|
|
AFRIKAANS KAN DANS
9-11 Augustus 2002
SHOT OUENS
Vir drank en klank se ons opreg dank.
In getroue Afrikanerduckstyl moet daar verseker dankie gesę word aan al die wonnerlike mense wat die festival maak werk het.
- Shot vir die bands wat ons deurentyd vermaak het, en vir hulle cool attitudes en saamgekuiery. 'n Groot zef saluut aan julle almal. Spesiale drankies aan Vuurkleur en Albert Frost-hulle wat uitgehelp het met equipment.
- Shot vir die sponsors wat drank, die stage, T-shirts, caps en allerande ander goed gesponsor het. SAB vir die stage, die tent, die bar en Jagermeister vir die promotions. Cheers Klipdrift vir die scratch card promos.
- Shot aan al julle zeftertjies da'buite wat Afrikaans maak dans het. Dit was piele om almal te sien rondslinger en sleeptong te converse. Thanks vir 'n fokken cool vibe en lekker support vir die bands en die DJs. En lat almal hulle houdings by die huis gelos het. Daar was ongelukkig een troeteldier wat sy pad ingevind het, maar hy sal volgende keer klein genoeg wees vir aas om geelvis uit te trek.
- Shot vir "Ek vermoed" Conraad wat die hele tyd die stage beman het, sound getune het en ok sommer Seremoniemonster was. Die sound was fokken pro en dit moet 'n rekord wees vir kort soundcheck wat perfek klink. Cheers ou. Ons vermoed jou graag weer daar next time.
- Shot vir almal wat gewerk het die naweek, by die bar, hek of wherever. Lie, Elizabeth, Lani, Lili, Hannes, Simoné, Terry en onsself. Respect. Ook Justine en Johan vir die kosmakery, en Revel In in die algemeen vir 'n kickass venue.
- Shot vir die DJs wat gesorg het dat dit heeltyd speeltyd was. Die jirre weet, die decks het nou nog nie afgecool nie.
- Shot vir die ouens wat Gezo uit die vuur gered het en die mense wat by genoeg was om Tom hospitaal toe te vat na hy amper 'n rol in "Face-Off" gekry het.
En ook 'n spesiale word van dank aan Chris en Penny wat so ver gery het vir die fees.
Shot vir almal van julle. Volgenne jaar moer ons dit weer.
Hard.
|