AFRIKAANS KAN DANS
9-11 Augustus 2002
BRIEWE
Van: Gerda
Onderwerp: vieslik dankie, baie dankie
Boodskap: Ja Chopper jou ou varknek! Ek wou maar net laat hoor van my en my gratitude betoon aan julle mense. Dit was 'n befokte bedoosde kickass paartie die naweek (kom-plimente aan jou en grifFin). Julle gan onnodiglik vinnig nog een moet reël.
Tot weerder raak drink,
Gerda (die meisie wat jou en jou stukkie 10:00 Saterdagoggend rondgejaag het om die bar oop te maak)
Van: slang gif
Onderwerp: Afrikaans kan dans
Boodskap: Julle fokkers het 'n befokte party vir ons zeffers gehou by Revel In! Doen gerus weer so! Dit is 'n moerse nice joint!
Hoogtepunte:
- Al die fokken bands
- Die hope koeldrankies met 'n alkoholiese neerslag
- Die girl wat haar pragtige stywe tiete vir my geswaai het in die stort
- Die dronkgat wat in die vuur geval het, en ongedeerd daaruit gepluk is
- Die brak wat klippe vreet
- Die samesyn
- Die drankdeurdrenkdheid en vredeliewendheid van al die zeffers/zefferesse
Laagtepunte
- Daai teef met die klokhelderstem wat ons almal Saterdagoggend in die 30 grade kampeergebied met ons babelasse wakker geskree het (By the way, dankie bitch, ek het maar opgestaan en dadelik beginne teug, en in 'n oogwink was die laagtepunt wonderbaarlik omskep in 'n stadigmaarsekerlike opwaartse kurwe van onoorvertelbare wellus en goedertierendheid, dink ek)
O,ja, julle DJ's was ook nie te kak nie!
Deurdrankdeurdrenkdegroete
Slang
Van: Yolande
Onderwerp: Hallo julle bliksems!
Boodskap: Ek wil net n paar van my hoogs skaars en geprysde minute vat om te se moerse fanks virrie part-E die naweek. Behalwe vir die feit dat Geza innie fokkin vuur geval het, Melt iemand se tent in sy ma se moer in geval het, Gerda haar undying love vir daai moerse speaker declare het, ek en Marnus Vrydagaand in die verkeerde tent uitgepass het, ek vir grifF bo van sy krukke af gestamp het, en nog my donnerse sleutels in my kar toegesluit het (btw, fok julle al2, my witblits het dit gemaak tot by die huis) dink ek dit was sover die beste "shindig" sessie van die jaar!
Anyway .. Roger oor en uit of 10/ 4 of whateva ...
|