snotstorie Ditswerere!
Of so sê hulle maar annerkant die grens van jou calvinistiese oogklappies. Daai lekker dikkes wat met velcro agter die kop vasmaak. Welkom by nogge sleeptong-uitgawe van die allerzefste sait sedert ongesnyde weekoue brood.

Die wêreld is nog steeds net so mal soos altyd en nog wat. Osama Tin Sardin vergiftig die volk met stink vis in high profile supermarkte, George Poes kruip gat by die gatkant van die wêreld met die gevolg lat Snor City se manholes toegesweis word en die winter hap-hap nog steeds aan almal se knatertjies en selfbeelde. Los nou maar eers die warmwatersakke, trek jou stokies aan, gooi 'n warm dop in en trek jou sfinker nader aan jou pewter. Ons het lekkernye vir julle hierdie maand. Ons try Valiant Swart vasvra to no avail, die zef slang klink leliker as ooit en daar's vars toebas met marmelade in die broodblik vir as jy eerste pouse bietjie huilerig raak.
Ons maak ook groot geraas innie Vrystaat by Die Mystic Boer 25 Julie. Yep, dis weer holswaai tyd en drinkerskaskenades met Zeftige Tunes wat DJ Hooker en DJ Briekmerk soos frisbees gaan spin, so knyp maar 'n tydjie en 'n sagte poep af om die details elders in hierdie glans uitgawe te speck.
Onthou, meer as twee keer afskud is speel.
Die voortvlugtige Snor City verraaiers van Watkijkistan.


Storie vir laerskool onderwysers

'n Post-traumatiese oorlogblik op die Suid-Afrikaner as koeksustersmous oppie strate van Menlyn en die grotere Tshwane Metropool.
tune van nog >>

Who let the Dog out?

Duane "Dog" Chapman is 'n fokken yster. Hy skiem hy's die wêreld se beste bounty hunter en ek gaan defintief nie vir hom sê hy's vol kak nie.
tune van nog >>

Daggies praat is duiwels raad.

As jy gescheme het die prys van eiers is duur in Londen oor die kak Rand dan moet jy maar weer dink voor jy lus raak vir 'n joint.
tune van nog >>

Valiant Swart interview

Valiant sit sy gedagtes neer oor eye shadow, soogdiere, Katryn en topics wat ons almal ongemaklik maak soos daai onnie wat die heeltyd in jou gat opkruip.
tune van nog >>

zef slang
grapgat
spec-takel
kont-ak
ou koeie
skakels
negosie winkel
briewe
komieks
broodblik
 
 
 
WKJ? Hotline
sal weer binnekort
beskikbaar wees
sodra ons ophou
fone wegbliksem.
issue nommer 25
update: as ons lus is
Advertering | Vrywaring | Kont-ak
IE5 of hoër | 800x600 | saait design: bra briek
© wat kyk jy ?