Watkykjy se 20 krismis tips. Stop jou krismis panthyhose vol.
Ons het hieso vir jou so top 20 lys met idees vir persente aanmekaar geslaan. Ek self moet so paar van hierie outjies koop en het so skuins duskant fokol zak, so maybe is ek daai naai by Menlyn met die AK47 hierie krismis. Godweet goed het duur geraak...
Jy kan feitlik enige fokken ding deesdae online koop. Tot jou fake kersfeesboom. Hierso is 'n lys van 'n so paar voorstelle as jy nie weet wat die fok jy gaan doen vir krismisboks nie:
Obviously het jy die volgende twee Watkykjy kerspersente nodig:
click oppie pic vir meer infoDie manne daar by GPS-Creative run op die oomblik 'n moerse special. Koop enige voice pack vir R149,95 (soos die Watkykjy voice pack) en kry Bruno the Bender en Franco Fontein se voie packs verniet. Ons het na die voice packs geluister toe ons daar was. Dis nogal cool.
En as jy nie 'n Garmin het nie, is hierie enetjie nie te bad nie:
Die Garmin Nuvi 205 - R1,349.95.
Nie te kak geprys vir 'n entry level outjie nie. Ek skiem dis die een wat ek gaan kry, want ek het so kak stuk Telefunken (al die 2de fokken een) wat ek by Makro gekoop het omdat ek 'n bliksemse cheapskate was. Hy reboot heeltyd asof ek in Hungary is. Fokken stupid stuk kak. Ek beter geld uitkak voor Dinsdag want ek ry Kaap toe.
click oppie pic vir meer infoJy ken die dril. Click op Tos en koop ons boek. R88.35. Dis fokken cheap vir 'n befokte persent. Gaan check op Ons boek se website vir meer info. Los hom in die kakhuis. Elke keer as iemand met die bruinbeer gaan stoei sal dit die maagpiere bietjie help om die outjies af te laai.

As jy klaar ons supermain boek "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" besit, is hierdie ene dalk 'n cool tweede opsie:
Jeremy Clarkson se "Driven To Distraction" vir R291.04. Dis 'n boek. Dis snaaks. Lees hom.
click oppie pic vir meer infoTop Gear: Back in The Fast Lane - R97.80
Dis moeilik om verkeerd te gaan met enige Top Gear DVD, veral as jy 'n kar junkie is of in Brakpan bly. Het mense in Brakpan DVD spelers, of rol hulle nog met BetaMax?
click oppie pic vir meer infoDistrict 9 op DVD - R129.95
Ons het julle anhoudend uitgekak omdat julle nie die movie gaan sien het nie. Dis nou op DVD. Ja, lekker - omdat jy nie wou luister destyds nie moet jy dit nou op jou 51cm TV kyk. Kry vir jou. Of as jy regitg te fokken cheap is, print griff se interview met Sharlto Copley uit op pink papier en spray dit met Ego of Mum.) Very fancy en tuisgemaak. Dis die gedagte wat tel.
click oppie pic vir meer infoSony DCR-SR47 R3,999.00
Hulle het cheaper models ook, maar hierie is die beste waarde vir geld. Jy kan hom by Makro ook koop vir dieselfde prys - as jy like van parking soek, roadrage en krimpies se trollies in jou kuite.
Ek gaan self hierie outjie kry omdat my tweede Sony HC21e iewers in die Alexandra gedeelte van Sandton vakansie hou. Die eerste een hou vakansie in Nigeria met my $1200. Nice. Fokken nice! O ja, ons gaan die nuwe een gebruik om iewers in die nuwe jaar vir julle lekker Joost sex tapes te maak. Like 'n hele fokken reeks. Maar ons wil nie te veel weggee nou nie. Julle sal dit kokkenondge. Dit gaan befok wees.
click oppie pic vir meer infoVirrie kinders: Meccano Tuning R/c Sound System Car - R1068.95
Raait, hierie is wat ek gaan voorstel vir die kids, want as jy hierie outjie (of enige ander Meccano) koop, dan het jy basically vir jouself iets gekoop om mee te speel. As jy nie jou eie kids het nie, koop sommer vir jouself in elk geval een. As jy wonder oor persente vir familie se kinders (nie jou eie nie), koop vir hulle cheap kites of iets anders dodgy (soos chockolate slabs) en spandeer zak op jouself.
click oppie pic vir meer infoSelfone vir kids en krimpies - R469.95
OK, fine hier is nog een vir die kinders. 'n Basic selfoon. Kids kry deesdae selfone. Bid jou aan. Jy kan net sowel 'n cheap-ass stuk kak koop wat hulle in elk geval gaan wegpoes. Maybe kan jy dit vir jouself koop, as jy 'n baard dra. Mense met baarde bitch altyd dat selfone net gebruik moet word om te bel en niks anders nie. Hieso oupa, hier is 'n stuk kak waarmee jy kan bel. Is jy jy nou happy? Nee, oupa, hy gee nie kanker nie.
click oppie pic vir meer infoTunes:
OK, so daar is nog mense daar buite wat actually vir musiek betaal. Die res van ons steel dit van die interwebs af en rip dit stukkend. Hier is so paar voorstelle vir mense (mens-mense) wat nog eerbaar is en vir musiek betaal:
702 se solid gold. 'n Lekker double CD met kief tunes op waarop jy kan pomp of draties kap. - R136.76
click oppie pic vir meer infoVan Coke Cartel se "Skop, skiet en donner" album.
Weereens, moenie shops toe fok nie. Koop hom online. Jy download hom onetime. Hy is op jou PC. Jy sal nog besig wees om 'n brannas te skink, dan is die outjie klaar op jou laptop, of op jou Mac as jy een van daai neus-in-die-lug naaiers is. (Soos die Wedding DJ's)

click oppie pic vir meer info
Tagz Scrolling Message LED Badge R189.00
Hang hom om jou nek en program whatever jy op die display soek. Chicks sal dit like want nou kan hulle na werfetters sa manboobs (of moobs, as jy wil) staar. Jy gaan dalk net 'n PK kry as jy iets opsit soos "Wat ruik roos poes?" of "Lees hier as jy wil naai". Die besluit oor wat om te program is ultimately joune.
'n Three piece cocktail kit R699.00
Maak of jy larney is. Gooi coktails soos Tom Cruize. Hou verby met die Rohepnol. Sies man, mens werk nie so nie!
Shaving kits - begin by R299.00
Van brushes to cut-throat razors. Kan handig inkom as jy tjoekie toe met gaan en iemand wil jou roofnaai as jy die seep moet optel. Hulle het ook oulike borseltjies en stuff, jy weet, vir as jy jou toggos smooth wil maak vir daai new year's party in Hartenbos. Chicks like nie van bos nie. Veral nie in Hartenbos nie.
'n Solar charger R1,199.00
As daar 'n Verimark advertensie vir hierdie outjie moes wees sou hy min of meer so afgeloop het: "Man, Karike, hierie outjie fokken charge enige iets. Bring my daai hond dan wys ek vir jou. Al wat jy nodig het is die son. Well, what do you know. Ons bly in Suid-Afrika. Ons het poesbaie son! Dis nou as Eksom dit nie aan Zim verkoop nie..."
'n Glow brick? R380.00
Jirre dit voel of ek by die Vaal skou is in Vereeniging. Hy werk ook met son. As ek zak het sal ek so outjie kry, al is dit net om in iemand se gat op te druk vir die fun. Waar is daai man van Telkom?
'n USB Mikroskoop R1,399.00
Speel lekker CSI by die huis. Ek vat 'n shot in die dark hieso, maar ek is bereid om R20 te wed dat 90% van mans wat 'n mikroskoop besit heel eerste na hulle eie manbotter kyk. Hoe lykit, swem jou soldaatjies nog? YeeeaaaaaAAA!!!!
Monkey Spanker R348.00
Vir die outjies wat kersfees alleen by die huis gaan sit en huil. Ten minste het jy nog jou apie. Slat hom, pappie!
Clone jou eie zaber R620.00
Die option hierso is heeltemal te veel en heeltemal te veel creepy. Van kerse tot seep en skommelstokke vir jou goose. Clone hom faktap! Los dit vir haar by die huis op die bedkassie en gaan speel darts. Sy sal jou nie mis nie. Soek solank 'n nuwe goose.
Holy toast! R72.00
Moeg vir boring toast? Kry moeder Maria op 'n broodtjie. Meer heilsaam as dit kan jy nie kry nie.
As jy opeinding met iets Corki soos kouse of 'n Pep Stores toeknoop hempie, moenie huilerig raak nie. Jy kry darem 'n belated krismisbox by Watkykjy ook in die vorm van 'n superslick befokte heavy next level Watkykjy website. Dit was kakduur gewees maar die moeite werd. Hy gaan 1 Januarie live en jy gaan 'n lekker boner kry as jy hom sien. Anja Slaptiet is besig om haar tiete nog slapper te werk in die agtergrond. Heavy details en shit. Julle sal sien.
Labels: krismis, Snotstories







Maar OK, met die kompas afgeskroef kom jy by die 



By 





























































