Jy is waterkoppie nommer sedert 1 Maart 2008. Kap 'n dratie.

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

'n Kaal koen vir krismis

'n Kaal koen vir krismis

Hos my blare, ons pluk so bietjie Martha Steward vandag. Krismis is oppad en dis weer tyd vir kak persente kry, saam met ongewenste familie uithang, (vir die gooses and party laities) half oopmond soene kry by besnorde ooms in kerkklere en dies meer. As jy een van daai ongelukkige werfetters is wat nooit 'n zef krismis kan dodge nie, het ons vir jou so effens van 'n comic relief.

Meeste mense maak gewoonlik 'n kalkoen of 'n hoender gaar vir kerfees en ek neem aan dat die kalkoen meeste van die tyd drie grade Suid van 'n gigantiese fokop is. Nie meer nie. Volg hierdie baie maklike instruksies op jou kalkoen op te zef:

1. Baste jou kalkoen met jou favourite sous. Dis tien teen een Spur sous.
2. Sny vormpies in tin foil uit soos byvoorbeeld 'n bikini top en bottom en sit dit oor die kalkoen
3. Gebruik jou gewone resep, of dit nou werk en of dit nou uitfok. Dit maak nie saak nie. Grill jou kalkoen. Jy sal check dan jou kalkoen 'n mooi bikini tan kry
4. Sit die kalkoen in 'n lekker oopketel posisie op 'n bord, of as jy meer avontuurlustig is, 'n mini handoek. Maak sommer ook 'n sambreeltjie op en set die scene dat dit soos 'n beach lyk. Lekker Boksburg by the sea, ek sê.
5. Print 'n geliefde se gesig uit en steek dit met tandestokkies vas aan die bokant van die kalkoen.
6. Jy het nou 'n kaal koen. Dit lyk freaky.
7. Jy gaan of jou familie uitfreak (veral die ouer mense) of jy gaan hulle nuwe familieheld wees en jou nefie kroon as die nuwe swartskaap.

Even as die outjie nie lekker proe nie, kan jy hom op die tafel sit as deel van die window dressing. Dan kan hy check hoe julle die slaai, die brood en die geblikte mielies tand.

Onthou, om dit suksesvol te verklaar raai ons aan dat jy die scene baie noukeurig opstel, soos byvoorbeeld die beach tema. Wees verbeeldingryk met jou temas. Jy kan ook gaan vir S&M, maar dan gaan jy meer as een kaal koen moet maak en die goed is nie cheap nie.

As voorbeeld het ons die tema van gender issues en politiek gekies. Wees aktueel. Kies tema's uit die local nuus uit. Ons het byvoorbeeld hierso een gemaak met Julius Malema. 'n Hermaphrodite kaal koen.

Is dit nie pragtig nie:



Fok, ek sien nou eers - ons het vergeet om 'n vienna onder in te druk vir flavour. Jy kan ook bacon, 'n bier of 'n ui gebruik. Sepedi woordeboeke werk nie, jou stupid. Sepedi woordeboeke het fokol flavouring.

Labels: , , ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

En die (on)gelukkige kopkou wenner is ...

Hello,

Wil maar net laat weet dat ek die on/gelukkige ou is wat die kopkou gewen het, maar het nog nie my prys gekry nie, ek sal maar vanaand by ridgeback gaan dronk en kyk of ek lucky raak.

Respect vir julle site en die werk wat julle verrig elke dag om 'n smile op my gesig te sit.

Awe,
nel6t9

Labels: ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Like jy soos in heavy baie van karre?

Dis vir my nogal funny hoe sommige marabse na hulle karre verwys as Porche eaters, BMW eaters of GTi naaiers. Seriously, dan ry hy 'n 1982 Nissan 1400 bakkie met 'n 1991 Audi Quattro 4.2 liter warmgemaakte engine met 'n freeflow kazos of fuck knows wat jy nog kan vas sweis in 'n a-frame op die ding se bonnet met jou krismis bonus en oupa se pensioen wat jy so mooi vir hom "op pas".

Nietemin het ek hierdie "advertensie" van 'n Opel OPC nogal geniet wat iemand vir my gestuur het. Click op die blou lyntjie in die vorige sin om na dit te luister as jy toevallig vir die eerste keer op die interwebs is en kom soek het vir 'n Ford XR-3 se manual en per ongeluk hier uitgekom het. As alle advertensies maar net so reguit kon wees. Ek sal maar intussen settle vir 'n sticker op my bumper wat tune "My kar oopmondholmuf enige iets".



Labels: ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Lekker zars met SARS

More-more!

Hoop julle outjies is lekker zars met SARS en jy't jou e-filing gedoen. Onthou, vandag is die cut-off. Na vandag is die SARS-polisie op jou arm ass as jy nie ge-file. Hulle gaan jou heavy kaarte skiet.

Wil jy weet waantoe jou tax gaan?

Click hieso om te check waarvoor jy alles betaal. Maar check eerder op Maandag. Ons wil nie jou naweek opfok nie. Hulle update gereeld. Ek neem aan dis omdat geld so gereeld deur veelvuldige holle getrek word.

Ek like nogal die R5mil vir die website expenditure. Watkykjy se nuwe upgrade wat stilletjies in die background besig is om te gebeur is amper net so duur. Jirre, met daai tiep van zak koop ek vir Julias Malema 'n fully-furnished log-cabin en 10 volwasse, wilde ysbere as pets in Antarktika.

Labels: ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Word deur die ore genaai

Bra Sergio, my Porra connection het vir my hierie skokkende, stomende pot kak ingestuur. Wie val vir hierdie shit, seriously outjies? Die palm reader self kan nie eers behoorlik spel nie, maar hy bied oplossings aan vir leerprobleme. Sy "kantoor" is in 'n kak deel van Snor City, tog bied hy 'n oplossing vir finansiële gwein aan. Hoekom wil hy mense naai vir geld as hy self weet hoe om die lotto te wen? Hy gee raad oor hoe om vyande te verslaan maar terwyl hy besig met een van sy sessions loop Julius Malema rond en praat slapkak. The mind boggels. Actually, the mind buckles. No comprende! No intiende! Ek fokken maak nie uit nie!

Kom ons kyk na so paar van die ou se solutions:

* To be liked at work.
Kyk ou pellie, as jy vir hierdie rede 'n palm reader moet sien, is dit geen wonder almal by die werk verpes jou nie. My opinie - bly by die huis. Claim UIF. Don't breed.

* Bekommernisse oor hofsake.
Jy: "Hi, ek is bekommerd oor hofsake in die toekoms."
Dokter Geldsteler: "Hieso. Rook hierie kak. Moenie worry nie."

* Gemeenskak met 'n volle.
What the effing fuck? Gemeenskak? Met 'n volle? Jirre. Is dit nou soos om like met 'n vol maag op iemand se bors te kak en 'n horing te kry. Ek wil nie verder hieroor praat nie en jy mag nie verder hieroor dink nie. NEE! Hou op! Nou!

* ongelukkigheid.
Jy: "Ek is fokken ongelukkig"
Dokter Geldsteler: "Het jy 200 skille op jou?"
Jy: "Ja" (oorhandig dit)
Dokter Geldsteler: "Hieso. Rook hierie kak." (sit Don't Worry Be Happy aan)

* Verwagtingsprobleme.
Moenie verwagtingsprobleme hê nie. Stel laer doelwitte vir jouself. As dit klaar te laag is, rook jy tien teen een al klaar lank genoeg bergbiesies.

* Spoke en emone in wonings.
OK, weet spoke bestaan nie, maar ek is nou baie bekommerd oor die emone. Daai ouens rape jou deur die ore in jou slaap en sit jou brein op tap deur jou boude. Dan vlieg hulle so met oranje hangliders rond en drop jou by verlate sportsgronde sodat jy moet huistoe loop en jy het nie geld aan jou of eers jou huis se sleutels of jou selfoon nie. So hoor ek maar, jy weet.

* Rook en drink probleme, om te presteer op skool en dobbelary.
Ek vat hierdie drie sommer saam, want soos jyself weet, lei 'n kombinasie van enige van die drie tot swak prestasie op skool. As jy op skool is en reeds suffer van hierdie kak kan jy jou naaste... actually, fok dit. Bel die ou op die flyer. Vat sy raad. Jy verdien dit.

* Gehoerery.
Dit kan moontlik die volgende outjie op die lys naamlik seerkeel tot gevolg hê. Moontlik ook lei tot gonorrhea en sifils, maar ek is nie seker nie. Mens weet nooit regtig met seksuele oordraagbare siektes nie. Dis so tegnies en gekompliseerd. Ek meen, effies? Hoe werk die blerrie goed? Net slim mense maak uit van. Aan die ander kant, as jou probleem 'n gehoerery van kataklismiese aard is wat 24/7 voor jou voordeur plaasvind en jou verhoed om werk toe te gaan, bel die polisie. They sort of know what to do. Even as hulle self 'n kopkou score by die hoere is dit half the battle won. Ten minste sal die pote die hoere van jou stoep af lok.

* Lyf en liggaamspyne.
Prys sy naam! Gelukkig het jy 'n lyf EN 'n liggaam. As jou lyf seer is, trek hom uit en trek jou liggaam aan. Laat jou lyf rus vir 8 ure lank. En vice versa. Week gereeld in melk.

Labels: , , , , ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Watkykjy se zef dating service. Sies.

Imagine Watkykjy het 'n online dating service begin? Dit sou 'n fokken earth-shattering gemors gewees het. Ons eerste kandidate sou miskien so daarna uitgesien het:

Jannie Jammerbal. Ventersdorp.

"Ek versamel graag uitruilblaaie, dooie vlinders en koeldrankproppies. Ek kom nie juis baie uit die huis uit nie. My gunsteling kleure is Mxit-stalker roespienk en blaasinfeksie geel of 'n kombinasie van die twee. Ek sou hierdie jaar graad 11 deur die pos klaargemaak het, maar ons het lanklaas winkels toe gegaan en pos uitgehaal. Daar het gister 'n skilpad voor ons huis verbygeloop. LOL. My gunsteling program is Glitterati want ek hou van hulle omdat hulle mag wyn drink op TV en skinder van mense wat ek nog nooit van gehoor het nie. Ek aspireer om self eendag die program aan te bied. Ventersdorp is baie aangenaam vandat die oom met die perd hier weg is. Hy pla ons jong mense nie meer nie, maar daar is rumours dat hy oppad terug is. Skryf gerus vir my briewe op uitruilblaaie. Ek stel belang in enige kontak. Jy kan my sommer ook 'n missed call gee op die landlyn. Of weet jy wat? Jy kan lig by ons voorhuis laat inskyn met 'n klein make-up mirror. Dit laat my spesiaal voel. Kyk net asseblief dat my ma se Opel Astra nie in die oprit staan nie. Dankie. Jannie."



Janus Broekjagter. Klerksdorp.

"Kyk, laat ek nou nie fokken broekies omdraai nie. Ek is fokken gewild. Mense fokken dig my nou maar net onetime. My beste feature is dat my snor 100% EK is en terselfde tyd detachable is. Ons kan 'n paar doppe kap op my beermat. Dit sal sal nie lank wees voor jou kniegies lam is nie. Ek het nou maar net van nature daardie uitwerking. Ook probably omdat ek jou doggiestyle sal kap. Op die beermat nou natuurlik. Ek het die beer se ore laat reinforce sodat jy 'n lekker grip het. Dis soos bicycle ry, my ou. Hou vas, ons gaan gears change! My stokperdjies sluit onder andere in: legkaart bou (van kaalgatte), Absynthe milkshakes maak, strip poker speel, enjins tune en bokdrol spoeg. Ek is ook handig met elektriese toestelle en kan basically 'n vibrator uit fokken enige iets bou, so moenie sommer jou hek se remote control of jou pepper spray enige plek neersit naby my nie (nudge-nudge, wink-wink). Dames tussen 45 en 65 kan briewe in my posbus los of onder deur my voordeur skuif. Dieselfde gaan vir mans van 18 - 19 jaar oud wat my met die snor aan soek. HAHA! Klerksdorp is 'n fokken lekker plek man! Dis lekker! Kom check my teleskoop uit, dan zoom ons hom in en uit. HAHA!"




Wees bly ons begin nie so iets nie. Daar is heavy fokken scary mense daarbuite. Check julle later. Ek moet my beermat gaan roskam.

Labels: , , , ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Pap en Wors

Seriously mense, die pap en wors ding. Nee. Dis die hele interweb vol - al vir 'n baie lang ruk. Dis op elke tweede websait. Moenie meer instuur nie, want ek gaan deur my broek kak, nie in hom nie.

Dis nie soseer die foto self wat my pla nie. Dis OK, mens kap net ignore maar my liebe jirretjie - dat mense kak in die e-mail kwytraak soos: "OK, regtig, nou het ek al alles gesien!" (dikwels gevolg deur 'n LOL).

Seriously? Het jy nou al alles gesien? Is dit hoe sad mense kan wees? Was die pap en wors ding like die hoogtepunt van humor ooit sover in jou lewe? Fokkit, ou. Dan het jy serious probleme. Wat gaan gebeur as jy by Pick 'n Pay inloop en ewe skielik die komwors-effie sien as jy dit nog nie op die internet ge-kokkenodge het nie? Jy gaan hardop skree: "Haai nee jirre, nou het ek al ALLES gesien!!" Dan gan jy hardop begin lag en snork as jy probeer asem skep deur die hees gelaggery. Met elke rukbeweging van jou maag en trane in jou ogies gaan die pis so bietjies-bietjies by jou blaas uitskiet en teen jou been afloop terwyl jy op die grond rondol en stuipe kry en eventually aan 'n hartaanval beswyk.

Genadiglik sal jy doodgaan met 'n glimlag op jou bakkies, want gelukkig vir jou het jy darem nou al alles gesien wat jy wou.

Moet net nie met een van hierdie goed in jou smoel vrek nie, want dan gaan iemand anders 'n foto neem en vir die hele internet stuur: "Fok, nou het ek al alles gesien! LOL."

Labels: , , , , ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Vir die fucktards daar buite ....

'n Klein grammar lessie deur Grammar Nazi. Please fucking get it.

En gaan lees dan sommer ook op oor "there" , "their" en "they're" julle fokken stupid standerd 1 laergraad Engels kakkerts.

Partykeer wonder ek hoe sommige mense dit nog regkry om asem te haal. Dit moet donners fokken baie inpspanning wees.

Labels: , , ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Afrikaanse Woordeboek vir Word

Na aanleiding van bra Frans se post 'n entjie verder af met die page (hy suig blykbaar donkiepiel met are op as dit kom by spelling), het Penvriend Slyt vir ons 'n Afrikaanse woordeboek aangestuur.

Ek haal graag sy e-mail aan:

Vir MS WORD. You can make sentences and shit, yo.

Afrikaans.zip
(right click en "save as". Maak oop met WinZip of iets. Figure die res self uit.)


Labels: , ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Swine-flu 2010 World Cup Extravaganza is oor presies 'n jaar.

Oraait, kykie:

Jy kan dit miskien nie mooi op die prentjie sien nie, so kom ons tune jou die colours.

Blou - Is orals in op die aarbol waar daar confirmed gevalle vir varkgriep is.
Maroen / kakkerige rooi kleurblind kleur - Is waar mense dood is aan varkgriep.
Geel - Is die lande wat almal pre-cautions gevat het vir varkgriep. Australia se stats is bietjie agter die tyd, want mense steek klaar lepels in dakke weg en skop emmers faktap.

Checkabiekie hoe gelukkig ons in SA is. Ons het fokol swine-flu en ook sommer fokol worries oor swine-flu. Ons het nie precautions nodig nie, net 'n resep vir 'n disaster. Check vir buurman Suid-Amerika daaso aan die linkerkant. Ook fokol worries of varkgriep. Jirre dis romatnies. Kom ons naai hulle.

Moenie worry nie, Suid-Amerika ons sort julle uit, one-time. Hoe doen ons dit? Hmmm, laat ons bietjie dink... Julle smaak sokker stukkend, right? Piele. Check, ons gooi volgende jaar 'n vet sokker party en die hele aarde is welkom. Al julle geel, maroen en blou dele. Veral daar in Europa met julle Manchster en Liverpool en Eurostar leagues of whatever die fok dit is. Ons like kleur fokken kwaai. Kom speel almal sokker by ons huis met al julle kleure, dan maak ons moerse rainbow colours hieso. Ons mix alles op. Lekker international Rainbow Nation of swine-flu. Dan stuur ons Suid-Amerika se sokkerfokkers terug laat hulle ook bietjie kan Velvaglo en bos gaan met die kleur daso. Moenie worry nie, die Gautrein sal ook reg wees en daai outjie gaan tight wees op rails. En airtight.

Dis presies 'n jaar voor die world cup begin. Kom ons check oor 399 dae hoe daai map dan lyk.

Tick... tick... tick... Hou die counter dop op die regterkant.

Tick... tick... tic ...

SA sal aan 'n plan dink ...

Tick.. tick... tick...

'n Dag voor die World Cup...

Tick... tick... tick ...

Labels: ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Hierdie band is seriously kak

Daar was hierdie band. In 1969. Genuine.

Vanaf Wikipedia.org:

Kak is the only album by psychedelic group Kak, released in 1969 on Epic Records. In 1999 it was released again under Big Beat UK with 11 additional tracks (under the title Kak-Ola). Members of KAK were: Gary Yoder, guitar and lead vocals; Dehner Patten, lead guitar, bg vocals, and lead vocal on Electric Sailor; Joseph Damrell, bass, bg vocals, sitar & tambourine; Christopher Lockheed, drums, bg vocals, organ; Gary Grelecki co-wrote several tracks with Yoder. The album was recorded at Columbia Studios in Hollywood, CA. The album was bootlegged many times in Eastern Europe and bootleg vinyls are still on the market (recognizable by the faded imprint of the words "PROMOTIONAL COPY" on the album cover and the generally poor sound quality. A high-end lp--with bootleg cover--has also been marketed. Sound quality on this version is somewhat better).




(thanks, Angola Badprop)

Labels: , ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Naasfees met Paas Botha

Soos die tradisie hier in Watkijkistan is elke jaar, wil ons julle byvoorbaat 'n
baie voorspoedige Naasfees toewens. Onthou om nie dronk te bestuur, rond te fok of vrot eiers te vreet nie. Moenie 5 uur opstaan om Margate toe te ry nie Die hele Vereeniging doen dit altyd en ons vermoed USCO en Vereeniging Refractories het vet bonusse uitbetaal oor Krismis. Dit gaan ook goed met die nuwe Virgin Acitve employees se komisie omdat almal heeltyd ysters pomp om mekaar te poes in Voortrekkerstraat na 'n dice op die Sabat.

Hier is vir julle so paar shots van Paas Botha om julle in die mood te kry:


En hierso is 'n ou paaseiertjie for de ladez. Ons dink dit kom actually van 'n
paashaas in 'n suit af:

Labels:

Fok jou, Meneer Doenbaar!

Hoe om 'n goeie hangover te bou op 'n skool aand.

Dinge het min of meer so verloop:

Kry 'n SMS van Meneer Doenbaar af:

MD: What's for dinner?
griff: Are you on fucking Tik or just in my area?
MD: Area
griff: roast
MD: You gonna hate me tomorrow. I bought brannas.

As gevolg van daai kort SMS'e voel dit asof ek tik gevat het en ek ruik soos Lindsay Lohan se onderbroek. Maar nie in die cool kinky lesbian tipe manier nie.

PS: As jy ooit in hierdie situasie is, moenie water probeer drink van die werk se tuin se irrigation system af nie. Dit lyk fokken kak as mense verby jou loop oppad na 'n boardroom meeting toe. Jy weet, daai meeting waar jou ook veronderstel is om te wees. Daai een waar jy laat inkom met water oor die middel van jou fancy hemp wat net-net uithang oor jou oop zip. Meneer Doenbaar, fok jou1! Pik swart.

Jirre laat hierdie beker verby my gaan seblief ...

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Die 2009 SA Blog Awards wrap-up

Nadat Chopper Charlie dik gewyn geraak het by die 2009 Blog Awards in Kaapstad, Watkykjy se pryse gaan haal het en kak kwytgeraak het oor Bles Bridges, Vereeniging en dies meer in sy kort ge-slurde speech, kokkenondge ons so bietjie die wenners en runners-up. Wel, soortvan - ons kyk na van die ander wenners en runners up wie se websites die moeite werd is om langer as 'n minuut op te mors in jou lunch tyd.

Van die wenners:

www.watkykjy.co.za - obviously. Ons fokken rule.
www.2oceansvibe.com - hierie bra het nie rondgefok nie en sommer 6 awards geklap. Once.
www.sarocks.co.za - beste group blog.
baglett.blogspot.com - 'n chick met issues.
www.cooksister.com - vir die ouens wat kos en wyn smaak.

Van die runners up:

www.10and5.com - tjommies van Watkykjy
mushypeasontoast.blogspot.com - nogge chick wat tantrums gooi
www.ramboguy.co.za - Vernon Koekemoer se interwebz
www.oppikoppi.co.za - Beste music blog en ook die beste music festivals by verre elke jaar
www.speakerbox.co.za - cool plek vir music video, soos byvoorbeeld Watkykjy se band, Die Antwoord.
www.coda.co.za - hierie bra is al jarre op die internet
www.hayibo.com - faktap SA nuus, The Onion tiep van vibe
fokkendoos.blogspot.com - obviously is hierdie 'n fokken cool site om te besoek. Blaas stoom af.

All in all het Watkykjy nie te kakkerig gedoen nie. Ons is genominate in iets soos 4 of 5 categories en het weggestap met "Best African Language Blog" wat 'n bietjie fokken meer as weird is. Ke a leboga, né?As Zuma blog ward pryse moes uitdeel sou dit iets gewees het soos:
"Best Minority Language for the only people regarded by Jacob Zuma as the true white South Africans".

Fok, hy is partykeer 'n aap.

Ook is ons die enigste bras wat vir meer as een website genominate is naamlik Watkykjy, Ramboguy en FokkenDoos. Die judges het dit seker nie geweet nie. Nou weet julle. Vat so!

Thanks vir almal wat vir ons ge-vote het. Tannie Helen Zille, as dalk jy hier lees - ons het belowe om ons prys vir julle te gee omdat die D.A. nooit iets wen nie, so ons hoop julle like van Three Ships Whiskey. Waantoe pos ons dit sodat julle bietjie kan fles vat? Veral nou dat Zuma nie meer oor sy lang vingers getik gaan word nie.

Labels: , ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Moenie genaai word nie

Hierso is vir julle 'n moerse tip sover dit kar insurance betref. Baie van julle weet hiervan, maar ek neem aan dat daar 'n klomp van julle Watkykertjies is wat salig onbewus is hiervan. Ek het dit ook net toevallig eers gister onthou en oorgegaan na askie..

Is julle reg?

JOU KAR SE WAARDE NEEM OOR TYD AF, OK? Huh? Waddefok? Ja, ek was ook fokken deur die kak, moenie worry nie.

Wat beteken dit? Dit beteken dat jy minder vir jou kar se versekering behoort te betaal namate hy ouer word. Ek het my insurance bra gemail en getune hy moet my kar her-evalueer, aangesien ek hom op 'n stadium wou inruil om 'n nuwe ryding te koop. VW het my natuurlik 'n vet mielie in die hol gerol en vir my 'n trade-in offer op die tafel gesit wat herhinder aan 'n stomende Doberman draairoomys drol op 'n geel winter grasperk.

Ek het daai kak trade-in bedrag net so vir die insurance man gemail en getune "Sien plan, ek wil minder insurance betaal". Hy het 'n paar sommetjies gedoen en my terug gemail met 'n nuwe retail value en allerhande ander kak en gesê: "Ons kan hom afbring met so R50 per maand, of jy kan dit los soos dit is." Natuurlik het ek dit laat verminder. R50 per maand is miskien nie baie nie, maar jy kan dit eerder gebruik vir insurance op 'n specified item. Like 'n laptop of twee.

Sien? Jy kan nou jou beertjie-vang masjien wat daar om die draai van East Rand Mall staan laat verskeker.

PS: Ons het my goose se versekering ook afgebring met about R50 per maand. Dis twee beertjie-vang masjiene se specified item versekering, of 'n extra bottel Klippies per maand.

Nou dat ek daarnaan dink...

Ek wens ek het 'n beertjie-vang masjien...

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Pick 'n Pay, pik by seblief.

Check, ek het nog nooit juis 'n probleem met julle nie, Pick 'n Pay. Oom Raymond is al ewig aan die baklei vir die man op straat en warra-warra, maar kom so bietjie by samblief man.

Julle bacon cherry sosaties is fokken lekker, maar dis fokken lekker blaaint ook. Sit asseblief die cherries tusses die bacon en nie op die fokken punte nie. Dit fok elke keer af, maak nie saak hoe versigtig en nugter mens braai nie. Nee fok man, help bietjie uit. 'n Man is moeg na werk en wil partykeer vinnig braai en nie met issues sit nie. Ek sal even R5 meer betaal. Sit net die fokken cherries waar dit hoort, nie soos 'n fokken dressing vir mooigeid aan die kante nie. Jirre man. Kokkenodge bietjie hierie fokop:

Labels:

Earth Hour - 28 Maart 2009

Op hulle website reken die Earth Hour mense what-what en kak oor wat mens kan doen. My twee sente volg na elke punt.

1. Attend a local Earth Hour event or organise your own by throwing an Earth Hour street party with your neighbours
(mense in SA ken nie hulle bure nie want almal is te bang en kak sleg om kennis en vrede te maak)

2.
Gather family & friends for a night picnic in your local park and look at the stars
(Park? Donker? Waterkloof 4? Was hulle al in SA?)

3.
Enjoy a family dinner by candlelight
(Hierdie kan ons actually doen. Ons ken hierdie een goed. Ons doen dit dan elke winter wanneer Eskom vir ons lieg oor hulle beplanning, finansies en incompetence.)

4.
Organise a treasure hunt in the dark
(Raak 'n victim van 'n treasure hunt in die donker. Goeie artikels om aan jou te dra is 'n horlosie, klere, skoene en 'n selfoon. Trek swart sakke aan as jy wil hê hulle moet jou uitlos.)

5.
Take the dog for a night walk
(hierdie een kan werk, solank jou hond groot genoeg is en jy swart sakke dra)

6.
Have a candle-lit bath
(hierdie enetjie gaan saam met die candle-lit dinner. Hulle het lekker uit idees gehardloop en toe vat hulle een idee en split dit op in twee)

7. Sit in the dark and share stories

(klink amper net so kak soos "Sit in die donker en kap draties en kyk of iemand jou uitvang")

8. Organise a family night playing board games

(Dis 'n piele idee, want as daar nou iets is wat goed vir jou ogies is, is dit om by kerslig te lees. Die krimpies was altyd positief oor lees by kerslig. Regtig 'n befokte idee. Dis ook baie cool om kerswas oor jou nuwe Monopoly bord uit te kont of per ongeluk jou Gemeenskapskas kaartjies of jou fake zak per ongeluk aan die brand te steek. "Nice going. Ek haat julle almal!" *hardloop kamer toe en klap deur toe. Sit metal hard aan* - o wag, dis earth hour, geen elektrisiteit nie - huil jouself aan die slaap.

9. Share a romantic night in with your loved one

(Suid Afrikaners like in elk geval nie daarvan om met die ligte aan te naai nie. Daar is altyd 'n rolletjie rugby-tv wat iewers uitloer of haelskade van al die Verimark crash-diets. Die average Suid-Afrikaner se idee van 'n romantiese tyd is in elk geval ook iets in die lyn van Speedy Gonsales se sekslewe: Maak oop! Maak toe! Maak tee!

10. Upload your ‘on the night’ photos and videos to flickr and YouTube respectively, and then add them to the Earth Hour flickr group and the global YouTube Group.

(Ja piele, maar doen dit in Earth Hour, hoor, met eleltrisiteit en stuff, want almal wil mos eerste hulle fotos en videos en kak op die interwebs sit. Andersins, trek daai opwen internet onder die katel uit as jy nie elektisiteit wil gebruik nie.

Wat ek tien teen een gaan doen tydens Earth Hour of enige Saterdagaand for that matter. Enige van die volgende:

Die oond gebruik om kos te maak
In 'n verhitte jakoetsie sit met bubbels en jets en shit wat orals water uitspuit
Xbox speel of op my computer rondfok
DSTV kyk
Braai en tunes poeshard deur 'n hi-fi gooi
DVDS kyk
Na 'n band gaan kyk met oordentlike musiek en sound wat deur amps speel wat elektrisiteit opslurp
Enige van die bogenoemde by een van my tjommies se huise
In 'n Restaurant wat Earth Hour verontagsaam gaan sit saam met my goose en myself lekker dik vreet en mof suip
Naai met die lige aan (ek like om te kyk wat ek doen)
ensovoorts ... ensovoorts ...

Hoekom gaan ek dit doen? Omdat ek 'n poes is?

Nee, omdat ek bloot met my normale lewe sal aangaan en tien teen een gaan vergeet of nie eers sal agterkom dat Earth Hour aan die gang is nie, al het honderde mense daaroor gepraat en geteef en 'n big fokken deal daarvan gemaak.

En as ek wel betyds onthou dat Earth Hour aangebreek het, twyfel ek sterk of ek gaan sê "O gods! Dis Eearth Hour" waarna ek al die ligte en kak sal afsit en onder die tafel inkruip en wag tot die dreaded uur verby is.

Ek like my Saterdae te veel. Ons almal doen. Ons sit soos poese by die werk Maandae tot Vrydae. Ek gaan nie laat 'n groep pretencious hippies 'n uur uit my Saterdag steel nie. Ek like die feit dat dit 2009 is en nie 1920 nie. Ek like gemaksug en meeste kak wat met elektrisiteit werk. Maak soos die regering. Verkoop maar julle guilt trip aan die volgende onskuldige generasie. Blameer dit op my. Blame it on the Nesquick bunny, ek sê.

Ek het heeldag Earth Hour by my huis terwyl ek werk. Alle onnodige kak is afgeskakel. Maak Earth Hour op 'n Maandag as ek by die werk is. Fok, maak dit twee ure lank, dan sal ek skynheilig saamspeel vir die cause. Dis in elk geval 'n besige tyd vir industrieë en what have you.

O ja, en vir al die mense wat reken "dit begin by jou". Hou op absolute kak praat. Dit begin begin by die groot ouens. Dis byvoorbeeld nie 'n janitor by die lugawe se skuld dat die ex-CEO so groot skelm kont is nie. Die myne en groot frabrieke en die tipe kak wat besoedel en so baie krag gebruik moet maar terug drawing board toe gaan. Die ministers en besluitnemers ook.

Dit begin by die groot ouens. Doen julle fokken werk oordentlik. Los ons uit. Ons wil gelukkig wees en Nesquick drink. Julle poese.


Labels: ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

As Naspers Gaming Consoles ook beheer het ...

... sou hulle tien teen een vir Beeld in charge gesit van games se titels. Dit sal dan min of meer so 'n tiep van fokop wees:

Die Oranje Doos - The Orange Box
Ratte Van Oorlog - Gears of War
Ouderling Rolle IV: Die Vergetelheid - Elder Scrolls IV: The Oblivion
Oproep Vir Plig: Monderne Oorlogvoering - Call of Duty 4: Modern Warfare
Diffussiekring 3 - Halo 3
Klip Orkes - Rock Band
Spoggerige Diefstal van Motorkarre IV: Die Verlore en Verdoemde - Grand Theft Auto IV: The Lost and Damned
Uitgebrande Paradys - Die Opperste Doos - Burnout Paradise: The Ultimate Box
Legkaart Soektog: Uitdaging van die Oorlog Gode - Puzzle Quest: Challenge of the Warlords
Skaatsplankry - Skate
Kitaarheld Wêreld Toer - Guitar Hero World Tour
Inwoner Onheilspellend - Resident Evil
Duiwel Mag Tjank - Devil May Cry
Die Drang vir Spoed Mees Gesogte - Need for Speed Most Wanted
Onwerklike Toernooi 3 - Unreal Tournament 3
Skoppens Oorlog Ses: Vure van Vryheid - Ace Combat 6: Fires of Liberation
Noodlot - Doom
God Van die Ringe: Oorlog vir Middel-Aarde - Lord of the Rings: The Battle for Middle-earth
Groot Liga Bofbal - Major League Baseball
Broeders in Wapens: Hel se Hoofpad - Brothers in Arms: Hell's Highway
Tinus Arendse se Amerikaanse Onontgonne Land - Tony Hawk's American Wasteland
Skokkie Sokkie Revolusie - Dance Dance Revolution
Medalje van Eerbaarhied Luglangs - Medal of Honor Airborne
By Film Speletjie - Bee Movie Game
Onbeduidende Najaging - Trivial Pursuit
Vyftig Sent: Bloed op die Sand - 50 Cent: Blood on the Sand
Dowe Konvyt: Ikoon - Def Jam: Icon
Dagga Slaan - Joint Strike
Hendrik Pottebakker en die Leër van die Gevleuelde Perde - Harry Potter and the Order of the Phoenix
Gesous 2: Warm Ingevoerde Aande - Juiced 2: Hot Import Nights
Tiener ge-muteerde Oosterse Vegter Skilpaaie - Teenage Mutant Ninja Turtles
Sonnekop Pit Kronieke - Spiderwick Chronicles
Seerowers van die Karibiese See - Pirates of the Caribbean
Gesig Breker - FaceBreaker
Goue Byl Ondier Ryer - Golden Axe: Beast Rider
Fantastiese Vier: Opstaan van die Silwer Branderplankryer - Fantastic Four: Rise of The Silver Surfer
Hoereer My Ryding - Pimp My Ride

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Arctastiese Storie

Rite. Dis Sondag aand en tyd vir Kappelaan se preek. Gaan julle vertel van die beste werk in die hele wye wêreld. AKA Kappelaan se day-job.

Ek werk vir ‘n company wat vliegtuie verhuur. Baie soos ‘n Avis of Budget-rent-a-car, al verskil ons verhuur vliegtuie uit. Maar daar is ‘n catch. Sou jy besluit om jou spaar varkie oop te breek en ‘n vliegtuig by ons te huur kan jy hom ongelukkig nie self bestuur nie. Ons moet hom vir jou rond ry. En as ek na http://fokkendoos.blogspot.com/ kyk dink ek dis ‘n goeie ding want julle fokkers kan nie eers ‘n kar ordentlik parkeer nie, wat nog te sê van ‘n vliegtuig rond jaag!!

Anyway, ek werk al 9 jaar vir die plek en as jy van ‘n beter job vir die brood en botter zak weet, koop ek vir jou ‘n kas Lion Lager (die goue blikkies). Ek meen, hierdie mense betaal my om die wêreld vol te vlieg en plekke te sien wat jy nog nie eers van gehoor het nie. Van Tajikistan tot Spuitieland, noem dit en ek was tien teen een al daar.

Laas week het ek die kans van ‘n leeftyd gekry want hulle het my gestuur na die enigste Kontinent waar ek nog nie was nie.

Antarctica!

Die Norwegian polar research institute het ‘n vliegtuig by ons gehuur om ministers en afgevaardigdes van 13 lande (Algeria, Brazil, China, Denmark, Finland, India, Indonesia, Papa New Guinea, Russia, South Africa, Sweden, United Kingdom, en die US and A) na die Norwegian research station, TROLL, op Antarctica te vat sodat hulle meer kan leer van hierdie hele climate change en global warming ding.

Dit daar gelaat, daar is nie ‘n local Tops-Spar drankwinkel op Antarctica nie so ek het ‘n bottel Jägermeister in Slaap stad gekoop om die event ordentlik te vier! Ek meen, dit sal ongeskik wees om dit nie te doen nie. Het die bottel Jeggies in die vliegtuig se stert gaan bêre dat hy solank kon afkoel. Na amper 9 ure se vlieg met ‘n buite temperatuur van -54 grade buite die vliegtuig was dit die koudste en lekkerste Jeggie OOIT!



En aangesien daar nie souvenir shops op Antarctica is nie het ek die een ding waarvan daar baie is vir Griff en die anner Arctic Monkeys terug te bring. YS! Sommer ‘n hele cooler box vol, 100de jare oue gletser, of liewer soos Griff tjoon,”Arctastieste ys”. Lekker in die whiskey en wit wyn glase gewees toe ons Saterdag aand K-lo se jaardag gevier het!

Nou ja, dis my storie en soos met enige preek moet daar seker ook morele waarde aangeheg word wat jy die week saam met jou kan dra. Moral van hierdie storie: TRAVEL! In plaas van om elke jaar jou 3 weke vakansie op Margate of Amanzimtoti se strande deur te bring, dubbel brannas & coke op jou boep en te perv op die 18 jarige dogtertjies wat nou net matriek klaar geskryf het, Spaar so bietjie extra en gaan sien die wêreld! Gaan check hoe doen mense dit in anner lande en wie weet, net maybe kan ons daai “K” uit jou Kommin haal.



Labels:

Blog Awards 2009

Jy kan Watkykjy gerus nominate as jy lus voel. As ons wen kan almal onderbroeke met gaatjies dra en wit poeier snuif.

http://www.sablogawards.com/2009/

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Internet "celeb" gooi handoek in, tel dit weer op.

Shame, half uur later delete internet-apie sy post en gaan weer aan.

Weereens, onsinnighede:


Ek is nie bewus van 'n running joke of 'n Afrikaanse blogosfeer nie. Is dit soos 'n lugballon wat met met poepe in die lug gehou word? Kom klim in my Afrikaanse blogosfeer, dan vlieg ons salig oor Harties. Druk net jou neus toe. Vir Harties en natuurlik my blogosfeer.

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Wafferse kuif

Ek dink ek moet maybe partykeer my fokken hare kam en my pens intrek as ek foto's saam met mooi buddies neem.

Hierdie is 'n useless post, maar die chick is baie mooi. 'n Smaakvolle voorblad meisie, sou ek skiem.

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Ek gaan nou klink soos 'n oom met 'n drol wat prairie dog...

... maar as jy nog nie geregistreer het om te gaan vote nie, is dit hierdie Saterdag en Sondag jou laaste kans.

Moenie 'n fokken draadsitter wees nie. Gaan registreer en gaan stem later in die jaar. Ons gee nie om vir wie de fok jy stem nie, solank jy dit net doen. It are your right, okay? Suid-Afrikaners like heavy van bitch en moan, en trust my, jy kan baie daarvan doen na die verkiesing. Soveel soos wat jy wil. Jy het ons toestemming. "Ek het nie vir daardie poes gestem nie en hy is nie my fokken president nie" is byvoorbeeld 'n comment wat slegs sal kwalifiseer as jy wel vir iemand gestem het. En hopelik nie vir die poes in question nie. Kak soos "my vote maak fokkol verskil" is 100% waar. Met so attitude is jou stem fokol werd. Daar is baie dinge dinge wat lekkerder is as om te gaan register. Kom ons vat sommer roomys as 'n voorbeeld. Of 'n paar biere. Of draties kap. Actually is draties kap nogal baie soos om te gaan regsiter. Jy kry half 'n skuldgevoel en hoop jou tjommies vang jou nie uit in die act nie. Moet net nie gaan draties kap terwyl jy register nie. Dis verkeerd op heeltemal te veel levels en niemand soek manbotter orals oor die IEC se banners nie.

Daar is baie goed wat ons hier by Watkyjy ook heavy die poes in maak - so erg dat ons 'n boek daaroor moes skryf en extra websites oopmaak vir idiots en klontkoppe. Kak gebeur elke dag orals op die aardbol. Heavier kak as hier. Kyk hoe lyk Amy Whinehouse byvoorbeeld. Jirre! Gril!

So gepraat van gril. Hoe fucked up is hierdie ou nie?



Klaar met die preek vir die week en oor na meer prettige stuff. Ons het nogal baie feedback gekry oor doos bestuurders en het 'n special plekkie vir hulle oop geskoffel op die internet. Even 'n submission of twee gekry. Ons sal die site nog so bietjie make-up, pakslae en drank gee om hom in shape te kry, maar die general idee is daar. Ek skiem julle sal die punt vang.

Check die link regs onder die chatbox vir die Watkkykjy Fok Jou! Projek.

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Die Watkykjy FOK JOU! projek.

Ons het nogal baie feedback gekry oor die Mense Wat soos Dose Parkeer post en besluit om 'n special plekkie vir dit op WKJ oop te maak. Check vir die link net onder die kakpraat boks hier op die regterkant. Ons sal eventually 'n oordentlike page opstel vir soorgelyke oortreders van commen fokken decency en hulle bakkies daar plak. Ek dink byvoorbeeld nou aan dose wat kan loop en hardloop en spring en poep wat arrogant genoeg is om met hulle fokken elektriese golfkarretjies op disabled parkings te stop om gou charchoal te koop by die Quick Spar.

'n Spesiale plekkie vir poese op die interwebs.

In die meantime, print jou flyertjies uit (verkieslik in kleur en verkieslik op sitcker papier met 'n industrial gomkant) en leer jou medemens basiese respek en maniere.

Die Watkykjy FOK JOU! projek is pas gebore.

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Minder mense dood op die paaie in 2008? Kak man!

Ons is veronderstel om hierdie kak af te sluk:

"A total of 1 150 people have died in about 985 traffic accidents since December 1, said the Department of Transport on Wednesday.

Department spokesperson Collen Msibi said this was a slight decrease compared to 1 311 deaths in the same period last year."

Agbare Msibi, het jy actually al daaraan gedink dat daar minder padsterftes was omdat daar minder fokken mense op die pad was? Die ekonomie is bietjie fucked en meer mense het by die huis gebly omdat daar nie zak is nie. Ook het 'n groot gros mense hulle werk verloor.

Julle gaan seker moerse verbaas wees as volgende jaar se sterftesyfer hier by die 1600 trek as ekonomiese toestande verbeter. Kom ons kyk of ek reg was volgende jaar hierdie tyd. Julle blerrie nole.

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Watkykjy en Vespa's

Vier 1970's VESPA P150S 1980 Wit, swart, two-tone en silwer onderskeidelik.

Petrol, ten volle ge-restore en heeltemal overhauled tot sy oorspronlike glorie. Sien is glo. Collecter's item. Al hierdie outjies is enkel silinder, lugverkoelde 2-stroke, induction disc valve, kragtige 150cc brombulletjies.

Op enige ander scooter sal jy soos 'n poes lyk. Nie op hierdie outjies nie.

Custom sprayjobs soos vlamme of GT sripes kan ge-organize word op aanvraag, andersins kry jy 'n verniet nca Watkykjy vinyl oppie bike se boud om hom supermain te laat lyk.

25 gorillas elk. (R25000 vir die ouens wat nie zef-speak ken nie)

Drop griff 'n mail as jy ernstig op soek is na een en hy kry sy mense om met jou mense lunch te doen.

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Resep vir naai


Resep vir naai

Ingredients:

4 Laggende oë
4 Welgeskape bene (2 van hulle moet soos Charlize Theron s'n lyk)
4 Arms
2 Ferm melk kanne
2 Neute
1 Fur-bedekte mengbak
1 Ferm piesang

Aanwysings:

1. Kyk die in laggende oë
2. Sprei 2 welgeskape bene wat soos Charlize Theron s'n lyk wyd oop
3. Druk en masseer melk kanne sagkuns.
4. Vou piesang in die mengbak in, werk hom in en uit tot daar genoeg room is. Hou aan om melk kanne te knie vir beste resultate.
5. Soos wat hardklop versnel, druk piesang dieper in mengbak en maak toe met neute. Laat hom so bietjie soak. Wees versigtig om nie oornag te los of neute te kraak nie.
6. Die baksel is reg as die piesang pap is. As piesang nie pap word nie, herhaal stappe 3 tot 5. As piesang steeds nie pap word nie, kry nuwe mengbak.

Let wel:

1. As jy in 'n vreemde kombuis is, was alle skottelgoed behoorlik voor en na die tyd.
2. Dra 'n SABS-goedgekeurde voorskoot
3. Moenie mengbak uitlek na gebruik nie
4. As die baksel rys, get the fuck out of Vereeniging.

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Watkykjy Screamsaver

Heita Bra's en skêrre!

Aangesien my hang over my verhoed het om enige iets beter op hierdie Sondige dag te doen, toe skiem ek, ek maak vir julle 'n WATKYKJY? screensaver vir jou Nokia of Sony Erricson foon.

As jou baksteen nie ouer as 2 jaar is nie, of as jy soos arme bra griff met 2 fone in jou sak rondloop(die 1 kan net bel en die anner net sms) dan is ek regtig jammer om van jou kak te hoor! Gaan koop 'n nuwe foon, click op die link en download die beste screen saver ooit! Weet jy wil!!



Enjoy!

Labels: ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Kak praat deluxe

Nou kan jy kakpraat, piele vleg en resepte uitruil met die ander Watkykertjies. Onthou, dis nie nodig om fokken goor te raak nie, so try jouself inhou. Nie almal is met dieselfde vlak van sosiale skills ge-bless nie.

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Olimpiele spele translator

Hier is vir jou so paar phrases om jou tussen al die Chinas in Beijing uit te help. Bly ons kon jou help:

Iets is nie lekker nie - Sum Ting Wong
Is jy besig met human trafficiing? - Hu Yu Hai Ding
Kom hier! - Kum Hia Nao
Dom persoon - Dum Fuk
Klein perdjie - Tai Ni Po Ni
Jy het in die son gebrand - Wai Yu So Tan
My knieg is fokken seer - Ai Bang Mai Fu Kin Ni
Jou dubbel ken lyk kak - Chin Tu Fat
Het jy dagga gerook? - Wai Yu Mun Ching
Jy pomp nie lekker nie - Wai Yu Kum Nao
Die polisie soek my - Lei Ying Lo
Jy ruik soos kak - Yu Stin Ki Pu
Dit gaan goed met my - Fa Kin Su Pa

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Watkyjy nou op jou selfoon beskikbaar


Die nuutste zef is nou beskikbaar op jou selfoon en lyk nie meer sos kak soos wat gewone sites op handsets lyk nie.

Tik net mippin.com/watkykjy in op jou foon se browser. Alles is sharp.

Voorbeeld

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Dink jy met nou linkerbrein of jou regterbrein?

Jou analitiese linkerkant of jou jou emosionele regterkant? Vat so dag of twee en herkou hierie idee, dan wys ek julle Vrydag hoekom ek dink meeste van julle die regterkant te veel rev.

Hin eksperimentjie a'st ware....

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Watkykjy theme vir jou Nokia ...

Hoezit outjies. Vrind Bullet was so gaaf genoeg te wees om vir ons 'n nca Nokia theme aanmekaar te spoeg en plak. As jy like van Cortina, sal like like van.

Een van ons t-shirts sal ook maybe so daarna uitsien, so jy kan een van die dae soos 'n kompleet geel doos lyk.

Instripsies:

Click op hierie weird naampie om die file te download na jou dextop toe.

9h5kV60BW64N.sis

Connêkt jou foon met 'n USB cable of blootoof na jou PC toe.
Tune jou foon jy soek van Nokia PC suite.
Double click op die file op jou dextop en volg al die on-screen insructions op jou cell se screen. Sê net ja vir alles. Geniet.

As jy een van daai mense is wat geel matriek vraestelle geskryf het, vra 'n tjommie wat wit matriek vraestelle geskryf het om dit met sy foon te doen en vir jou te MMS of Blootoof of whatever julle kinders met julle Nintendo's, donkerkamertjie en hula hoops deesdae doen.

Dis net vir Nokias, so moenie fokken huilerig raak nie. Almal het Nokia. Ek het nog nooit iemand ontmoet wat nie Nokia gebruik nie. Nog nooit nie. Ooit.

Hieso is 'n lys van die fone waarop dit werk:

As jy dit laat werk op enige ander foon, laat ons weet. Like, veral op jou Telkom landline, want dan moet ons iemand reël om jou piep te kom suig, ou grote.

Labels: ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Hierdie Xenophobia ruk nou hande uit ..

Veral omdat die media en Suid-Afrikaners nou ewe skielik 'n nog 'n woord het behalwe Xhoza en Xilophone wat met 'n X begin. Is dit regtig so fokken exciting? Gaan bietjie op online koerante se websites. Druk CTRL +F (find) en begin 'Xen' in te tik. Click next. Tel hoeveel keer op die voorblad jy dit kry.

Dis asof gewone crime en beriggewing van nuus ewe skielik stilstaan en 'n backseat vat vir die nuwe, lelike geel hip baba, Xenphobia. Asof niks anders in ons land gebeur nie. Fokken get over it. Ons weet daar is kak, maar daar is die normale alledaagse kak ook. Oorsee noem hulle dit riots en violence, nie Xenophobia nie. Xenophobic attackers wat Suid Afrkaners se huise afbreek is nie Xenophobes nie - dan verloor die woord sy betekenis. Hulle is commen crimninals en poeste at best.

Suid-Afrika is lekker simpel. Sodra die Xenophobia verby is gaan hulle seker weer oorgaan na die tweede favourite buzzwoord - Loadshedding.

* Stap so by Wimpy in "Kan ek asseblief 'n double Xenophobic Burger en chips kry met 'n Loadshedding milkshake on the side asseblief?"



PS: En dis 9 keer op hierie sait gebruik vir die Gawies wat try fokken snaaks, simpel of slim wees.

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Hellogriffin - Die VWSA saga sloer voort


Ai't, VW het toe uiteindelik na my toe terug gekom. Ek moes 8 dae wag vir 'n response. Smaak my ek kry my hubcap. Dis partykeer die moeite werd om soos 'n kind tekere te gaan op WKJ maar kak diens bly kak diens. En as dit hulle policy is om nie op die helopeter website respond nie, plaas ek maar my eie shit hier.

Ek het hierdie keer nie gevloek nie - seker omdat ek 'n hubcap belowe is ... Hieronder is hulle brief en my response. Daar is so paar comments vir konteks.

VWSA skryf:

We refer to your correspondence sent to our office on 29 April 2008 [hulle het eers 7 Mei respond].

We take this opportunity to express our sincere regret of the turn of events, which led to your dissatisfaction of the overall service experience. [al hulle briewe begin so vir almal]

The concern was discussed with the Service Manager, Mr Tyron Wilde of Lindsay Saker Rivonia. [hierdie ou antwoord nooit sy foon nie en luister ook nie na voice mails nie - ek weet nie hoe hulle deurgekom het na hom toe nie]

The warranty on your vehicle has expired on 26 October 2007. In your correspondence you mention an extended warranty. This plan is not administrated by Volkswagen of South Africa but rather with the McCarthy Group [en watse karre verkoop hulle?].

We wish to confirm that Volkswagen of South Africa did provide a financial contribution. This was done on merit and offered purely as a goodwill gesture. [is goodwill ek wat my moer strip? is goodwil dalk 'oops ons TDi reeks het kak turbo's en nou voel ons skuldig'?] Goodwill is given without the admission of liability and it does not oblige Volkswagen of South Africa or our dealer network to consider any other or future claims in respect to your vehicle. [sien my response onder - hierie is 'n klomp kak]

Page 2/…
It has been confirmed by Mr Wilde that the dealer is willing to accommodate you with regards to the hub cap. They will be in contact with you to discuss this issue. [Wilde horses sal hierdie ou nie na die telefoon toe trek om my te bel nie. By the way, ek het nog steeds fokol van hom gehoor. Ek kan na die dealership toe ry, dis net 2km van my huis af, maar hoekom moet ek soontoe gaan as die ou my gaan kontak?]

Thank you for affording us an opportunity to comment and assist in this regard.

Yours faithfully

Rolandi Manley

===============================
My oordentlike reply (sonder om eenkeer die term 'julle dose!' te gebruik:

Hi,

Please explain the following:

"it does not oblige Volkswagen of South Africa or our dealer network to consider any other or future claims in respect to your vehicle."

Does this mean that I have no guarantee on the turbo that was replaced? Is this even a new turbo? I don’t have any proof or paperwork of the work done on my car. I was given nothing (except of course for the diagram indicating the missing hubcap - as per my previous mail).

What happens if this turbo breaks down again? Do I revert to my McCarthy warranty (which is still valid for another year and two months) and follow the same avenue of frustration?

PS: I am very grateful for the willingness of hubcap replacement by Lyndsay Saker Rivonia, but will only express my gratitude once I receive it. I am also grateful for the goodwill VWSA expressed towards covering costs where McCarthy insurance was trying to take shortcuts, although the responsibility of replacing the part was supposedly 100% covered by their policy.

Thank you for the investigation into this matter.

===============================

Die enigste rede hoekom ek die correspondence hier sit, is om vir julle te wys hoe fokken lank dit vat om sulke companies te probeer kommunikeer. As hulle my gister middag terug gemail het, sou ek nie hier gebitch het nie. Ek wed julle R5 dit vat hulle nog 8 dae om na my toe terug te kom.

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

News24 fok weer op ...

"Johannesburg - Police have offered a R250 000 reward for information leading to the arrest and prosecution of children who have gone missing and been found murdered in Modimolle, Limpopo."

Ek weet wat gebeur het - they "have gone missing and been found murdered in Modimolle, Limpopo".

So gaan soek vir dooie kinders en arresteer hulle. Kan ek nou asseblief my R250000 kry?

Orignal storie hieso

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Oppikoppi - Dis weer sulke tyd

Vir die Oppikoppi "Verskoon my meneer, is jy die kont wat my krag afgesit het of is daar 'n ander poes met wie ek moet praat" Not quite Easter festival....

Onthou om die volgende in te pak:

1. Geld vir drank
2. Geld vir kos
3. Effies
4. Geld vir 'n kaartjie
5. Slaapgoed, indien jy vergeet om #3 te gehoorshaam, aangesien effies vir jou 'n slaapplek kan score.
6. At least deodorant en 'n tandeborsel.

Aanwysings:

1. Ry deur Brits se main straat en volg die Thabazimbi borde
2. Draai links by die Northam sign
3. Steek jou dagga weg vir die cops by die windkous op die linkerkant en gaan kry dit die volgende dag (en hoop niemand anders lees hier nie)
4. Gly deur die roadblock
5. Moer asseblief al jou kak Afrikaanse musiek weg sodat jy nie die ander mense afpis nie.
6. Drink baie
7. Geniet bands.
8. Skree op 'n stadium "Oppikoppiiiiiiiiiiiii" en lyk soos 'n doos.
9. Vergeet om te eet.
10 Ry terug met 'n hangover.
11. Eet en kak by die Wimpy op Brits.

Sien julle daar. Dit gaan fokken lekker wees!

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Ramblings ...

Ons het 'n moerse Haloween party Saterdag gehad en het beplan om Sondag 'n klein braai by ons spot te hou. Ons behoort teen hierdie tyd al te weet dat dit fokken onmoontlik is om 'n rustige braai te hou. Dit het weer hande uitgeruk, mainly omdat een van die bure met 'n liter Jagermeister daar uitgeslaan het.

Sal maybe later so paar kiekies opsit en dalk meer van die party vertel. Ons internet by die huis is afgesny (letterlik -> die draad is gone) maar ons probeer om 'n nuwe connection nog in die week te kry. Dis bietjie moeilik om updates by die werk te doen.

O ja, Watkykjy is weer ge-update maar ons het nie 'n mail uitgestuur op ons mailing list nie. Dis live vir nou, alhoewel ons later in die week nog kak sal add. Gaan maak maar solank 'n draai as jy lus voel.

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

SMS my weer

Ek haat dit as my inbox op my foon volraak. Gewoonlik kom 'n SMS deur en jy lees dit en vergeet om dit te delete. 10 Jaar terug was dit 'n ander storie. Daai Siemens S4 (not so) Comfort fone kon about 2 SMS'e hanlde voor die memory sat is en/of die TV-size battery weer ge-charge moet word.

Deesdae is dit geriefliker. Jy ontvang SMS'e dat die byle huil en na so paar weke moet jy begin delete omdat daar so envelope op jou screen flas. Omdat ek baiekeer besig is en net die goed lees weet ek nie altyd of ek reply het op die boodskappe nie. Gevolglik moet ek ek eers deur die goed lees voor ek dit delete want maybe mis ek iets belangriks. But let's face it, meeste van die SMS'e maak na 'n maand glad nie meer sin nie. Veral die boodskappe wat jy dronk ontvang of gestuur het. Party is net plain outdated dat jy nie 'n fok kan onthou nie. Naturally kan mens die goed heeltemal uit konteks neem. Kom ons kyk na so paar wat ek nou moet delete.

1. "No they don't have that in stock. I only got the big one."
Nou wonder ek of Hellboy vir homself dalk 'n groot dildo gekoop het en 'n SMS na die verkeerde persoon toe gestuur het.

2. "Haai, nou daar's nou 'n naam so reg na my hart."
Ek neem aan hierdie chick praat van my.

3."Today is international day for retards. Please send an encouraging message to a retarded friend as I've done. I don't care if you lick windows, interfere with farm animals, vote ANC or occationally shit yourself. You hang in there, sunshine. You're special."
Weereens neem ek aan hierie chick praat van my.

4. "Dude i'm out with **** and just bumped into ****. She gave me a msg.
Ek hoor mens kry baie msg in Aromat. Nice. Iemand het Aromat ge-score.

5. "Ok i will bring your msg i am shit"
So blykbaar kry ek ook Aromat wat die dronk persoon gescore het. Van iemand wat blykbaar kak is.

6. "Shit I pulled into **** best friend ****"
Obviously die newe-effekte van te veel msg.

7. "Ons drink almal vanoggend die comrades & luister chariots of fire in ons atletiek klere. Ons mail more die span foto vir jou mail. Ons neem aan jy drink saam - happy friday."
Die feit dat hy "mail" herhaal laat my nie twyfel dat hulle 5uur die oggend begin drink het nie.

8. "When & where is the Durban July??? U suck dude!"
Nou waddefok SMS mens terug vir so 'n persoon?

9. "OK ek is nou al weer single. Nou wat nou?"
Jy het my nommer. Hou aan SMS.

10. "Thats lovely. Thanks for telling me what you are doing for the weekend. I am broken today"
Klaarblyklik het ek 'n befokte naweek een of ander tyd gehad.

11. "Vra vir ***** hoeveel sy gister gedrink het"
Ek neem aan dit was minder as ek, maar nogtans fokken baie.

12. "Are you back yet"
Have I left?

13. "Got Jaggies and tequila and biltong. No Rapprt though. Sorry o."
Nou hoe de fok moet ek anders 3 weke oue nuus lees?

14. "Egoli het nou 'n goth genaamd Scab. Louwna se liefdeskind blykbaar. Moerse with it, die Egoli. En lame..."
As ek enigsins meer kan saamstem kry ek dalk 'n hartaanval.

15. "Ek's siek innie bed. Spuities of iets. Hopelik nie Malaria nie. Eish."
Turns out dit was Ecoli. Nie te verwar met Egoli nie.

16. "SESduisend Rand? SesDUISEND Rand? Sesduisend RAND? Ou Tjonkie het nie daai klas van gras nie."
Geen fokken idee nie.

17. "Maak net seker van jou hand se status."
Dis negatief. Next.

18. "Sometimes my mind asks.. Why I miss u, why I care4 u, why I always remember u, why I sms u... Then my heart answers.. it's simple bcoz ur WORTH IT!!"
Contents duly noted and fully understood.

19. "Toe nie malaria nie. Wel E.coli. Sesuur in Oop Spuittyd. E.Coli - plek van kak"
Ek verwys julle terug na nommer 15.

20. "Stuur vir jou ma ook."
OK, ma. Hieso is 'n middelvinger. Sorry ma.

21. "Terry here tomorrow untill Monday. Caroline."
Verkoop meubels, kar, elektroniese toesrusting en siel om lewer oorplanting se kostes te dek.

22. "Jy alternatief, in plain kommen Afrikaans is fokken weird."
Thanks ma. Moenie so vloek nie.

23. "Sweet! Hoor iets het jou gebyt. Is jy OK?"
Ek het die bytmerke e-Google. Dit was toe nie die travel-bug nie, maar 'n doos van 'n spinnekop.

24. "*some text missing* maar ek staan nog regop."
Dis fokken moeilik om regop te staan as jy text verloor.

25. "There's ALWAYS time for spuities! Spuities - like water for chocholate."
Ek stem 100% saam. Ek ken van.

26. "Jy mis seker Woza Weekend en JAm Alley en Shell Superstars. Baie goeie programme hier as jy hou van skrou (sit jou hanne op!)
WHAHAHAHAHAHA!

27. "My vlg artikel: Afrikaanse TV is poeskak. Klaar. N.a.v Sewende Laan, Amalia, Binnelanders, MK89, ens."
Ja, die Nigerians kyk ook 7de Laan hier in Nigeria. Met Engelse subtitles. Regtig baie mooi. Soos kunsflieks. Not.

28. "Ons soek 'n foto van jou voet"
Done deal.

29. "Hehe. Poep in Duits is 'broekhoes'. RRrrrrt!"
En jy betaal hoeveel per SMS nou weer?

30. "Usted aspira las bolas para el desayuno!"
Ek weet wat dit beteken jou fokkne pajero!

31. "Ek en die cherrie is in Amsterdam, bly in rooilig distrik. Baie nice. Ons vertrek Saterdag Skotland toe. Laat weet my as julle geld launder dan sit ek Rande oor. Ons beproef alles en behou die goeie. Bly in gay apartment met hoeke aan die dak om vas te bind. Cheers. Drink lekker whiskey."
Ek haat jou. Doos.

32. "Hey bra, hope all is well. The jobs are coming fast and furious now. Tel Hellboy I diced a V5 and its engine blew. Kak one."
Kom dice hieso ou pel. Jy sal jou gat sien.

33. "Fuck off"
Ag ek is seker ons almal kry die enetjie so nou en dan.

34. "Lagos airport is boring me shitless. I may start drinking soon."
Gewoonlik sorg ek dat ek fokken dronk daar aankom.

35. "Arrived in Bankok"
Ja, jy is ook 'n doos.

Ok dis nou genoeg vir eers. Actually is dit te veel. Jammer julle moes deur al hierdie kak sit, maar my internet was af en ek was fokken bored.

Smell you later, Steve Irwin.

Labels:

Afrigator