Jy is waterkoppie nommer sedert 1 Maart 2008. Kap 'n dratie.

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Moenie windgat raak nie

As jy hierdie vakansie gaan suip, probeer om jouself in toom te hou. As jy een van daai mense is wat in 'n poes verander, bly eerder van die drank af weg. Veral julle matriek laities wat so sterk raak na een Brutal Fruit wat jy deur 'n strooitjie drink.

Netnou word jy teen die kop gepoes met 'n poolstok soos hierie laitie in Margate:



Baie sexy.

Lees die hele storie op Sondag.

Sy pa gaan hom ook seker ook lekker donner as hy eers terug is by die huis.

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Die NP projek

OK, soos ek die vibes verstaan is hierdie ouens twee zefgatte van die Kaap af wat so bietjie paar tunes se holle uitruk. Hulle gaan ook blykbaar collaborate met Brasse Van Die Kaap en onse vriend, Jack Parow.

Hieso is 'n tiep van 3 minute medley van hulle tunes as jy dit wil uitcheck. Kom ons watch maar waantoe hierdie ouens gaan.

Labels: ,

Joost op Facebook

Soek julle nog free music my blare?


Adriaan van die band Nul het vir ons hierie nuus aangepass. Hulle maak sulke heavy fokken weird freaky Afrikaanse industrialrige musiek en jy kan dit for free download. hulle het al drie albums uit as ek dit nie mis het nie:


Rampokkers! Ons het uiteindelik 'n nuwe website gebou. Vinniger, beter sterker (met 56% groter kaliber kanonne). http://www.nul.co.za (nul.com.sg redirect ook nog hierheen). Behalwe hiervoor, het ons ook nou uiteindelik Drie downloadable gemaak - so, hardloop nou gou jou beentjies bloedstompies om die nuwe album te gaan download. Mahala, verniet - ons vra net dat jy dit geniet. Check ook net bo die menu - daar's 'n "register" link. As jy wil aanhou om hierdie spam te kry, registreer - dis die regte ding om te doen (teen die tyd weet julle al ons spam julle moer min). Later van tyd sal jy al hoe meer en meer op die site kan doen met jou user-account - eventually sal jy even daarmee kan inhack by WOPR, maar vir eers is dit net om op die mailing list te wees. Daar sal obvisouly nog 'n bug of twee wees, so skiet mail as julle iets weird sien. Asseblief. Tjappaheavydownloadnaauw, NuL http://www.nul.co.za

Labels: ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Alweer 'n blerrie Joost tape

My gabba, Brendan Jack van Crazy Monkey het hierie vir ons gestuur. Nog 'n tape vol skandes met Joost.

Brendan tune: "Don’t ask me how I got this. It involved a flash drive and an underground parking garage. And a local contact called Diep Throat.

This time Joost’s faced with some unexpected in-studio phone calls, including a confrontation with Springbok rugby captain, John Smit – who seems pretty handy with fireworks. Something he obviously learnt at Camp Staaldraad."

Chekkityt:



Check Brendan se sait uit

Labels: , , ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Dirk Prinsloo is 'n dom tietkop ...

Sondag, sorry ouens, maar julle is ook 'n tietkopp. Julle wonder nog of Dirk Prinsloo in Oz "spiere bou" terwyl hy actually klaar in die tjoekie sit. Hieso is vir julle 'n tip - as julle fumble op die internet kan julle dit regmaak, hoor. Lekker 'n klomp koerante met julle spekulasie wat die kakhuis miskak die wêreld instuur. Eish ouens. Rapport (wat toevallig ook op Sondae uitkom) berig: "Hy is laat Vrydagmiddag ná ’n bisarre bankroof-poging in ’n dorpie in Belo-Rusland in hegtenis geneem". Julle check? Laat Vrydagmiddig. Vrydag. Wanneer slaan Rapport die strate? Sondag. Waneer slaan Sondag die rakke? Ironies, ook Sondag. Kan mens foute regmaak op koerante wat reeds in mense se huise lê? Hell no! Kan mens dit egter op die internet regmaak? Fuck yes!

En Dirk Prinsloo - jy fokken fail op soveel levels, jou idiotiese kakkert van 'n verskoning vir 'n mens.

1) Hierdie foto wat jy vir die pers gestuur het byvoorbeeld. What the fuck? Jy sit op 'n perd sonder 'n hemp. 'n Kindermolesteerder sit op 'n perd sonder 'n hemp. (Ja, die perd het ook nie 'n hemp aan nie, jou siek fok). Ons hoef nie verder hier uit te brei nie.


2) Jy het heeltyd die press ge-taunt en almal vertel hoe fokken slim jy is en hoe dom die polisie en die res van die wêreld is. Mens doen nie dit nie. Uh-uh. Veral nie as mens hierdie opsomminkie van jou lees hieso nie.

3) Jy het probeer om 'n bank in Rusland van alles plekke te beroof. Rusland dude! Fokken Rusland!

4) Jou wapenkeuse vir die roof? 'n Mes en 'n plastic toygun. I mean come the fuck on man! Wat het jy verwag, dat kassiere hulleself dood sou lag en jy dan al die zak kon zik? Jy het sekerlik lank genoeg in SA gebly om te weet hoe shit afgepull word. Jy is 'n vernedering even vir SA se kapers en rowers.

5) Nog 'n Darwin punt vir jou omdat jy jou Suid-Afrikaanse paspoort aan jou gehad het. Nice een, ou.

'n Mens kan aangaan en aangaan met die lys, maar ek skiem dis heel obvious dat jy 'n total fokken moroon is.

God forbid jy moet jou vonnis uitdien in 'n SA tronk, want wat dan sal volg sal 'n TV program wees, 'n Huisgenoot interview, 'n boek of (sidder) 'n CD met Afrikaanse stamp treffers op - shit wat mense sal opvreet vir soetkoek, wnat Afrikaanse mense like nou maar onetime van absolute kak koop.

Mag jy vergete vrot in Rusland and good riddance to bad kak.

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Die Antwoord - Tings n Times

As jy Die Antwoord se gig by Tings 'n Times hierie Saterdag gemis het, het jy die fokken gig van die jaar gemis my blaar. Dit was poes hectic en heavy next level intense. As julle like mooi vra, sal ons een of ander tyd 'n nca video hieso uitpomp, maar julle wou mos polisiekoffie drink tot jy paraletic is en die kak boringste Super14 final ooit in humankind se geskiedis tsek. Heavy skaam.

In die meantime, kyk solank na Die Antwoord se photo shoot hieronder. As jy fotografie swot, hou dadelik op. Jy mors jou zak. Staar net vir hierdie foto's. Dis fokken awesome.

Die fotograaf Sean Metelerkamp maak uit van kiekies snap.




Labels: ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

'Onderhoud met The Wedding DJs

By NINJA en YO-LANDI van DIE ANTWOORD

My name is YO-LANDI VI$$ER, I'm 17 years old and I'm rushing off my face inside a small secret underground rap-rave jol somewhere in Cape Town. THE WEDDING DJ's are dropping a heavy next-level rave set and I'm on the dance floor tripping out to the psychedelic neon infinity patterns getting painted in the air by my firend NINJA, rocking his 2 mini light-sabers he got from The Golden Acre.
The night is young and anything can happen. The possibilities are infinite. The WEDDING DJ's are opening and closing doors for me so that I can travel from the dance floor in any direction into hidden dimensions. They are dropping the same old hits, but it’s working. Towards the middle of the set the confusion starts kicking in. I really just want to take a piss in the bathroom alone. JAMES BROWN IS DEAD by LA Styles is kicking hard and I find myself in the bathroom checking out my raging tongue in the mirror, which is flipping uncontrollably in and out of my mouth. I'm not sure if my bulging pupils look hot or not. I desperately need a drink, or wait no! Maybe I need to take a piss. I try to call someone on my cell phone. I know my friends are out there somewhere, but I'm not sure where or if I will ever see them again. Maybe I should just wait here forever till someone comes to help me.

NY - Is julle gelukkig?
SD3000 - Well stel dit so, eenkeer toe ek en een van my skool blare by die arcades was het ek drie free credits in Tekken 3 gekry.
Chopper Charlie - Solank daar ‘n beat is, ja.

NY - Wat wil julle van die lewe he?
SD3000 - Net ‘n bietjie liefde.
Chopper Charlie - Ag nie veel nie, maar ‘n blowjob nou en dan sal nie te kak wees nie.

NY - Hoekom hou julle van ons?
SD3000 - Want Die Antwoord verstaan mense se need om te rave. Nes ons.
Chopper Charlie - Julle vat nie prisoners nie.

NY - Is julle ryk?
SD3000 - Well stel dit so, ons besit 'Wedding DJs' die empire en brand. En soos julle weet is brands soos moerse fokken valauble. Ons is besig om ‘n partnership met P Diddy te negotiate dat hy die Wedding DJs se clothing label “No Skaam” op sy Combs label te drop.
Chopper Charlie - Fokken ryk van gees, maar nog nie ryk genoeg om die groot Hyundai te kan koop nie.

NY - Wie is die rykste: SUPER DELUXE 3000 of CHOPPER CHARLIE?
SD3000 – Ekke. Ek het nou net ‘n moerse mansion in Milnerton gekoop.
Chopper Charlie – Ek’s nou wel ‘n bywoner, maar ek mind fokkol. Geld koop nie klas nie.

NY - Ons hoor julle is ook heavy weight film directors en dat julle pitch vir die ENTER THE NINJA musiek video gewen het. Het julle al begin werk aan die treatment?
SD3000 – Ja ons het, dis deur ons media production company: Johan et Andre wat ook dik zak maak.
Chopper Charlie – For sure. Net nou die dag is ons woestyn toe. Far out.
NY - Wat is die konsep?
SD3000 – Check as jy soos 2Fast 2Furious sou vat en jy gooi like heavy drugs by en dit word a Mother rave en almal trip soos heavy uit en dance op die speakers gemeng met soos ‘n heavy esoterico ying and yang town and country vibe waar ninjas levitate en shit, dan sal dit soos die konsep in ‘n nutshell wees.
Chopper Charlie – Well, iemand moet vir Yo-lande Visser red van The Bad Guys. En Ninja is mos nie fokken bang vir fokkol nie.

NY - Julle next level rave DJ paarties is fokken mal.Hoe kry julle dit reg om mense so te laat uit fok oppie dansvloer?
SD3000 – Meeste van die tyd sit ons drugs in die air conditioning
Chopper Charlie – Watse mense?
NY - Gebruik julle dwelms?
SD3000 – Ek is allergies daarvoor, maar as ek nie was nie sou ek.
Chopper Charlie – Wat het jy?

NY - Daai kort broekies wat julle dra onder die DJ tafel is heavy fokken sexy.
SD3000 – Dankie.
Chopper Charlie – Flattery will get you everywhere.
NY - Will baie chicks na julle dj gigs vir julle twee zaber?
SD3000 – Ja altyd.
Chopper Charlie – Net as ons hulle eers fliek toe vat en blomme koop. Angeliere is altyd nice.
NY - Kry julle ooit aksen onder die DJ tafel gedurende julle live DJ sets?
SD3000 – Waarvan praat jy? Worsvoeding?
Chopper Charlie – Dis hoekom ons so smile die heeltyd.

NY - Wat is julle 10 beste paartjie liedjies van alle tye op die oomblik?
SD3000:
Orinoco Ninja Flow – Enya vs Die Antwoord
LA Style – James Brown is Dead
I like to move it – Reel to Real
Boom Boom Boom – Outhere Brothers
Boyz II Men – I’ll make love to you

CHOPPER CHARLIE :
Gangsta’s Paradise – Coolio
Rhythm is a Dancer – Snap
This Beat is Technotronic – Technotronic
Thunderstruck – AC/DC
Paradise City – Guns ‘n Roses
NY - Maak die sin klaar:
Op n romantiese aand sal ek...
SD3000: R Kelly se Bump n’ Grind pomp. My Mind is telling me nooo...
But my booody, my boody is telling me yeeees!
Chopper Charlie – Dance till we can’t...dance till we can't dance no more, get on the floor, and get raw...

NY - Wie is Griffin?
SD3000 - Hy is baas van die Wat Kyk Jy? Record company en hy maak fokken baie geld.
Chopper Charlie – Mr Big. Of eerder Mr Big Nose.
NY - Wat het julle onlangs getjek wat julle geskeem het is heavy next level?
SD3000 - ‘n Mazda RX7 met 10 custom fitted Panasonic Carrozzeria X speakers en 12 monitors. Goosebumps when the bass pumps bra.
Chopper Charlie – Die fokken Antwoord. In Bloem. Met Hummers.
NY - Het julle vriende wat crocs dra?
SD3000 – Yes ja!
Chopper Charlie – No comments.

NY - Tune julle hulle iets daaroor of los julle dit net?
SD3000 – Ons tjune hulle fokken stukkend.
Chopper Charlie – Tune hulle blind my bra.

NY - Sal julle by Steve Hofmeyer se volgende wedding speel vir R15 000?
SD3000 – Ons sal verniet daar speel.
Chopper Charlie – Anytime.
NY - Wat is julle mees memorable moment gedurende een van julle DJ sets?
SD3000 – Toe die power uitgaan een aand toe ons op stage is voor fokken baie mense en toe voor die ligte aankom gooi Chopper Boyz II Men se I’ll make love to you. Dit was moerse hot en meisies het soos met mekaar begin vry en tiete brei.
Chopper Charlie – Mens praat nie uit die backstage nie.
NY - Waarvoor is julle bang?
SUPER DELUXE 3000: Fame
Chopper Charlie – Kinders, they must be up to something.
NY - Hoe voel julle oor die feit dat die WEDDING DJ'S as die beste DJ crew in Kaapstad gesien word?
SD 3000 - Wel mens werk hard so dis nie rerig ‘n surprise nie.
Chopper Charlie – Ag jy weet, alle DJs is eintlik ‘n brotherhood. Ons is almal plugged into the universe of sound, so there’s no competition... Plus ons is net beter as almal.
NY - Gee ander DJ's ooit vir julle poef?
SD 3000 - Nee hulle waag dit nie want hulle weet ons het conneksions met ous van die oos-rand tot die flats.
Chopper Charlie – Ek verkies as hulle eerder vir ons drinks gee. Poef is nie lekker nie.

NY - Julle is altwee baie mooi.Hoe hou julle julle lywe in so goeie kondiesies?
SD 3000 - Gym, eet gesond, en Joe Weider se protein shakes is wat vir my werk.
Chopper Charlie – Ek kyk baie videos oor tai chi en het al eenmaal chai tee ook gedrink. Dit was nie baie lekker nie.
DIE FOKKEN ANTWOORD vs DIE MOEREFOKKEN WEDDING DJ'S
International Zef Rap-Rave Jol tour!
Annie fokken brand my blaar!
Tsek julle daar!

Labels: , ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Floyd Shivambu is 'n dom poes

Floyd Shivambu van die ANC youth league is 'n dom poes.

Wat bedoel ek as ek sê iemand is 'n dom poes? Ek bedoel jy is 'n dom poes. 'n Poes wat dom is. As jy nie weet wat die betekenis van 'n dom poes is nie, weet jy nie wat die betekenis van 'n dom poes is nie.

Bedoel ek jy is die vroulike skaamdeel andersins oor die algemeen meer bekend as 'n vagina wat geheel en al verstandelik vertraag is sonder enige billike redenasievermoëns of bes moontlik oor die redenasievermoëns van 'n 5 jarige beskik?

Nee, jy luister nie. Nee, dis nie wat ek sê nie. Ek sê jy is 'n dom poes. 'n Dom poes is 'n dom poes. Dis wat ek sê.

Catch my drift?

Luiser na hierdie kak redenasie. O my jirretjie god:

Labels: , ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Hierdie band is seriously kak

Daar was hierdie band. In 1969. Genuine.

Vanaf Wikipedia.org:

Kak is the only album by psychedelic group Kak, released in 1969 on Epic Records. In 1999 it was released again under Big Beat UK with 11 additional tracks (under the title Kak-Ola). Members of KAK were: Gary Yoder, guitar and lead vocals; Dehner Patten, lead guitar, bg vocals, and lead vocal on Electric Sailor; Joseph Damrell, bass, bg vocals, sitar & tambourine; Christopher Lockheed, drums, bg vocals, organ; Gary Grelecki co-wrote several tracks with Yoder. The album was recorded at Columbia Studios in Hollywood, CA. The album was bootlegged many times in Eastern Europe and bootleg vinyls are still on the market (recognizable by the faded imprint of the words "PROMOTIONAL COPY" on the album cover and the generally poor sound quality. A high-end lp--with bootleg cover--has also been marketed. Sound quality on this version is somewhat better).




(thanks, Angola Badprop)

Labels: , ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Dis hoe dit is met Neil Diamond

Dis mos fokken lekker om 'n Blou Bul te is. Check hierdie Pampoen:

Labels: ,

Tos, tosser, tosste - web-eksklusief - Boeke Insig interview

Nou ja, ons het al vergeet van hierdie meneertjie, maar Boeke Insig het 'n interview met ons gedoen so ruk terug oor ons verskriklike fokken fantastiese boek, "Is Dit Net Ek Of is Als Tos?" wat hieso beskikbaar is online.

Tos, tosser, tosste
Skrywers | Februarie 2009 - (vanaf Boeke Insig)

Chopper Charlie en Griffin, die twee kwaaijongkêrels agter die Afrikaanse kultuswebwerf www.watkykjy.co.za het ’n boek op die rakke. In Is dit net ek of is als tos? het hulle (in eiesoortige zef styl, natuurlik) ’n eier te lê oor alles van Eskom, hadedas en klaende eks-pats tot Telkom, emoticons en die Vodacom-meerkatgesin. Annette Klinger het by hulle gaan uitvind of alles régtig so tos is, en of dit dalk wel net hulle is.

Verduidelik gou vir diegene wat nog nie weet nie, waaroor Watkykjy gaan.
G: Op die oomblik gaan Watkykjy nie regtig oor veel nie.

C: In die verlede het dit gegaan oor onse mense se zeftige Afrikaanse kultuur – van wheel spanners tot fights in die Dis-chem se parking lot. Verkeerde kant van Voortrekkerstraat se dinge dus.

Waar hou Charles en Gifford op en waar begin julle alter ego’s Chopper Charlie en Griffin?
G: Ek sou dit nie juis as ’n alter ego beskou nie. Mense wat my die eerste keer ontmoet kan amper nooit my naam uitspreek nie. Dis enige iets van Giblets tot Griffirt of Evert. ’n Meer ekstreme voorbeeld: Ek het een Kersfees by vriende en hulle familie deurgebring omdat ek tydens die Desembervakansie my ouers se huis “wou oppas”. Die siniele ouma het my aan die etenstafel getune: “Zirkie, kan ek vir jou die aartappels aangee?” Ek het amper aan my kalkoen verstik, en so ook die ander 13 mense aan tafel. Boors (eienaar van Oppikoppi) het my Griffin genoem die eerste keer toe hy my ontmoet het en die naam het maar gestick.

C: Losweg by die derde Castle draught of tweede Jägermeister.

Julle het nogal opslae gemaak met die destydse Watkykjy-zefwoordeboek. Hoekom het julle dit nog nie laat publiseer nie?
G: Dis ’n baie goeie vraag. Chopper is verskriklik lui en ek het al sulke idees met hom bespreek. Ek dink hy het blompotte langs sy kop in plaas van ore.

C: Moenie worry nie, watch net.

Het julle vir Tim Richman en Grant Schreiber, die twee ouens van Two Dogs publishers wat Is it just me or is everything kak? saamgestel het, benader met die idee van Is dit net ek of is alles tos? of andersom?
G: Tim het my deur Watkykjy in die hande gekry en gevra of ek sou belang stel om ’n Afrikaanse weergawe van hulle boek te skryf. Heeltemal nuut en vars (tralala!). Ek het aan hom voorgestel dat Chopper saam met my aan die boek werk en vandaar af het dinge begin loop. Die Engelse weergawe is aan my gepos om te sien hoe hulle die boek benader het. Ek het dit nog nie gelees nie.

C: Vertalings is tos. Dus het ons van die begin af ons eie ding gedoen, eie tos onderwerpe gekies, eie grappe gemaak, ons Watkykjy-skryfstyl behou en iets gedoen wat heelwat meer likely is om Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners te laat lag tot die melk by hulle neuse uitspuit.

Die Afrikaans wat julle in die boek gebruik is soms besonder suiwer en onzef. “Ultraklankfoto’s”, “buikjeans”, “drukvlerke” en “gemorskos” is maar net ’n paar van die juwele. Wat is die storie? Kan zef mense ook taalpuriste wees?
G: Dit lyk my so. Ek ek was fine met die Englese woorde. “Buikjeans” was eintlik veronderstel om “mom’s jeans” te wees. Met elke update wat ons vir mekaar ge-mail het, het Chopper dit heeltyd terug verander na “buikjeans”. Lekker sneaky. If you can’t beat ‘em…

C: Ek weet nie wat daar gebeur het nie. Jammer. Dit moet wees omdat ons ’n hot Afrikaanse juffrou in Vereeniging in standerd 6 gehad het. Ek dink dit was Juffrou van Rensburg.

Lei julle nie aan alles-is-tos-onttrekkingssimptome na julle vir so ’n lang tyd notas gemaak het van al die dinge wat julle irriteer nie?
G: Glad nie. Ek sien tos goed om my die hele blerrie dag en ek kan op ‘n goeie dag erger kerm oor iets as wat krimpies oor die weer kerm. Maar op ’n funny manier, jy check? Soms sien ek goed wat ons nie in die boek aangespreek het nie en ek dink by myself: “Dis jammer die boek is klaar geprint, want daai apies wat so buite aan die Taz se deur klou is aanstootlik!”
C: Umm... Nee?

Val wildvreemdes julle nou in kroeë lastig met irritasies om op te teken vir die volgende uitgawe? Indien wel, hier is my bydrae:
-Afrikaanse mense wat met ’n Amerikaanse aksent Engels praat sonder dat hulle nog ‘n voet uit Suid-Afrika versit het.
-Miniatuur- maltese poedels.
G: Ons is gecover vir daai enetjie in die boek, want sulke mense is tos. Dis haas onmoontlik om alles binne 2 maande na-uurs in ’n boek van 150 bladsye te druk, maar ons gun almal die kans om hulle gripes met ons te lodge. Jou bydrae oor die aksente was aanvanklik op ons lysie. Dit moes verlore geraak het in die laaste paar weke. Wat die poedels aanbetref – my ouma het byvoorbeeld vier van daardie stoepk*kkertjies gehad. Hopelik is ek emosioneel sterk genoeg om daaroor te skryf in die opvolg van ons boek.

C: Griffin val my die heeltyd lastig.

So, wat is volgende? Dalk Is dit net ek of is als tosser?
G: Daar is sprake van ’n opvolg en ons sal sien hoe dinge van hier af loop. Miskien moet ons dalk ’n parodie op Steve se biografie skryf: “Mense Vind My Awesome”.
C: ’n Pel van ons, ou Guido, sê altyd: “As hy kom, laat hom gaan.” Ek dink dis hoe ons hom gaan speel. Net so.

Labels: , ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Watkykjy Jaar-eind funksie.

Click op die tiete hierbo om volgrootte nuus te kry, jou naaier.

Yup. Ons raak very fency. Soos krismis in July, raak ons ook poeste. Want krismis in July is faktap. Dis soos wat Jode naai deur lakens. Watkykjy hou vir die eerste keer in sy 9 jaar se bestaan 'n year-end fuctions oor die Guateng flats. En ons hou dit in die middel van die jaar omdat ons poeste is. Entertainment vir die aande soos te verwagte is: Die Antwoord.

Daar is twee gigs in Joburg en een vet een by Tings 'n Times in Pretoria. Een van die gigs in Joburg is strictly come in your fucking pants VIP. Dis nou die kleiner gig by Gin. Daar mag like net mense wees wat uigenooi is. Deur watkykjy of Die Antwoord. En nie baie nie. Ongelukkig.

So luister fokken mooi:
Al die ander gigs waar Die Antwoord speel: Kom ruk jou piel uit. Ons sal daar wees. Jy gaan in jou broek kom, so cool is dit. Ons sweer.

*** UPDATE ***:
Die gig by Gin in Johannesburg: As jy wil kom VIP en SOS saam met Die Antwoord en Watkykjy wil uithang, mail vir griff en vra samblief vir 'n uitnodiging. Die gig is totally verniet, maar daar is limited ingang vir daai spesifieke aand. Die plek kan net 150 mense vat, maar WKJ het 'n special VIP section wat ge-reserve is vir 40 bra's. Ons het klaar 'n paar mense op die lys en ek sal die krane volgende week begin toedraai, so laat betyds weet of jy gaan kom saam suip.
*****************

Tings 'n Times: Dit gaan kak besig wees daai aand. En daai aand fokken rock ons dit stukkend. Bespreek vroegtydig. Daar gaan poesbaie mense wees. Like heavy poesbaie mense. Like fokken shitloads.

Daar is ook gigs in Stellenbosh en in die Kaap soos julle op die flyer kan sien, maar ons main concern is dat mense in Gauteng al lank bitch om Die Antwoord te check, toe fokken reël ons dit vir julle.

Wat is die coolstste deel van alles? Hulle musiek is fokken verniet. Hier op Watkykjy.

Ons sal check nader aan die tyd (en as daar genoeg tyd is) om sommer 'n paar CDs te copy en by die gigs weg te gee, maar ons belowe fokkol.

Labels: , ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Nandos 1, Julius Malema 0

"Julius Malema said that the ANC Youth League will take militant action against Nandos for this ad."

Whatever ou. 100% vir Zuma, 20% vir houtwerk.

Nandos sien my sommer vir 'n quarter chicken & wedges na ek ge-vote het (vir 'n party met verstand).

Labels: ,

Sarah Silverman en Jimmy Kimmel maak kak met mekaar

Meeste van julle weet nie wie Jimmy Kimmel of Sarah Silverman is nie. Moenie worry nie - wat jy wel kan doen is om Pamela Anderson en William Shatner se roasts van Comedy Central te download van torrents af iewers. Maak net gou, want ek hoor die ouens van ThePirateBay.org is oppad tjoekie toe.

Check solank in die meantime hierdie twee videos uit om kennis te maak met Jimmy Kimmel en Sarah Silverman:

Sarah Silverman tune haar boyfriend dat sy op hom cheat:


Hy tune haar terug:

Labels: ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Die skirt project fokop

Dit was toe al die tyd 'n campaign vir Mrs Balls gewees. Ewe trots het julle 'n video saamgestel van al die coverage wat julle campaign gekry het met inserts van websites wat ge-gons het daaroor.

Ek dink nie julle het mooi gekyk na wat almal oor julle campaign geskryf het nie, maar hey, thanks dat julle Watkykjy se pic ook in die video gesit het. Hier is wat julle gemis het:



Come to think of it was ons actually nogal naby - poes, balls.

Dit was 'n nice idees outjies, maar so duur campaign vir chutney? Dis bietjie van 'n let-down. Maar dis seker maar hoe julle die shots vat: in die chutney of glad nie.

Labels: ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Gary Kasparov word vir 'n piel gevat

Russians is fokken weirdos partykeer. Veral die security guard hieronder wat dit op homself neem om die "russion" 'n PK te gee om die ding te ground. Die ou wat met hierdie stunt opgekom het, het nogal 'n piele idee losgeslaan. Iewers het iemand nie QC op die vod gedoen nie.

Iemand moet nou net asseblief Malema se gesig by 'n rally rond vlieg vir die teenoorgestelde effek, if you catch my drift ...

Labels: ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Herken jy hierdie onderpresteerder?

Shame, hierdie outjie lyk of hy moontlik Afrikaans op laergraad gehad het op skool, of miskien het hy steeds Afrikaans op laergraad in standerd 7 (graad 9, nie waar nie?)

Of dalk het hyself ook wit poeier gesnuif saam met sy maatjies. 'n Baie kinderlike briefie:

Labels: , ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Die alleged Joost sex tape

Besluit maar vir jouself of jy dit glo. Die sound quality is so kak dat mens nie regtig stemme kan herken nie.

Check sommer ook jou cherrie se rug vir daai tattoo. Dalk is sy iemand wat wat ander mense se piele suig en draks smous. Lelike dinge. Die poniekoerant, Rapport en hulle bedbuddies Heat magazine hou vol dis Joost.

Die waarskuwing aan die begin van die video is nogal fresh. Hulle kon net sowel getune het: "Pasop, daar is heeltyd 'n swart blok oor die aktuer se piel. Jammer vir die ongerief, maar ons moet sensasie op een af ander manier probeer verkoop, veral met die looming financial krisis."

Alles word blykbaar later in die week reveal. Dan sal ons sien wie almal in die kak is. My R20 is op 'n stripper chick en twee van haar buddies wat connections met drug dealers het.




Labels: ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Julius Malema - Almal se punte masjien

As jy 'n klein mannetjie vol angs is soos Julius Malema wat op sy boude rondkruip omdat altwee sy stink voete in sy mond is, gaan mense jou kak gee.

In die ou dae van kastele, beheadings, sifilis, konings, perde, hekse en tandlose hoere met takhare, het konings en koninginne alike altyd 'n hofnar gehad. 'n Klein stuk kak wat veronderstel was om die adelikes te vermaak. Sulke klein mannetjies wat gedink het hulle is fokken main. Mense het hulleself meerendeels nie aan die narre gesteur nie, omdat hulle dispensable was. "Kak joke, Pikkie! Off with his head! Bring die volgende klein kak, ek moet nog my kalkoen klaar vreet en ek soek afleiding. Buuuurp! Rrrrrt!" (kots)

Malema is Suid Afrika se hofnar. 'n Leë blikkie met 'n albaster in. 'n Irriterende fokken lawaai. Maar hy is ook al die ander partye se punte masjien en mense is stadig maar seker besig om dit op te tel en die spot met hom te dryf.

Gaan kyk byvoorbeeld na http://www.malema.co.za. Geen verduideliking is nodig nie, en ek haal my hoed af vir die genuis wat die gap in sy education gesien het en homself apply het.

Dan is daar ook nog 'n site, http://classicmalema.co.za. Julle het nie nodig om in die nuus rond te krap vir die sirkus apie se uitlatings nie.

'n Foto van die site af wys byvoorbeeld hoe Malema sit en eet. Seker by 'n rally waar hulle fake DA pamflette versprei.

Een ding is ver-fokken-seker. Dis nie humble pie wat hy daar afsluk met champagne nie.

Time will tell en ons sal maar na die verkiesing sien watse damage die ou regtig vir sy ouer gardes veroorsaak het (nie dat hy regtig respek het vir enige iemand ouer en wyser as hyself nie).

Hopelik moer die blikkie om en rol die albestertjie in die drain af.

Labels: , , ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Moenie wit poeier snuif of onderbroeke met gaatjies dra nie

Ek vermoed Joost is onskulding omdat ek glo dat hy so toilet seat in sy huis het (blonde chick natuurlik uitgesluit):



Ek vermoed ook verder dat Gavin Prins van Rapport onderbroeke met gaatjies dra en as hy wit poeier sou snuif saam met die mense van Heat Magazine, dit min of meer so sou afgaan:



Sover dit die sex tape aanbetref, sterkte aan die print media wat 'n paar vinnige bucks wou maak. Julle gaan dit maybe nodig kry vir iets anders.

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Hakuna Matata - fokkol worries...

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Clipz... uuugh!

Terwyl ek op die Whackhead Simpson trip is...

Daar is niks soos die 30 minute advertensie-ridden Clipz op Mnet een keer per week wat veroorsaak dat ek my nuwe LCD TV soos die pes haat nie.

Die pixelated videos met klank wat klink asof dit teen 160km/h ge-record is in 'n Ford Cortina wat deur die Daspoort tonnel jaag maak my klaar. Nee sies man, Darren!

En in die credit titles sien ek daar is actually 'n persoon wat research doen vir die program. Watse fokken research? Stap by enige werkplek in met meer as 30 PC's wat aan die internet connect. Vra vir die manager of jy asseblief sy slapgatste werker kan sien vir 5 minute. Check sy inbox. Daar is al jou fokken clips. En dit het al klaar die rondtes gedoen.

Het julle geweet informasie versprei vinniger oor die internet as op die TV? Nie? Regtig nie?

Wel, dit fokken doen.

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Luke the Puke Whathisname


Raait, Luke the puke Watson raak die volgende kwyt:

" ...Me having to wear the Springbok jersey, to keep myself from vomiting on it, because there is a bigger picture, because men and woman have bled for me to get there... "

" ...The problem with SA rugby is that it is controlled by Dutchmen..."

" ...The men who sit on my left and right of me in the change room despise me for who I am... "

" ...The men won't talk to me, they won't greet me, the very coach won't greet me. They walk past me. I sat at a table by myself, they won't eat with me, because I was a political pawn..."


Luke Watson se onlangse uitlatings het betrekking:

Daar bestaan 'n stukkie heilige grond in taalkunde. 'n Ruimte waarvan die grenslyn nie oorgesteek mag word met skoene aan nie.

Die groot kanon in die taal-arsenaal.

Die atoombom.

'n Noodklep wat slegs oopgedraai mag word indien die druk in die drukkoker-aarde so hoog is dat lewe op 'n baie fundamentele vlak direk bedreig word.

Die grofste, grootste juweel uit die familieskatkis wat dalk eenkeer in 'n leeftyd uitgehaal mag word onder algehele ophou van asem; baie versigtig, met wit handskoene aan.

'n Finale verweer.

Luke, hulle het jou nie vermy omdat jy 'n politieke pion was nie. Hulle het jou vermy, want jy is 'n POES.

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Zakumi - Awesome mascot (toe nie)

Blybaar is die naam "Zakumi" opgemaak uit twee dele: ZA - die old-school country code vir Suid-Afrika en Kumi - wat glo 10 beteken in 'n paar inheemse tale. As jy Kumi google kry jy Kumi Koda, 'n Japanese pop ster. Lyk daai simpel luiperd suit nie suspiciously Japanees nie? Ek skiem hulle het net letters gaan rondskuif. Dit maak sin met al die rooi kaarte wat die kabinet kry.

Hou jou local zef beertjievang masjiene dop, jy kan dalk so outjie optel vir 'n rand of twee nader aan 2010 se kant as jy 'n steady hand het. As jou beertjie vuil word, was hom net met seep.

Sommer terwyl jy stort.

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Perverklaring van bra Steve se managers

Steve Hofmeyr se operasie suksesvol

Steve Hofmeyr het vanoggend (Dinsdag 5 Augustus 2008) ‘n opvolgopersie ondergaan as die finale fase van sy onlangse segmentele kolektomie. Vandag se operasie was om die spysverteringstelsel na normaal te herstel deur die kolostomie te verwyder en weer die dikderm te heg.

“Ek is tevrede dat ons met die operasie reggekry het wat ons beoog het. Steve se herstel en sy liggaam se reaksie op die ingryping is wat nou vir ons baie belangrik is. Dit is dus noodsaaklik dat ons hom vir die volgende paar dae mooi dophou,“ het sy doktor na afloop van die operasie gesê.

Steve is tans nog in die hoë-sorg eenheid van die hospitaal. Wanneer hy uit die hospitaal ontslaan word, beplan hy om vir die res van die maand by sy vakansiehuis te Pennington aan die Suidkus aan te sterk.

Steve sal vanaf volgende maand weer sy ABSA-Waarmakertoer hervat. Optredes wat reeds op sy kalender is, sal voortgaan soos beplan.

Die Hofmeyr-familie het ondersteuners en belangstellendes bedank vir hulle boodskappe en gebede.

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Die nuwe taakmag


Graag gee die bestaande lede van Watkykjy, die altemit Afreakanse website op die interwebs, 'n oopmondsoen aan die nuwe hand-picked manskappe om hulle welkom te heet. Sorry, die oopmondsoen is compulsary en sal nie langer as 5 sekondes duur nie. Die nuwe laities sal hulleself mettertyd voorstel aan julle Watkykertjies, so check maar uit vir hulle CV's binnekort.

Die nuwe outjies van WKJ in geen orde van importance of impotence is:

  • Swartstreep September
  • Ali Baba
  • K Lo Koekemoer
  • Die Ander Afrikaanse Nuus
  • Wors
  • en Meneer Doenbaar.

Maak julleself tuis hieso, moenie spuities maak nie en gedra julleself. Hetsy goed of sleg.

Groete,
Die Watkijkistan rulers.

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Wat gaan met al die Steves aan?


Steve Austin, die man van staal was about die enigste cool Steve wat ek van wat weet. Met sy Bionic eye en staal arms en 80s klere was hy nogal 'n fokken main superhero om te watch op Saterdae middae as jy voor die TV sit en visvingers en chips vreet. Totally awesome. Stonecold Steve Austin aan die ander kant, is deel van daai pathetic WWE superkak rofstoei wat party zefgatte so kwaai smaak. Wat 'n fokken loser.

Ons eie Steve Hofmaker kan nie sy zaber binne sy broek hou nie.

Check hieso byvoorbeeld:

Jurie Els, Steve Hofmeyr en Nadine stap oor ‘n brug. Nadine se voet gly en haar kop glip tussen die tralies in en sy kannie dit uitkry nie. Sy skree vir hulp en Steve vryf sy hande en dink “nou’s dit my kans!” Hy trek haar broek net daar af en raps haar. Toe hy klaar is sê hy “kom Jurie nou’s dit jou beurt!” Jurie begin toe snot en trane te huil. Steve tune hom "Wat is dit dan nou?" Jurie tune: "My kop gaan nie tussen daai tralies inpas nie!"

Steve Irwin aan die ander kant is sommer straight in hart ge-zaber deur een of ander plat vis. Bad fokken luck.

Dit bring my by Irvin Khosa. So ek noem hom ook sommer Steve, omdat Steve Irwin my laat dink het aan Irvin Kohza. Hierie bra Steve kan nie sy groot voet uit sy mond uit kry nie? Sien wat ek bedoel? Die een sukkel met iets in die broek en die ander een met iets in die mond.

Check hierie video hieronder waar Irvin die "nigger" woord gebruik. Dis darem in Engels en nie in Khoza nie.

PS: Channel O gebruik die "nigger" woord in hulle advertensie. Daar is niks daarmee verkeerd nie.

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Die Oom: 'Kom hieso jou seks speelding ..."

Nou moet julle self besluit wie die Zefste is:

Is dit hierie laitie:



Of is dit hierie oom:



Het jy dalk enige geld op enige van die twee se CDs spandeer? Is jy onnosel? Voel jy vuil?

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Things Fall Apart

Hierie boek is in 1958 deur Chinua Achebe geskryf en ons moes dit vir varsity doen. Dit het my vandag eers bygeval dat dit 'n moerse raak beskrywing is van Spuitieland.

Goed bliksem letterlik uitmekaar uit. Soos ons kar. Dis nie meer 'n Honda Civic nie. Dis nou een van daai rodeo bulle en ek fokken hoop ek maak dit tot by die huis vanaand.

Dit sal dalk ook help om like eenkeer in drie maande die ding se water te check...

Op 'n ander noot - een van die Franse tune my eergister: "I'm very sorry to hear about your crocodile." Ek het nie geweet waarvan hy praat nie, tot ek op News24 gesien het dat ou PW 'n duik in die emmer geskop het.

A song comes to mind: "Ek is 'n eensame krokodil. Die mense kyk vir my en gril..."

Geniet die naweek en maak hom met die hand groot.

Labels:

Afrigator