Jy is waterkoppie nommer sedert 1 Maart 2008. Kap 'n dratie.

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Die Antwoord - Zef Side

Raait, checkit. Ons hang so bietjie innie Kaap uit. Shaun Metlerkamp van Metalbox tune my hy het gaan draai skiet by Die Antwoord se moerefokken huisie.

Yo-Landi Vi$$er gooi haar expensive hare orals. Ninja gooi hom se piel in alle directions within the restrictions of his expensive
kortbroek. Dit gooi soos twee hondjies wat binne 'n streepsak baklei. Moenie hierie met 'n mondvol kos check nie. Sluk eers en sit dan die klank hard aan. Op elf. Of something.

Jirre dis zef. Gods.

Labels: , , ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Warm bokkies en mondkatjies

Hierdie is 'n nuwe response op "Jizz in my pants" wat Justin Timberlake ge-feature het so ruk terug. Dis ook tien een hoe hot chicks reageer as hulle jou sien by 'n jol. Jy wil mos nie daai toggos skrop nie. Skaam jou.

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Die Heuwels Fantasties en Jack Parow - Die Vraagstuk

Die Heuwels Fantasties en Jack Parow se video "Die Vraagstuk" is in Aandklas op Stellenbosch geskiet iewers in Oktober of November. 'n Klomp fans het hulle gatte gaan Jack Parow hou virrie shoot. Hieso is die results:

Labels: , , ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Jack Parow praat oor "Cooler as ekke"

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Jack Parow music video - Cooler As Ekke

Onse vrind, Jack Parow, die man wat lyk of hy 'n kontrak met die Duiwel geteken het om vir ewig 'n snor te dra in ruil vir 'n lifetime brannas supply, het uiteindelik 'n music video gemaak vir sy tune Cooler As Ekke.

Ja, woorde soos "poes" moes ge-cut word, want hierie outjie sal eersdaags op MK wys. Persoonlik dink ek dat hulle dit kon inlos. Dis myns insiens beter maniere om "poes" te sê op TV as om 'n klomp kak te snuif of te vreet, mekaar te bliksem houtpiele en spykers, te kots en 'n TV show daarvan te maak en te skiem dis piele entertainment (en dan is die hele storie ge-cookie cut van Jack Ass af. Dis nogal af.)

Anyway, checkityt. Dis nogal pretty fokken main:

video

Labels: , , ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Via The Backroads se premiere

Ons het julle so ruk terug vertel van Via The Backroads, 'n kick ass documentary oor so paar ouens wat SA en ons buurlande ingevaar het met skateboards en BMX'e.

Hulle het 4 Desember hulle premiere vir die storie.

Kokkenodge die flyer hieronder vir meer details as jy wil gaan draaiskiet. Click op dit om mooi te kan lees:

Labels: ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Nogge kief meteorite video - 'n beter een

Hierdie video is effens beter quality is die vorige een. As jy baie mooi kyk kan jy actually vir Wikus Van De Merwe kokkenodge. En check daaso by die meteoriet se tailpiece. Wat hang daar uit? 'n Nigerian wat coke smokkel?

video

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Meteor oor Gauteng

Nee man, ons praat nie van jou Ford Meteor nie. Ons praat van daai verblindende lig wat oor Gauteng uitgeskiet het soos op Men In Black. As jy in die omgewing was het jy nou heel moontlik een onderbroek minder en 'n losserige hol. As jy buite gestaan en draad trek het, het jy tien teen een jou gat af geskrik en geskiem jy is besig om blind te word. Moenie worry nie, jy kan mos nog hierso lees. Gaan skeer net gou-gou jou pamls en kom terug en kom kyk die video. Dis nogals kief.

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

November Rain

Smaak my dit reen vandag omtrent oor die hele Suid-Afrika. Hieso is vir julle 'n lekker tune: November Rain van Guns 'n Roses. Ek het maar net Slash se solo hieso gegooi wat die jirre weet daai tune is fokken lank en meeste van julle sit seker met end-of-the-month Salty Cracks bandwidth. Ek dink die tune het hier in 1991 of 1992 se kant uitgekom. Onthou jy hom nog? Ja man, jy het nog lekker rondgekrap in jou meisie se panty op daai arries toer. Knopies losgemaak en kleertjies op en af geskuiwe. Ook maar lekker fokken gerieflik gewees ne? Daai hele song is amper blerrie tien minute lank.

(In 'n Jan Spies stem): Dit was mos meer as genoeg tyd gewees om daai boekie behoorlik te blaai.

Labels: ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Krimpies, bly uit die water uit



video
(shot, Willie)

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Jack Parow se MK advertensie

Check Jack Parow se ad uit wat MK vir hom gemaak het. Check ook hieso vir sy bootleg EP (Bring en Braai) se details uit en Jack Parow se vibes op Taxijam.

video

Labels: , ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Griff se games: Guitar Hero World Tour

Guitar Hero World Tour is nou al vir net oor 'n jaar lank beskikbaar. Ek het dit vir die eerste keer gekokkenodge by 'n tjommie se verjaarsdag party toe een van die blare daar uitslaan met 'n groot doos en 'n wireless drumkit daaruit uitpluk. Soos wat Martino in die 80s gemaak het met hasies uit hoede by jou pa se graft se krismis party. Met 'n dubbel branna in die klou en 'n skyf skeef in die bek het ek getune: "Ek fokken koop vir myself more ook so fokken drumkit!" (sekerlik iets wat mens kan byvoeg by stuff wat gebeur as jy ge-fokken-swaai raak).

Omdat die game redelik nuut was en die bra moerse trots was oor sy duur kit het hy my getune: "Good luck, dis baie skaars en daar sal 'n waglys wees. En dit is baie duur!" Tipiese fokken laerskool speelgronde vibes. Ek het die volgende dag ('n Sondag) toe ek 15:00 die middag opstaan met 'n poesgroot hangover 3km gery na die naaste Look & Listen. Ek het ingestap, die Guitar Hero World Tour box opgetel, die dude agter die counter uitgekak oor 'n klein skeurtjie op die hoek van die box, 'n free t-shirt ge-score en R100 discount gekry. Hangover mode en stink met rooi oë werk befok. Alles is in 5 minute gedoen. Terug by die huis en R3100 armer het ek in die bed geklim en die game eers twee weke later begin speel. (At least het die prys nou afgekom met so R500 na R2700 toe.)

As jy gewoond is aan die ander Guitar Hero games en dit like, sal jy van World Tour se drumkit ook hou. Dis die enigste intrument wat actually naby die ware Jakob regop kom. Die twee colour-coded drumpads, twee symbals en bass-pedal sal dalk met jou kop fok aanvanklik, maar as jy kan drums speel of 'n beat kan hou sal jy vind dat jy gou die beats sal bliksem op die hoër difficulty levels - nie omdat jy 'n smug poes is nie, maar omdat die experience op die hoëre levels meer real is. Hulle sit elke liewe beat in. Dit beteken nie dat beginners nie kan leer nie. Jy kan jou laitie in fact oordentlik leer drums speel op hierdie kit met al die colour-coded pads en what not. Soos wat jy opgaan in difficulty, kom daar meer beats by. Jy kan op jou eie sit en oefen ook op enige song, waar niemand jou kan sien nie. Amper soos draties kap.

Die nuwe wireless guitar lyk ook beter as die vorige versions. Met beter bedoel ek dis 'n mooier kleur en shape. O ja, en daar is ekstra sensors aan die bokant van die nek van die guitar vir die ouens wat wil lead licks ingooi. Good luck met daai enetjie. Ek het dit nog nooit probeer nie. Ongelukkig is die microphone wat jy saam met die hele kit kry nie wireless nie en Lips se wireless mics werk nie op Guitar Hero nie wat nogal 'n poes ding is van Xbox om te doen. Julle moet fokken lekker soos Wii raak, hoor! Jou twee tjommies op die wireless kitaars kan aapkak gaan en rondhardloop terwyl hulle jol - jy kan even buite check hoe ver jou tjom met die braai is terwyl jy System Of A Down gooi. Die ou met die mic moet ongelukkig soos Heinz Winkler op een plek staan.

Die game het altesaam 86 songs en almal is master recordings wat befok is. Hier is so paar van die tunes:

"About a Girl" - Nirvana
"Are You Gonna Go My Way" - Lenny Kravitz
"B.Y.O.B." - System of a Down
"Beat It" - Michael Jackson
"Everlong" - Foo Fighters
"Freak on a Leash" - Korn
"Hotel California" - Eagles
"Livin' on a Prayer" - Bon Jovi
"No Sleep Till Brooklyn" - Beastie Boys featuring Kerry King

Jy kan met Xbox Live nog songs koop as die weerlig nie jou network port uitgepoes het nie (wat in my geval gebeur het). Daar is 'n kakhuis vol van die blerrie goed online, maar die 86 songs sal jou vir fokken lank besig hou.

Ander features van die game sluit in: 'n recording studio waar jy jou eie tunes kan mix, daar is 'n career mode wat jy met enige instrument kan deurwerk, jy kan battle of the bands gooi en jou eie band kan even teen ander bands op Xbox Live speel. Ek het nog nie die Live ding probeer nie as gevolg van bogenoemde insident, maar skiem net hoe befok dit sal wees as jou band, "Die Poesneuse" jol teen "Four guys from Sweden" en hulle gatte skop? Dan kan julle by al jou tjommies spog met jou groot interweb piel as julle na die tyd bier drink by jou local drinkgat. Sommer so met Kiss make-up aan en alles.

Jy sal ook natuurlik die laities kry wat tune: "Guitar Hero is fokken gay, die instrumente is nie die real thing nie en dis vir wannabe rockstars wat nooit regte instruments sal kan speel nie". Uuhm... we fucking know this. Dis 'n game. Net soos wat racing games jou nie Michael Schumacher maak nie en skiet games jou nie in die Wit Wolf verander nie. Die dag as Albert Frost my bel en tune Guitar Hero is 'n stuk kak, sal ek dit wegpoes. Worry eerder oor die regte probleme soos hoekom Dozi of Nicholas Louw nog musiek maak.

Soos met enige ander social game (soos Singstar of Lips) gaan Guitar Hero World Tour baie goed af saam met Jagermeister, bier en brannas. En baie daarvan. As jou een tjommie regtig so spasties is en nie een van die goed kan bemeester na 'n uur nie, jaag hom uit laat hy die fokken vleis braai. Of slaai maak. Of die hondekak op die grasperk optel.

Die game is beskikbaar vir Xbox, PS2 (yup), PS3, desktop PC's en even vir die ouens wat dom genoeg was op Wii te koop.

Hier is 'n clip van die Southpark episode wat verlede week in die States gewys het. Check hoe fokken lekker kan Guitar Hero World Tour wees:

video

PS: Hierso is die tos Poker Face Pap en vleis video wat ek gemaak het.

Labels: , , , , ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Die Antwoord klap Taxijam met Wat kyk jy?

Hierie is fokken zef, my blare. Tsek Die Antwoord en Die Wedding DJ's wat saam met hulle hang in Taxijam. Jy sien tot Chopper se gebreekte arm, sy drie borshare, Ninja se nuwe goue kouers en Yo-Landi Vi$$er se boude. Naai, sies man!

Laat die video so bietjie buffer, ek sê - anders gaan jy heavy krappe optel.



UPDATE:

Kapelaan Ledigheid het vandag toevallig sy eie taxi jam gedoen alliepad in Uganda en toevallig op dieselfde tune. Fokken weird, my blare:





Labels: , , , ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Die fokken einde van mensdom

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Oefen jou goose se skommie spiere

Uitendelik 'n fitness produk wat jou en jou goose sal benefit. So paar ure met hierie outjie en jou tjerrie sal kom uit 'n klip kan druk, reken hulle.

Die Shake Weight:

video

(shot, Jurie)

Labels: , ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

RRRRRrrrrrt!!

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Dronk poes soek meer bier

Lui hierdie dalk 'n klokkie? Maybe moes jy dalk 'n hereksamen skryf omdat jy nie kon nee sê na die 12de bier nie en nog moes gaan koop.

Hierdie bra is fokken dronk verby. He lê sommer en slinger:

Labels: ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Wimpy - Bottomless Coke R9,95

Fokkit, hierie ad is cool. Ek raak nou sommer lus virre Margate vakansie, 'n farmhouse brekfis by Harrysmith en 'n bottel brannas om saam met daai bottomless coke in my keel af te moer.

Labels: , , ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Via The Backroads - 'n fokken cool BMX en skateboard documentary

Back in the day het ek geskiem dat ek nogal 'n mean BMXer en skateboarder was. As jy verder as 2 lamppale kon wheelie op jou Scorpion was jy die fokken shit my bra. Local veldjies was explore en kinders het BMX gangs gestig en hulle eie tracks uitgelê en tot laat ge-jol. Daar is oor fokken alles ge-ramp - tot boemies wat uitgepass was van te veel Bloutrein en brood voor die laerskool.

Toe steek skateboarding sy kop uit. Laities se groottes van hulle piele is gemeet aan die skateboard brands en hardware soos Powel Peralta en H-Street of Santa Cruz decks, ZZ 206 bearings, Trucker en Independent trucks, Slime Balls wiele en whatever knee-pads die laities met ryk of corrupt ouers kon bekostig. Timber City het dik zak gemaak omdat elke tweede puisiegevreet 'n half-pipe of 'n quarter-pipe in die jaart gebou het. Leë swembaddens is opgefok. CNA het kak sales gehad met magazines soos Thrasher en Zig-Zag omdat dit hoofsaaklik overpriced was en gevolglik ge-shoplift is (in Vereeniging en Boksburg veral). Daar was downhill kompetisies gehou by die Wimpy in Margate, laities het ge-brag oor hoeveel bakstene hulle kom ollie of afgeshow met 'n 50/50 op 'n randsteen en almal wou Annabelle van daai Zapmag TV progam vleispyp gee.

Skateboarding was die shit. "Skateboarding is not a crime" het dit in Tippex laat lees op skooltasse (langs die peace signs, pentagramme, AC/DC inscriptions en Gotcha stickers). En elke ou en sy skateboard tjommies was poescool. Hulle was die shit. Meisies wou hulle kort piele ry.

Toe kom ek op die documentary "Via The Backroads" af. Maats, hierdie ouens se abilities op beide BMX en skateboards het my effe laat cringe, want dit laat die res van ons soos Eugene Terblanche lyk nadat hy van sy perd afgeslet het. Of soos Juluis Malema die dag toe hy die koerant oopgemaak het en sy matriek results gecheck het. Heavy skaam, ouens. Piel word kleiner. Trane dam op.

So as ek van nou af met my vriende wil reminisce oor die goeie carefree skooldae sal ek eerder my gesprek begin met: "Onthou julle toe ons Huisgenote afgelewer het met ons pienk Strawberry meisiesfietse en gewonder het hoe dit voel om skateboard of BMX te ry?"

Want die fok weet, ons kon niks van hierdie tricks afpull nie:



Die tune op die video word gedoen deur: New Holland - This(is)Home

Ek het Albert Retief dadelik gekontak om bietjie meer uit te vind oor hulle documentary en kan die volgende met julle deel:

Via the Backroads – Dis ‘n roadtrip wat ons einde laas jaar gedoen het deur Suid Afrika, Swaziland en Mosambiek. 2 Bakkies, 10 ouens (4 BMXers, 5 Skateboarders en 1 filmer).

Die konsep was om die agter paaie te vat op soek vir nuwe ‘spots’, om ons land te verken en so veel as moontlik te Skate en BMX. In Des 2007 het ons ‘n soortgelyke trip gedoen van Kaapstad tot in Durban. Dit was die fondasie vir Via the Backroads van Desember 2008.

Daars baie stories wat ek kan vertel van die trip en plekke waar ons was, maar ek gan dit eers oorstaan. Die idee was om Via the Backroads op TV te kry. Ons het ‘n Slot by Super Sport gekry (en het dit nog steeds) en moes toe ‘n sponsor vind. Daar was partye wat belang gestel het, maar op dit het ongelukkig nie gerealiseer nie.

Ons het al die footage en moet nou die projek anders aanpak. Ek het gesoek vir relevante sponsors om die basiese produksie kostes te dek om dit te maak. RVCA en Sport Unlimited betaal om hul naam met die projek te koppel, maar die projek behoort steeds aan my en Adriaan Louw.

Die Documentary sal die hele avontuur dek. Dis meer as net BMX en Skating, dis die hele mission wat ons gedoen het en die boodskap van avontuur en dat daar plekke daar buite is.

Ons het nog nie begin edit nie. Al die footage is ge-capture en ek reel tans met local Bands om hul musiek te gebruik vir non-commercial use. Ons wil alles local hou. Via the Backroads sal Free wees. Ons wil dit dan gebruik as ‘n pitch vir ‘n sponsor om die Super Sport produksie te cover.

Teen einde November wil ons ‘n groot premiere party hou waar ons al die BMXers en Skaters sovel as ander belangstellendes wil lok.

Ons het nog nie ‘n location of datum nie vir die premiere nie.
Daarsy. Hier is nou 'n lekker heads-up vir julle companies wat involved wil raak en 'n moerse cool production will sponsor. November is net om die draai, ouens. Julle beter spring.

Ek en my tjommies vat ons meisie Strawberry fiets na hulle premiere toe, like om te ollie en shit. Skateboarding is not a crime.

Labels: , , , , ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Learning channel met Casper De Vries

Lekker om weer op hierdie ou kak af te kom. Casper De Vries se eie Learning Channel:

video

Labels: , ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Cobus Potgieter bliksem harder as Chevelle se bouncers

Hierdie laitie affiKaap smyt harder as WWF rofstoei. Gaan gerus deur sy ander videos ook. Dit fokken kook eiers. Sover ek weet is hy nog nie in 'n serious band wat like zak en stuff maak nie, so as jou drummer meer smaak van gomsnuif as om die beat te hou is dit dalk tyd om Cobus Potgieter te nader. Jy is welkom om vir my links te stuur van 'n SA drummer wat beter drum solo's doen. Lekker soek.

Labels: , , , ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Tokyo Sexwale

So terwyl ons praat oor drugs en shit - check hierdie kak uit. Dis fokken snaaks. Fokweet wat deur hierdie ou se kop gegaan het. Click op die pic om 'n mal video uit te check.


Labels: , , ,

Moenie fucked op drugs bestuur nie

Kry daai apie van jou rug af.

video

Labels: ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Thys Nywerheid - Snor City

Onthou julle ek het julle getune om more (Woensdag) Die Flying Dutchmen te gaan check by Café Barcelona in Snor City? Ja, man, verlede week een of ander tyd. Onthou jy nie? Jirre jy is deur die kak. Ek remind jou maar weer, jou blerrie sleg naai.

Hieso is 'n nuwe video genaamd "Snor City" van Thys Nywerheid met Hannes Brummer (een van Die Flying Dutchmen). Dis fokken zef verby. Maak hom los.



Labels: , , , , ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Kap hom in die kaneelkring

Ernstige sake word hier aangespreek. Ry jy soms grondpad as daar roadworks is op die highway?

Labels: , ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

District9 - SA se eerste regte cool movie

Neill Blomkamp is die bra wat verantwoordelik is vir die nuwe movie, District 9, wat besig is om ander Hollywood flieks se gatte se skop. Straight in die poefgaatjie. Peter Jackson, daai ou wat Lord of My Precious Ring gemaak het, het Blomkamp aanvanklik genader om die Halo Movie te direct (Halo is so kak Microsoft game met gewere en shit). Microsoft, Fox en Universal het vergeet om doeke te ruil voor hulle meetings toe is en het elke dag met spuities in hulle doeke probeer vergadering hou. Dit het obviously nie gewerk nie, soos dit nou maar is met spuities en planne om Halo te maak is iewers in iemand se hol gedruk.

Jackson en tjommies het geskiem dis blaaint teenoor Blomkamp en wou hom finansieel support vir 'n ander project. Hulle het besluit om Blomkamp se short film, "Alive in Joburg" in 'n vol lengte film te maak. So is District9 gebore. Die movie is fokken straight nommer 1 toe in Amerika en het $37 miljoen gemaak met sy opening. Weet jy hoeveel is $37 mil? Dis poesbaie zak. Amper genoeg zak vir ons tos govment se waBenzi frenzy. Amper.

District9 is gebasseer op die "Alive in Joburg" short movie. Hieso is die hele "Alive in Joburg":



Huh? Hoe fokken kief is dit? Het jy gesien hoe rook Joburg se geboue? Fok, dit maak my bang. En daai monsters se gesigte? Jissis. Amper in my broek gekak. Lyk soos Predator gemeng met Parktown prawns. Lekker xenophobia vibes. Dis darem 'n bietjie beter as Mr Bones of hoe? Jirre daai fokken Mr Bones. Fok.

Ek hoop District9 kom uit op Xbox en PS3 en outsell Halo in sy fuck-you in, want hulle verdien dit. Ek sal dit koop en in die kas bêre net om dit te besit - my oog/hand koordinasie is bietjie shot en ek maak fokol uit van skiet games.

Hieso is die trailer vir District9. Kry jou fokken ass by die flieks volgende Vrydag as dit in SA begin draai. Dis defnitief iets wat jy op die big screen wil check:



Jirre, ek is nou bang om in Joburg te bly, netnou kom haal daai fokken goed my. Ek trek sommer terug Nigeria toe. Wie wil my huis en my kar koop? Dis dringend. Daai fokken goed gaan ons almal opvreet! Whaaaa!

UPDATE: Die movie beginte draai by die flieks op Vrydag 28 Augustus. Maak vir jouself sommer 'n lekker zef alien suit om die movie te gaan check en tune al jou buddies om dit ook te doen. Gebruik sommer dose en plastic of whatever die fok jy 'n alien suit mee kan maak. As jy kak scary genoeg lyk sal fokken niemand jou wallet try skaai nie. Kom ons hype die hoppende kak uit hierie motherfucker uit.


Hieso is Disrict9 se official website.

PS: Vir julle naaiers wat geskiem het "The Hangover" was cool, get a fucking life. Dit was super fokken tos gewees. Jou fokken marabs. As jy so iemand ken, vryf sy koppie as julle uitstap na "District9". Sy brein sal dit nie kan vat nie.

Labels: , , , ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Vibra Vac - Jy kan skoonmaak met lekkerkry klaarkry

Hierie enetjie is vir die gooses.

Labels: , , ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

World Of Warcraft Loser

Asof die laitie nie klaar 'n groot genoeg loser is deur World Of Warcraft te speel nie, maak hy 'n vet poes van homself nadat mamma sy account toemaak.

Punte vir sy boetie wat alles skelm afgeneem het.



As dit my laitie was, het ek sy boetie toestemming gegee om sy computer met 'n haelgeweer faktap te skiet. Natuurlik eers nadat hy 'n paar donkiebyte deur die bure se kinders gekry het en met 'n hosepipe afgekoel is.

Labels: , ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Total eclipse of the brain

Ja jirre, gaan pis mar eerder eers voor jy hierdie outjies kyk ...



Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Die befokste walk-in closet op aarde



My hartjie smelt

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Ek dink steeds hulle moet uitgehaal word!

Hierdie is wel in 2002 gedoen, maar danksy vrind Perdman moes ek hierdie nagmerrie weer van voor af oor hê, en ek gaan dit nie weer alleen doen nie, so kry vir julle!

Ek weet julle watkykertjies daar in V-town en innie Moot besit die hele collection van Celine Dion se kak musiek, en dis fine, maar moenie dat ons 'n copy van hierdie song in jou collection kry nie!

Ek was nog nooit 'n fan van Celine Dion nie. Dink nog altyd sy lyk heeltemal teveel soos Michael Schumacher, en ek like hom minder as kool op brood!

Toe Anastacia haar gat op Mtv begin swaai so saam met die millenium se draai het ek nogal geskiem sy is lekker eye-candy. Maar na hierdie spektakel saam Michael Schumacher se secret sussie (aka Celine) is sy net so tos!! Ek hoop die volgende keer as ek die twee sien is dit onner 'n bus!!



Hier is die REAL DEAL! Die original. Die One and fokken ONLY!

Labels: , ,

Sarah Silverman en Jimmy Kimmel maak kak met mekaar

Meeste van julle weet nie wie Jimmy Kimmel of Sarah Silverman is nie. Moenie worry nie - wat jy wel kan doen is om Pamela Anderson en William Shatner se roasts van Comedy Central te download van torrents af iewers. Maak net gou, want ek hoor die ouens van ThePirateBay.org is oppad tjoekie toe.

Check solank in die meantime hierdie twee videos uit om kennis te maak met Jimmy Kimmel en Sarah Silverman:

Sarah Silverman tune haar boyfriend dat sy op hom cheat:


Hy tune haar terug:

Labels: ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Die Antwoord - vuil gangster in die slums

Of julle dit nou like of nie, Watkykjy bring die futuristik ninja rap band, Die Antwoord af Gauteng toe en hulle sal gigs papnat gooi in Joburg en in Pretoria - by Tings 'n Times om meer presies te wees. Daar is ook gigs tussenin by die Mystic Boer in Stellenbosh en dan klap hulle Bloemfontein ook sover ek weet.

Sodra ons die final datums het en hulle kaartjies geboek het laat weet ons al julle marabse hier op Watkykjy. Ons tref net so paar final reelings, soos geld vir borgtog en geld vir vliegkaartjies.

Die parties sal sommer double as watkykjy parties en almal kan doosdronk word.

Ek het met Watkykjy se satelite kampus in Kaapstad gepraat en SuperDeluxe3000 reken die gig by die Purple Turtle was 'n fokken grote gewees. Kompleet met bergies wat holswaai in die straat en deur die club se vensters kokkenodge het.

Hier is twee videos van Evil Boy. Ek dink dit is by sy huis afgeneem. Fokken stylie.

video


video

Labels: , ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Gary Kasparov word vir 'n piel gevat

Russians is fokken weirdos partykeer. Veral die security guard hieronder wat dit op homself neem om die "russion" 'n PK te gee om die ding te ground. Die ou wat met hierdie stunt opgekom het, het nogal 'n piele idee losgeslaan. Iewers het iemand nie QC op die vod gedoen nie.

Iemand moet nou net asseblief Malema se gesig by 'n rally rond vlieg vir die teenoorgestelde effek, if you catch my drift ...

Labels: ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Die Antwoord se Ninja Strike game.

Met hierdie mal fokken Ninja rap band wat die naweek van 11 April saam die super cool Wedding DJ’s Slaapstad se strate aan die brand gaan steek, het my erg jaloers! Sien, ek berig hier vanuit ‘n baie onstabiele Sudan. Hier waar daar nie eers ‘n Tops drankwinkel is nie, wat nog te se van ‘n bar of purple turtle!
M.a.w. ek is kak-loos verveeld. Niks anners om te doen as om die interweb te browse of Dstv te kyk nie.
En terwyl ek die interweb browse, hier waar tot die porn-sites deur die service providers’ en goverment geblok word, kom ek op die antwoord af wat my dag gemaak het!! Nie daai mal ninja rappers nie, maar die Antwoord wat so befok is, ek dra dit sommer ook aan Die Antwoord (die rappers) op.

Ek weet daar skuil ‘n wannabe ninja in elkeen van julle watkykertjies se onderbewustheid. Ek dare jou, sé ek is verkeerd want na elke Bruce lee fliek skiem jy: “Maandag join ek daai Martial arts gym plek af in die straat”. En kom Maandag middag, op pad terug van die werk af raak jy so lus vir daai brannas weg gesteek in die garage of Omo box, waarvan liefie nie weet nie dat jy bo-oor Bruce Lee sal ry om by die huis uit te kom sonder om eers 2 keer te dink.

Nou wel ek skiem, ek het Die Antwoord vir jou slapgatheid! Hieronder is ‘n Ninja oefen game vir jou Nokia of ander Symbian v60 3rd edition cell foon. Voor jy dink hierdie is net nog ‘n tos sms: 34598" en betaal R50 vir ‘n kak game, kyk die video wat ek aanmekaar geslaan het. Spesiaal vir die van julle wat so bietjie sukkel met die lettertjies bymekaar pak.


video


Sien, jy hoef soos in glad nie knoppies te druk nie! Die game gebruik jou foon se kamera as ‘n motion detector wat jou toe laat om hectic ninja sterre te gooi en die evil ninja’s wat jou aanval one-skat uit te haal! So right-click en "save as" die game installation file hier onder dan kan jy dit kan install van jou PC na jou foon. As jy nie weet hoe nie, kom fokken by en lees jou foon se manual. Moenie ons pla met techie questions nie, ons gaan jou nie help nie! Loop pla die IT-perd op kantoor.

Die_Antwoord_game

Naai man - Moenie baklei nie!

Labels: , ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Ons het 'n wenner vir die bier

Johan, ek sal met jou regmaak sodra Penvriend Slyt aflewer.

Hier is die video.

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Wat pomp julle huh?

Die fokken Antwoord. Sorry oor daai kak Joost sex tape. Hierdie is ten minste entertaining:


video

Labels: , ,

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Die coolste advertensie vir bier sover

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

"Ek is honger vir die nag se koue vingers om my keel"

Geniet:

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Idols se Randal Abrahams en Dave Thomson Google hulleself stukkend...

Ek gaan nou nie die hele storie oorvertel nie, so jy kan 'n draai gaan maak by Seth Rotherham se blog. Hy het vir my sy embedded code gegee vir sy fokken snaakse video waar hy die Idols judges, Randal en Dave uithaal.

Dit kom basically daarop neer dat die high en mighty Idols judges (volgens Seth) hulleself Google om te kyk of iemand kak praat oor hulle en dan actually tyd mors om e-mails aan mense met blogs te stuur om hulleself te verdedig. Mense met blogs wat deur fokken baie mense gelees word, elke dag. Wêreldwyd. Randal daag Seth ook verder uit vir 'n javascript:void(0)face to face meeting. Hier is Seth se video response. Ek wed julle R20 hierdie video gaan op Idols gewys word een of ander tyd. Dit kan nie anders nie. Dis kak snaaks.

Ek dink die val van daai mighty high horse af gaan fokken seer wees. Geniet:

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Visvingers en chips, Oros en Morph

OK, maybe het jy nie visvingers gevreet of Oros gedrink nie, maar die kans is goed dat jy Morph gecheck het toe jy 'n snottie was (en dalk visvingers gehad het vir ander redes, jou fokken skurfie).

Hieso is ou Morph, en die outjie is blykbaar van plan om 'n groot comeback te maak. Ek hoop so. Enige iets wat die kinners van Mxit kan afhou. Die mense se spelling raak al hoe erger en erger. Dt mak my fkn mal. Fkt!

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

La Linea

Bietjie 'n blast from the past. As daar een outjie is wat fokken lekker kan lag is dit La Linea. Gee lyn!

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

As jy wil naai, naai veilig

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Witmense met dreadlocks

Francois van Kobus! tune ons oor witmense met dreadlocks - 'n uittreksel uit "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?"

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

griff en chopper se interview op MK (Gons)

Ek stel voor jy pause hom om dit so bietjie te buffer. As jou bandwidth sterk is, laat hom loop. As jy op dial-up is, welkom, dis 2008 - gaan klim liewer boom of iets.

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Kinder TV was nog nooit soveel pret nie

Raait, hieso is wat jy doen:

Gaan kry gou vir jou 'n vet zol, want hierie is amper soos Teletubbies tyd.
Kry 'n pak chips. Chipniks of Flings werk lekker.
Sit jou klank fokken hard aan.
Druk play op hierdie video hieronder.

Vir die tweede keer moet jy gemaklike tekkies aantrek en op en af spring op die beat en die lyrics saam sing.

Hierdie is fokken kinder TV op sy beste!

video

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

KOBUS! Die Hoenderman

Ons het besluit vandag is KOBUS! dag, omdat hulle fokken main musiek maak en omdat dit 31 Oktober is. As jy nie weet wat de fok om aan trek vir Haloween nie, gaan as die hoenderman. Dit dwing ontsaglik baie respek af. Once.



Hoenderman is van die eerste album af, getiteld KOBUS!

Check ook hulle nuutste album, Swaar Metaal uit. Click op die album cover hieronder cover om Swaarmetaal of enige ander albums van KOBUS! te koop. Ek het al drie albums is nie spyt oor een van hulle nie. Dis regtig befokte musiek en as jy dit nie koop nie, gaan jy doodgaan. Stadig en seer. Dit gaan nie lekker wees nie.

Swaar Metaal

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Donnerweer en Oogtoffie

WKJ tjom in befokte TV ad

Graag wens ons by WKJ ons goeie tjom Hannes Brummer baie geluk met sy befokte TV ad. Nice een bra!

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

80 Days Around the World - julle kry huiswerk op WKJ.

Raait, julle het nou fokken baie kak om julle mee besig te hou op Watkykjy hierdie week. 'n Splik-splinternuwe Skrapnel en bietjie 'n blast of twee van die past. Ons update nie weer voor almal nie die lyrics ken vir 80 Days Around The World of Brakanjan nie. Ons help jou net met die Engelse een. Brakanjan - in Duits - gaan jy ongelukkig self moet uitfigure. Niemand het getune dit gaan maklik wees nie.

Vervoglik 80 Days Around the World. Die lyrics is onder die video. Hierie outjie sing lekker in die stort terwyl jy jou toggos of parra skrop:



Fog, I'm the one who made the bet
and I know we'll be exactly right on taaaa heeeem

Fog is my name and I could play with my life in many ways
That's what they saaaeeee

Here I am - a rigadon (waddefok ookal)
I'm a tico - d'mascota (jy fokken het my)
It's my turn - the gentle touch
I'm Romy they love me so much

Hey! Now the story must go on
'cause a lot of time has gone
Wmust be ready
to go awaayyy

80 days around the world
we'll find a pot of gold
just sitting where the rainbow's ending
time - we'll fight against the time
and we'll fly on the white wings of the wind
80 days around the world
no we won't say a word
before the ship is really back

round, round, all around the world
round, all around the world
round, all around the world
round, all around the world!

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Brakanjan is die kak!

Kan jou hond miskien appels met 'n swaard sny soos Brakanjan? Ek het nie so ge-fokken dink nie.

Cartoons was superfokken main in die 80s. Even beter geteken as Shrek, ek sweer.

Ek het die Duitse intro vir julle gegooi hieronder. Nou kan jy die woorde leer en jou tjommies impress probeer impress as julle weer bier uit skoene drink iewers. So lekker dronk sing en wieg met rooi pof wange en rooi neus en nul chicks pull. Probeer sommer Her Gunthers op Hatfield Square as jy in die area is en wil oefen.

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Kyk skommies by die werk

Ek is nou sommer lus om 'n Diesel jean pant te koop.



Update: Ek sien mense soek op Google vir wat 'skommies' beteken. In Afrikaans. Nee jirre man, kom by. Dit beteken draties kap. Of 'hand aan eie slang slaan'. As jy nog steeds nie kop nie, is daar groot fout met jou...

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Kap draties sommer vroeg op 'n Vrydag

Karre, chicks en musiek.

Tyd vir draties:


Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Welcome to South Africa - V.O.D

Kom ons kom bietjie weg van Slipknot af. Hier is iets bietjie meer local. En meer metal. Met minder swaarde. Of maskers.

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Moenie die kietiekat vergeet nie ...

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Watkykjy Interview Nul, daai annerground lawaai band.

WKJ present: Interview met Adriaan van daai mal lawaai band, Nul.

Vir julle outjie wat gelukkig genoeg was om kaartjies vir Strab in Mozambiek te koop, check Nul uit en raak lekker ge-clutch. Dit behoort solidly stukkend te rock ...



Thanks vir die bier bra, en jammer ek het jou kind so bang gemaak. Next time gaan dit dalk beter.

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Binnekort - Interview met Nul


Net om vir julle te wys wat mens regtig kan doen met 'n video kamera in jou eie huis en 'n oordentlike presenter, bring ons binnekort vir julle Watkykjy se interview wat K Lo, griff en Meneer doenbaar met Adriaan van die band Nul gedoen het.

Ons belowe dit gaan beter wees as as daai Herman ou van MK met die lang pienk neus wat heeltyd 'vrede' skree en sy vingers in die kamera se lens indruk.

Hou hierie spasie dop ...

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Dis amper Moerdersdag...

Hiers 'n mooi ene van twee agtermekaar ouens op 'n rots.

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Ek is jammer, maar hierdie Vernon Video is kak snaaks ...

Deur Carl Jeppe gemaak:

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Vernon op Sky News

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Dis nie krismis nie, maar die liggies is mooi. Baie mooi.

LED liggies is boring, right? Ja dit is nogal, behalwe as 'n hot cherrie dit in haar broek dra.. uhm ok, nou nie regtig 'n broek as such nie. Passop dat die liggies in jou eie broek nie uitval nie.

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

Sexual harassment - Ken jou regte

Hierie is nie grappies nie.

'n Baie ernstige video oor wat sexual harassment in die werkplek is. Onthou julle daai videos wat hulle altyd in die Model C skole gespeel het in die early nineties oor allerhande slegte goed soos voorhuwelikse punt natmaak, rook, drank, dwelms, rock musiek, Yskor, Rodney Seale, kersvader, swart mense en Webster?

Moenie jou kop skud nie. Jy weet waarvan ek praat. Jy kry net skaam.

Hierie enetjie is oor teistering by die werk. Ek stel voor jy gee bietjie aandag aan hierie enetjie. Dit kan jou dalk uit 'n verknorsing help by jou graft.

Wens ek het tyd gehad om een in Afikaans te maak...

Labels:

Koop "Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?" hier

KOBUS! Tienerangs

Teen die tyd moet julle al die band KOBUS! redelik goed ken. Dis die beste Afrikaanse band in die heelal. Daar is omntrent net 5 goeie Afrikaanse bands. Seriously. Die res word nie hier genoem nie. Ons soek hulle nog. Sal julle laat weet wanneer ons hulle opspoor. Gaan check uit bra Franna se website en join die Volk Van Main. Check sommer hulle merchandise ook uit. Koop al die CD's of download die songs. Meer info op hulle site.

Miskien moet ons weer bietjie die ouens bel en hoor wat die fok hulle hulself mee besig hou deesdae.

Hoe lykit bra Franna, is jy lus vir so bietjie melktert en gin virre verandering?

In die meantime, check uit hoe hierie tieners vol angs hulle tieties rondskud op lekker Swaar Metaal. Maak uit?

Labels:

Afrigator