Check hom

Vat Vyf! Week 24 van 2017 – Helen Zille moet in die hoekie staan en Hlaudi is werkloos

In Wat is nuus? deur PK MalherbeRek jou bek

1) Kyk, as aliens hierdie week op ons planeetjie sou land in die hoop om tekens van intelligente lewe te vind, sou hulle bakstene gekak het! Veral as hulle hier in Suid-Afrika sou crash-land. Wel, Suid-Afrika soos ons hom ken. Maar ons Kuns- en Kultuurminister, Nathi Mthethwa, het hierdie week aangekondig dat dit tyd is om ons land se naam te verander na meer as net ‘n geografiese beskrywing. Want ons het mos baie zak om rond te gooi. En sulke kolonialisme. Dis nou besides the fact dat as dit nie vir die land se naam was nie, sou einste minister Nathi fokken clue gehad het hoe om weer die plek te kry as hy oorsee was nie. Maar die kersie op die naamlose koek is ‘n aanhaling deur Nathi dat die ANC-regering tot nou toe te besig was om rêrig aandag te skenk aan ‘n moontlike naamsverandering. Fok. Sulke breinkrag. Mens kon actually die gloeilampie sien aangaan bokant Illumi-Nathi se kop. Maar toe gaan staan en outdo hy homself deur Absa en FNB daarvan te beskuldig dat hul R10 miljoen skenkings om die Knysna-brand slagoffers te help, rassisties is… dat dit net ryk wittes gaan baat. Jirre, Nathi! Fokken hou bietjie terug vir volgende week, jou ou slangkak.
2) Malusi Gigaba, hierdie week se Minister van Finansies (haha!), het besvestig dat hy, toe hy nog Minister van Binnelandse Sake was (haha!), sy mag gebruik het om Suid-Afrikaanse burgerskap aan die Guptas toe te staan. Dit nadat ‘n senior amptenaar van die department hul burgerskap geweier het omdat hul nie vir ten minste 5 jaar ‘n fisieke adres in die land gehad het nie. Dit het als aan die lig gekom toe Julius Malema foto’s van die amptelike dokumente op sosiale media versprei het. Daar’s baie dinge waarvan ou Julius beskuldig kan word, maar sy Baaspeurder Faber tendencies is nogals merkwaardig. Tans werk hy blykbaar daaraan om te bewys dat Amor Vittone nie elke week koerante toe draf nie. Sy fokken hardloop volspoed, hierdie week met jammerhartige stories oor hoe haar en Joost se kids by kerslig moet studeer want haar krag is gesny. Ten minste weet sy nou hoe voel die res van die land. Want ons het werklikwaar ook nie meer krag vir haar gesanik nie. Amor? A-less asseblief.
3) Een karakter wat nou waaragtig nie enige Dux-trofee gaan inpalm vir sy wilde insigte nie, is Andile Mngxitama, die leier van die BLF. BLF is natuurlik die Black First Land First beweging, maar kom ons kloof nou nie hare oor die feit dat die dwaas nie eers sy party se naam reg kan afkort nie. Waar’s die ekstra F, poephol? Die wyse heer reken toe mos hierdie week dat die onlangse woeste storms in die Wes-Kaap die gevolg is van “white-owned monopoly capital.” Ander gebiede waarin ons vriend ook blykbaar ‘n deskundige is, sluit in “Hoekom Woolies se yskaste goed kouer hou vir wittes,” “Hoe kan die spoed van wit lig korrek wees as die spoed van swart lig nog nooit getoets is nie,” en “Hoekom, as jy kak aanjaag, praat mense van ‘n swart merkie agter jou naam en nie ‘n wit merkie nie?” Wag tot die werfetter weer sy vullis gaan uitgooi en begin werk aan ‘n tesis oor swartsakke.

4) Die DA het hierdie week aangekondig dat Helen Zille getugtug is oor haar sosiale media wispelturigheid. Sy moes 300 keer uitskryf “Kolonialisme was hondtos,” is 15 keer op elke hand met ‘n liniaal gepiets en is deur Mmusi Maimane ge-wedgie. Sulke brutal. Maar steeds is die ANC nie gelukkig nie. Dis korrek, die politieke party wat geen interne issues het met lede wat rassistiese uitsprake maak of rassehaat aanhits nie, was verontwaardig dat sy kon aanbly as premier van die Wes-Kaap. Sy is egter verwyder van enige besluitnemingstrukture binne die DA, insluitende hul Secret Santa end-of-year funksie, die DA Scrapbooking Club en die Tweedehandse Outannie Panty Vending Machine Sub-komitee.
5) Ou Rooi-Oog, Hlaudi Motsoeneng het hierdie week sy gat gesien sonder ‘n spieël. Die aanbevelings deur die voorsitter van ‘n dissiplinêre verhoor wat bevind het hy het die Es-Eina-Bee-See se naam vergat deur sy optrede en wilde besluite, is aanvaar en Hlaudi is van sy godjietroon afgedonner. Die man wat gereken het niks van sy optrede sal ooit backfire nie, is gefire. Alhoewel hy klaar weer beswaar wil aanteken, wil dit lyk of dit die einde kan wees van die man wat meer comebacks het as ‘n garage pie.

Deel met jou tjommies!

    PK MalherbeVat Vyf! Week 24 van 2017 – Helen Zille moet in die hoekie staan en Hlaudi is werkloos
    Check hom

    Selfmedikasie – Fokofpolisiekar se splinternuwe crowd-funded album en ‘n free show in Gauteng

    In Kief musiek deur griffinRek jou bek

    Die komende naweek kom Fokofpolisiekar hul belofte vir ‘n free show na aan hul Gautengse fans. In die meantime is die ouens nog dik besig in die studio om hul derde vollengte album te record wat (as ons nou reg onthou) iewers in Oktober release word, maar kom ons kom tot die punt – die nuwe album se naam is Selfmedikasie. 

    Wynand Myburgh verduidelik:

    “Hunter Kennedy, Fokofpolisiekar se hoof liriekskrywer, het ‘n liedjie geskryf met ‘n chorus waarin die woord “selfmedikasie” is en dit het ‘n werkstitel geword vir die liedjie. Toe ons begin rondkrap vir name vir die album het ons het probeer om uit die boks te dink en nie ‘n liedjie se titel te vat nie, maar op die ou einde het Selfmedikasie, soos al die ander album se titels, gestick omdat ons gevoel het dis die sterkste. Fokofpolisiekar vir ons was nog altyd ‘n tipe van ‘n selfmedikasie. Ons skryf hierdie musiek oorspronklik vir onsself en dis hoe ons Fokof benader: waarvan hou ons vyf? Wat wil ons graag hoor? As al vyf sê “ja dit maak vir my sin” of hou hoe van hoe dit klink, dan raak dit ‘n song. So fisies en ook spiritueel het Fokofpolisiekar selfmedikasie geword vir ons en ons dink dieselfde geld vir ons fans.”

    Jaco S. Venter het verlede week sy drums by Heritage Studios getrack: 

    “Alles klink lekker en natuurlik. Ons poog om ‘n meestal organiese tromklank op hierdie album te hê”

    Hierdie week is Wynand se beurt om sy bass te wys en sy deel van die album neer te lé by Soft Light City:

    “Ek voel geseënd om by so baie opnames betrokke te kon wees oor die jare, maar ek voel super geseënd om op Fokofpolisiekar se derde album in ons 14 jaar se bestaan te kan werk. Baie dankie aan almal vir al die ondersteuning oor die jare. Julle gee musiek ‘n lewe van sy eie. Ek raak regtig into hierdie album en ek dink dis by vêrre Fokof se beste materiaal tot op datum”

    Daar het julle dit. Dis nou die album wat ons almal (al 1531 van ons) so saam help crowd fund het.  Die brasse het aanvanklik gemik om R500k in te samel om die nuwe album uit te sit maar het daai bedrag vêr verbygesteek en op die ou einde die insameling met R1,082 780 afgesluit. Omdat hulle so kontbaie zak ingesamel het, het die ouens besluti om free show in Gauteng te doen en daai show gebeur  hierdie Sondag, 18 Junie by  Rumours Rock City in Cresta

    Line-up: Fokofpolisiekar, Stones & Gold, Howie Combrink, The Sextons, Made for Broadway & WONDERboom
    Adres: Hoek van Weltevredenweg & Valley Laan
    Kontak: Fred – 079 825 7995
    Deure maak om 1:30pm oop. Fokofpolisiekar is om 6pm op die verhoog.
    Kaartjies is FOKKEN GRATIS – MAAAAAR  Slegs 750 kaartjies is beskikbaar, so roer jou fokken ass.

    Ons gaan volgende week bietjie in studio by ouens kuier met so paar kameras om te kyk wat hulle aanvang. As jy iets op die hart het of graag wil vra, droppit in die comments… 

     

    Deel met jou tjommies!

      griffinSelfmedikasie – Fokofpolisiekar se splinternuwe crowd-funded album en ‘n free show in Gauteng
      Check hom

      Gaan kokkenodge Jaco Snake Venter se kiekies by The Shadowboxer

      In Watkykjy Gigs deur griffinRek jou bek

      Ons het julle so rukkie terug vertel van Jack Parow en sy tjommie, Hardus, se avontuur deur Suid-Afrika op twee Harleys. Die ouens het ‘n TV reeks (Dis Hoe Ons Rol) geskiet so al met die pad langs en een van die brasse wat deel van die production team was, was Jaco “Snake” Venter – jy ken hom as die bra wat stokke swaai vir Fokofpolisiekar. Behalwe dat hy vibe manager was gedurende die trip (lees – dat die twee vriende mekaar nie poes wanneer dinge hairy raak nie), het Jaco ook befokte kiekies geneem. Jy het dalk so paar van hulle in ons interview met Hardy ook gesien.

      Jaco het reeds twee moerse suksesvolle exhibitions in Kaapstad gehou met sy kief kiekies en hy bring die final leg van die exhibition nou Joburg toe. Dit open moreaand (15 Junie) om 18:00 by The Shadowboxer in Greenside, waar dit vir ‘n maand lank teen die mure sal pryk. Ons was verlede Sondag vir die eerste keer by The Shadowboxer gewees en dis ‘n fokken lekker kuierplek. Die kos is ook befok en heel bilik geprys. Ons het lekker gepiel geraak, sommer so op ‘n Sondag. Dis ook lekker om ons vriende  (Gareth Wilson en Jaco Venter) skaamteloos te promote. Gaan slat uit en support die ouens. Hierso is die Facebook event:
      https://www.facebook.com/events/417776705270200

      Deel met jou tjommies!

        griffinGaan kokkenodge Jaco Snake Venter se kiekies by The Shadowboxer
        Check hom

        Waar’s al die fokken nerds? Kom ons gaan geek uit by ICON 2017!

        In Kompetisie, Snotstories deur Watkykertjie bydraeRek jou bek

        Deur Hannes Brummer
        Te oordeel aan onlangse sosiale media outrage is die kortste pad hel toe, volgens makeshift sedebewakers, skaak en klavierlesse, maar in die 80’s en vroeë 90’s was dit ‘n aansienlik meer verbeeldingryke en taktiese affêre. Oom Rodney Seale het ons in sy boeke oor Satanisme, waarvan ons blykbaar die reg gehad het om te weet, verseker dat Dungeons en Dragons direk ly tot brand. Bebrilde tannies en angstige skool councillors in Amerika het ook so geskiem. D&D is blameer vir geweld, selfmoord en kinders se betrokkenheid by die okkulte. Jis, grootmense is gefok – die skool se pamfletjie tune hardop ‘n verbeeldingryke omgewing word aangemoedig, maar gebruik jy nou net jou verbeelding, is die gort gaar.

        Die harde realiteit was egter dat die wanaangepaste, geboeliede puisiegevreet-tipe alklaar in ‘n high risk kategorie vir bogenoemde was en dat D&D fokol daarmee uitgewaai gehad het. Dungeon’s & Dragons was groot in daardie dekades. Groot genoeg om die controversy te oorleef en (alhoewel dit nie die eerste roleplay game was nie)  ‘n reuse bydrae te lewer het tot die ontwikkeling van ‘n massiewe sub-kultuur. Voeg daarby die ontwikkeling van rekenaarspeletjies, die koms van die internet en die gepaardgaande aanlyn gaming gemeenskap, pop culture chat forums en review sites, die moderne era van comics, die digital film age en die munt te slaan uit nostalgie vir die entertainment genre’s van jou jeug en Voila! Geek-chic is ‘n thing in die nuwe millenium. Uiteindelik is dit cool om Leonard of Sheldon genoem te word (maar net tot omtrent season 5).

        Geek kultuur is vandag ‘n industrie wat ‘n moerse, regte egte rand-en-sent verbruikerswaarde het. Sulke billion dollar industry. Volgens ICv2 is die stokperdjiespeletjiemark vir die afgelope 8 jaar lank op ‘n groeikurwe met ‘n reuse 10% groei in 2016 alleen. Vinniger as bitcoin, pappa! En as dit by tabletop gaming kom is die opsies legio en is jy bederf vir keuse. Die wêreld van tabletop gaming sluit nou bordspeletjies (The Settlers of Catan en Ticket to Ride), rolspelspeletjies (D&D, Pathfinder en Fate) minuatuur oorlogspeletjies (Warhammer, Blood Bowl, Malifaux, Warmachine en Age of Sigmar) dobbelsteenspeletjies (Zombie Dice en King of Tokyo) and kaartspeletjies (Pokemon en Magic the Gathering) in.

        Maar wat is role play gaming?, vra iemand in ‘n infomercial huisvroustem. Eenvoudig gestel onderneem jy avonture met ‘n karakter wat jyself skep en dan beheer en speel in ‘n daargestelde omgewing (hetsy gotiese vampiere, ‘n fantasie toekoms of ‘n middeleeuse tronk). Die verskeidenheid is groot en speletjies soos Dungeons and Dragons (D&D), Shadownrun, Call of Cathulu, Paranoia, Fiasco, Numenera, etc. is internasionaal gewild.

        Na afloop van jou besluit oor genre, begin jy dan jou karakter skep deur ‘n geskiedenis te bedink en dan slim te werk te gaan om statistieke en eienskappe aan die karakter te gee. In D&D sal jy byvoorbeeld tussen strength, constitution, dexterity, intelligence, wisdom en charisma probeer om die mannetjie so oulik moontlik te maak. ‘n Klouterdief gaan jy mos nou meer rats wil maak en ‘n swaardvegter sterker. Dis moerse strategy. Jy dig? Dan kan jy begin speel. ‘n Game master (GM) dien as spelleier en skep die omgewing. Painting pictures with words and all that. Jy reis dan deur die landskap as jou karakter en verduidelik aan die GM wat jy doen. Take word opgestel en soos die moeilikheidsgraad verhoog word jou karakters hopelik sterker en wyser. Noodlot speel ook dikwels ‘n rol as die gooi van ‘n dobbelsteen bepaal wat volgende vir jou wag.
        Hier aan die Suidpunt van die donker kontinent was ons tydelik gekierang deur toegang, maar hulle kon nie alles uithou nie en in die laaste 25 jaar sien ons ook hier bleeksiele uit hul ouers se basements kruip om in die regte wêreld te probeer funksioneer. There is safety in numbers, mos. ICON is Suid-Afrika se go-to Strokiesboek-, Rolspelspeletjie- en popkultuurkonvensie en hierdie jaar vind dit plaas te Gallagher Convention Centre oor die Jeugdag-langnaweek van 16 tot 18 Junie. (Fokkit, dit klink formeel. Kom ons bly maar by comics, gaming en pop culture. Rolspelspeletjie klink in elk geval soos jou goose wat soos ‘n non aantrek sodat die Pers eenoog-biskop haar kan straf.)

        ICON bied al vir die afgelope 25 jaar die beste plek om te kom opstock op al jou guilty popculture pleasures met stalletjies, boardgaming en tabletop warfare toernooie, cosplay kompetisies en moer interessante gassprekerpanele. So of jy nou ‘n hardcore geek is wat Star Wars pyjamas dra en of jy Wonder Woman net gaan kyk het vir skommeltrommel doeleindes, as jy selfs net die mees effense geek tendencies toon, is ICON die plek vir jou.

        Sulke saamtrekke raak al hoe meer gewild in ons geweste (sien ook Rage en Geekfest) en terwyl dit nog nie San diego Comic-con is nie, groei ondersteuning jaarliks. Hierdie jaar is daar ook ‘n paar ekstra verassings in terme van internasionale gaste by ICON met James L. Sutter (oa. mede-skepper van Pathfinder), internasionale cosplay superster Linda ‘Vampy bit me’ Le, die Suid-Afrikaans gebore comic book kunstenaar Sean Izaakse en vele ander. Die aand van die 17de is daar ook ‘n comedy show met van Suid-Afrika se beste sosiaal wanaangepaste komediante.

        Rolspel maak ‘n groot deel van ICON 2017 uit en daar is baie opsies – sou jy jouself lui hou is daar ook pre-generated character sheets en blootstelling vir nuwe spelers is ‘n groot ding. So as jy fokol weet is daar novice tafels en oulike gamer chicks met tattoos en piercings, of oulike gamer nerds met universiteitsgrade wat alte graag sal help (Check, dis die cool ding van Geek culture. No gender bias. Moerse modern). So of jy nou aliens wil veg in ‘n verlate ruimtestasie of ‘n Ogre wil toor dat hy hik – daar’s ‘n speletjie vir jou!

        ICON in samewerking met Watkykjy gee twee stelle dubbelkaartjies weg vir ICON Saterdag 17 Junie. So, dis ingang tot ICON 2017 by Gallagher Estate, toegang tot die aand se komedievertoning asook ‘n geleentheid om ‘n bietjie meer te leer van role play gaming deur ‘n potjie te speel wat begelei sal word deur Vittorio Leonardi en teenstanders wat die komediant Hannes Brümmer en dalk selfs die Griffin self sal insluit. Hel, as jy ‘n ervare speler is kom wys ons wie’s baas! Al wat jy moet doen is om ‘n e-possie na griffin@watkykjy.co.za toe te stuur (voor Woensdag, 14 Junie, 20:00)  en vir ons te sê wat jou uiters gevaarlike Dungeons and Dragons karakternaam sal wees.

        Sien jou by ICON 2017. May the wors be with you!

        Deel met jou tjommies!

          Watkykertjie bydraeWaar’s al die fokken nerds? Kom ons gaan geek uit by ICON 2017!