Rol jou ore lekker plat en dun uit met 'n koekroller sodat jy 'n moerse groot knoop kan maak om die volgende paar datums te onthou:
Zef Sketse se TV show skop af (Vrydag 4, April, 22:00) - Sidewalk Café
Zef Sketse se eerste episode van hulle nuwe TV reeks, Blikskottel word uitgesaai op DSTV op die Kyknet channel. Moenie huilerig raak as pappa en mamma nie vir julle DSTV wou kry vir krismis nie. Jy kan dit by Sidewalk Café (Gerhard Moerdyk Straat, Sunnyside) kom kyk. Die gawe oom by die bar het gesê dat hy Klippies en Cola op special sal sit tussen 22:00 en 23:00. Ryk kinnertjies wat wel DSTV het kan ook maar kom kyk. Pappa en mamma sit in elk geval die knoppie aan wat vloekwoorde uitsny. Punt asseblief net jou snobneus grond toe, lat dit nie te obvious is nie.
Watkykjy Nine Mei Stukkend! Charity Drive (Vrydag, 9 Mei 20:00 - fokken laat) - Sidewalk Café
Die Watkykjy kabinet se eerste gatskop party vir 2003 in 'n reeks van baie. Ons gaan holswaai tot die hane kraai. Dié van julle wat al by ons holskud sessions was, maak uit dat dit befok is. Ons soek julle weer daar.
Oudergewoonte staan die Piele Platejoggies reg met tunes wattieskrikkie en daar sal specials wees op drank en meisies afhangende watse pad die fles met jou kop loop. Koop sommer vir grifF 'n shooter ook vir sy verjaarsdag.
Ons het weer 'n batch 'Jou ma se e-pos' skippies ingekry, so bring ekstra skille saam as jy een van hierie stylvolle outjies soek.
Die Piele Platejoggies sluit in:
- Briekmerk
- CHopper
- Bob
- Slyt
- Dooie Jan
Soos met skool en kadette is daar reëls en reëlings:
Couvert Charge: Enige vorm van blikkieskos, ou klere of ander donasie. Andersins R5. Ons gaan alles by die Salvation Army drop. Hulle help mense wat nie lekker uitmaak van kos, klere, roomys of koeldrank nie.
Dress code: trek fokken zef aan. Vir onder R100 kan jy jouself heeltemal uitrus by Pep Stores, maar jy weet jy't lelike klere in jou kas. So trek bietjie bad taste op jouself.
Speck julle daaso!
Watkykjy DJ paartie saam met Zef Sketse (Die naweek van die 31ste Mei) - Revel In Gettaway Lodge
Watkykjy en Zef Sketse span weer saam en speel vir hom wyd. Kom experience zefgeit innie bosveld. O, ryperd! Ons sal julle meer info voer met teelepeltjies soos die tyd ons van agter af bekruip.
|