snotstorie En hy het by haar ingegaan en sy het 'n seun gebaar.

Ummm, ek bedoel...môre-môre-môre julle sleeptong huigelaars. Welkom by die
groen opgooi WKJ issue. Ja, lekker naarmaak groen. Lekker! Lekker opgooi by
die werk!

Daar gebeur 'n paar lekker goeters hierie maand. Dis KKNK tyd daar iewers
in die Kaap of iets, Oppikoppi gooi weer hulle Easter Festival duskant Northam,
dis weer Naasfees met Paas Botha en gevolglik vakansie virrie outjies wat jobs het,
die winter en die Filistyne is op ons en jy kan vir jou favourite hanswors met leë
beloftes gaan stem om ons land op koers te kry soos die oorle Titanic.

CHopper en cherrie het ook intussen Slaapstad toe getrek en ons is seker hy kan al
sy oë stadiger knip en woorde soos "fully" gebruik. Bra Briekmerk bring ook lekker
kiekies terug van sy 4 weke in LAmerika en Londen waar hy kamtig gaan "werk" het
en gaan draai skiet het by Superdeluxe3000 om te kyk hoe dit met Watkykjy se
selfmoord-bommers opleiding gaan.

Skrop maar rond deur die issue. Jy weet jy's fokol lus vir werk in elk geval. Kyk
maar uit virre snotstorie of wat, ons kak grappe en die mooi pertrette waarmee jy
jou Arries skrif kan oortrek of jou vis en chips mee kan toerol.

Hou op eiers krap en sit regop!
Die WKJ uterus inspekteurs van Utrecht.



'n Paar kakke agter

Die psige van 'n D-list celebrity verbyster my time and again. Foktog wie het hierdie mense in die eerste plek famous gemaak?
tune van nog >>

Felicia smaak sy maak klaar.

Dit was die derde keer en die laaste keer (praise several gods) dat ons na Felica se highlights van haar 10 jaar career moes kyk.
tune van nog >>

Sister Rosetta

Dis nou 'n smaakvolle websait hierie! Kyk watter onderklere word deur die Bybel goedgekeur, huil op Rosetta se skouer ... tune van nog >>

zef slang
grapgat
spec-takel
kont-ak
ou koeie
skakels
negosie winkel
briewe
komieks
broodblik
 
 
WKJ? Hotline
sal weer binnekort
beskikbaar wees
sodra ons ophou
fone wegbliksem.
issue nommer 28
update: as ons lus is
Advertering | Vrywaring | Kont-ak
IE5 of hoër | 800x600 | saait design: bra briek
© wat kyk jy ?