Watkykjy Nine Mei Stukkend! Charity Drive
(Vrydag, 9 Mei 20:00 - fokken laat) - Sidewalk Café
(Vrydag, 9 Mei 20:00 - fokken laat) - Sidewalk Café
Die tyd het aangebreek om jou hand diep in jou sak te steek en te kyk of jy nog weet waar Dawid jou wortel begrawe het. Ja dis reg, dis tyd vir holswaai of wolswaai, nes jy lus het.
Die Republijk van Watkykistan bied aan: Die WatKykJy? Nine Mei stukkend charity drive. Ons almal weet wat julle dink en nee, hierie charity drive is nie vir grifFin nie, maar eintlik vir die Salvation Army. Dit is ook wel bra grifF se verhaardag so onthou om vir hom 'n shooter te koop.
Blikkies kos, 'n kleding stuk en jou dignity is al wat dit jou gaan kos
om hierie ongelooflike verruklike aand van skaamtelose pret te beleef.
Sou jy wel een van die dose wees wat nie glo in charities nie, gaan jy
R5 moet opdok.
Once.
Hierdie is die eerste in 'n reeks van paarties wat die WatKykJy? kabinet vir julle aanbied. Kliek hier of aan die link aan die linker kant om meer te hoor van ons DJ paartie die 31ste Mei saam met Zef Sketse.
Daar sal ongelukkig nie skippies by die paartie te koop wees nie aangesien die shipping daarvan iewers verlore geraak het met die hele Midde Ooste fokop. CNN het wel gerapporteer dat 'n paar gelukkige kinnertjies van Khazakstan 'n baie vreemde donasie ontvang het van 'n Nederlandse organisasie wat te doen het met katte. Blerrie dose.
Daas nie 'n manier wat jou hol gaan kan stil sit hierie Vrydag aand nie, so moenie eers daaraan dink om kaalvoet te kom nie, trek maar gemaklike skoene aan. Die Piele Platejoggies sluit in:
- DJ Briekmerk (WKJ?)
- DJ Hooker (WKJ?)
- DJ Bob (206)
- DJ Slyt (Groove Navigators)
- DJ Dooie Jan (WKJ?)
- DJ Mot (WKJ?)
Soos met skool en kadette is daar reëls en reëlings:
- Couvert Charge: Enige vorm van blikkieskos, ou klere of ander donasie. Andersins R5. Ons gaan alles by die Salvation Army drop. Hulle help mense wat nie lekker uitmaak van kos, klere, roomys of koeldrank nie.
- Dress code: trek fokken zef aan. Vir onder R100 kan jy jouself heeltemal uitrus by Pep Stores, maar jy weet jy't lelike klere in jou kas. So trek bietjie bad taste op jouself.
- Plek: Sidewalk Cafe. As jy nie weet waar dit is nie, kliek hier
- Tyd: 20:00 - tot fokken laat
- Dose: Dose word summier innie Salvation Army bokse gedrop en gepos Kazhakstan toe!
Speck julle daaso!
Wat kyk jy DJ paartie saam met Zef Sketse
(Die naweek van die 31ste Mei) - Revel In Gettaway Lodge
Watkykjy en Zef Sketse span weer saam en speel vir hom wyd. Kom experience zefgeit innie Bosveld.
Waar daar 'n Bosveld is, is daar 'n Wat Kyk Jy? paartie. Ons klap hom weer hard by Revel In die 31ste Mei. Hou hierie space dop vir meer inligting.