou nuwe memories en as jou odyssey hierdie jaar vir die eerste keer begin het op daai plaas in Northam waar twintig duisend stofjollers een keer per jaar tunes oes, het ek vir jou goeie nuus: hierdie Oppikoppi was nie die beste een nie, die volgende jaar s’n is altyd die beste fees…

Amen

Deel met jou tjommies!
griffinOppikoppi Odyssey – Die twintigste oesjaar was ‘n goeie een.