• Jy is waterkoppie nommer sedert 1 Maart 2008. Kap 'n dratie.

Pomp ‘aai Duitse turbo rave jonguh!

Ek ontmoet moer baie Duitsers in my job, en ek het besef jy kry blykbaar net twee soorte mense in daai land. Die droë ou siele (meestal met kak sif tande) met geen sin vir humor/persoonlikheid nie, en die maller as 'n Capey op 'n papsak en tik binge-mal (ook met kak sif tande). Daar is definitief 'n moerse cultural difference tussen ons en die Europeers. Een ding is verseker, hulle smaak van RAVE pappie.

Wel bygesê, die jirreweet wat Duitsers of enige ander nasie in beskawing sal skiem van die kak wat ons kweek hier op eie bodem. En met bodem bedoel ek die bodem van die galpens van die satan homself.

Daar spuit die kots so dubbelboog uit my neus uit. Jammer ek weet ons het twee dae na daai song uitgekom het 'n pact gemaak om nooit nooit NOOIT weer daai song te speel of eers te mention dat ons al gehoor het daarvan nie. Fokken sorry julle. As jy daai giftige rave tune bo wil download kan jy die link volg.

Nou kan jy hom lekker hard pomp as jy deur Pretoria se strate ry en jou larny hou met jou nuwe Amarok. Julle binnelanders laaik mos van shine vang, geniet hom, jy gaan die laaste jaar voor die wêreld eindig jou doos suur werk om daai bakkie af te betaal.En wat is die hele storie met die "007" op elke GP en FS nommerplaat? Dink jy die tsotsi wat jou gaan hi-jack sodra jy terug is in Gauteng gaan skiem jy's 'n highly trained killing machine en jou uitlos? Hy gaan nie, en dis poes kommen. By the way, dankie aan al julle Valies en Vrystaters vir julle kuiertjie hier by die see, dit was kwaai lekker, maar dankie dat julle ook nou gefokof het. En as julle volgende jaar weer afkom, bring julle eie ice-makers, lang broodrolletjies, charcoal en Stuyvie Blou, want fok julle as ek weer so moet sukkel volgende Desember.

Groete uit Mosselbaai. En pasop vir die tsotsies (p.s. daar's een agter jou by die skuifdeur, moenie nou kyk nie! Panic button. Play dead!)

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Fokken zef videos | Tagged | 20 Comments

Nuwe limited Blink Stefanus skippies beskikbaar

Elke paar maande bring Blink Stefanus 'n nuwe range shirts uit op Zefshop. Die cool ding is dat die ranges uitgebring word in limited hoeveelhede, so jy lyk nie soos elke tweede Ed Hardy poes nie. Jy is 'n unieke sneeuflokkie. Mos.

In die nuwe range is daar agt nuwe designs en daar is slegs 30 shirts beskikbaar in elke design in verskillende sizes. As jy nie zak het nie, kan jy vir Blink Stefanus op Twitter volg. Hy run eenkeer per week een of ander fokken weird  kompetisie waar hy stuff weggee.

Andersins kan jy hierdie outjies aanskaf op Zefshop

blink zap

blink 8 bit

blink UK

blink che shirt

blink red bird

blink USA

blink ish

end is naai

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in zefshop | Tagged | 7 Comments

Oppikoppi: From Dust to Digital

As jy 2011 by Oppikoppi was, sal jy hierdie video waardeer. Jou hoef nie eers 'n pilkop te wees nie. Even die Red Bull stage maak mens lus om terug te gaan om die bands te gaan kyk. Nog net agt maande om te wag… Nog net agt maande…

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Fokken main videos, oppikoppi | 2 Comments

Album review: Jack Parow – Eksie Ou

Nie so lank terug nie, sou enige recording artist deur iets moes gaan wat genoem was “the difficult third album”. Dis nou wanneer 'n band of solo jack-parow-eksie-ouartist al twee albums uitgebring het en ewe skielik iets moet bewys deur facial hair te groei en world-music rhythms by hulle musiek te sit.

Maar in vandag se heeltyd-op-uppers samelewing het daai gap tussen “bursting onto the scene” en “die eventual soektog na artistic credibilty” egter baie korter geword.

Ons trek by 'difficult second album' deesdae, bra… gelukkig vir ons en hom is daar amper fokol 'difficult' met Eksie Ou, Jack Parow se tweede album nie en ek dink anyways hy sou eenvoudig se “artistic credibility sê poes” en geregtiglik so.

Die rap game gaan mos oor bitches en bling, vinnige karre en groot tiete, hoe groot jou piel is, hoe klein die ander ou s'n is. In daardie gevalle, het Jack Parow die Suid-Afrikaanse rap game kak hard gewen.

Sy eerste album het platinum gegaan, hy't genoeg geld gemaak om uit die ghetto (Bellville) te trek en hy gaan nou blykbaar 'n Sports Illustrated model se babby-daddy wees. Lekker vir haar. Miskien moes sy 'n foto van 'n konnie in haar space-case gehou het? Haai nee shame, ek weet nie hoe dit is om 'n celebrity te wees nie, maar dis seker nie lekker as jy 'n press release moet stuur vir Huisgenoot om hulle te laat weet jy't 'n chick op die paal gesit nie, maak nie saak hoe mooi haar tiete is nie.

Maar fok daai Heat Magazine Vibes. Al wat hierdie eintlik oor gaan is of die nuwe Parow album jou tyd en zak werd is?

Meestal, sal ek sê…

jack parow met sy nuwe album

Eeerstens kan ek getuig dat HARD PARTYJTIE HOU (feat Francois van Coke) en BONS (feat HEAZER) gaan twee van die grootste party tunes van 2012 wees. Almal weet Haezer is God, en Fancois Van Coke wat sy poes af skree oor partytjie hou is ook altyd 'n wenner.

Daar word ook ge-cater vir die mense wat kuier om 'n braaivleis vuur eerder as om 'n drug dealer – LAAT ONS SUIP is 'n tipiese track waar jou vet jack parow en goofyoom kaalbolyf dans met sy elmboë in die lug, brannas in die linkerhand, Gunston in die regter en gold chain om die nek.

BISCUITS & BILTONG (feat David Kramer) is nostalgiese love letter aan die weskus, en dis verbasend hoe goed die leopard print cap en die rooi vellies met mekaar meng. Mens kan ook verwag om HOSH TOKOLOSHE (feat Gazelle) te hoor tot vervelens toe. Die tune sit in jou kop vas soos 'n komkol op 'n presidential secretary se rok, so wees gewaarsku…

AFRIKAANS IS DOOD, wat heel eerste hier op Watkykjy beskikbaar was, klink soos 'n boere Cypress Hill, en MOVE LIKE A MONSTER (feat Sibot) soos 'n Suid Afrikaanse Wu Tang Clan.

Op die laaste track van die album, wat super toevallig LAST LAUGH genoem is, kan jy nie help om te cheer vir ou Jack Parow in die verse nie. Hy was ook maar net 'n fokop, en kyk waar's hy nou. Dit gee jou sommer hoop vir die res van ons wat nog steeds fokops is. Behalwe, wat die fok beteken die “move like a girrafe!” in die chorus? Is ek net poes dom, of was Jack Parow net poes hard-up vir 'n woord wat rym met 'laugh'?

In elk geval, die enigste truly kak snit in my opinie is SPRING MOEDERFOKKER feat PH FAT.

Die chorus gaan min of meer so:

“Spring Moederfokker/Girl I love u so bad/
Spring Moederfokker/ never meant to hurt your feelings/
Spring MoederfokkerGirl I love you so much/ you have the most beautiful eyes/face/taste?”

Nee jirre. Daar is soveel topgehalte woord-smousery op die album dat ek extra hard moet bitch oor hierdie tos liedjie. Dis banale skoolseun ge-giggel, en dis die een track wat ek constantly skip.

WELKOM TERUG feat Pierre Greef maak op vir dit though, en dis op hierdie track waar Jack vir een oomblik ophou rapper speel en stil-stil bewys hy't die hart van 'n digter maar nog steeds ook 'n piel soos 'n koevoet.

KATERIEN is 'n vreemde song, want ek sweer voor een jirre dat ek die “Katerien” ken waaroor die liedjie geskryf is en ek guarantee as jy die song hoor sal jy ook dink jy ken haar. Sy's net so befok soos hy uitmaak in die liedjie en almal ken mos 'n “Katerien” van hulle eie… 

Lyk my almal ken vir Jack Parow nou ook. Gevestigde kunstenaar, kind op die pad, celebrity, platinum seller wie se songs jy van iTunes af kan kry, wie se braaisous jy by Checkers kry en wie se album jy behoort te koop waarookal jy dit kry.

Ons kyk weer wanneer die inevitable “poes difficult third album” uitkom, maar vir nou is Jack Parow DIE OU, ou…

Luister gerus na so paar clips van elke song op die album:

Jack Parow – Afrikaans is dood:

Audio clip: Adobe Flash Player (version 9 or above) is required to play this audio clip. Download the latest version here. You also need to have JavaScript enabled in your browser.

Jack Parow – Biscuits en Biltong:

Audio clip: Adobe Flash Player (version 9 or above) is required to play this audio clip. Download the latest version here. You also need to have JavaScript enabled in your browser.

Jack Parow – Bons:

Audio clip: Adobe Flash Player (version 9 or above) is required to play this audio clip. Download the latest version here. You also need to have JavaScript enabled in your browser.

Jack Parow – Eksie Ou:

Audio clip: Adobe Flash Player (version 9 or above) is required to play this audio clip. Download the latest version here. You also need to have JavaScript enabled in your browser.

Jack Parow – Hard Partytjie Hou:

Audio clip: Adobe Flash Player (version 9 or above) is required to play this audio clip. Download the latest version here. You also need to have JavaScript enabled in your browser.

Jack Parow – Hosh Tokelosh:

Audio clip: Adobe Flash Player (version 9 or above) is required to play this audio clip. Download the latest version here. You also need to have JavaScript enabled in your browser.

Jack Parow – Katerien:

Audio clip: Adobe Flash Player (version 9 or above) is required to play this audio clip. Download the latest version here. You also need to have JavaScript enabled in your browser.

Jack Parow – Laat Ons Suip:

Audio clip: Adobe Flash Player (version 9 or above) is required to play this audio clip. Download the latest version here. You also need to have JavaScript enabled in your browser.

Jack Parow – Last Laugh:

Audio clip: Adobe Flash Player (version 9 or above) is required to play this audio clip. Download the latest version here. You also need to have JavaScript enabled in your browser.

Jack Parow – Move Like a Monster:

Audio clip: Adobe Flash Player (version 9 or above) is required to play this audio clip. Download the latest version here. You also need to have JavaScript enabled in your browser.

Jack Parow – Spring Moederfokker:

Audio clip: Adobe Flash Player (version 9 or above) is required to play this audio clip. Download the latest version here. You also need to have JavaScript enabled in your browser.

Jack Parow – Welkom Terug:

Audio clip: Adobe Flash Player (version 9 or above) is required to play this audio clip. Download the latest version here. You also need to have JavaScript enabled in your browser.

As 'n laaste bederfie, hier is Jack Parow se swimwear model goose, Jenna Pietersen:
jack parow's girlfriend

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Kief musiek, jack parow | 15 Comments