Jy is waterkoppie nommer sedert 1 Maart 2008. Kap 'n dratie.

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Watkykjy kry 'n bomber jacket. Dis amper nuwe jaar!

Omdat sommige van julle werfetters met vakansie was en dalk nie die Sondag so net voor krismis in die hande kon kry nie (ek is self een van daai werfetters) gooi ons die reseppie vir die Julius Malema hoener sommer hieso vir julle om te spaai. Click op die prentjie onderaan om dit mooi groot oop te maak en sit jou leesbrille op.

In ander irrelevante nuus: Watkykjy en die interwebs bereik van vandag af tot wanneer die klok nuwe jaar slaan 'n skietstilstand. Ons is besig om die sait se nuwe baadjie se soompies om te werk en daai knoop aan te werk wat ons in die barney verloor het buitekant die Daspoort tonnel. Dit was nogal baie fokken werk maar Anja Slaptiet staan reg met die naald en gare. Julle gaan die nuwe baadjie kwaai like. Dit het 'n klomp ekstra sakke en maak mens lekker warm onder die kraag. Ons speck julle marabsies as 2010 aanbreek. Met 5 ton illegal Marabastad fireworks en alles. Gaan sluit solank jou honde toe en gooi 'n lappies kombersie oor die budjie se hokkie.

Labels: ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

'n Kaal koen vir krismis

'n Kaal koen vir krismis

Hos my blare, ons pluk so bietjie Martha Steward vandag. Krismis is oppad en dis weer tyd vir kak persente kry, saam met ongewenste familie uithang, (vir die gooses and party laities) half oopmond soene kry by besnorde ooms in kerkklere en dies meer. As jy een van daai ongelukkige werfetters is wat nooit 'n zef krismis kan dodge nie, het ons vir jou so effens van 'n comic relief.

Meeste mense maak gewoonlik 'n kalkoen of 'n hoender gaar vir kerfees en ek neem aan dat die kalkoen meeste van die tyd drie grade Suid van 'n gigantiese fokop is. Nie meer nie. Volg hierdie baie maklike instruksies op jou kalkoen op te zef:

1. Baste jou kalkoen met jou favourite sous. Dis tien teen een Spur sous.
2. Sny vormpies in tin foil uit soos byvoorbeeld 'n bikini top en bottom en sit dit oor die kalkoen
3. Gebruik jou gewone resep, of dit nou werk en of dit nou uitfok. Dit maak nie saak nie. Grill jou kalkoen. Jy sal check dan jou kalkoen 'n mooi bikini tan kry
4. Sit die kalkoen in 'n lekker oopketel posisie op 'n bord, of as jy meer avontuurlustig is, 'n mini handoek. Maak sommer ook 'n sambreeltjie op en set die scene dat dit soos 'n beach lyk. Lekker Boksburg by the sea, ek sĂȘ.
5. Print 'n geliefde se gesig uit en steek dit met tandestokkies vas aan die bokant van die kalkoen.
6. Jy het nou 'n kaal koen. Dit lyk freaky.
7. Jy gaan of jou familie uitfreak (veral die ouer mense) of jy gaan hulle nuwe familieheld wees en jou nefie kroon as die nuwe swartskaap.

Even as die outjie nie lekker proe nie, kan jy hom op die tafel sit as deel van die window dressing. Dan kan hy check hoe julle die slaai, die brood en die geblikte mielies tand.

Onthou, om dit suksesvol te verklaar raai ons aan dat jy die scene baie noukeurig opstel, soos byvoorbeeld die beach tema. Wees verbeeldingryk met jou temas. Jy kan ook gaan vir S&M, maar dan gaan jy meer as een kaal koen moet maak en die goed is nie cheap nie.

As voorbeeld het ons die tema van gender issues en politiek gekies. Wees aktueel. Kies tema's uit die local nuus uit. Ons het byvoorbeeld hierso een gemaak met Julius Malema. 'n Hermaphrodite kaal koen.

Is dit nie pragtig nie:



Fok, ek sien nou eers - ons het vergeet om 'n vienna onder in te druk vir flavour. Jy kan ook bacon, 'n bier of 'n ui gebruik. Sepedi woordeboeke werk nie, jou stupid. Sepedi woordeboeke het fokol flavouring.

Labels: , , ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Hey, Julius!

Rocket scientist en linguist extraordinaire, Julius Malema het die volgende kwyt geraak onlangs:

"Hermaphrodite, what is that? Somebody tell me, what is hermaphrodite in Pedi? There's no such thing, hermaphrodite, in Pedi. So don't impose your hermaphrodite concepts on us."

Ok Julius, hierso is jou probleem (een van fokken baie):



Wat het jy vir Pedi gekry? Wat, 'n onderskeiding? Huh? Nee man, fok, kyk weer mooi.

'n Wat? 'n E? Jy sien, dis wat jou probleem is (weereens, een van fokken baie).

"Somebody tell me, what is hermaphrodite in Pedi?"

OK, laat griff jou uithelp:

Hermaphrodite in Pedi is "Ntonankatshadi"

Miskien moet jy 'n Sepedi boek aanskaf, ou Julia:

Labels: , , , , , ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Malemalitis - jy kan dit nie genees nie

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Julius Malema en die Pope. Grapgat van die maand.

Die Pope en Julius Malema is voor dieselfde crowd op 'n moerse stage. Net fokken mense met banners en vlaggies waar jy kyk.

Die Pope leuen oor na Julius en fluister half vir Julius: "Do you know that with one wave of my hand I can make every person in this crowd go wild with joy? This joy will not be a momentary display, like that of your followers, but will go deep into their hearts and they'll forever speak of this day and rejoice!"

Julius tune die Pope: "You are a silly old crazy man. I seriously doubt that. That cannot be done. With one little wave of your hand? You are talking nonsense you wrinkled old colonialist man. Show me this trick."

Toe gee die Pope hom een moerse fokken poesklap.

Labels: , , ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Die Bokke wen die Rrrrrrrt-Nations teen die All Blacks

Baie kief, en baie geluk aan die Springbokke. Die laaste 5 minute was tighter as 'n vroutjie muis se skaamdele. Heavy krappe en stress gewees.

Onhou ook seblief om vir julle "Where is Julia Malema?" posters te maak. Dis nou vir die hardcore Bokke fans van julle wat hulle altyd inwag by OR Tambo. Julius is blykbaar elke dag daar om te kyk of een of ander SA sport span land sodat hy vir hulle geld kan belowe en sommer kan kyk watter ethnic group nie opdaag nie. Lyk my die ou het nie werk om te doen nie.

Hieso is bietjie inspirasie vir julle:

Labels: , , , , ,

Afrigator