Jy is waterkoppie nommer sedert 1 Maart 2008. Kap 'n dratie.

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Malema op Laugh It Off

Laugh It Off het vanoggend 'n ge-shopte kiekie op hulle blog gegooi en heavy krappe gekry daaroor. Hulle moes dit blykbaar afhaal.

Julle weet natuurlik as mens eers 'n outjie oppie intwerwebz gooi dat hy vir ewig sal rond travel.

Ons het die pic opgespoor van die Saartjie-Baardman-Hermaphrodite-Malema vibe wat hulle gegooi het.

hieso is die link

Labels: ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Hoeveel betaal jou graft vir jou bruin beertjies?

Al ooit gewonder hoeveel van jou company se geld jy sit en uitkak op die vortex? Een of ander bra met te veel tyd op sy hande het 'n calculator gaan staan en bou sodat jy nie verder hoef te wonder nie.

Gaan maak 'n draai by Workpoop en kyk wat jou kak werd is. Sit sommer ekstra tyd by vir al die kere wat jy om die hoek of in die parking lot staan en zane klap.

Labels: , ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Freak jou pip uit: The Berlin Reunion

Asof die Franse en Duitsers nie op eie hulle weird genoeg is nie, het hulle efforts combine om total weirdness weirder te maak. Freak jou fokken pip uit:



"Earlier this week, 1.5 million people filled the streets of Berlin, Germany to watch a several-day performance by France's Royal de Luxe street theatre company titled "The Berlin Reunion". Part of the celebrations of the 20th anniversary of the fall of the Berlin Wall, the Reunion show featured two massive marionettes, the Big Giant, a deep-sea diver, and his niece, the Little Giantess. The storyline of the performance has the two separated by a wall, thrown up by "land and sea monsters". The Big Giant has just returned from a long and difficult - but successful - expedition to destroy the wall, and now the two are walking the streets of Berlin, seeking each other after many years apart."

Hieso is die link. Vat jou tyd en gaan deur die hele ding. Dis nogal befok.

Labels: , , , ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Steek lyf weg by jou graft. 90's style.

Moenie worry oor al die langnaweke wat verby is nie. Jy kan nog altyd kromrug trek by die werk hier van Donderdag se kant af en ons het net die regte kak om jou mee besig te hou.

Onthou jou al daai ou faktap quest games soos Leisrue Suit Larry, Police Quest en Space Quest? Jy moes sulke commands vir die karakters intik soos "examine room" of "open door". Jy het ook natuurlik jou luck probeer met opdragte vir ou Larry byvoorbeeld soos "fuck whore" waarop jou die game op jou kak 286 (of twee floppiedraaif system) jou tune: "Watch it, Larry. You're going to get your face slapped!"


Julle kry die idee, so sonder om verder nostalgies te raak en draties te kap oor die verlede, klim sommer in ons time machine en skiet uit soos masels straight terug late 80's en vroeg 90's toe. Jy kan al hierdie kak sommer straight op die internet speel. Moenie ons 'n kopkou gee nie. Bedank sommer hierdie ou wat die shit opgespoor het.

Click op die games hieronder om online te speel:

King's Quest
Leisure Suit Larry
Police Quest
Space Quest
Space Quest 2
The Black Cauldron

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Afrikaans op TV

Ek doen gewoonlik nie sulke kak nie, maar 'n tjommie het my gevra om asseblief haar website hier te gooi. Hulle doen navorsing oor al julle marabse wat like van Afrikaanse soapies en allerhande sulke tiep van vibes.

As jy blangstel, gaan kap 'n draai by Afrikaans Op TV, sign op en help die chicks met hulle huiswerk.

Vanaf hulle website:

Hierdie webtuiste bied ’n forum vir mense wat belangstel in Afrikaanse televisie en televisie in Suid-Afrika. Hier kan jy lees oor gewilde Afrikaanse dramas en sepies op Suid-Afrikaanse televisie, jou opinie lug oor hierdie programme en deelneem aan prettige meningspeilings oor die impak van hierdie programmme op ons lewens en mense se persepsies oor Afrikaanssprekende gemeenskappe in Suid-Afrika. As jy ’n sepie-aanhanger of ’n liefhebber van Afrikaanse dramas is, besorg is oor die kwaliteit en hoeveelheid Afrikaanse programme op die openbare uitsaaier of iemand is wat nuuskierig is oor hoe Suid-Afrikaanse televisie inmekaarsit, is hierdie webwerf vir jou.

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Maak pannekoek soos 'n crackhead druggie

Sukkel jy dalk om daai crack apie van jou rug af te kry?

Maak eerder pannekoeke crakhead-style om die aandag van die draks af te vat. Dit gaan dalk net 'n rukkie vat om die gesin se brekfis aanmekaar te slaan:


Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Guidos - die gopsgawie marabse


Ek het 'n pel met die naam van Guido en hy is glad nie 'n kak mens nie, alhoewel sy naam 'n bietjie weird is.

Hier is 'n collection van Guido's wat glad nie lekker is nie. Sulke bruin marabse. Hulle kan net sowel van V-Town af kom. Trust my, ek het hulle al daar gesien en die van is gewoonlik iets soos Meintjies. Dit laat my nou dink aan Meintjies Manor - klomp sulke V-town Meintjies gesinne wat saam in 'n huis bly en heeltyd by die vensters uitloer om te kyk wanneer die Albany trokkie verbykom. Hulle kan daai trok al ruik as hy die R24 slaan.

Behalwe om hulle marabse te noem, wat anders kan mens hierdie gopsgawies noem?

Click hieso om die hele versameling te kry. Moet net nie in jou mond opgooi dat dit by jou neus uitspuit nie.

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

As iemand weer kak sinnelose mail stuur...

Anwoord hom of haar met ietsie van Your Argument Is Invalid

Fok weet, ek kry baie kak e-mail van onnosele konte.

Geen verduideliking is nodig nie. Reply net met 'n prentjie. 'n Voorbeeld:

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Julle het 'n huiswerk opdrag

Raait, dis hoe dit werk. Gaan na Yearbook Yourself toe en maak vir ons oulike prentjies. Hellboy het vinnig 2 botch jobs gedoen met oorle Groot Krokkodil. Ek is seker julle kan beter doen. Zuma, Malema, Winnie, Ryk Neethling. Whatever jy wil. Stuur na griffin[at]watkjykjy[dot]co[dot]za laat ons koekeloer en punte gee.


Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Amy Winehouse


Voorspel wanneer Amy Winhouse haarself gaan dood drug en
Jy kan 'n Ipod wen

Swak ja, maar hey, 'n Ipod is 'n Ipod.

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Taxis in die geel baan

Meeste van julle druk seker ook maar lang spykers in uie en aartappels en gooi dit in die geel baan voor die irriterende taxis wat fokol voel vir padreëls en dink dat die emergency baan aan hulle behoort.

Jy kan nou 0861 400 800 bel en bitch oor doos bestuurders en hulle details virrie mense tune. Of maak 'n draai by Arrive Alive of Bad Driving se websaits.

Genoeg is genoeg, my fok!

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Ja? Skiem jy kan??

Vir die van julle wat soos ek op my gat sit en fokkol beter het om te doen, of as jy voel jy wil jouself en almal in die cubical-kantoor om jou, nou regtig de moer in maak...

Kliek hier en kyk hoe lank kan jy uithou!

Trust me, ek kon nie langer as 7 sekondes uithou nie, en ek is seker daar sal iemand in jou kantoor wees wat jou gaan wil moer as jy dit vir langer as 7 sekondes aan los.

Mail jou screen shot vir bra Griffin as jy skiem jy is 'n ou wennertjie of as jy like van jouself pynig.

Geen gekroek nie ne!! Die sound moet kak hard wees!


Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Die Neeter Weet Beter

Die Neeter, of Skipper Glen vir die garde wat uitmaak van WKJ van die before time af, het 'n nuwe site.

Min (of eerder geen) van julle is daarvan bewus dat Skipper Glen intussen 'n baie beroemde fotograaf van wêreldgehalte geword het. Baie jare se swot later en hy doen nou professionele fotografie in Londen - sy nuwe blyplek. Hy het nie regtig 'n spesifieke horing vir byvoorbeeld argitektuur nie, maar slaag nogal daarin om kak Pommie geboue mooi te laat lyk.

Skiet uit na sy fotografieblog toe

Jy kan ook jou eie werk submit vir bietjie konstruktiewe kritiek. Die Neeter weet inderdaad beter.

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Die Botha's - SNVL, ROFL, OMFG

OK, ek sit actually al 'n week op hierdie zef link en broei, maar huil myself aan die slaap elke aand. Dis regtig te erg vir my. Na so bietjie berading van Angola Badprop het ek helaas besluit om hierdie stukkie skandelike kultuur met julle te deel. Dis soos om met vakansie te gaan in jou brein waar jy al die lelike goed wegbêre wat jou so seer maak. Kyk veral uit vir die spogmotors, die beeldskone half-naak foto's, die disco en die voyer 1970's foto's van Sandy Bay wat skelmpies van agter 'n boom afgeneem is met wat ek vermoed 'n redelike fokken groot lens moes gewees het.

Ek het julle gewaarsku né? Click HIESO as jy skiem jy kan die slapelose nagte hanteer.

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Watkykjy gee vir Vernon 'n huis

Omdat ons sulke moerse goeie harte het, het ons vir Vernon Koekemoer 'n huis gegee. Mens kan nie vir ewig op Watkykjy se stoep slaap nie.

As julle lus voel om by Vernon 'n draai te gooi kan julle een van die volgende paai ry om by sy huis in Kempton uit te kom:

www.vernon.co.za
www.vernonkoekemoer.co.za
www.ramboguy.co.za

Ons skiem die bra sal dit moerse waardeer. Net nie te hard klop nie. Hy kan partykeer moerig raak.

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Mister Elly se Thai Holiday

El en Baz het so bietjie in Thailand gaan vakansie hou en hy het 'n blog oor die hele storie gedoen. Dis 'n work in progress, maar vir die wat in Thailand belangstel, gaan maak gerus 'n draai by hierie sait.

Lekker foto's en stories en so aan...

Ek fokof volgende week SA toe vir my Kaap holiday. Dank vader, ek het 'n break nodig van al die kuier hieso.

Labels:

Afrigator