Check hom

Karen Zoid se Op Die oomblik Deel Een – ‘n visuele album?

In Snotstories deur griffin1 Eiertjies

Behalwe vir Game Of Thrones een keer per week op Maandae het ek op kakbaie TV uitgemis die efgelope drie weke omdat ons erf in ‘n bouperseel met stof en geraas verander het bedags en ek snags met projects en werk moes opvang. Met TV bedoel ek natuurlik streaming. Wiedefok kyk nog traditional TV? Uiteindelik kon ek gisteraand bietjie fokken relax vir ‘n slag en het deur Showmax gaan krap op te kyk watter nuwe offerandes daar te grype was. Daar is reeds so paar maande terug deur die Fokofpolisiekar en Springbok Nudegirls documentaries gedraf, so die Karen Zoid thumbnail het dadelik my aandag getrek, alhoewel ek nie ‘n fan is nie.

Zoid se ‘doccie’, Op die Oomblik – Deel Een, het so bietjie fokken weird afgeskop met die tune, Meisie Wat Haar Potlood Kou; met visuals wat bietjie effens te mooi en refined is vir ‘n documentary. Ek skiem toe die doccie skop seker maar net af met ‘n bietjies te fokken mooi music video, wat eintlik fine is. Die music video sal seker hier by 30 sekondes rond onderbreek word deur Karen Zoid wat haar hond vryf of die tuin natgooi of perskes pluk en die kykers iets persoonliks meedeel soos: “Ek bly nou al drie jaar lank hierso op Tietfontein, weg van die stad se geraas af en my honde is lekker en die lug is skoon en ek ry elke dag vismark toe op my dikwielfiets en koop perlemoen en die local mense is fokken vriendelik as fuck”… Dit gebeur soortvan. Zoid se stem klink op en nog arty visuals van die see en die branders en seevoëls spoel oor die skerm terwyl sy praat met ‘n close-up shot oor haar skouer wat haar blonde hare en die see afshow. Perfekte colour grading ook. Dit lyk bietjie meer na movie vibes as doccie vibes en Karen begin praat:
“Almal. Al die kunstenaars. Al die terrible leuenaars. Al die ouers met die wêreld op hulle skouers. Al die politikuste, die teenwoordige vermistes. Al die dronk studente, akteurs en fake rolprente. Al die boeilies wat dit regtig nie bedoel nie. Almal van julle, almal van ons. Almal maak of hulle weet hoe die lewe werk…”

*beep-beep-beep* (geluid van trok wat reverse – dis ek wat die geluid maak met my mond, nie die TV nie)
Back up! Back up! Fokken reverse! Whoah, ek sê! Wag net so fokken bietjie, juffrou Zoidberg. Waddefok gaan nou hierso aan? Ek stop die player, sit my bier eenkant neer en krap my kop. Is sy nou genuine fokken besig om ‘n aanmatige, aansitterige teef te wees met ‘n hoitie-toitie autobiografie of iets? Watse fokken hogere kunskak is hierdie? Jirre man…

Turns out dit help as jy ‘n program se fokken beskrwying lees om jou in die regte mindset te sit: “Zoid se rock-energie en vermoë om onvoorspelbare en delikate liedjies te skryf, raak al vir jare aan gehore se harte. Haar komposisies vorm die klankbaan van hierdie visuele album.” Toe maak alles fokken sin. Natuurlik gaan jy sit en wonder waddefok aangaan as jy ‘n doccie verwag en ‘n visuele album opgedis word. Die twee verskil fokken hemelsbreed. Imagine jy kyk Dumb ‘n Dumber se trailer iewers way back in die 90s en stap by Saw 7 in by Ster Kinekor. Jou brein sal apies met pap armpies kak, my ou.

Raait, so nou dat ons weet waarmee ons deal (kuns as opposed to an autobiographical what-what), kom ons kyk wat aangaan. Jy sou skiem dat ‘visuele album’ dalk net ‘n fancy versamelnaam is vir ‘n klomp music videos op ‘n DVD. Jy is soortvan reg, maar Zoid probeer tog iets anders hier bereik – Op die Oomblik – Deel Een is ’n musikale kortfilm wat opgemaak word uit musiekvideo’s wat elkeen ’n spesifieke storie vertel en dan gebind word met vertellings deur Karen – gedigte, stories en aanhalings van dinge wat nou relevant is ‘op die oomblik’. Bascially al die mooi goed wat sy so goed kan neerpen, dinge waarin sy glo, kak wat verkeerd is met Suid-Afrika, dinge waarvoor sy hoop het. Sy vent so bietjie en kry so paar dinge van haar hart af. En whaddaya know? Dit werk! Om doodeerlik te wees laat die visuals en kakpraat tussenin mens so bietjie verlang na ‘n kief MTV special. Die old school MTV van die 90s toe dit nog piele musiek gejol het, nie die pisserige MTV wat donk, pregnant teenagers dokumenteer nie. Die visuals is regtig MTV-esque en die monoloë (in stereo, haha, ek is ‘n doos) tie alles mooi netjies saam. Soos om watertand frikadelle mooi te bind met eier en meel voor jy hom platmoer en in ‘n pan braai. Zoid se rock musiek help ook natuurlik netjies. Dis tog waaroor dit eintlik gaan. Die songs is genuine fokken goed. Hierdie girl kan skryf. Soos ‘n Hunter Kennedy met tiete. Dit laat mens terugdink aan die Karike’s en Sonja Herholds van die 80s – toe chicks regtig cool musiek gemaak het en trots was daarop. Niks aangeplakte sokkie-rokkie kak nie. Zoid se songs is genuine en genuine goed geskryf. Ek was nog nooit regtig ‘n fan nie, maar ek het dit eerlikwaar ook nooit regtig ‘n fair shot gegee nie. Want Afrikaans en al die kak wat aan daai ou stink kombers kleef. You know the drill. I’m sold. Sy het ook ‘n befokte band wat haar support. Doen jouself ‘n guns en gaan lees op oor die musos in haar band: Kyle Petersen op klavier, Tim Rankin op drums, Schalk Van Der Merwer op bass en Henry Steel op kitaar. Topklas musiekmense.

Hierdie ablum is die eerste deel van drie verskillende hoofstukke in haar nuwe liedjieboek. Sy tune self: “Met hierdie liedjies het ek besluit om die eerste paar songs wat ek skryf net te voltooi en dadelik op te neem. Ek wil die oomblik vasvang, al weet ek dis onmoontlik. Ek is besig om te probeer. Ek wil dit beskryf en verken en ten volle ervaar. Dis ook nie net ons musiekwêreld wat in ’n ‘enkelsnit era’ is nie – die hele wêreld is eintlik ook. Iemand sê iets in Amerika, en dit affekteer die hele Midde-Ooste. Oombliklik.”

Zoid het op 24 Augustus geskiedenis gemaak deurdat sy die eerste Suid-Afrikaanse kunstenaar is wat ‘n visuele album op iTunes release het. Internasionale artists wat al soortgelyke visuele albums release het sluit in Beyonce, Drake en Brad Paisley (wiedefok hy ookal mag wees). Kyk byvoorbeeld na my favourite track, Vonkelvrou. Ek is moerse opgwonde om deel 2 en deel 3 te check waneer dit finally klaar is en ek hoop sy hou by die visuele album idee:

Well done, Showmax – please make this become a regular thing: hou aan om local musiek op hierdie manier te odnersteun, want MK is fokken dood en ons artists soek ‘n revival en ‘n nuwe platform. YouTube kan nie altyd alles dra nie. Hierdie ene van julle is ‘n wenner!

Die album is by Theo Crous (Nude Girls/Kobus) se studio, Bellville Studio record en iewers oorsee in Los Angeles ge-master. Die tunes op die album:
Vir Jou
Dames en Here
Vonkelvrou (kaklekker animation soos julle hierbo gesien het)
Maak dit Of Breek Dit
Weg Wêreld
Vertaal
Giant Mistake (daai tune van The Parlotones wat sy saam met Kahn sing)

Sign sommer nou op vir jou 14-dae 100% verniet trial periode. Daar is ‘n moerse klomp lekker local content om te kokkenodge!

Deel met jou tjommies!

    griffinKaren Zoid se Op Die oomblik Deel Een – ‘n visuele album?
    Check hom

    Ons review Fokofpolisiekar se miljoenrandalbum, Selfmedikasie

    In Rolbees Reviews, Watkykjy Interviews deur Rolbees4 Eiertjies

    Jy kan Fokofpolisiekar soos in niks like nie, of jy kan hulle verafgod, of jy kan hulle kritiseer, of jy kan hulle erkenning gee, of jy kan hulle net verduur, of moerse baie geniet. Die feit bly staan – hulle is die mees suksesvolste Afrikaanse rock band in die geskiedenis van SA rock. As mens dit wyer vat na die multilingual Suid-Afrikaanse rock kategorie, raak dit bietjie meer complicated en dan gaan jy mooi moet spesifiseer watter maatstaf jy gaan gebruik, maar dis mos glad nie ‘n stretch om hulle way up there saam met al die rock and roll royalty te kategoriseer nie. Ons het almal net weer besef hoe populêr hulle nog steeds is na die crowdfunding-sukses van Selfmedikasie. As jy crowdfunding as maatstaf gebruik is hulle vir seker nommer een. Hulle hou die rekord vir die hoogste bedrag ingesamel tydens ‘n SA gebaseerde Rewards Crowdfunding platform. Net so bietjie oor ‘n cool million! Hoekom is hulle so suksesvol? Voor ek daai vraag try antwoord wil ek eers so bietjie teruggaan in tyd. In 2003 het ek die debuutalbum elke dag vir seker ‘n maand lank werk toe en terug geluister en ek het daai tyd al gedink hulle idees en musiek gaan ‘n opskudding veroorsaak. Mens hoef seker nou nie ‘n rocket scientist te gewees het om te besef het dat die rowwe uitvaagsels die hele Afrikaanse musiekbedryf ‘n langverdiende shake-up sou gee nie. Ek het net nie gedink hulle gaan dit so suksesvol en so lank aanhou doen nie. Ek kan ook onthou dit was eers jare daarna toe ek Fokofpolisiekar vir die eerste keer live gesien het. Ek kon onmiddelik connect met die musiek, maar dit was ‘n anderste tipe ‘die moer in’ as ons nineties Nirvana grungekoppe. Ek het bietjie soos ‘n outsider gevoel. Die old school punk rock en harde rock sound het ‘n unieke klank gehad (die Bellville Rock City klank, sou ek later leer) en die issues waaroor hulle gesing het was relevant en dit was broodnodig om dit in die publiek hard te skreeu in daai dae.
    Fok, wie kan nie die volgende onthou nie? Die nihilistiese angst van Vernietig Jouself (As Jy Met Vuur Speel Sal Jy Brand, 2003), die tegnologiese rewolusie wat ons menslike connections, kommunikasie en emosies begin oorrompel het en beskryf is in die song Lugsteuring (Lugsteuring, 2004), die raakvatbeskrywing van die verstrengelde mengsel van politiek en vrees in SA op die song Brand Suid-Afrika (Brand Suid-Afrika, 2006), die geldgierigheid en kriminele globale korporatiewe krisis waarteen hulle ons gewaarsku het op Vasbeslote Korporasie Deel 1 – nog voor dit actually plaasgevind het, mind you (Swanesang, 2006), die wit middelklasidentiteitskrisis en struggles wat Illusie van Veiligheid briljant beskryf (Monoloog in Stereo, 2005), die totale uitbarsting teen die ignorance van die sisteem, die engheid van die deursnit Suid-Afrikaner en die onderdrukking van die stemlose jeug op die song Antibiotika (Antibiotika, 2008).

    Jirre, dis 2017 en Fokofpolisiekar maak nog steeds amok. En nog meer geskiedenis. Die bende is nou ouer, wyser en “voorbeeldige” belastingbetalende burgers en waar hulle Suid-Afrika se ouers nagmerries gegee het in die vorige dekade, is meeste van hulle nou self ouers met huislenings en ander rekeninge wat hulle wakker hou in die aande. As jy dieselfde tipe angst wat hulle in die ou dae in almal se gesigte gegooi het verwag het op dié album is jy onrealisties en verdien jy om teleurgesteld wees. Dit beteken nie daar is nie meer rebellie in die musiek nie. Die rebellie is duidelik nog steeds daar, tesame met die anti-establishment idees en rou punk klanke (deesdae miskien bietjie meer skillfull gepoleer). Ja well, die musiek is net nou meer grown-up. Goddank, want as hulle die glory days try oordoen het sou dit oneerlik wees en die kak uit my verveel het. Punk rock is in hulle bloed, baby. Metal ook! Die cover van Selfmedikasie laat my nogal dink aan die Metallica Black album cover. Nou ja, wat maak jy as jy vasgevang is in die eindste sisteem waarteen jy almal gewaarsku het vir jare? Ek skiem jy hou maar aan rebelleer met jou unieke blend rock and roll, sommer so van binne uit die tronk uit.
    Parkiebank, herfs 2017 herinner my nogal aan Talking Heads se Once in a Life Time met Francois van Coke wat nogal praterig raak. Dis ‘n bietjie ‘n ander rigting vir hulle, maar dit werk fokken lekker. Moerse kief tune. Ja, die alienation duur voort al is jy nou ‘n grootmens. Met Afgesonder draai Die Bende weer die volume harder en raak meer spesifiek wat geografie en ouderdom aanbetref. Die Kapenaars wat so lekker in hulle klein bubble-tjie bly mag dalk nie die waarheid wil hoor nie. Ek Glo In Die Son is die mooiste song wat Fokofpolisiekar nog ooit geskryf het en dit het die hoendervleistoets binne sekondes met vlieënde vaandels geslaag! Dit herinner aan Van Coke Cartel se musiek en is nogal naby aan Tot die Son Uitkom, maar ook nie heeltemaal nie. Dink aan die mees cheesy soetsappige song wat jy nog gehoor het en dan dink jy aan die exact opposite. Dis presies hoe die tune klink. Did I narrow it down for you? Is dit dalk ‘n oplossing vir ons wat besef ons is vasgevang in ‘n insane wêreld waarin ons geen keuse gehad het om in te lewe in die eerste plek nie? Koester jou geliefdes, familie en vriende en behandel mense soos jy behandel wil word? Die klein dingetjies is belangrik.

    Sal ek probeer om nou my eie vraag te beantwoord? Ek dink Fokofpolisiekar was nog altyd goed daarmee om die krake in die wêreld (en veral die land) waarin ons leef te identifiseer en nog meer uitstekend daarmee om in te tap in die jeug se manier van dink en dan net fokken cool songs daaroor te skryf. Klink so eenvoudig, right? Soms bied hulle oplossings en soms nie. Ek is cool (ons is fukt-up) is weer heavy nostalgies en dan is daar is ‘n paar songs wat meer neig na die pop tunes wat Francois van Coke in sy solo career deesdae doen. Belowe jou, belowe my; Komma; FLVJ en Lied van die Slang. Alles lekker tunes en daar is iets vir almal en elke generasie op die nuwe album.

    Wag so bietjie, daar is nog B2CY ook – dis weer ‘n meer stadiger nineties alternative tune met Hunter Kennedy wat die keer praterig raak. Die album gaan vir seker al die verskillende generasies Fokofpolisiekar fans nog baie luistergenot gee! Dis nou omtrent 14 jaar vandat ek die debuutalbum vir die eerste keer gehoor het en ek voel nie meer soos ‘n outsider wanneer ek hulle musiek luister nie. Ek het eers nie van die title track op die nuwe album gehou nie, maar dit begin nou ook lekker klink. Ek is eintlik nog steeds besig om in die ribbekaste van die album in te klim en die hart en siel van die offering te dissekteer, maar ek gaan nou ophou skryf. This will have to do!

    Die van julle wat moet wag tot die nuwe album offisieël uitkom – dit gaan ‘n fokken lang maand wees. Shame man, to ease the blow het Griffin ‘n befokte interview met die Bende gedoen tydens die recording proses by Johnny se studio in Bellville so 2 maande terug. Check dit uit! Ek kan nie wag vir die vinyl volgende maand nie! Cheers vir eers – as mens nie duur sielkundiges kan bekostig nie is daar nog altyd selfmedikasie!

    Lekker dosis hierdie!

    Deel met jou tjommies!

      RolbeesOns review Fokofpolisiekar se miljoenrandalbum, Selfmedikasie